Junte-se a nós em uma viagem ao mundo dos livros!
Adicionar este livro à prateleira
Grey
Deixe um novo comentário Default profile 50px
Grey
Assine para ler o livro completo ou leia as primeiras páginas de graça!
All characters reduced
Dokter Margaret Se Seekis - cover
LER

Dokter Margaret Se Seekis

Waheed Rabbani

Editora: Babelcube

  • 0
  • 0
  • 0

Sinopse

Dokter Margaret se seekis, is Boek I van ʼn trilogie van historiese fiksie wat afspeel gedurende die stryd van Indië vir vryheid—Azadi—van die Britse Raj. Die boeke weef ʼn verhaal van internasionale intrige, konflik, en aangrypende liefde tussen interessante karakters van daardie era. 


In 1965 is ʼn seekis van meer as 100 jaar oud, vermoedelik dié van ʼn Amerikaanse dokter, Margaret, ontdek in die stoorkamer van ʼn hospitaal in Delhi. ʼn Ander Amerikaanse dokter, Sharif, wat oorspronklik afkomstig is uit Delhi en op kontrak is by die hospitaal, is toevertrou met die taak om die geheimsinnige vrou se familie op te spoor en die kis aan hul terug te besorg. Sharif spoor Margaret se nageslag in Grimsby, Ontario, Kanada op. Haar dagboeke en ander artefakte, soos die kroon van die Koninkryk van Jhansi, is in die kis gevind. 


Margaret, gebore in New Jersey uit ʼn Skotse Presbiteriaanse klerklike familie, oorwin geweldige struikelblokke en bereik haar hartsbegeerte in 1850 om een van die eerste Noord-Amerikaanse vroue dokters te word. Sy trou met haar Kanadese neef, Robert, en reis saam met hom om in die Krimoorlog van 1854 te dien. In die Krim kry hul nie net swaar met al die veldslae nie, maar moet ook ander konflikte verduur. 


Van gebeure wat gelei het tot en na die berugte Charge of the Light Brigade, ontmoet Margaret ʼn Russiese offisier, graaf Nicholai. Die verrassende einde van Boek I laat Margaret in ʼn verknorsing, moet sy wraak neem of moet sy voortgaan met haar reis na Indië. Op die ou end glo sy, sy het die regte besluit gemaak. 


******************************************** 


******************************************** 


“[Waheed] se weergawe van die Indiese Rebellie uit ʼn Indiese oogpunt is fassinerend vir die Westerse leser en behoort goed ontvang te word ...” 


– Ian Walker, skrywer van LOCA
Disponível desde: 04/11/2016.

Outros livros que poderiam interessá-lo

  • Maan Dans - Verbind Deur Bloed Reeks – Boek Een - cover

    Maan Dans - Verbind Deur Bloed...

    Amy Blankenship

    • 1
    • 2
    • 0
    Envy se lewe is goed. Goeie broer, goeie kêrel en die beste werk wat ‘n meisie voor kan vra … kroegmeisie by een van die beste klubs in die stad. Ten minste was dit goed totdat sy ‘n oproep gekry het van een van haar beste vriende dat haar kêrel die vertikale limbo op die dansvloer doen by Maan Dans. Haar besluit om hom te konfronteer begin ‘n ketting van gebeure wat haar sal voorstel aan ‘n gevaarlike paranormale wêreld weggesteek onder die daaglikse sleur. ‘n Wêreld waar mense kan transformeer na swart luiperds, lewende vampiere wat in die strate wandel en gevalde engele wat saam met ons rondloop. Devon is ‘n weerswart luiperd, ‘n bietjie rof om die kiewe en een van die mede-eienaars van Maan Dans. Sy wêreld word op sy as gedraai wanneer hy ‘n aanloklike jakkelsvrou met rooi hare in sy klub sien dans, gewapen met ‘n siniese hart en ‘n skokstok. Met ‘n vampier oorlog in volle gang rondom hulle, sweer Devon om hierdie vrou sy eie te maak ... en sal veg soos die hel self om haar te kry.
    Ver livro
  • Put van Drome (Afrikaanse uitgawe) - Die Veiling Trilogie: 'n Hedendaagse Jane Eyre - cover

    Put van Drome (Afrikaanse...

