Junte-se a nós em uma viagem ao mundo dos livros!
Adicionar este livro à prateleira
Grey
Deixe um novo comentário Default profile 50px
Grey
Assine para ler o livro completo ou leia as primeiras páginas de graça!
All characters reduced
Ikarus - cover

Nos desculpe! A editora ou autor removeu este livro do nosso catálogo. Mas não se preocupe, você ainda tem mais de 500.000 livros para escolher para seguir sua leitura!

Ikarus

Deon Meyer

Editora: Human & Rousseau

  • 1
  • 7
  • 0

Sinopse

Op 17 Desember spoel die lyk van Ernst Richter oop in die duine anderkant Parklands – dié Ernst Richter, berugte internet-entrepreneur, baas van die omstrede webwerf Alibi.co.za, wat ’n maand gelede so onverklaarbaar en sensasioneel verdwyn het. Selfs in normale omstandighede sou die Valke Bennie Griessel en Vaughn Cupido gesukkel het – by Alibi.co.za lieg almal soos tannetrekkers. Maar die omstandighede is nie normaal nie. Want Griessel het weer aan die suip gegaan. En Cupido is verlief. Op een van die verdagtes. En op 24 Desember begin ’n jong wynboer bieg voor ’n advokaat in Kaapstad,
wat die hele saak op sy kop keer. Kersfees sal nooit weer dieselfde wees nie.
Disponível desde: 06/03/2015.

Outros livros que poderiam interessá-lo

  • Negentien Minute - cover

    Negentien Minute

    Jodi Picoult

    • 0
    • 0
    • 0
    "Hoe goed ken 'n mens werklik jou gesinslede of enigiemand anders? Hoe vernietigend is groepsdruk, hoe intimiderend die behoefte aan tuishoort?" – Deborah Steinmair, joernalis en skrywer.
    Nadat hy jare lank wreed verbaal en fisiek deur klasmaats geboelie is, knak die 17-jarige Peter Houghton een oggend. Binne slegs negentien minute sterf tien inwoners van die dorp Sterling in Amerika.
    Die geskokte gemeenskap is vasberade dat geregtigheid moet geskied. Soos die hofsaak ontvou en Peter getuienis lewer, kom dit egter aan die lig dat die inwoners van Sterling 'n rol daarin gespeel het om 'n innemende, liefdevolle seun in 'n massamoordenaar te laat verander.
    In 'n era waarin boeliegedrag toenemend 'n probleem is, ook in Suid-Afrika, bring hierdie meesleurende boek talle insigte vir ouers, onderwysers en tieners.
    Ver livro
  • Hans-Nazi's - cover

    Hans-Nazi's

    Philip Kerr

    • 0
    • 0
    • 0
    Berlyn, 1936. Hardebaard speurder Bernhard – "Bernie" – Günther word deur 'n miljoenêr-sakeman ingeroep om die moord op sy dogter en skoonseun op te los en waardevolle juwele wat tydens die inbraak gesteel is, te vind. Gewoonlik is Günther op die spoor van vermiste persone, maar in dié onstuimige politieke klimaat betree hy 'n donker onderwêreld waar misdaad, korrupsie en onderhandelinge met Nazi-leiers aan die orde van die dag is. Sy soektog ontbloot 'n skandaal wat hoëkoppe soos Hermann Goering en Heinrich Himmler betrek …
    Smerige nagklubs, smeulende filmsterre, oorvol lykshuise en onderonsies met die Gestapo lei uiteindelik tot 'n skokkende onthulling. Die roman speel af in Nazi-Duitsland – 'n milieu wat Kerr met vernuf skets.
    Dié Afrikaanse uitgawe van March Violets is die eerste boek in Kerr se Berlin Noir-reeks, sy eerste Bernie Günther-trilogie. Vertalings van die volgende twee romans in die reeks, The Pale Criminal en A German Requiem, verskyn in 2019.
    Ver livro
  • Bloedsteen - cover

    Bloedsteen

    Irna van Zyl

    • 0
    • 0
    • 0
    Dinge ontrafel vinnig wanneer iemand speuradjudant Storm van der Merwe se ma voor ’n trein op Paddington-stasie instamp. Storm moet Londen toe, al is sy tot oor haar ore met ’n moordsaak: Beebee Bukelwa Babu, befaamde Suid-Afrikaanse modeontwerper, lê leweloos in ’n luukse hotel op Hermanus.Hande om Storm te help met die ondersoek ná Beebee se dood is min, want protesaksie lê die dorp lam. Boonop sweep ’n charismatiese profeet die skare tot ’n histerie op.Storm besef gou dit is nie net haar ma se lewe wat in gevaar is nie. Sy is self ’n teiken.Intussen probeer haar ekskollega, Andreas Moerdyk, nou ’n privaat speurder, om ’n skaars rooi diamant van onskatbare waarde op te spoor.Van Londen se donker strate tot Antwerpen se diamantebeurs, van Port Nolloth se verlate kuslyn tot Storm se geliefde Hermanus, ontvou die storie in Irna van Zyl se derde misdaadroman teen die pas van ’n sneltrein.
    Ver livro
  • Doodsbleek - cover

