Join us on a literary world trip!
Add this book to bookshelf
Grey
Write a new comment Default profile 50px
Grey
Subscribe to read the full book or read the first pages for free!
All characters reduced
'n Gotiese Kers Engel (Afrikaanse Taal - Afrikaans Language Edition) - Kinders van die Gevalla Novella - cover

'n Gotiese Kers Engel (Afrikaanse Taal - Afrikaans Language Edition) - Kinders van die Gevalla Novella

Anna Erishkigal

Publisher: Seraphim Press

  • 0
  • 0
  • 0

Summary

Wenner van die “eFestival of Words Best of the Independent eBook Awards - Best Novella of 2014”.

Die Spoke van Ou Ellendes is nooit ver agter nie...

Op Ou Kersaand mik Cassie Barug haar motor op ‘n ou beuk boom af, met die hoop dat haar pyn beëindig sal word nadat haar kêrel haar afgesê het. Maar toe 'n pragtige swart vlerk engel verskyn en vir haar sê: "Hierdie is geen vervlakste paranormale romanse nie skattebol," besef sy die dood het nie haar probleme opgelos nie. Kan Jeremiël haar help om die spoke van haar verlede te besweer en afsluiting te vind?

Hierdie moderne paranormale uitkyk op die mite van beskermingsengele kombineer “A Christmas Carol” met “It’s A Wonderful Life” om mense hoop te gee dat die verlede verwerk en oorwin kan word.

"Baie min boeke dryf my tot trane, maar hierdie een het dit gedoen in ‘n skitterende manier. Die boodskap word vertel met humor en grasie. Wonderlik! "- Leser Resensie

"Sy het my laat omgee. En sy het my laat huil. En ek is opreg dankbaar vir die einde. "- Leser Resensie

"‘n Boek wat my aangeraak het soos geen ander boek van te vore!" - Leser Resensie

"Weereens toor Anna woorde in goud in. Die Gotiese draai om hierdie moderne Kerslied is merkwaardig ..." - Leser Resensie

"As ek kon, sou ek hierdie storie 'n oneindige hoeveelheid sterre gee! Hierdie boek / storie het my koue rillings gegee." - Leser Resensie
Available since: 12/23/2016.

Other books that might interest you

  • Maan Dans - Verbind Deur Bloed Reeks – Boek Een - cover

    Maan Dans - Verbind Deur Bloed...

    Amy Blankenship

    • 1
    • 2
    • 0
    Envy se lewe is goed. Goeie broer, goeie kêrel en die beste werk wat ‘n meisie voor kan vra … kroegmeisie by een van die beste klubs in die stad. Ten minste was dit goed totdat sy ‘n oproep gekry het van een van haar beste vriende dat haar kêrel die vertikale limbo op die dansvloer doen by Maan Dans. Haar besluit om hom te konfronteer begin ‘n ketting van gebeure wat haar sal voorstel aan ‘n gevaarlike paranormale wêreld weggesteek onder die daaglikse sleur. ‘n Wêreld waar mense kan transformeer na swart luiperds, lewende vampiere wat in die strate wandel en gevalde engele wat saam met ons rondloop. Devon is ‘n weerswart luiperd, ‘n bietjie rof om die kiewe en een van die mede-eienaars van Maan Dans. Sy wêreld word op sy as gedraai wanneer hy ‘n aanloklike jakkelsvrou met rooi hare in sy klub sien dans, gewapen met ‘n siniese hart en ‘n skokstok. Met ‘n vampier oorlog in volle gang rondom hulle, sweer Devon om hierdie vrou sy eie te maak ... en sal veg soos die hel self om haar te kry.
    Show book
  • Bloedband - Bloedgebonde Boek 5 - cover

    Bloedband - Bloedgebonde Boek 5

    Amy Blankenship, RK Melton

    • 0
    • 0
    • 0
    Met die bloedspel gebreek, het Kane sy pad uit die grond gegrlou en gesoek na die sielsgenoot wat hom bevry het net om te vind dat sy verdwyn het. Met niks oor om te verloor nie en wraak op sy gedagtes, het hy 'n oorlog begin. Die laaste ding wat hy verwag het, was om sy ontwykende sielsgenoot te vind in die pad van vernietiging wat hy veroorsaak het. Hy raak vinnig obsessief, kyk wanneer sy nie kyk nie, luister wanneer hy nie genooi is nie, en agtervolg haar elke beweging ... en die demoon wat by hom spook, weet sy is sy swakheid. Om haar te beskerm, beloof Kane om haar hom te laat haat, selfs al moet hy by die demoonkant aansluit om dit te doen. Maar hoe kan hy haar beskerm teen haar grootste vyand van almal as daardie vyand homself is?PUBLISHER: TEKTIME
    Show book
  • Die Horlosiemaker (Afrikaanse uitgawe) - Afrikaans edition - cover

    Die Horlosiemaker (Afrikaanse...

    Anna Erishkigal

    • 0
    • 1
    • 0
    --Vra hoe jy ‘n uur in tyd kan wen--
    
    Marae O’Conaire het baie groter probleme as die feit dat haar horlosie stiptelik 3:57 namiddag opgehou werk het. Wanneer sy haar horlosie neem vir herstelwerk, vind sy uit dat sy ‘n ongewone prys gewen het – die kans om ‘n enkele uur van haar lewe oor te leef. Maar die lot het streng reëls oor hoe die verlede beïnvloed mag word en kom met die waarskuwing dat sy niks mag doen wat ‘n paradoks in die tyd-lyn kan veroorsaak nie. Kan Marae vrede maak met die fout waaroor sy die meeste spyt in hierdie wêreld het?
    
