Join us on a literary world trip!
Add this book to bookshelf
Grey
Write a new comment Default profile 50px
Grey
Subscribe to read the full book or read the first pages for free!
All characters reduced
Die Neus - 'n Raaiselroman - cover

We are sorry! The publisher (or author) gave us the instruction to take down this book from our catalog. But please don't worry, you still have more than 500,000 other books you can enjoy!

Die Neus - 'n Raaiselroman

Deborah Steinmair

Publisher: Human & Rousseau

  • 0
  • 1
  • 0

Summary

’n Verbeeldingryke speurroman of ’n swart komedie; hoe mens dit ook al lees, hierdie verhaal met sy fantasmagoriese oomblikke beweeg teen ’n vaart wat lesers sal meesleur en vermaak. Die eksentrieke hoofkarakter met die haakneus, Agathe Gruber, het uitsonderlike psigiese opspoorgawes maar sy is nogal menssku. Gelukkig word die dinamiese, charismatiese eks-sanger Jesse haar bondgenoot.  Die ontrafeling van die moord op Aga se ma, Rosalie Schwarzbraun, en op die olfaktoriese wetenskaplike Boas Birkenbaum, haar biologiese pa, geskied boonop met die hulp van Claude, die rowwejack mechanic-buurman wat nooit op sy mond geval is nie. Die intrige spin vinnig ‘n web wat selfs die Chinese Mafia insluit en beweeg van ’n klein Vrystaatse dorpie na Pretoria. Ongewoon en boeiend. ‘n Vaardige skrywer met ‘n goeie oog, ‘n heerlike sin vir humor en fyn taalhantering. Die karakters is interessant en die storie is verleidelik.– Hettie Scholtz ’n Vars bries tussen die hedendaagse misdaadverhale en rillers. Hier is ’n uitstekende storieverteller aan die woord. Dis ’n “annerlike” roman wat in menige opsig ’n leesplesier is en ten spyte van sy ligte aanslag nie sonder diepte is nie, versteek soos dit mag lyk.– Linda RodeDit is die soort boek wat lesers gaan boei vanweë ’n hele spektrum van kleurvolle karakters en ’n interessante intrige. Die vertelstyl is lewendig, oorspronklik en veral  onderhoudend.–  Louise Viljoen
Available since: 08/27/2012.

Other books that might interest you

  • Hans-Nazi's - cover

    Hans-Nazi's

    Philip Kerr

    • 0
    • 0
    • 0
    Berlyn, 1936. Hardebaard speurder Bernhard – "Bernie" – Günther word deur 'n miljoenêr-sakeman ingeroep om die moord op sy dogter en skoonseun op te los en waardevolle juwele wat tydens die inbraak gesteel is, te vind. Gewoonlik is Günther op die spoor van vermiste persone, maar in dié onstuimige politieke klimaat betree hy 'n donker onderwêreld waar misdaad, korrupsie en onderhandelinge met Nazi-leiers aan die orde van die dag is. Sy soektog ontbloot 'n skandaal wat hoëkoppe soos Hermann Goering en Heinrich Himmler betrek …
    Smerige nagklubs, smeulende filmsterre, oorvol lykshuise en onderonsies met die Gestapo lei uiteindelik tot 'n skokkende onthulling. Die roman speel af in Nazi-Duitsland – 'n milieu wat Kerr met vernuf skets.
    Dié Afrikaanse uitgawe van March Violets is die eerste boek in Kerr se Berlin Noir-reeks, sy eerste Bernie Günther-trilogie. Vertalings van die volgende twee romans in die reeks, The Pale Criminal en A German Requiem, verskyn in 2019.
    Show book
  • Bloedsteen - cover

    Bloedsteen

    Irna van Zyl

    • 0
    • 0
    • 0
    Dinge ontrafel vinnig wanneer iemand speuradjudant Storm van der Merwe se ma voor ’n trein op Paddington-stasie instamp. Storm moet Londen toe, al is sy tot oor haar ore met ’n moordsaak: Beebee Bukelwa Babu, befaamde Suid-Afrikaanse modeontwerper, lê leweloos in ’n luukse hotel op Hermanus.Hande om Storm te help met die ondersoek ná Beebee se dood is min, want protesaksie lê die dorp lam. Boonop sweep ’n charismatiese profeet die skare tot ’n histerie op.Storm besef gou dit is nie net haar ma se lewe wat in gevaar is nie. Sy is self ’n teiken.Intussen probeer haar ekskollega, Andreas Moerdyk, nou ’n privaat speurder, om ’n skaars rooi diamant van onskatbare waarde op te spoor.Van Londen se donker strate tot Antwerpen se diamantebeurs, van Port Nolloth se verlate kuslyn tot Storm se geliefde Hermanus, ontvou die storie in Irna van Zyl se derde misdaadroman teen die pas van ’n sneltrein.
    Show book
  • Negentien Minute - cover

    Negentien Minute

    Jodi Picoult

    • 0
    • 0
    • 0
    "Hoe goed ken 'n mens werklik jou gesinslede of enigiemand anders? Hoe vernietigend is groepsdruk, hoe intimiderend die behoefte aan tuishoort?" – Deborah Steinmair, joernalis en skrywer.
    Nadat hy jare lank wreed verbaal en fisiek deur klasmaats geboelie is, knak die 17-jarige Peter Houghton een oggend. Binne slegs negentien minute sterf tien inwoners van die dorp Sterling in Amerika.
    Die geskokte gemeenskap is vasberade dat geregtigheid moet geskied. Soos die hofsaak ontvou en Peter getuienis lewer, kom dit egter aan die lig dat die inwoners van Sterling 'n rol daarin gespeel het om 'n innemende, liefdevolle seun in 'n massamoordenaar te laat verander.
    In 'n era waarin boeliegedrag toenemend 'n probleem is, ook in Suid-Afrika, bring hierdie meesleurende boek talle insigte vir ouers, onderwysers en tieners.
    Show book
  • Doodslied vir Duitsland - cover