    Doodsbleek

    Philip Kerr

    • 0
    • 0
    • 0
    In Die bleek oortreder moet die gesoute speurder Bernie Günther 'n reeksmoordenaar vastrek wat paniek regoor Berlyn saai.
    Dit is 1938 en Duitsland wag angstig op die bevindinge van die München-konferensie. Onsekerheid hang in die lug: Hitler kan Europa dalk in 'n oorlog dompel. Vir Bernie is daar egter belangriker sake wat aandag verg. Hy ondersoek twee sake waar afpersing betrokke is: die een betrek 'n ryk weduwee, en die ander, homself.
    Terselfdertyd het dit op die lappe gekom dat die Kripo – Berlyn se misdaadpolisie – 'n onskuldige Jood gearresteer het vir die reeks wrede moorde in die stad. En hoewel die Kripo dié keer alles sal doen om die regte moordenaar vas te trek, is hulle weereens nie verhewe bo afpersing en manipulasie nie. Omdat Bernie onlangs aangestel is as Kripo-kommissar, moet hy die raaisel oplos – 'n ondersoek wat hom uiteindelik aan die heel donkerste kant van die menslike psige blootstel.
    Hierdie vertaling van The Pale Criminal is die tweede boek in Philip Kerr se Berlin Noir-trilogie, nou vir die eerste keer beskikbaar in Afrikaans. Die vertaling van die derde boek in die reeks, A German Requiem, verskyn in 2019.
    Ver livro
  • Doodslied vir Duitsland - cover

    Doodslied vir Duitsland

    Philip Kerr

    • 0
    • 0
    • 0
    As 'n polisieman in Berlyn het inspekteur Bernie Günther reeds vroeg in die 1930's met boosheid kennis gemaak. Nou, in 1947, is die Tweede Wêreldoorlog verby en Bernie – 'n gesoute privaatspeurder – moet die moord op 'n Amerikaanse Nazi-jagter ondersoek. Maar daar is een gróót probleem: die vermeende moordenaar is een van Bernie se oudste vriende, 'n kollega uit sy Kripo-dae. Moet Bernie sy lojaliteit aan sy vriend bewys, of eerder seker maak dat reg en geregtigheid seëvier? Maar skuil daar nie dalk meer agter hierdie vreemde saak nie?
    In Wene, 'n eens weelderige stad wat nou in puin lê na afloop van die oorlog, volg Bernie verskeie leidrade wat almal na een verdagte lei: 'n oud-Gestapo-hoof met 'n lys van wandade wat die vergrype van die oorlog na kinderspeletjies laat lyk … Doodslied vir Duitsland, die Afrikaanse vertaling van A German Requiem, is die laaste boek in Philip Kerr se Berlin Noir-trilogie, sy historiese speurreeks wat wêreldwyd 'n topverkoper is.
    Ver livro
  • Ann Se Oorlog - Ontsnapping - cover

    Ann Se Oorlog - Ontsnapping

    Hannah Howe

    • 0
    • 0
    • 0
    Maart 1945. Na ses bloedige, traan gevlekte jare, was die oorlog amper verby. Maar, vir die Duitse oorlogs gevangenes opgesluit op Eiland Plaas Kamp 198 kon die einde nie gou genoeg kom nie – en besluit hulle om te ontsnap. 
    
    
    Terwyl die Duitsers na alle uithoeke vlug, het een van hulle, Kurt Schneider, agtergebly met bloed aan sy vingers en ‘n pistool in sy hand.  Die ergste is dat daar ‘n lewelose vrou by sy voete lê.  As die hoofverdagte in die moord, lyk dit asof die galg sy voorland is.  Maar Ann Morgan het Kurt Schneider leer ken in die tyd wat hy op die plase in die omgewing, onder bewaking, gearbei het.  Sy het van die jongman gehou, en was nie oortuig dat hy tot moord in staat was nie.  Kon Ann vir Kurt red en die regte moordenaar galg toe stuur? 
    
    
    Met haar man Emrys steeds as vermis in die oorlog, vind Ann haarself aangetrokke tot die aantreklike wewenaar Speurder Inspekteur Max Deveraux.  Kon Ann haar emosies in bedwang hou, of sou sy in die hitte van die oomblik, die lyn oorskry?
    Ver livro