Rejoignez-nous pour un voyage dans le monde des livres!
Ajouter ce livre à l'électronique
Grey
Ecrivez un nouveau commentaire Default profile 50px
Grey
Abonnez-vous pour lire le livre complet ou lisez les premières pages gratuitement!
All characters reduced
Hans-Nazi's - cover

Hans-Nazi's

Philip Kerr

Maison d'édition: Jonathan Ball

  • 0
  • 1
  • 0

Synopsis

Berlyn, 1936. Hardebaard speurder Bernhard – "Bernie" – Günther word deur 'n miljoenêr-sakeman ingeroep om die moord op sy dogter en skoonseun op te los en waardevolle juwele wat tydens die inbraak gesteel is, te vind. Gewoonlik is Günther op die spoor van vermiste persone, maar in dié onstuimige politieke klimaat betree hy 'n donker onderwêreld waar misdaad, korrupsie en onderhandelinge met Nazi-leiers aan die orde van die dag is. Sy soektog ontbloot 'n skandaal wat hoëkoppe soos Hermann Goering en Heinrich Himmler betrek …
Smerige nagklubs, smeulende filmsterre, oorvol lykshuise en onderonsies met die Gestapo lei uiteindelik tot 'n skokkende onthulling. Die roman speel af in Nazi-Duitsland – 'n milieu wat Kerr met vernuf skets.
Dié Afrikaanse uitgawe van March Violets is die eerste boek in Kerr se Berlin Noir-reeks, sy eerste Bernie Günther-trilogie. Vertalings van die volgende twee romans in die reeks, The Pale Criminal en A German Requiem, verskyn in 2019.
Disponible depuis: 15/09/2018.
Longueur d'impression: 288 pages.

D'autres livres qui pourraient vous intéresser

  • Konkel - cover

    Konkel

    Pieter Marais

    • 0
    • 0
    • 0
    Maat Niekerk is 'n bedryfsielkundige en gewese staandemaglid. Hy is geskei en ’n geswore alleenloper. Hy het voorheen gekonkel vir groot maatskappye en die kapitalistiese bestel. Hy het ’n ommeswaai gemaak en is nou ’n lid van die geheime organisasie NEST (New Earth Settlement Territories), wat bekommerd is oor die vernietiging van hulpbronne, virusse en ekstreme weerstoestande. 
    Hulle het ’n duisend plekke op aarde geïdentifiseer wat geskik sou wees vir oorlewing ná ’n ramp. Die dorpie Joegaai, aan ’n rivier en die see, is een van daardie plekke. Maat verhuis daarheen om aanvoorwerk te doen. 
    Daar is nog ’n inkommer op die dorp: die geheimsinnige Hannes Lubbe – ’n alias. Sy bynaam is Assegaai omdat hy al wat lem is so flink kan gooi. Hy is ’n doodmaakmasjien. Hy was in die weermag en daarna sluipmoordenaar vir allerlei geheime organisasies. Hy het opdrag ontvang om Maat te elimineer – hy werk vir Groot Kapitaal wat NEST en die groenes wil ondermyn. Hy woon in ’n karavaan op die strand. 
    Die dorpie is vol kleurvolle karakters met geheime agendas. Dis ’n soort eietydse Koöperasiestories – uiters onderhoudend, dikwels skreeusnaaks en boonop spannend. 
    _______ 
    Die karakters is heerlik en gekompliseerd. Dit is spannend soos misdaadfiksie, maar dis meer as krimi – dit bied ’n gekantelde blik op die mensdom, subtiele satire en heelwat tussen die reëls.  
    —Deborah Steinmair
    Voir livre
  • Net Een Leuen - (Afrikaans Edition) Sielkundige Riller - cover

    Net Een Leuen - (Afrikaans...

    S.C. Hatton

    • 0
    • 0
    • 0
    This audiobook is narrated by an AI Voice. Om hom te verloor was erg. Om hom terug te kry is erger. 
     
    Behalwe vir haar kloustrofobie, is Emily van Lynden se lewe perfek. Êrens moes sy iets reg gedoen het om ’n man soos Zander te kry. ’n Man wat haar liefhet ten spyte van haar eienaardighede. 
    Nuus dat Zander vermoedelik in ’n motorbomontploffing oorlede is, verpletter Emily se perfekte lewe. 
    Wanneer Zander ’n paar dae later ongedeerd by die huis opdaag en daarop aandring om Alex genoem te word, voel dit vir Emily soos die begin van die einde. 
    Haar eens liefdevolle man, is nou afsydig, koud, intimiderend, en selfs by tye wreed. 
    Klein ruimtes is nie meer haar enigste vrees nie. Haar vrees het nou ’n stem en ’n gesig. Die gesig van die man wat sy liefhet.
    Voir livre
  • Die Baron van die Namib - 'n SA Polisie Reeks Spanningsverhaal Boek 12 - cover

    Die Baron van die Namib - 'n SA...

