Join us on a literary world trip!
Add this book to bookshelf
Grey
Write a new comment Default profile 50px
Grey
Subscribe to read the full book or read the first pages for free!
All characters reduced
Ballade vir 'n enkeling - cover

We are sorry! The publisher (or author) gave us the instruction to take down this book from our catalog. But please don't worry, you still have more than 500,000 other books you can enjoy!

Ballade vir 'n enkeling

Leon van Nierop

Publisher: Tafelberg

  • 0
  • 1
  • 0

Summary

In die laat tagtigerjare het die treffer TV-reeks Ballade vir ’n enkeling rekords gebreek. En nou word die verhaal weer vertel, maar dié slag soos dit werklik gebeur het, sonder versagting, aangepas vir vandag.
Dit begin wanneer een van die land se gewildste skrywers, Jacques Rynhard, op die kruin van sy loopbaan verdwyn. Dan kry ’n voormalige misdaadverslaggewer, Carina Human, opdrag om nie alleen uit te vind waar hy is nie, maar ook hoekom hy verdwyn het. Sy krap ’n perdebynes oop van verraad, donker geheime, moord en mislukte verhoudings. Maar wanneer sy by die eintlike rede uitkom vir Jacques se verdwyning, besef sy dat sy met een van die grootste stories van haar loopbaan te doen het. En dat nie almal met wie sy tot dusver oor Jacques gepraat het lewend uit hierdie ondersoek sal kom nie.
Maar nog erger: Carina besef dat daar sterk ooreenkomste tussen haar en Jacques Rynhard is wat haar lewe in gevaar kan stel.
Available since: 08/01/2014.

Other books that might interest you

  • Van Skoolbank tot bordeelbed - Gebasseer op 'n ware verhaal van geloof en oorwinning - cover

    Van Skoolbank tot bordeelbed -...

    Jaco Hough-Coetzee

    • 0
    • 0
    • 0
    As 16-jarigevlug Engela na Bloemfontein, want die leier van die Sataniese Groep 13 wil haar doodmaak. Haar paaie kruis met dié van Pieter, vriend van haar broer, wat haar aan bordeel-eienaar uitlewer as betaling vir die geld wat hy hom skuld.
    Na haglike en armoedige kinderlewe raak Engela as rebelse tiener deurmekaar met Satanisme, drank en dwelms en word uiteindelik as seksslaaf aangehou. Haar enigste begeerte is om te ontsnap, maar hoe? Elke aand word die klub se deure dig gesluit. Haar laaste kans op vryheid is die jong student, Jacques, wat in die ontvangslokaal van die klub werk. Maar dan verdwyn hy ook uit die prentjie na raaiselagtige ongeluk in die Drakensberge.
    Van Skoolbank tot Bordeelbed is spanningsroman deur Jaco Hough-Coetzee, gebaseer op die aangrypende lewensverhaal van Elanie Kruger.
    In die tweede gedeelte van die boek gesels Elanie self met die leser oor haar bittere ervarings. Sy vertel hoe sy haar gevoelens van verlorendheid, alleenheid, pyn en vernedering vanuit Christelike perspektief leer hanteer het. Sy reik uit na ander gewese seksslagoffers en moedig hulle aan om hul harte uit te stort om emosionele genesing mee te bring. Sy praat oor die krag van vergifnis en aanvaarding, en gee ook lewensbelangrike praktiese wenke aan ouers en kinders.
    Show book
  • Hans-Nazi's - cover

    Hans-Nazi's

    Philip Kerr

    • 0
    • 0
    • 0
    Berlyn, 1936. Hardebaard speurder Bernhard – "Bernie" – Günther word deur 'n miljoenêr-sakeman ingeroep om die moord op sy dogter en skoonseun op te los en waardevolle juwele wat tydens die inbraak gesteel is, te vind. Gewoonlik is Günther op die spoor van vermiste persone, maar in dié onstuimige politieke klimaat betree hy 'n donker onderwêreld waar misdaad, korrupsie en onderhandelinge met Nazi-leiers aan die orde van die dag is. Sy soektog ontbloot 'n skandaal wat hoëkoppe soos Hermann Goering en Heinrich Himmler betrek …
    Smerige nagklubs, smeulende filmsterre, oorvol lykshuise en onderonsies met die Gestapo lei uiteindelik tot 'n skokkende onthulling. Die roman speel af in Nazi-Duitsland – 'n milieu wat Kerr met vernuf skets.
    Dié Afrikaanse uitgawe van March Violets is die eerste boek in Kerr se Berlin Noir-reeks, sy eerste Bernie Günther-trilogie. Vertalings van die volgende twee romans in die reeks, The Pale Criminal en A German Requiem, verskyn in 2019.
    Show book
  • Die Belydenis - cover

    Die Belydenis

    Jodi Picoult

    • 0
    • 0
    • 0
    Die ontdekking van 'n dooie baba in 'n skuur op 'n Amiese plaas in Amerika dreig om 'n jong vrou se lewe te verwoes.
    Omstandigheidsgetuienis dui daarop dat die 18-jarige Katie Fisher, 'n ongetroude Amiese meisie wat glo die pasgeborene se ma is, vir die moord verantwoordelik is. Katie hou vol: sy het nie die baba vermoor nie.
    Terselfdertyd vlug Ellie Hathaway, 'n ontnugterde advokaat, na familie wat in dieselfde streek woon om haar kop skoon te maak. Haar tannie is verwant aan Katie en kort voor lank stem Ellie teensinnig in om Katie te verdedig.
    Ellie word as Katie se toesighouer aangestel terwyl sy op borgtog is en moet boonop by die Fishers intrek. Om Katie te verdedig, moet Ellie haar nie net diep ingrawe in 'n wêreld wat radikaal van haar eie verskil nie, maar ook 'n manier vind om Katie volgens háár verwysingsraamwerk te verstaan.
    Wanneer 'n man uit haar verlede weer sy verskyning maak, word Ellie terselfdertyd gedwing om haar eie vrese en begeertes te konfronteer.
    Uit die pen van die gewilde skrywer van My Sister's Keeper verskyn dié boeiende verhaal van twee vroue . . . en een geheim.
    Show book
  • Negentien Minute - cover

