Join us on a literary world trip!
Add this book to bookshelf
Grey
Write a new comment Default profile 50px
Grey
Subscribe to read the full book or read the first pages for free!
All characters reduced
Negentien Minute - cover

Negentien Minute

Jodi Picoult

Translator Daniel Hugo

Publisher: Jonathan Ball

  • 0
  • 0
  • 0

Summary

"Hoe goed ken 'n mens werklik jou gesinslede of enigiemand anders? Hoe vernietigend is groepsdruk, hoe intimiderend die behoefte aan tuishoort?" – Deborah Steinmair, joernalis en skrywer.
Nadat hy jare lank wreed verbaal en fisiek deur klasmaats geboelie is, knak die 17-jarige Peter Houghton een oggend. Binne slegs negentien minute sterf tien inwoners van die dorp Sterling in Amerika.
Die geskokte gemeenskap is vasberade dat geregtigheid moet geskied. Soos die hofsaak ontvou en Peter getuienis lewer, kom dit egter aan die lig dat die inwoners van Sterling 'n rol daarin gespeel het om 'n innemende, liefdevolle seun in 'n massamoordenaar te laat verander.
In 'n era waarin boeliegedrag toenemend 'n probleem is, ook in Suid-Afrika, bring hierdie meesleurende boek talle insigte vir ouers, onderwysers en tieners.
Available since: 07/08/2020.
Print length: 456 pages.

Other books that might interest you

  • Doodslied vir Duitsland - cover

    Doodslied vir Duitsland

    Philip Kerr

    • 0
    • 0
    • 0
    As 'n polisieman in Berlyn het inspekteur Bernie Günther reeds vroeg in die 1930's met boosheid kennis gemaak. Nou, in 1947, is die Tweede Wêreldoorlog verby en Bernie – 'n gesoute privaatspeurder – moet die moord op 'n Amerikaanse Nazi-jagter ondersoek. Maar daar is een gróót probleem: die vermeende moordenaar is een van Bernie se oudste vriende, 'n kollega uit sy Kripo-dae. Moet Bernie sy lojaliteit aan sy vriend bewys, of eerder seker maak dat reg en geregtigheid seëvier? Maar skuil daar nie dalk meer agter hierdie vreemde saak nie?
    In Wene, 'n eens weelderige stad wat nou in puin lê na afloop van die oorlog, volg Bernie verskeie leidrade wat almal na een verdagte lei: 'n oud-Gestapo-hoof met 'n lys van wandade wat die vergrype van die oorlog na kinderspeletjies laat lyk … Doodslied vir Duitsland, die Afrikaanse vertaling van A German Requiem, is die laaste boek in Philip Kerr se Berlin Noir-trilogie, sy historiese speurreeks wat wêreldwyd 'n topverkoper is.
    Show book
  • Doodsbleek - cover

    Doodsbleek

    Philip Kerr

    • 0
    • 0
    • 0
    In Die bleek oortreder moet die gesoute speurder Bernie Günther 'n reeksmoordenaar vastrek wat paniek regoor Berlyn saai.
    Dit is 1938 en Duitsland wag angstig op die bevindinge van die München-konferensie. Onsekerheid hang in die lug: Hitler kan Europa dalk in 'n oorlog dompel. Vir Bernie is daar egter belangriker sake wat aandag verg. Hy ondersoek twee sake waar afpersing betrokke is: die een betrek 'n ryk weduwee, en die ander, homself.
    Terselfdertyd het dit op die lappe gekom dat die Kripo – Berlyn se misdaadpolisie – 'n onskuldige Jood gearresteer het vir die reeks wrede moorde in die stad. En hoewel die Kripo dié keer alles sal doen om die regte moordenaar vas te trek, is hulle weereens nie verhewe bo afpersing en manipulasie nie. Omdat Bernie onlangs aangestel is as Kripo-kommissar, moet hy die raaisel oplos – 'n ondersoek wat hom uiteindelik aan die heel donkerste kant van die menslike psige blootstel.
    Hierdie vertaling van The Pale Criminal is die tweede boek in Philip Kerr se Berlin Noir-trilogie, nou vir die eerste keer beskikbaar in Afrikaans. Die vertaling van die derde boek in die reeks, A German Requiem, verskyn in 2019.
    Show book
  • Hans-Nazi's - cover

