Join us on a literary world trip!
Add this book to bookshelf
Grey
Write a new comment Default profile 50px
Grey
Subscribe to read the full book or read the first pages for free!
All characters reduced
Hans-Nazi's - cover

Hans-Nazi's

Philip Kerr

Publisher: Jonathan Ball

  • 0
  • 1
  • 0

Summary

Berlyn, 1936. Hardebaard speurder Bernhard – "Bernie" – Günther word deur 'n miljoenêr-sakeman ingeroep om die moord op sy dogter en skoonseun op te los en waardevolle juwele wat tydens die inbraak gesteel is, te vind. Gewoonlik is Günther op die spoor van vermiste persone, maar in dié onstuimige politieke klimaat betree hy 'n donker onderwêreld waar misdaad, korrupsie en onderhandelinge met Nazi-leiers aan die orde van die dag is. Sy soektog ontbloot 'n skandaal wat hoëkoppe soos Hermann Goering en Heinrich Himmler betrek …
Smerige nagklubs, smeulende filmsterre, oorvol lykshuise en onderonsies met die Gestapo lei uiteindelik tot 'n skokkende onthulling. Die roman speel af in Nazi-Duitsland – 'n milieu wat Kerr met vernuf skets.
Dié Afrikaanse uitgawe van March Violets is die eerste boek in Kerr se Berlin Noir-reeks, sy eerste Bernie Günther-trilogie. Vertalings van die volgende twee romans in die reeks, The Pale Criminal en A German Requiem, verskyn in 2019.
Available since: 09/15/2018.
Print length: 288 pages.

Other books that might interest you

  • Maak My Wakker Voor Jy Gaan - A Justic Sekuriteit Roman - cover

    Maak My Wakker Voor Jy Gaan - A...

    T. M. Bilderback

    • 0
    • 0
    • 0
    Die nuwe nagklub in die stad is 'n lokval vir Justice Sekuriteit, gestel deur hul grooste aardse vyand, Esteban Fernandez.Die nuutste en warmste nagklub in die stad het Justice Sekuriteit gehuur om sy klante te beskerm teen gevaar. Elke aand was die klub oop is, moet daar ‘n roterende vors van vier brommers en twee gewone drag personeellede tussen die betalende klante sirkuleer, net soos die bestuurder gevra het.
    Vanaand het Joey Justice en Misty Wilhite opgedaag in die rotasie, saam met die klimmers Brandon King en Patty Ferguson. Toe Joey en Misty arriveer het Joey die klub binnegegaan terwyl Misty terug kar toe is vir ‘n vergete item. Terwyl Misty by die kar is, sien Misty die klub word oorgeneem deur ‘n groot vors gewapende mans en al die uitgange word geseël.
    Binne word die ware eienaar van die klub indentifiseer as Justice Sekuriteit se grootste vyand, die Meksikaan dwelm kartel leier Esteban Fernandez, wie telefonies dreig om al die klub klante te vermoor tensy Joey homself opgee en Misty binne toelaat.
    Op ‘n ander front, terwyl amper al die beskikbare personeel by die klub is, is ‘n moordenaar los in die amper verlate Justice Sekuriteit gebou. Die moordenaar is stil, vinnig en ‘n glibberige kalant. Jessica Queen, een van Justice Sekuriteit se nuutste vernnote, het ‘n klein groepie in die geslote gebou en moet die moordenaar vind ... of self vermoor word in die proses.
    Vasgevang binne die klub saam ‘n klompie honderd onskuldige mense tydens ‘n dodelike kat-en-muis spel, moet Joey en sy vier brommers hul bes probeer om almal veilig te hou en nie gevang te word nie. Terwyl tyd uithardloop, maak ten minste een van Justice Sekuriteit se span lede die grootste opoffering ... maar kan hulle almal red? En kan die twee aanvalle verwant wees?
    Geïnspireer deur die treffer lied “Wake Me Up Before You Go-Go” en vol spanning en afwagting, beloof “Maak My Wakker Voor Jy Gaan-Gaan” om jou op die punt van jou stoel te hou tot op die laaste bladsy!
    PUBLISHER: TEKTIME
    Show book
  • Aasvoëls van die Kalahari Boek 2 - 'n SA Polisie Reeks Spanningsverhaal - cover

    Aasvoëls van die Kalahari Boek 2...

    Meiring Fouche

    • 0
    • 0
    • 0
    ’n Eensame vliegtuig in die middel van die woestyn.
     
    ’n Fortuin in gesteelde smaragde.
     
    Twee moordenaars wat enigiets sal doen om dit te besit.
     