    Meiring Fouche

    • 0
    • 0
    • 0
    12. DIE BARON VAN DIE NAMIB - SA POLISIE REEKS
     
    In die skroeiende verlatenheid waar die Namib woestyn en die verbode diamant gebied ontmoet, kom die jong, vasberade konstabel Ryk Schutte op ’n grusame toneel af. In die stofbedekte kamers van die eensame spookhuis Rheinplatz lê sy vriend, die prospekteerder Nico Versveld, vermoor. Maar Schutte is nie lank alleen nie. Hy word gekonfronteer deur Versveld se vurige dogter, Ida, wat met ’n haelgeweer in haar hande en wraak in haar oë, antwoorde eis.
     
    Die moord is meer as net ’n sinnelose daad; dit is ’n roof. Maar die moordenaar het met leë hande gevlug, onbewus daarvan dat Versveld se ware fortuin, ’n sak vol diamante wat oor sewe jaar van swoeg bymekaar gemaak is, iewers veilig weggesteek is. Die geheimsinnige, gemaskerde moordenaar is egter genadeloos en keer terug. In ’n desperate soektog na die skat, ontvoer hy vir Ida en sleep haar dieper die woestyn in, oortuig daarvan dat sy die geheim van die diamante se wegsteekplek ken.
     
    Vir Ryk Schutte begin ’n verbete stryd. Alleen in sy Land Rover, met net sy polisie-opleiding en durf as wapens, neem hy die agtervolging op teen ’n vyand wat die Namib soos die palm van sy hand ken. Die jag word ’n uitmergelende stryd om oorlewing teen nie net ’n koelbloedige moordenaar en sy handlangers nie, maar ook teen die ongenaakbare elemente van die woestyn self. ’n Harde landskap wat geen geheime prysgee nie en geen foute duld nie.
     
    Gevange in die hart van die moorddadige woestyn, word die stryd om die diamante ’n stryd om lewe en dood. Terwyl Ryk se kopligte deur koeëls verpletter word en sy enigste hoop in die duine verydel word, moet hy op sy vindingrykheid staatmaak om die bordjies te verhang. Met Ida se lewe op die spel en ’n fortuin wat wag, moet Schutte sterker staan as ooit tevore. Kan een man, gedryf deur plig en ’n belofte aan ’n treurende dogter, ’n dodelike sindikaat uitoorlê in die eindelose, doodse stilte van die woestyn? Of sal die sande van die Namib, wat reeds een lewe geëis het, ook hulle laaste rusplek word?
     
    SAPolisieReeks
    Voir livre
  • Die Gevleuelde Fortuin - 'n Fabel Retief Riller Boek 3 - cover

    Die Gevleuelde Fortuin - 'n...

    Meiring Fouche

    • 0
    • 0
    • 0
    3. DIE GEVLEUELDE FORTUIN - FABEL RETIEF REEKS
     
    Wie is die geheimsinnige Mnr. P. Brink wat op die nippertjie op die vlug na Brittanje klim? Onder die dekmantel van ’n onskuldige reisiger is Fabel Retief, die legendariese oud-speurder, warm op die spoor van Paxanos, die geslepe meesterbrein agter ’n verstommende diamantrooftog van R140 000. Die plan is eenvoudig. Volg Paxanos, en lei hom in ’n lokval by Scotland Yard.
     
    Maar hierdie is geen gewone vlug nie. Duisende meters bo die donker hart van Afrika, neem die reis ’n dodelike wending. Die vliegtuig word gekaap en gedwing om koers te verander na die onstuimige Kongo. Aan boord speel ’n gevaarlike kat-en-muis-speletjie homself af. Paxanos, bewus van die skaduwee wat hom volg, ontmasker vir Retief en slaan sodoende sy kragtigste wapen, anonimiteit, uit sy hande. Nadat die kapers in Leopoldstad vasgetrek word, volg ’n skokkende ontdekking. Die diamante is skoonveld weg. Het Paxanos hom uitoorlê, of is daar ’n vierde, onsigbare speler in hierdie dodelike spel. Iemand wat die hele tyd onder sy neus was?
     
    Van die Kongo se stofstrate tot ’n verlate Engelse vliegveld en die mistige kaaie van Dover, moet Fabel sy soektog voortsit. Hy moet die ondenkbare waag om die waarheid te ontbloot, want hierdie gevleuelde fortuin is nie net op die spel nie. Dit is in die hande van ’n vyand wat hy nooit sien kom het nie.
     
