Join us on a literary world trip!
Add this book to bookshelf
Grey
Write a new comment Default profile 50px
Grey
Subscribe to read the full book or read the first pages for free!
All characters reduced
Alleen Onder Die Maan - cover

Alleen Onder Die Maan

Wllem Krog

Publisher: Jonathan Ball

  • 0
  • 2
  • 0

Summary

Nadat die ekonomie amper in duie stort, word die Suid-Afrikaanse regering gedwing om die land met 'n buitelandse rekenaarstelsel te regeer. Die rekenaarstelsel werk op kunsmatige intelligensie en reguleer feitlik elke aspek van mense se lewens. Selfs hofsake word deur 'n rekenaar behartig.
In hierdie distopiese wêreld is alles afhanklik van jou SOMSS-telling (System of Moral and Social Suitability). Dit bepaal waar jy mag woon, watter kos jy by People Eats mag bestel en hoe gereeld jy met People Move mag ry. Responsible Citizenship Learning, 'n verpligte SOMMS-module, leer jou die land se geskiedenis en wat dit verg om 'n goeie burger te wees.
Alleen Onder die Maan vertel die verhaal van Jaco, 'n 80-jarige individualis wat krities is oor hierdie totalitêre bestel, en sy seun, Pieter, wat as sy beroep rekenaarspeletjies toets en nie besef hoe die stelsel persoonlike vryheid bedreig nie.
Die boek het twee verhaallyne: Jaco se aangrypende herinneringe aan sy grootwordjare op 'n Vrystaatse plaas. Die tweede verhaallyn volg pa en seun op 'n laaste besoek aan die plaas buite Kroonstad in die huidige era waar alle plase gekonfiskeer en in megaplase omskep is en robotte en geoutomatiseerde voertuie al die werk doen.
In 'n roerende beskrywing, vertel Jaco hoe sy broers die maanlanding van 1969 op die plaas nagemaak het. Hy glo egter die tegnologiese ontwikkelinge wat op die maanlanding gevolg het, het die mens laat glo hy is god en het hierdie nuwe wêreld geskep.
Pieter is weer krities oor sy pa se generasie omdat hulle nooit opgestaan het teen apartheid nie, maar die ironie is dat hy nie besef hy leef in 'n ewe totalitêre wêreld nie.
Die verhaal tree nie net in gesprek met die Suid-Afrikaanse politiek nie, maar ook met die politiek van Afrikaans-wees.
Available since: 03/04/2020.
Print length: 224 pages.

Other books that might interest you

  • Verhale Van Erana - Mites En Legendes - cover

    Verhale Van Erana - Mites En...

    A L Butcher

    • 0
    • 0
    • 0
    Verhale van Erana: Mites en Legendes
    In 'n wêreld waar magie onwettig is, en elwe wat verslaaf is, durf jy die verhale van ouds hoor? Vyf verhale van mite, towery en monsters 
    
    
    Die Maan op die Water: die verhaal van liefde tussen 'n godin en 'n vegter en die verskriklike vloek wat dit meegebring het. 
    
    
    Die Verhaal van Treyna die Geliefde: Wanneer 'n sterflike vrou agtervolg word deur twee mededingende gode, word die hemel selfs deur towery bewerk. 
    
    
    Storm-Gebore: 'n Eensame towenaar vind geselskap met 'n wese van die storm, maar towery vra 'n prys, watter prys sal dit wees? 
    
    
    Die Blou Fles: 'n les om aandagtig na instruksies te luister, anders maak jy 'n verleentheid. 
    