    In die uitgestrekte, sonverskroeide Kalahari woestyn ontdek konstabel Buks Senekal ’n verlate vliegtuig wat naby die berugte Rooiberg versteek is. Dit is dieselfde berg waar ’n prospekteerder jare gelede vermoor is. Die ontdekking dompel hom in die middel van ’n dodelike vendetta tussen twee voormalige vennote. ’n Genadelose oud-gevangene wat op wraak uit is en ’n desperate kluisenaar wat hul bloeddeurdrenkte skat bewaak.
     
    Van sy wapen gestroop, oorrompel en vir dood agtergelaat, is Senekal nie meer die jagter nie, maar die prooi. Vasgevang tussen twee koelbloedige moordenaars en die stryd teen die wrede elemente, word sy roetine patrollie ’n desperate geveg om oorlewing. Hy is ongewapen, blootgestel en myle van enige hulp af in ’n land wat geen foute vergewe nie.
     
    Hierdie aksievolle misterieuse riller is ’n polsende verhaal van hebsug, verraad en oorlewing teen alle kanse. Perfek vir aanhangers van klassieke avontuur, sterk romans en naelbyt spanning waar die lyn tussen jagter en prooi voortdurend verskuif.
     
    Keer terug na die meedoënlose wêreld van die SA Polisie reeks met Aasvoëls van die Kalahari, die opwindende tweede aflewering wat romans, aksie en misterie navolg. Vir aanhangers wat honger is vir meer, begin jou volgende opwindende avontuur nou.
    Show book
  • Spiritus - cover

    Spiritus

    Alexandre Apolca

    • 0
    • 0
    • 0
    Op 'n koue en somber oggend in die Anhangabaú-vallei, 'n plek wat selfs voor die aankoms van die Portugese as vervloek beskou is, het sewe vriende bymekaargekom om die kompasspeletjie te speel. Wat hulle nie verwag het nie, is dat iets verskrikliks sou gebeur. En toe dit gebeur, het hulle net weggehardloop. 
    
    
    Wat Dinho, Paty, Bruna, Dany, JM, Alfred en Milena nie geweet het nie, is dat wanneer jy nie vra om 'n spel te verlaat nie, eindig dit eenvoudig nie. Selfs na 'n dekade gelaai met teëspoed en teleurstellings. 
    
    
    En hierdie speletjie gaan verder as vrae en antwoorde: elkeen voer uiteindelik 'n persoonlike stryd teen hul geestesgesondheid en hul demone. 
    
    
    En soos in enige wedstryd, sal net een wen ... 
    
    
    Geïnspireer deur die mees skrikwekkende mites van São Paulo – 'n spookagtige reisplan wat gaan van Theatro Municipal, Edifício Martinelli, Praça da Sé, Bairro da Liberdade, Cemitério da Consolação, Edifício Joelma, tot Viaduct do Chá – is hierdie stories onderling verbind, wat hulself in 'n tipiese fix-up roman verander.
    Show book
  • Geheim van die Sederberg - 'n SA Polisie Reeks Spanningsverhaal Boek 4 - cover

    Geheim van die Sederberg - 'n SA...

    Meiring Fouche

    • 0
    • 0
    • 0
    4. GEHEIM VAN DIE SEDERBERG - SA POLISIE REEKS
     
    Konstabel Henk van Reenen se nuwe pos in die afgeleë Bloudoring-distrik begin met ’n vuurdoop. Lank voor hy die polisiestasie bereik, laat sy motor hom in die steek op ’n verlate grondpad, met die onheilspellende Sederberg as agtergrond. Sy hoop op hulp word wreed verydel toe ’n groot, kragtige Amerikaanse motor wat nader jaag, hom nie net ignoreer nie, maar doelbewus van die pad af probeer stamp. ’n Brutale daad wat meer vrae as antwoorde laat.
     
    Uitgeput en dors vind Henk skuiling by die gasvrye Senekal-gesin op hul plaas aan die voet van die berge. Hier ontmoet hy die boeiende dogter, Marie, maar merk ook ’n onverklaarbare spanning wat heers toe hy sy storie vertel. Sy ondervinding langs die pad lyk of dit ’n ongesiene wond oopkrap, veral toe dit blyk dat een van hul plaaswerkers ’n geheimsinnige figuur gesien het wat ’n afspraak met dieselfde motor gehad het voordat hy weer in die onherbergsame Sederberg verdwyn het.
     