    "’n Aangrypende verhaal. Die kans om jou grootste spyt reg te maak is ‘n kans duisend!" –Leser resensie
    
    "’n Baie hartroerende en dramatiese verhaal… as ons die kans sou kry om die verlede te verander, sou ons?" –Leser resensie
    
    "’n Aangrypende kort verhaal gebaseer op ‘n tema uit Noorse mitologie. Tyd is ‘n geskenk, en partykeer, ‘n laaste kans…" --Dale Amidei, skrywer
    
    Wat as jy dit alles oor kon doen?
    
    Keywords: Afrikaans fiction, Afrikaans romance, Afrikaans language books, Afrikaans language, Afrikaans language edition, Afrikaans language romance, Afrikaans edition, Afrikaans books, Afrikaans fiction, Norse mythology, Norns, Fate, interracial dating, prejudice, racism, second chances, what to read after Outlander, wat om te lees na Outlander, Afrikaanse taal boeke, Afrikaans romanse, Afrikaans fiksie, Afrikaanse taal, Afrikaanse taal romanse, Afrikaanse taal uitgawe, Afrikaans uitgawe, Afrikaanse boeke, Noorse mitologie, Norns, noodlot, veelrassige dating, vooroordeel, rassisme, tweede kanse.
    Show book
  • Besmette Bloed - Bloedgebonde Boek 7 - cover

    Besmette Bloed - Bloedgebonde...

    Amy Blankenship, RK Melton

    • 0
    • 0
    • 0
    Om 'n ooreenkoms met 'n demoon te maak is bindend, selfs al weet jy nie die persoon is 'n demoon nie. Deur dit tot sy voordeel te gebruik, het Zachary die heilige reël verbreek en Tiara doelbewus 'n ooreenkoms aangebied. Hy sou haar enigste minnaar word totdat sy 'n ware maat gevind het ... wat hy nie van voorneme is sal gebeur nie. Deur die ooreenkoms te verseël, kom sy donker kant na vore wanneer Tiara van hom af weghardloop, toe sy dink sy is nou op PIT se treflys weens haar besmette bloed. Zachary beveg vuur met vuur wanneer hy haar vang dat sy binne die arms van die vyand wegkruip.PUBLISHER: TEKTIME
    Show book
  • Bloedreën - Bloedgebonde Reeks Boek 13 - cover

    Bloedreën - Bloedgebonde Reeks...

    Amy Blankenship, RK Melton

    • 0
    • 0
    • 0
    Die kern van Bloed is 'n raaisel wat baie betekenisse het. Bloed is die bringer van lewe ... maar as dit gemors word, kan dit lewe in 'n oogwink vernietig. Legendes sê dat Bloed ook die skakel is wat sielsgenote saambind ... selfs al is een van daardie siele verpletter. Gemoedere en sedes van die LA paranormale word getoets wanneer onskuld, ongeag die oorsprong daarvan, bedreig word. Hulle word daaraan herinner dat nie alle demone boos is nie ... soms moet selfs demone gered word van die dinge wat werklik in die nag rondbeweeg. Tydens openbarings vol dood, wedergeboorte en aanvaarding van die onvermydelike, word 'n nuwe wapen gesmee deur die val van die Bloedreën.PUBLISHER: TEKTIME
    Show book
  • Hitte - Bloedgebonde Boek 4 - cover

    Hitte - Bloedgebonde Boek 4

    Amy Blankenship, RK Melton

    • 0
    • 1
    • 0
    Damon het om een rede by sy broers ingetrek ... die meisie wat hom gedolk en vir dood agtergelaat het, het daar gewoon onder vampierbeskerming. Wanneer hulle uiteindelik meer kere Alicia se lewe red as wat hy omgegee het om te tel, besluit Damon iemand moet haar onder beheer kry voordat die klein sy-kat uiteindelik 'n manier vind om te ontsnap deur haarself dood te laat maak. Jaloesie word 'n gevaarlike speletjie wanneer sy in hitte gaan en meer as net monsters begin lok.Alicia Wilder is moeg daarvoor om deur haar beskermende broers van die wêreld beskerm te word. Om te probeer bewys dat sy die vampieroorlog kan hanteer, word sy verskeur, gebyt, gesoen, op geskiet, en vreemd genoeg, trek sy saam met drie baie sexy vampiere in, waarvan een die vampieroorlog in die eerste plek begin het. Wanneer sy vind dat sy in hitte gaan, besef Alicia haar veiligheidsnet kan haar ongedaan maak. Damon het om een rede by sy broers ingetrek ... die meisie wat hom gedolk en vir dood agtergelaat het, het daar gewoon onder vampierbeskerming. Wanneer hulle uiteindelik meer kere Alicia se lewe red as wat hy omgegee het om te tel, besluit Damon iemand moet haar onder beheer kry voordat die klein sy-kat uiteindelik 'n manier vind om te ontsnap deur haarself dood te laat maak. Jaloesie word 'n gevaarlike speletjie wanneer sy in hitte gaan en meer as net monsters begin lok.PUBLISHER: TEKTIME
    Show book