    Anna Erishkigal

    • 0
    • 1
    • 0
    Al wat Rosie Xalbadore wil hê is ‘n werk vir die somer, en dan sal sy na beter dinge aanbeweeg- soos ‘n posisie as ‘n hoërskool onderwyseres by ‘n regte skool, met medies, voordele, en geen onderlangse aanmerkings oor “die oppasser” nie. Om emosioneel betrokke te raak by Adam Bristow sou ‘n groot fout wees. Eerstes, omdat hy tegnies nogsteeds getroud is. En tweedens, omdat sy mal eks-vrou aanhou om op te daag en haar dogtertjie as ‘n wapen te gebruik om vir Adam terug te lok.
    .
    Elke keer wat die Jackson olie erfgenaam opdaag, raak Pippa getraumatiseerd en begin om oor haar denkbeeldige “Fee Koningin” te praat. Dit is ‘n stryd om toesig wat ‘n skrikwekkende ooreenkoms met haar verlede het–– die een wat tot haar geliefde perd, Harvey, se dood gelei het. Kan sy hulle gemeenskaplike liefde vir perde gebruik om vir Pippa te leer hoe om haar ma se speletjies te hanteer? Of sal Eva op die Condamine Rivier Plaas beslag lê om vir Adam en Pippa te forseer om na Brisbane terug te keer?
    .
    Dinge lyk hopeloos totdat ‘n vreesaanjaende nuwe spook ruiter –– ‘n man op ‘n geverfde hings –– in Rosie se drome verskyn in Boek 2 van "Die Veiling Trilogie: 'n Hedendaagse Jane Eyre."
    .
    “In hierdie hedendaagse rendisie [van Jane Eyre]… alhoewel Adam nie ‘n mal vrou in sy solder versteek het nie, het hy ‘n mal vrou wat probeer om hom terug te kry en enkel toesig van sy dogter te wen. Sy sal enige iets doen, maak nie saak wie seerkry nie, om te kry wat SY wil hê. Dit stem ooreen met die Bronte storielyn, maar met ‘n verrassende moderne draai. Jy sal saam met die heldin wil huil terwyl sy sukkel om die klein dogtertjie van haar mal en manupulerende ma te beskerm, en jy sal vir Adam & Rosie juig soos hulle klein treëtjies neem om mekaar te vertrou en in ware liefde te glo.” – Dark Lilith Blogs
    .
    “Pippa, die klein dogtertjie, is bekoorlik... sy is ook baie broos aangesien sy vasgevang is in die lelekheid van ‘n toesig stryd tussen haar ouers, om nie van haar ma se mal, afkrakende gedrag teenoor haar te praat nie. Jy sal vir Pippa ‘n drukkie wil gee en haar veilig wil hou.” – Dark Lilith Blogs
    .
    “Hierdie is die storie van ‘n pa, Adam, wat wat ook al hy moet vir sy dogter sal deurgaan. Pippa, wat in fantasie ontsnap soos sy kan, is vasgevang in ‘n bitter toesig dispuut. Rosie bevind haarself in die middle van hulle konflik en hoop, terwyl sy ook haar eie moet hanteer, geforseer om onder dieselfde dak haar afstand van ‘n man waarna sy meer en meer aangetrokke voel te hou. Elke karakter word duidelik, emosievol, en kunstig voorgestel.” – Dale Amidei, skrywer van “Jon’s Trilogy”
    .
    *
    Sleutelwoorde: Afrikaans, Afrikaanse uitgawe, Afrikaanse taal, Afrikaanse boeke, romanse, kontemporêre vroue, vrouefiksie, familie sage, westelike, kontemporêre, kontemporêre, nuwe volwassene, toesig geskil, vrouefiksie, nuwe volwassene, familie lewe, ouerskap, mondigwording, Australië, romance, contemporary women, women's fiction, family saga, western, contemporary, new adult, custody dispute, Jane Eyre, women's fiction, new adult, family life, parenthood, gothic, coming of age, Australia,
    Ver livro
  • Swaard van die gode (Afrikaanse uitgawe) (Afrikaans Edition) - Boek 1 van die "Swaard van die Gode" saga - cover

    Swaard van die gode (Afrikaanse...

    Anna Erishkigal

    • 0
    • 1
    • 0
    Van die begin van tyd, is twee antieke teëstanders in ʼn stryd vir beheer van die aarde. Een man het opgestaan om by die mensdom te staan. 'n Soldaat wie se naam ons steeds vandag onthou...
    .
    Engelagtige Magte Kolonel Mikhail Mannuki'ili word wakker, noodlottig gewond, in sy skip wat neergestort het. Die vrou wat sy lewe red het vermoëns wat bekend lyk, maar met geen geheue van sy verlede, kan hy nie onthou hoekom nie!
    .
    Ninsianna se mense het profesieë van 'n gevlerkte Kampioen, 'n swaard van die gode wat haar mense teen 'n Bose Een sal verdedig. Mikhail dring aan dat hy geen demi-god is nie, maar sy geheimsinnige vermoë om dood te maak vertel ‘n ander storie.
    .
    Intussen, in die hemele, fluister boosheid vir 'n stuurse prins. 'n Sterwende spesie probeer om uitsterwing te verhoed. Twee keisers, gevestig in hulle antieke ideologieë, kan nie die groter bedreiging sien nie. Alles in hierdie wetenskapfiksie oorvertelling van die mensdom se mees epiese verhaal oor die stryd tussen goed en kwaad, die botsing van keiserryk en ideologieë, en die grootste superheld op die aarde, die Aartsengel Mikhail.
    .
    Hierdie boek is NIE godsdienstige fiksie nie!
    .
    Boek 1 van die "Swaard van die Gode" saga
    .
    Spesiale BONUS: sluit die reeks se oorsprong storie in, 'Helde van Ouds 'n Novella.'
    .
    " 'n Kreatiewe alternatief vir die geskiedenis van wat ons noem ons engele. Dit voel soos... Star Trek ontmoed Mythos." —Leser hersiening
    .
    " 'Mikhail word wakker—' soos die voorblad sê '—noodlottig gewond in sy skip wat neergestort het' ... maar dit is net die begin van sy dilemma." —Cape Cod Times Koerant
    .
    "Ek was lief vir die samesmelting van die bitter wetenskapfiksie en fantasie genres. Dit is verskriklik moeilik om die twee saam te voeg. Die skrywer doen dit naatloos..." —Leser hersiening
    .
    *
    Afrikaanse taal, Afrikaanse boeke, Afrikaanse uitgawe - Afrikaans language, Afrikaans edition
    Afrikaanse soekwoorde: Afrikaanse taalboeke, epiese fantasie, ruimteopera, romanse, militêre wetenskapsfiksie, militêre romanse, militêre fantasie, swaard en towery, drake, historiese romanse, antieke wêreld, uitheemse kontak, genetiese ingenieurswese, aksie en avontuur, engele, demone, oorlog
     