    Die raaisel word persoonlik en dodelik toe die Senekal’s se seun, Pieter, op eie houtjie ondersoek instel na die verdagte spore en ’n paar vermiste skape. Hy keer nie terug nie. Tot Henk se frustrasie is sy nuwe bevelvoerder, die trae en afsydige sersant Gous, onwillig om op te tree want hy sien die saak as onbenullig. Gedryf deur sy pligsbesef en ’n groeiende verbintenis met die Senekal-gesin, besluit Henk om die sersant se bevele te ignoreer en self die spoor te volg. Die spoor lei hom na ’n verlate opstal diep in die berge. ’n Plek wat oënskynlik leeg is, maar waar tekens van ’n gewelddadige konfrontasie en ’n sinistere, georganiseerde misdaad sindikaat bedryf word. Alleen, met ’n hoof wat hy nie kan vertrou nie en omring deur die geheimsinnige Sederberg, moet Henk die waarheid ontrafel. Wat het met Pieter Senekal gebeur? Watter dodelike geheime bewaak die berg en in ’n wêreld van leuens en gevaar, wie se hand kan hy skud en wie se rug moet hy dophou voordat dit te laat is?
     
    #SAPolisieReeks
    Show book
  • Die Goue Draak - 'n Fabel Retief Riller Boek 1 - cover

    Die Goue Draak - 'n Fabel Retief...

    Meiring Fouche

    • 0
    • 0
    • 0
    1. DIE GOUE DRAAK - FABEL RETIEF REEKS
     
    In die hartjie van Johannesburg se glinsterende middestad word die ryk antiekhandelaar Ulrich Oortman wreed vermoor, nie met ’n koeël nie, maar met ’n eksotiese, juweelbesaaide dolk uit die Ooste. Die motief is duister, want niks is gesteel nie, buiten ’n tweede, identiese dolk wat spoorloos verdwyn het. Vir die briljante oudspeurder, Fabel Retief, is dit onmiddellik duidelik. Hierdie is geen gewone roof nie, maar ’n daad van berekende wraak wat diep in die verlede gewortel is.
     
    Fabel, wat sy opwindende loopbaan vir die rustige lewe op sy Laeveld-plaas verruil het, word onweerstaanbaar teruggelok na die gevaarlike wêreld wat hy agtergelaat het. Die spoor lei hom van die vermoorde Oortman na ’n ou, geheimsinnige seekaart, ’n verweerde koerantknipsel oor ’n broer wat dekades gelede spoorloos aan die kus van Angola verdwyn het, en die legende van ’n verlore skat aan boord van die skipwrak, “Die Goue Draak”. Terwyl Fabel die raaisel stuk-stuk ontrafel, word hy meedoënloos gejag deur ’n lang, skaduryke vreemdeling. ’n Man wat nie sal skroom om weer te moor om sy geheim te beskerm nie. Boonop raak Oortman se pragtige dogter, Lucille, al hoe meer ontwykend. Is sy ’n slagoffer of ’n gewillige pion in hierdie dodelike spel? Die jaagtog wat volg strek van Johannesburg se strate tot die verlate landskappe van Suidwes en die ruwe Angolese kus.
     
    Die Goue Draak is ’n verhaal van gierigheid, verraad en ’n skat wat broer teen broer gedraai het. Sal Fabel die waarheid kan ontsluier voordat hy self die hoogste prys betaal? En wat is die skokkende geheim wat die verlore Fritz Oortman en die wrak van Die Goue Draak vir so lank bewaar het?
     
    #FabelRetiefReeks
    Show book
  • Liefde En Koeëls - cover

    Liefde En Koeëls

    Hannah Howe

    • 0
    • 0
    • 0
    "As jy van sielkundige speurverhale met 'n tikkie humor en romanse hou, sal jy van Sam Smith hou." 
    
    
     Dit was 'n week sedert die voorval by die verlate steengroef, 'n week sedert ek iemand doodgeskiet het, 'n week sedert my gewese man vermoor is.  Dit was 'n emosionele week.  Maar die lewe gaan aan.  Ek is aangestel om te ontdek wie doodsdreigemente aan dr Ruth Carey, 'n omstrede psigiater, gestuur het.  Die roete het gelei tot twee sterk booswigte en binnekort was die doodsdreigemente op my gemik, dreigemente wat toegeneem het na twee moorde.
    
    Intussen het ek ná jare van gesinsgeweld probeer sin maak van my privaat lewe. Dr Alan Storey, 'n prominente sielkundige, het beweer dat hy my liefhet, en ek was sterk aangetrokke tot hom. Maar die jare van huishoudelike mishandeling het my emosioneel geknak en ek was huiwerig om myself  tot 'n verhouding te verbind.
    
    Liefde en Koeëls is die verhaal van 'n dramatiese week in my lewe, 'n week van sielsondersoek, selfontdekking en verlossing.
    Show book