    Negentien Minute

    Jodi Picoult

    • 0
    • 0
    • 0
    "Hoe goed ken 'n mens werklik jou gesinslede of enigiemand anders? Hoe vernietigend is groepsdruk, hoe intimiderend die behoefte aan tuishoort?" – Deborah Steinmair, joernalis en skrywer.
    Nadat hy jare lank wreed verbaal en fisiek deur klasmaats geboelie is, knak die 17-jarige Peter Houghton een oggend. Binne slegs negentien minute sterf tien inwoners van die dorp Sterling in Amerika.
    Die geskokte gemeenskap is vasberade dat geregtigheid moet geskied. Soos die hofsaak ontvou en Peter getuienis lewer, kom dit egter aan die lig dat die inwoners van Sterling 'n rol daarin gespeel het om 'n innemende, liefdevolle seun in 'n massamoordenaar te laat verander.
    In 'n era waarin boeliegedrag toenemend 'n probleem is, ook in Suid-Afrika, bring hierdie meesleurende boek talle insigte vir ouers, onderwysers en tieners.
    Show book
  • Doodsbleek - cover

    Doodsbleek

    Philip Kerr

    • 0
    • 0
    • 0
    In Die bleek oortreder moet die gesoute speurder Bernie Günther 'n reeksmoordenaar vastrek wat paniek regoor Berlyn saai.
    Dit is 1938 en Duitsland wag angstig op die bevindinge van die München-konferensie. Onsekerheid hang in die lug: Hitler kan Europa dalk in 'n oorlog dompel. Vir Bernie is daar egter belangriker sake wat aandag verg. Hy ondersoek twee sake waar afpersing betrokke is: die een betrek 'n ryk weduwee, en die ander, homself.
    Terselfdertyd het dit op die lappe gekom dat die Kripo – Berlyn se misdaadpolisie – 'n onskuldige Jood gearresteer het vir die reeks wrede moorde in die stad. En hoewel die Kripo dié keer alles sal doen om die regte moordenaar vas te trek, is hulle weereens nie verhewe bo afpersing en manipulasie nie. Omdat Bernie onlangs aangestel is as Kripo-kommissar, moet hy die raaisel oplos – 'n ondersoek wat hom uiteindelik aan die heel donkerste kant van die menslike psige blootstel.
    Hierdie vertaling van The Pale Criminal is die tweede boek in Philip Kerr se Berlin Noir-trilogie, nou vir die eerste keer beskikbaar in Afrikaans. Die vertaling van die derde boek in die reeks, A German Requiem, verskyn in 2019.
    Show book
  • Alleen Onder Die Maan - cover

    Alleen Onder Die Maan

    Wllem Krog

    • 0
    • 1
    • 0
    Nadat die ekonomie amper in duie stort, word die Suid-Afrikaanse regering gedwing om die land met 'n buitelandse rekenaarstelsel te regeer. Die rekenaarstelsel werk op kunsmatige intelligensie en reguleer feitlik elke aspek van mense se lewens. Selfs hofsake word deur 'n rekenaar behartig.
    In hierdie distopiese wêreld is alles afhanklik van jou SOMSS-telling (System of Moral and Social Suitability). Dit bepaal waar jy mag woon, watter kos jy by People Eats mag bestel en hoe gereeld jy met People Move mag ry. Responsible Citizenship Learning, 'n verpligte SOMMS-module, leer jou die land se geskiedenis en wat dit verg om 'n goeie burger te wees.
    Alleen Onder die Maan vertel die verhaal van Jaco, 'n 80-jarige individualis wat krities is oor hierdie totalitêre bestel, en sy seun, Pieter, wat as sy beroep rekenaarspeletjies toets en nie besef hoe die stelsel persoonlike vryheid bedreig nie.
    Die boek het twee verhaallyne: Jaco se aangrypende herinneringe aan sy grootwordjare op 'n Vrystaatse plaas. Die tweede verhaallyn volg pa en seun op 'n laaste besoek aan die plaas buite Kroonstad in die huidige era waar alle plase gekonfiskeer en in megaplase omskep is en robotte en geoutomatiseerde voertuie al die werk doen.
    In 'n roerende beskrywing, vertel Jaco hoe sy broers die maanlanding van 1969 op die plaas nagemaak het. Hy glo egter die tegnologiese ontwikkelinge wat op die maanlanding gevolg het, het die mens laat glo hy is god en het hierdie nuwe wêreld geskep.
    Pieter is weer krities oor sy pa se generasie omdat hulle nooit opgestaan het teen apartheid nie, maar die ironie is dat hy nie besef hy leef in 'n ewe totalitêre wêreld nie.
    Die verhaal tree nie net in gesprek met die Suid-Afrikaanse politiek nie, maar ook met die politiek van Afrikaans-wees.
    Show book