    Doodslied vir Duitsland

    Philip Kerr

    • 0
    • 0
    • 0
    As 'n polisieman in Berlyn het inspekteur Bernie Günther reeds vroeg in die 1930's met boosheid kennis gemaak. Nou, in 1947, is die Tweede Wêreldoorlog verby en Bernie – 'n gesoute privaatspeurder – moet die moord op 'n Amerikaanse Nazi-jagter ondersoek. Maar daar is een gróót probleem: die vermeende moordenaar is een van Bernie se oudste vriende, 'n kollega uit sy Kripo-dae. Moet Bernie sy lojaliteit aan sy vriend bewys, of eerder seker maak dat reg en geregtigheid seëvier? Maar skuil daar nie dalk meer agter hierdie vreemde saak nie?
    In Wene, 'n eens weelderige stad wat nou in puin lê na afloop van die oorlog, volg Bernie verskeie leidrade wat almal na een verdagte lei: 'n oud-Gestapo-hoof met 'n lys van wandade wat die vergrype van die oorlog na kinderspeletjies laat lyk … Doodslied vir Duitsland, die Afrikaanse vertaling van A German Requiem, is die laaste boek in Philip Kerr se Berlin Noir-trilogie, sy historiese speurreeks wat wêreldwyd 'n topverkoper is.
    Show book
  • Doodsbleek - cover

    Doodsbleek

    Philip Kerr

    • 0
    • 0
    • 0
    In Die bleek oortreder moet die gesoute speurder Bernie Günther 'n reeksmoordenaar vastrek wat paniek regoor Berlyn saai.
    Dit is 1938 en Duitsland wag angstig op die bevindinge van die München-konferensie. Onsekerheid hang in die lug: Hitler kan Europa dalk in 'n oorlog dompel. Vir Bernie is daar egter belangriker sake wat aandag verg. Hy ondersoek twee sake waar afpersing betrokke is: die een betrek 'n ryk weduwee, en die ander, homself.
    Terselfdertyd het dit op die lappe gekom dat die Kripo – Berlyn se misdaadpolisie – 'n onskuldige Jood gearresteer het vir die reeks wrede moorde in die stad. En hoewel die Kripo dié keer alles sal doen om die regte moordenaar vas te trek, is hulle weereens nie verhewe bo afpersing en manipulasie nie. Omdat Bernie onlangs aangestel is as Kripo-kommissar, moet hy die raaisel oplos – 'n ondersoek wat hom uiteindelik aan die heel donkerste kant van die menslike psige blootstel.
    Hierdie vertaling van The Pale Criminal is die tweede boek in Philip Kerr se Berlin Noir-trilogie, nou vir die eerste keer beskikbaar in Afrikaans. Die vertaling van die derde boek in die reeks, A German Requiem, verskyn in 2019.
    Show book
  • Maak My Wakker Voor Jy Gaan - A Justic Sekuriteit Roman - cover

    Maak My Wakker Voor Jy Gaan - A...

    T. M. Bilderback

    • 0
    • 0
    • 0
    Die nuwe nagklub in die stad is 'n lokval vir Justice Sekuriteit, gestel deur hul grooste aardse vyand, Esteban Fernandez.Die nuutste en warmste nagklub in die stad het Justice Sekuriteit gehuur om sy klante te beskerm teen gevaar. Elke aand was die klub oop is, moet daar ‘n roterende vors van vier brommers en twee gewone drag personeellede tussen die betalende klante sirkuleer, net soos die bestuurder gevra het.
    Vanaand het Joey Justice en Misty Wilhite opgedaag in die rotasie, saam met die klimmers Brandon King en Patty Ferguson. Toe Joey en Misty arriveer het Joey die klub binnegegaan terwyl Misty terug kar toe is vir ‘n vergete item. Terwyl Misty by die kar is, sien Misty die klub word oorgeneem deur ‘n groot vors gewapende mans en al die uitgange word geseël.
    Binne word die ware eienaar van die klub indentifiseer as Justice Sekuriteit se grootste vyand, die Meksikaan dwelm kartel leier Esteban Fernandez, wie telefonies dreig om al die klub klante te vermoor tensy Joey homself opgee en Misty binne toelaat.
    Op ‘n ander front, terwyl amper al die beskikbare personeel by die klub is, is ‘n moordenaar los in die amper verlate Justice Sekuriteit gebou. Die moordenaar is stil, vinnig en ‘n glibberige kalant. Jessica Queen, een van Justice Sekuriteit se nuutste vernnote, het ‘n klein groepie in die geslote gebou en moet die moordenaar vind ... of self vermoor word in die proses.
    Vasgevang binne die klub saam ‘n klompie honderd onskuldige mense tydens ‘n dodelike kat-en-muis spel, moet Joey en sy vier brommers hul bes probeer om almal veilig te hou en nie gevang te word nie. Terwyl tyd uithardloop, maak ten minste een van Justice Sekuriteit se span lede die grootste opoffering ... maar kan hulle almal red? En kan die twee aanvalle verwant wees?
    Geïnspireer deur die treffer lied “Wake Me Up Before You Go-Go” en vol spanning en afwagting, beloof “Maak My Wakker Voor Jy Gaan-Gaan” om jou op die punt van jou stoel te hou tot op die laaste bladsy!
    PUBLISHER: TEKTIME
    Show book