    Hans-Nazi's

    Philip Kerr

    • 0
    • 0
    • 0
    Berlyn, 1936. Hardebaard speurder Bernhard – "Bernie" – Günther word deur 'n miljoenêr-sakeman ingeroep om die moord op sy dogter en skoonseun op te los en waardevolle juwele wat tydens die inbraak gesteel is, te vind. Gewoonlik is Günther op die spoor van vermiste persone, maar in dié onstuimige politieke klimaat betree hy 'n donker onderwêreld waar misdaad, korrupsie en onderhandelinge met Nazi-leiers aan die orde van die dag is. Sy soektog ontbloot 'n skandaal wat hoëkoppe soos Hermann Goering en Heinrich Himmler betrek …
    Smerige nagklubs, smeulende filmsterre, oorvol lykshuise en onderonsies met die Gestapo lei uiteindelik tot 'n skokkende onthulling. Die roman speel af in Nazi-Duitsland – 'n milieu wat Kerr met vernuf skets.
    Dié Afrikaanse uitgawe van March Violets is die eerste boek in Kerr se Berlin Noir-reeks, sy eerste Bernie Günther-trilogie. Vertalings van die volgende twee romans in die reeks, The Pale Criminal en A German Requiem, verskyn in 2019.
    Show book
  • Jackie Blue - 'N Justice Sekuriteit Roman - cover

    Jackie Blue - 'N Justice...

    T. M. Bilderback

    • 0
    • 1
    • 0
    Vyf spesiale sorg kinders huur Justice Sekuriteit om hulle pleegma te red van die stad se grootste misdaad familie.
    Jacqueline Belew het 'n geheim. Jackie is pleegma vir vyf spesiale sorg kinders. Dit is nie haar geheim nie. Jackie is baie, baie lief vir hierdie kinders. Dis ook nie haar geheim nie. Jackie se bynaam is Jackie Blue, deur die kinders gegee. Dis ook nie haar geheim nie. Wat is Jackie Blue se geheim? Sy weet wat die uitkoms van enige spel gaan wees. Enige spel. Sy gebruik die vermoë om klein hoeveelhede geld te wen om te help met die opvoeding en versorging van die spesiale sorg kinders. Sy probeer om nooit meer as wat sy nodig het te wen nie, omdat sy nie haar vermoë wil misbruik nie. Iemand sien egter haar geskenk. Die Giambini misdaad familie besluit om Jackie te ontvoer om hulle goeie gans te wees en die kinders huur Joey Justice en Justice Sekuriteit om haar te red. Dinge raak vinnig dodelik. Selfs Jackie het dit nie sien kom nie .... Voorgestelde lirieke uit die klassieke lied deur Ozark Mountain Deredevels, Jackie Blue sal u laat spring vir die nimmereindigende spanning!
    Show book
  • Ann Se Oorlog - Ontsnapping - cover

    Ann Se Oorlog - Ontsnapping

    Hannah Howe

    • 0
    • 0
    • 0
    Maart 1945. Na ses bloedige, traan gevlekte jare, was die oorlog amper verby. Maar, vir die Duitse oorlogs gevangenes opgesluit op Eiland Plaas Kamp 198 kon die einde nie gou genoeg kom nie – en besluit hulle om te ontsnap. 
    
    
    Terwyl die Duitsers na alle uithoeke vlug, het een van hulle, Kurt Schneider, agtergebly met bloed aan sy vingers en ‘n pistool in sy hand.  Die ergste is dat daar ‘n lewelose vrou by sy voete lê.  As die hoofverdagte in die moord, lyk dit asof die galg sy voorland is.  Maar Ann Morgan het Kurt Schneider leer ken in die tyd wat hy op die plase in die omgewing, onder bewaking, gearbei het.  Sy het van die jongman gehou, en was nie oortuig dat hy tot moord in staat was nie.  Kon Ann vir Kurt red en die regte moordenaar galg toe stuur? 
    
    
    Met haar man Emrys steeds as vermis in die oorlog, vind Ann haarself aangetrokke tot die aantreklike wewenaar Speurder Inspekteur Max Deveraux.  Kon Ann haar emosies in bedwang hou, of sou sy in die hitte van die oomblik, die lyn oorskry?
    Show book
  • Die Vierde Nasaat - cover

    Die Vierde Nasaat

    Allison Maruska

    • 0
    • 2
    • 0
    Toe Michelle 'n oproep uit Richmond ontvang van 'n historikus af, beskou sy dit as die ideale geleentheid vir 'n broodnodige avontuur. Al wat sy moes doen, is om 'n eeuoue sleutel te soek. 
    
    
    Drie ander mense - 'n kitaarspeler, 'n ingenieur, en 'n afgetredene - ontvang soortgelyke oproepe. Elkeen se familie besit 'n sleutel vir 'n kluis met vier slotte wat in 'n hofgebou ontdek is, alhoewel hulle verbintenis met mekaar net so 'n raaisel is as die kluis. Hulle voorsate sou nie met mekaar interaksie gehad het nie, het geen rede gehad om die kluis te begrawe nie, en moes ook nie agterna verdwyn het nie. 
    
    
    Met hulle sleutels kom Michelle en die ander nasate in die hofgebou se kelder bymekaar en sluit die kluis oop om die waarheid oor hulle voorsate uit te vind - 'n waarheid vreemder, gevaarliker, en potensieel meer radikaal as wat hulle hulle ooit kon voorstel. Nou moet hulle dit uit die verkeerde hande hou.
    Show book