Join us on a literary world trip!
Add this book to bookshelf
Grey
Write a new comment Default profile 50px
Grey
Subscribe to read the full book or read the first pages for free!
All characters reduced
Vreemde Vrou in die Wildernis - cover

Vreemde Vrou in die Wildernis

Meiring Fouche

Publisher: Pieter Haasbroek

  • 0
  • 0
  • 0

Summary

VREEMDE VROU IN DIE WILDERNIS - RYK SCHOONRAAD REEKS
 
Ryk Schoonraad, flukse jong boer aan die voorpos van die beskawing, is verbaas om in die veld ’n verskrikte handperd te kry, belaai met die besittings van ’n vrou. Maar teen daardie tyd het sy groot avontuur reeds begin. Hierdie nuwe gebeurtenis maak die wêreld vir hom net nog moeiliker, maar dit bring darem ook iets nuuts in sy opwindende lewe hier in die onbeskaafde wildernis van die voorgrens. Die blote feit dat hy boonop ook nog ’n uiters kosbare vonds op sy plaas ontdek, maak sake vir hom glad nie makliker nie. Hy het sy hande behoorlik vol om aan die lewe te bly en reg en geregtigheid te laat seëvier.
Available since: 11/05/2021.

Other books that might interest you

  • Alleen Onder Die Maan - cover

    Alleen Onder Die Maan

    Wllem Krog

    • 0
    • 2
    • 0
    Nadat die ekonomie amper in duie stort, word die Suid-Afrikaanse regering gedwing om die land met 'n buitelandse rekenaarstelsel te regeer. Die rekenaarstelsel werk op kunsmatige intelligensie en reguleer feitlik elke aspek van mense se lewens. Selfs hofsake word deur 'n rekenaar behartig.
    In hierdie distopiese wêreld is alles afhanklik van jou SOMSS-telling (System of Moral and Social Suitability). Dit bepaal waar jy mag woon, watter kos jy by People Eats mag bestel en hoe gereeld jy met People Move mag ry. Responsible Citizenship Learning, 'n verpligte SOMMS-module, leer jou die land se geskiedenis en wat dit verg om 'n goeie burger te wees.
    Alleen Onder die Maan vertel die verhaal van Jaco, 'n 80-jarige individualis wat krities is oor hierdie totalitêre bestel, en sy seun, Pieter, wat as sy beroep rekenaarspeletjies toets en nie besef hoe die stelsel persoonlike vryheid bedreig nie.
    Die boek het twee verhaallyne: Jaco se aangrypende herinneringe aan sy grootwordjare op 'n Vrystaatse plaas. Die tweede verhaallyn volg pa en seun op 'n laaste besoek aan die plaas buite Kroonstad in die huidige era waar alle plase gekonfiskeer en in megaplase omskep is en robotte en geoutomatiseerde voertuie al die werk doen.
    In 'n roerende beskrywing, vertel Jaco hoe sy broers die maanlanding van 1969 op die plaas nagemaak het. Hy glo egter die tegnologiese ontwikkelinge wat op die maanlanding gevolg het, het die mens laat glo hy is god en het hierdie nuwe wêreld geskep.
    Pieter is weer krities oor sy pa se generasie omdat hulle nooit opgestaan het teen apartheid nie, maar die ironie is dat hy nie besef hy leef in 'n ewe totalitêre wêreld nie.
    Die verhaal tree nie net in gesprek met die Suid-Afrikaanse politiek nie, maar ook met die politiek van Afrikaans-wees.
    Show book
  • Die Mensvreters van Tsawo - cover

    Die Mensvreters van Tsawo

    Braam Le Roux

    • 0
    • 2
    • 0
    DIE MENSVRETERS VAN TSAWO - DIE SWART LUIPERD REEKS
     
    Die kluisenaar van die Blouberge se vader was ’n grootwildjagter. Op ’n dag verdwyn hy saam met twee van sy handlangers in die digte woude van Oos-Afrika. Sy seun gaan soek na hom en ontdek hom toe reeds half opgevreet deur leeus. In sy een hand het hy skitterende juwele krampagtig vasgehou, onder andere diamante, robyne, opale en saffiere. In sy ander hand het hy ’n briefie vasgehou waarin hy vertel van die legendariese stad van juwele wat hy ontdek het. Hy praat verder daarin van ’n diep gat onder ’n boom wat al die wonderlike juwele bevat asook van reuse swartes met spiese wat die stad bewaak en die mensvreters van Tsawo genoem word.
     
    Sy seun Paul maak dit toe sy lewenstaak om na die legendariese stad te gaan soek en vind dit toe ook twintig jaar later. Hy probeer dit streng geheim hou, maar ’n klomp fortuinsoekers kom wel daarvan te hore en is toe dadelik op sy spoor. Die Swart Luiperd, sy oom en sy dogter word in die kluisenaar se vertroue geneem om hom te help om na die stad van juwele te gaan. Die skurke is kort op hulle hakke en doen alles in hulle vermoë om van die Swart Luiperd ontslae te raak. Hulle kry dit later reg om vir Sonet en die kluisenaar te ontvoer en die keer is dit die Swart Luiperd wat hulle weer meedoënloos agtervolg.
     