    #FabelRetiefReeks
    Voir livre
  • Die Skatte van Monomotapa - 'n SA Polisie Reeks Spanningsverhaal Boek 5 - cover

    Die Skatte van Monomotapa - 'n...

    Gerrie Radlof

    • 0
    • 0
    • 0
    5. DIE SKATTE VAN MONOMOTAPA - SA POLISIE REEKS
     
    Die koelbloedige moord op ’n jong konstabel en sy kollega by ’n afgeleë drif in die Noord-Transvaalse bosveld bring die gedugte speurder sersant Kobus Roode van Johannesburg na die toneel. Die slagoffers se laaste besoek was aan ’n nabygeleë argeologiese kamp, waar die eksentrieke Professor Jarvis kwansuis na die legendariese skatte van Monomotapa soek.
     
    Maar die professor is skoonveld, en sy twee assistente, die gladde, gevaarlike Rodrique en sy reusagtige handlanger, Kraster, se stories klink vals. Roode besef gou dat hy nie met gewone skurke te doen het nie. Hy word gou in ’n dodelike spel ingetrek, waar elke leidraad hom dieper in ’n web van gierigheid en verraad lok. Die spanning bereik breekpunt wanneer die pragtige en onverskrokke plaas eienares, Lettie Botha, wreed aangeval word in ’n slinkse set wat Roode van die buitewêreld en enige hulp afsny.
     
    Wanneer die meester brein agter die operasie sy ware, berugte identiteit onthul, word die soektog na ’n moordenaar ’n desperate stryd vir oorlewing. Met Lettie as gyselaar en ’n fortuin op die spel, jaag die gewetenlose krimineel deur die donker bosveld om met sy buit te ontsnap. Afgesny, ongewapen en met die horlosie wat genadeloos aftik, moet Roode diep delf in sy bos kennis en durf om ’n man te uitoorlê vir wie moord net nog ’n skuif in die spel is. Kan een man ’n legende se skat terugeis en die vrou red wat sy hart gesteel het, of sal die wildernis hul almal se graf word?
     
    #SAPolisieReeks
    Voir livre
  • Die Dood het Vlerke - 'n Obed de Swardt Riller Boek 4 - cover

    Die Dood het Vlerke - 'n Obed de...

    Gerrie Radlof

    • 0
    • 0
    • 0
    4. DIE DOOD HET VLERKE - SWERWER SPEURDER REEKS
     
    Die landing van die internasionale rolprentster, Manine Minette in Johannesburg, is ’n media skouspel. Sy is die ster van die multimiljoen randproduksie, Vrou van die Eeue, en haar aankoms is veronderstel om ’n triomf te wees. Maar agter haar glansryke glimlag skuil ’n doodse vrees. Mislukte ontvoerings pogings in Londen het haar tot in Suid-Afrika agtervolg, en sy is oortuig daarvan dat die genadelose figure wat haar jag, hul net daagliks nouer trek om haar leed aan te doen.
     
    Ondanks ’n oormag polisiemanne en privaat sekuriteit, gebeur die ondenkbare. Tydens ’n swaar bewaakte onthaal in haar luukse hotel suite, verdwyn Manine spoorloos. Die enigste leidraad is ’n stel aanmekaar geknoopte lakens wat by haar venster op die derde verdieping uithang. Dit is ’n waaghalsige ontsnapping wat te eenvoudig, te opvallend en te perfek lyk.
     
    Terwyl die polisie ’n landwye soektog loods, betree die enigmatiese privaatspeurder, Obed de Swardt, die toneel. Bekend as die “swerwer-speurder”, besef hy gou dat die oënskynlike ontvoering slegs oëverblindery is vir ’n veel dieper en meer sinistere komplot. Sy ondersoek plaas hom egter direk in die visier van die skuldiges, en in ’n briljante set word hy self die hoof verdagte. Nou is hy ’n voortvlugtige, gejag deur sersant Eksteen en die polisie, asook die sindikaat wat hom die sondebok gemaak het. In ’n dodelike stryd teen tyd moet Obed die waarheid ontbloot. Is die motief ’n eenvoudige losprys, of is dit korporatiewe sabotasie deur ’n mededingende rolprent maatskappy? Of is Manine se lot iets veel ergers, ’n transaksie waar haar lewe die prys is? Met verraad wat om elke hoek skuil en niemand wat hy ten volle kan vertrou nie, moet Obed die bobaas brein agter die komplot probeer ontmasker. Maar met elke tree nader aan die waarheid, word die gevaar groter en die kanse op sy en Manine se oorlewing al hoe skraler.
     
    #SwerwerSpeurderReeks
    Voir livre