Join us on a literary world trip!
Add this book to bookshelf
Grey
Write a new comment Default profile 50px
Grey
Subscribe to read the full book or read the first pages for free!
All characters reduced
Swaard van die gode (Afrikaanse uitgawe) (Afrikaans Edition) - Boek 1 van die "Swaard van die Gode" saga - cover

Swaard van die gode (Afrikaanse uitgawe) (Afrikaans Edition) - Boek 1 van die "Swaard van die Gode" saga

Anna Erishkigal

Publisher: Seraphim Press

  • 0
  • 1
  • 0

Summary

Van die begin van tyd, is twee antieke teëstanders in ʼn stryd vir beheer van die aarde. Een man het opgestaan om by die mensdom te staan. 'n Soldaat wie se naam ons steeds vandag onthou...
.
Engelagtige Magte Kolonel Mikhail Mannuki'ili word wakker, noodlottig gewond, in sy skip wat neergestort het. Die vrou wat sy lewe red het vermoëns wat bekend lyk, maar met geen geheue van sy verlede, kan hy nie onthou hoekom nie!
.
Ninsianna se mense het profesieë van 'n gevlerkte Kampioen, 'n swaard van die gode wat haar mense teen 'n Bose Een sal verdedig. Mikhail dring aan dat hy geen demi-god is nie, maar sy geheimsinnige vermoë om dood te maak vertel ‘n ander storie.
.
Intussen, in die hemele, fluister boosheid vir 'n stuurse prins. 'n Sterwende spesie probeer om uitsterwing te verhoed. Twee keisers, gevestig in hulle antieke ideologieë, kan nie die groter bedreiging sien nie. Alles in hierdie wetenskapfiksie oorvertelling van die mensdom se mees epiese verhaal oor die stryd tussen goed en kwaad, die botsing van keiserryk en ideologieë, en die grootste superheld op die aarde, die Aartsengel Mikhail.
.
Hierdie boek is NIE godsdienstige fiksie nie!
.
Boek 1 van die "Swaard van die Gode" saga
.
Spesiale BONUS: sluit die reeks se oorsprong storie in, 'Helde van Ouds 'n Novella.'
.
" 'n Kreatiewe alternatief vir die geskiedenis van wat ons noem ons engele. Dit voel soos... Star Trek ontmoed Mythos." —Leser hersiening
.
" 'Mikhail word wakker—' soos die voorblad sê '—noodlottig gewond in sy skip wat neergestort het' ... maar dit is net die begin van sy dilemma." —Cape Cod Times Koerant
.
"Ek was lief vir die samesmelting van die bitter wetenskapfiksie en fantasie genres. Dit is verskriklik moeilik om die twee saam te voeg. Die skrywer doen dit naatloos..." —Leser hersiening
.
*
Afrikaanse taal, Afrikaanse boeke, Afrikaanse uitgawe - Afrikaans language, Afrikaans edition
Afrikaanse soekwoorde: Afrikaanse taalboeke, epiese fantasie, ruimteopera, romanse, militêre wetenskapsfiksie, militêre romanse, militêre fantasie, swaard en towery, drake, historiese romanse, antieke wêreld, uitheemse kontak, genetiese ingenieurswese, aksie en avontuur, engele, demone, oorlog
 
Available since: 09/01/2017.

Other books that might interest you

  • Maan Dans - Verbind Deur Bloed Reeks – Boek Een - cover

    Maan Dans - Verbind Deur Bloed...

    Amy Blankenship

    • 1
    • 2
    • 0
    Envy se lewe is goed. Goeie broer, goeie kêrel en die beste werk wat ‘n meisie voor kan vra … kroegmeisie by een van die beste klubs in die stad. Ten minste was dit goed totdat sy ‘n oproep gekry het van een van haar beste vriende dat haar kêrel die vertikale limbo op die dansvloer doen by Maan Dans. Haar besluit om hom te konfronteer begin ‘n ketting van gebeure wat haar sal voorstel aan ‘n gevaarlike paranormale wêreld weggesteek onder die daaglikse sleur. ‘n Wêreld waar mense kan transformeer na swart luiperds, lewende vampiere wat in die strate wandel en gevalde engele wat saam met ons rondloop. Devon is ‘n weerswart luiperd, ‘n bietjie rof om die kiewe en een van die mede-eienaars van Maan Dans. Sy wêreld word op sy as gedraai wanneer hy ‘n aanloklike jakkelsvrou met rooi hare in sy klub sien dans, gewapen met ‘n siniese hart en ‘n skokstok. Met ‘n vampier oorlog in volle gang rondom hulle, sweer Devon om hierdie vrou sy eie te maak ... en sal veg soos die hel self om haar te kry.
    Show book
  • Jakkals Vrou In Rooi - cover

    Jakkals Vrou In Rooi

    Dawn Brower

    • 0
    • 1
    • 0
    Om haar droom op te gee is die laaste ding wat sy wil doen, maar sy sal dalk moet kies tussen haar droom en die man sonder wie sy nie kan lewe nie.Collin Evans, Die Graaf van Frossly word forseer om na sy voorvaderlike landgoed terug te keer na jare wat hy die verantwoordelikheid vermy het. Sy landgoed bestuurder het bedank en dis nou sy werk om te verseker sy huurders en werkers ly nie onder sy verwaarlosing nie.
    Hy het nooit verwag om ‘n verloklike vrou wat om elke hoek en draai hom uitlok te vind nie. 
    Nadat ‘n skandaal uitbars word Gravin Charlotte Rossington platteland toe gestuur om by ‘n oujongnooi tante te gaan bly. Wat haar vader glad nie besef nie, is dat dit juis haar doel was. Sy haat die London samelewing en wil ‘n roman skryf en die seisoen verhoed daardie strewe. Terwyl sy kuier, kruis haar pad met die Graaf van Frossly. Hy is aantreklik soos die sonde self en een van die goddelooslikste skurke wat sy al ooit teëgekom het. Sy is aangetrokke tot hom en eindig meer op in sy arms as agter haar skryftafel. 
    Om haar droom op te gee is die laaste ding wat sy wil doen, maar sy sal dalk moet kies tussen haar droom en die man sonder wie sy nie kan lewe nie.
    PUBLISHER: TEKTIME
    Show book
  • Toevlug - Bloedgebonde Reeks Boek 9 - cover