    Toe hulle by die stad van juwele uitkom, word hulle skoon oorweldig deur al die skatte wat hulle waarneem. Hulle slu plan is om die beeldskone Sonet te gebruik en haar as bruid vir die koning aan te bied, in ruil vir baie van die skatte. Hulle het egter nie heeltemal rekening gehou met die vernuf van die Swart Luiperd, wat hulle gereken het hulle vroeër doodgemaak het nie. Saam met sy twee mak luiperds en Donker sy perd, het hulle so verassing of twee vir die skurke.
    Show book
  • Vuilspel op die Vlaktes - cover

    Vuilspel op die Vlaktes

    Meiring Fouche

    • 0
    • 0
    • 0
    VUILSPEL OP DIE VLAKTES - RYK SCHOONRAAD REEKS
     
    Vuilspel op die Vlaktes is so vol aksie en so romanties soos die skitterendste “wilde weste”-verhaal wat u nog gelees het. Die verhaal speel af in ’n tydperk toe ons binneland net sulke kleurvolle skurke opgelewer het soos Amerika, in die tydperk kort nadat minerale hier ontdek is. Die skrywer, FA Venter onder die skuilnaam van Meiring Fouche, het homself met hierdie werk oortref. Sy karakter Mertel Duvenage is ’n oortuigende boef en Miemsie Bouwer is ’n innemende heldin. En natuurlik is daar die spreekwoordelike aantreklike held in die storie!
    Show book
  • Die Eiland van Dr Moreau - The Island of Dr Moreau Afrikaans edition - cover

    Die Eiland van Dr Moreau - The...

    H. G. Wells

    • 0
    • 0
    • 0
    'N skipbreukeling man wat gestrand is op 'n Stille Oseaan eiland, konfronteer donker geheime, vreemde wesens en 'n rede om vir sy lewe te hardloop.
    Die eiland Doctor Moreau, vra die leser om die grense van natuurwetenskap en die onderskeid tussen mans en diere te oorweeg. 'N vreemde mengsel van wetenskap fiksie, romanse en filosofiese meandering, dit is een van die standaarde van die vroeë wetenskap fiksie.
    Show book
  • 'n Gotiese Kers Engel (Afrikaanse Taal - Afrikaans Language Edition) - Kinders van die Gevalla Novella - cover

    'n Gotiese Kers Engel...

    Anna Erishkigal

    • 0
    • 0
    • 0
    Wenner van die “eFestival of Words Best of the Independent eBook Awards - Best Novella of 2014”.
    
    Die Spoke van Ou Ellendes is nooit ver agter nie...
    
    Op Ou Kersaand mik Cassie Barug haar motor op ‘n ou beuk boom af, met die hoop dat haar pyn beëindig sal word nadat haar kêrel haar afgesê het. Maar toe 'n pragtige swart vlerk engel verskyn en vir haar sê: "Hierdie is geen vervlakste paranormale romanse nie skattebol," besef sy die dood het nie haar probleme opgelos nie. Kan Jeremiël haar help om die spoke van haar verlede te besweer en afsluiting te vind?
    
    Hierdie moderne paranormale uitkyk op die mite van beskermingsengele kombineer “A Christmas Carol” met “It’s A Wonderful Life” om mense hoop te gee dat die verlede verwerk en oorwin kan word.
    
    "Baie min boeke dryf my tot trane, maar hierdie een het dit gedoen in ‘n skitterende manier. Die boodskap word vertel met humor en grasie. Wonderlik! "- Leser Resensie
    
    "Sy het my laat omgee. En sy het my laat huil. En ek is opreg dankbaar vir die einde. "- Leser Resensie
    
    "‘n Boek wat my aangeraak het soos geen ander boek van te vore!" - Leser Resensie
    
    "Weereens toor Anna woorde in goud in. Die Gotiese draai om hierdie moderne Kerslied is merkwaardig ..." - Leser Resensie
    
    "As ek kon, sou ek hierdie storie 'n oneindige hoeveelheid sterre gee! Hierdie boek / storie het my koue rillings gegee." - Leser Resensie
    Show book
  • Die Nie Toegelaat - Die Humoristiese Verhaal Van 'N Kontemporêre Vampier Familie - cover

    Die Nie Toegelaat - Die...

    Owen Jones

    • 0
    • 0
    • 0
    Heng Lee begin ewe skielik baie vreemd voel, so hy bel in om die plaaslike Sjamaan, wat toevallig sy tante is, te sien. Sy doen 'n paar toetse en besluit dat Heng geen bloed het nie, maar hoe gaan hy sy familie vertel, en wat gaan hulle daaraan doen?PUBLISHER: TEKTIME
    Show book