    
    Die Legende van Eliana: 'n verhaal van 'n nimf en 'n padda, jaloerse magie en skuld terugbetaal.
    Show book
  • Halo - cover

    Halo

    Francesco Falconi

    • 0
    • 0
    • 0
     "Halo" is die eerste soort vreemde verhaal van Francesco Falconi.  Met 'n huldeblyk aan Kafka se Metamorfose, die storie saamgevat in 'n paar bladsye oor 'n leeftyd, familie dramas, pyn wat nooit sal verdwyn nie.  Tot op die laaste oomblik.  Tot die ontdekking van onsself en van die lig.
    Show book
  • Die Bewaarder Se Towerboek - cover

    Die Bewaarder Se Towerboek

    Rain Oxford

    • 0
    • 1
    • 0
    Dylan het gedink hy is 'n gemiddelde man, met 'n doodloopstraat werk en nie groot aspirasies in die lewe nie. Toe hy ‘n swart boek vind met eienaardige woorde en merke, ontdek hy dat die heelal baie groter is as wat hy gedink het. Die Bewaarder van die Aarde, wat die boek en sy groot krag veilig bewaar het, en uit die verkeerde hande gehou het, word doodgemaak. Nou het die Aarde 'n nuwe Bewaarder nodig gehad. 
    
    
    Die stryd om die boek te beskerm het vroeg vir Dylan begin, toe hy vinnig moes staatmaak op sy nuutontdekte magte om die wesens wat gestuur is om die boek te vat, te verslaan. Dylan se lewe word verseker vol avontuur, gevaar en toorkrag 
    
    
    Om sy boek te beskerm en die wêreld wat nou op hom staatmaak, moet hy leer om te oorleef in 'n vreemde wêreld, veg teen die vreeslikste gruwels buite enige verbeelding denkbaar, sy toorkuns bemeester, en uiteindelik die stryd stry teen 'n donker god wat reeds een wêreld vernietig het.
    Show book
  • Die Geheim Van Blossom Rise - 'n Spookverhaal - cover

    Die Geheim Van Blossom Rise - 'n...

    A L Butcher

    • 0
    • 0
    • 0
    Wanneer 'n jong verpleegster werk in 'n voormalige militêre hospitaal aanvaar, ontdek sy 'n familiegeheim en vind die spookagtige inwoners 'n bietjie te bekend. 
    
    
    'n Kort spookverhaal
    Show book
  • Megan Se Kersfees - 'n Geesgids 'n Spooktier En Een Skrikwekkende Ma! - cover

    Megan Se Kersfees - 'n Geesgids...

    Owen Jones

    • 0
    • 0
    • 0
    Megan se Kersfees 
    
    
    'n Geesgids, 'n Spooktier en Een Skrikwekkende Ma! 
    
    
    Megan en haar vriendin, Jane, is mal oor Kersfees, maar hierdie jaar wil hulle iets onvergeetliks doen. 
    
    
    Dit is Kerstyd, en dit beteken skoolvakansie is naby, maar Megan is nog nie te gretig om skool klaar te maak nie! 
    
    
    Die laaste dag van Kerskwartaal is een van haar gunstelinge van die skooljaar. 
    
    
    Megan begin egter dink oor hoe sy hierdie jaar anders kan maak as al die ander, en so bespreek dit met haar beste vriendin, Jane. 
    
    
    Hulle kom met 'n goeie idee vorendag om hul Kersfees spesiaal te maak en terselfdertyd 'n paar minder bevoorregte plaaslike mense te help. 
    
    
    Kersfees gaan goed, maar Megan leer baie oor hoe ander dit moet ervaar, en vind ook 'n paar waarhede uit haar Geesgids, Wacinhinsha. 
    
    
    Alles in aanmerking geneem, is dit 'n onvergeetlike en leersame ervaring vir albei meisies.
    Show book
  • Die Nie Toegelaat - Die Humoristiese Verhaal Van 'N Kontemporêre Vampier Familie - cover

    Die Nie Toegelaat - Die...

    Owen Jones

    • 0
    • 0
    • 0
    Heng Lee begin ewe skielik baie vreemd voel, so hy bel in om die plaaslike Sjamaan, wat toevallig sy tante is, te sien. Sy doen 'n paar toetse en besluit dat Heng geen bloed het nie, maar hoe gaan hy sy familie vertel, en wat gaan hulle daaraan doen?PUBLISHER: TEKTIME
    Show book