    Ver livro
  • Die Regime - Boek Twee Van Kendra Se Reis - cover

    Die Regime - Boek Twee Van...

    Eileen Sheehan

    • 0
    • 0
    • 0
    KAN LIEFDE VAN OORLEEF IN 'N WORRELD VAN ZOMBIES EN VREEMDES! 
    
    
    In 'n distopiese wêreld wat sukkel om van 'n kernoorlog te herstel en wat deur vreemdelinge oorheers en regeer, slaag Kendra daarin om liefde, vrede en harmonie te vind. Ongelukkig word haar huishoudelike geluk verbrysel as sy en haar man deur die uitheemse regime gevang word en in die teelprogram geplaas word. Met die hulp en opoffering van haar sagte opsigter slaag hulle daarin om te ontsnap. Hulle liggame is gratis, maar wat van hul gedagtes? Het daar te veel vir hulle gebeur om na mekaar terug te kom? 
    
    
    Om hulself tot die verhaal toe te voeg, word hul seun na die binneland van Senter Land geneem en in die kinderprogram geplaas. Nou moet hulle 'n manier vind om hom terug te kry! 
    
    
    "Die Regime" is boek twee van Kendra se Reis in 'n wêreld wat stomende romanse, spyker byt gevaar, opwinding, 'n bietjie verskrikking en 'n paradysagtige heiligdom in sy kern bied. Al wat sy hoef te doen is om daarheen te kom. 
    
    
    Dit is wat 'n leser moet sê: "Hierdie boek het my heeltemal ingesuig soos die eerste! Kendra is so 'n sterk vrou wat ek liefhet vir haar. Ek het my bedenkinge oor Ari gehad, maar na alles in hierdie boek was sy eg. Hierdie boek het geantwoord 'n paar vrae, maar het ook meer laat ontstaan ​​waarop ek nie kan wag om die antwoorde in die volgende boek te vind nie.”
    Ver livro
  • 'n Kristal Engel - cover

    'n Kristal Engel

    Dawn Brower

    • 0
    • 0
    • 0
    ’n Dronk belofte van verlowing het Thor se familie teen hom gedraai. Sal Thor Pia se vergifnis verdien en hulle weghardlopende kinders betyds vir Kersfees vind? 
    
    
    Na 'n nag van kaarte en drinkery, was Thor se skeurende hoofpyn die minste van sy bekommernisse. Wanneer 'n boodskapper opdaag met 'n kontrak vir hom om te teken, ontdek sy vrou Pia hy het ingestem om hulle seun aan die graaf van Devon se dogter te verloof. Pia is verby woedend en eis dat hy dit regmaak—of anders. Nadat hulle die argument tussen hulle ouers gehoor het, besluit die tweeling Liam en Lily om weg te hardloop uit protes teen die kontrak. Thor en Pia gaan op soek na hulle opstandige kinders voordat iets verskrikliks met hulle gebeur. Sal Thor Pia oortuig om hom te vergewe en die tweeling voor Kersfees te vind, of sal hulle gesin vir altyd uitmekaar val?
    Ver livro
  • Pappa Se Stokperdjie - Die Verhaal Van Lek 'N Kroegmeisie In Pattaya - cover

    Pappa Se Stokperdjie - Die...

    Owen Jones

    • 0
    • 0
    • 0
    Lek is gebore as die oudste kind van vier in 'n tipiese rysboerderygesin. Sy het nie verwag om iets anders te doen as die ander meisies in haar klas in die noordelike rysgordel van Thailand nie. Tipies sou dit wees: werk vir 'n paar jaar in die veld; het 'n paar babas; Gee dit vir mamma om te versorg en terug werk toe totdat haar kinders hul eie kinders gehad het en sy kon ophou werk om vir hulle te sorg.Op 'n dag het 'n katastrofe uit die bloute plaasgevind – haar pa is jonk oorlede en met groot skuld waarvan die gesin niks geweet het nie. Lek was twintig en sy was die enigste een wat afskerming kon voorkom. Die enigste manier wat sy egter geweet het, was om in haar neef se kroeg in Pattaya te gaan werk.PUBLISHER: TEKTIME
    Ver livro