Join us on a literary world trip!
Add this book to bookshelf
Grey
Write a new comment Default profile 50px
Grey
Listen online to the first chapters of this audiobook!
All characters reduced
Konkel - cover
PLAY SAMPLE

Konkel

Pieter Marais

Narrator Pieter van Zyl

Publisher: Pieter Marais

  • 0
  • 0
  • 0

Summary

Maat Niekerk is 'n bedryfsielkundige en gewese staandemaglid. Hy is geskei en ’n geswore alleenloper. Hy het voorheen gekonkel vir groot maatskappye en die kapitalistiese bestel. Hy het ’n ommeswaai gemaak en is nou ’n lid van die geheime organisasie NEST (New Earth Settlement Territories), wat bekommerd is oor die vernietiging van hulpbronne, virusse en ekstreme weerstoestande. 
Hulle het ’n duisend plekke op aarde geïdentifiseer wat geskik sou wees vir oorlewing ná ’n ramp. Die dorpie Joegaai, aan ’n rivier en die see, is een van daardie plekke. Maat verhuis daarheen om aanvoorwerk te doen. 
Daar is nog ’n inkommer op die dorp: die geheimsinnige Hannes Lubbe – ’n alias. Sy bynaam is Assegaai omdat hy al wat lem is so flink kan gooi. Hy is ’n doodmaakmasjien. Hy was in die weermag en daarna sluipmoordenaar vir allerlei geheime organisasies. Hy het opdrag ontvang om Maat te elimineer – hy werk vir Groot Kapitaal wat NEST en die groenes wil ondermyn. Hy woon in ’n karavaan op die strand. 
Die dorpie is vol kleurvolle karakters met geheime agendas. Dis ’n soort eietydse Koöperasiestories – uiters onderhoudend, dikwels skreeusnaaks en boonop spannend. 
_______ 
Die karakters is heerlik en gekompliseerd. Dit is spannend soos misdaadfiksie, maar dis meer as krimi – dit bied ’n gekantelde blik op die mensdom, subtiele satire en heelwat tussen die reëls.  
—Deborah Steinmair
Duration: about 8 hours (07:58:44)
Publishing date: 2026-09-17; Unabridged; Copyright Year: — Copyright Statment: —