    Toevlug - Bloedgebonde Reeks Boek 9

    Amy Blankenship

    • 0
    • 0
    • 0
    Michael is die een wat almal verwag het om kop te hou in die gevaarlikste situasies ... maar hulle besef gou dat dit die rustiges is waarvoor jy moet oppas. Sy krag en humeur raak buite beheer wanneer hy obsessief raak met 'n meisie wat aanhou om sy passie wakker te maak net om te verdwyn voordat hy iets oor haar kan uitvind. Met elke smaak wat hy van haar kry, verander sy obsessie vinnig in 'n verslawing. Aurora is teen haar wil gebind aan Samuel, 'n ou en kragtige demoon wat steeds haar elke beweging agtervolg. Om haar vryheid te behou, beteken dat sy 'n stappie voor die besitlike demoon moet bly. Wanneer sy haarself aangetrokke vind tot 'n ametis-oog minnaar, vind sy vinnig haar passie vir hierdie vreemdeling lei Samuel direk na haar en die man wat sy wil beskerm. Samuel belowe om alles te doen wat nodig is om Aurora aan sy sy gebind te hou. In sy behoefte om Aurora se gehoorsaamheid af te dwing, stook hy onbewustelik die vure van 'n mag wat hy geen hoop het om te blus nie ... die woede van 'n Songod.
    Show book
  • Kersverleiding - cover

    Kersverleiding

    Dawn Brower

    • 0
    • 1
    • 0
    Kersverleiding is 'n blik op elkeen van die paartjies in Novak Springs en hoe dit met hulle gaan nadat hulle elkeen hulle gelukkige ewigheid gevind het. Neem 'n rit in die geheue saam met hulle en ervaar die dinge waarmee hulle nog steeds versoek word--veral met Kerstyd. 
    Show book
  • Toevlug - Bloedgebonde Reeks Boek 9 - cover

    Toevlug - Bloedgebonde Reeks Boek 9

    Amy Blankenship, RK Melton

    • 0
    • 0
    • 0
    Michael is die een wat almal verwag het om kop te hou in die gevaarlikste situasies ... maar hulle besef gou dat dit die rustiges is waarvoor jy moet oppas. Sy krag en humeur raak buite beheer wanneer hy obsessief raak met 'n meisie wat aanhou om sy passie wakker te maak net om te verdwyn voordat hy iets oor haar kan uitvind. Met elke smaak wat hy van haar kry, verander sy obsessie vinnig in 'n verslawing. Aurora is teen haar wil gebind aan Samuel, 'n ou en kragtige demoon wat steeds haar elke beweging agtervolg. Om haar vryheid te behou, beteken dat sy 'n stappie voor die besitlike demoon moet bly. Wanneer sy haarself aangetrokke vind tot 'n ametis-oog minnaar, vind sy vinnig haar passie vir hierdie vreemdeling lei Samuel direk na haar en die man wat sy wil beskerm. Samuel belowe om alles te doen wat nodig is om Aurora aan sy sy gebind te hou. In sy behoefte om Aurora se gehoorsaamheid af te dwing, stook hy onbewustelik die vure van 'n mag wat hy geen hoop het om te blus nie ... die woede van 'n Songod.PUBLISHER: TEKTIME
    Show book
  • As Wense Perde Was (Afrikaanse uitgawe) - Die Veiling Trilogie: 'n Hedendaagse Jane Eyre - cover

    As Wense Perde Was (Afrikaanse...

    Anna Erishkigal

    • 0
    • 3
    • 0
    By die altaar gelos en sonder 'n huis gelaat, het Rosie Xalbadora 'n werk aanvaar as 'n goewernantes op die rand van die Australiese outback. Daar ontmoet sy vir Pippa Bristow, 'n sensitiewe kind wat haar ouers se bitter egskeiding hanteer deur na 'n magiese wêreld van sprokies koninginne en eenhorings te ontsnap.
    .
    Aangestel om vir Pippa met haar verswakkende studies te help, raak sy 'n pion in die voortdurende toesig dispuut tussen Pippa se pa, Adam, en sy selfsugtig, olie-erfgenaam vrou. Soos die spanning opbou en Rosie betrokke raak by die Bristow’s se baie geheime, moet sy die spoke van haar eie pynlike verlede in die gesig staar terwyl sy 'n groeiende aantrekking tot haar sag-op-die-oog, emosioneel-onbeskikbare werkgewer beveg. Maar hulp kom in die vorm van 'n prettige bejaarde buurvrou, 'n vriendelike klein dorpie, en 'n spook ridder wat Rosie elke aand in haar drome besoek.
    .
    ‘As Wense Perde Was’ is die eerste boek in 'n familie saga wat afspeel in Australië, met die hartverskeurende, gotiese ondertone van ‘Jane Eyre’, en net 'n sweempie van die bonatuurlike.
    .
    "'n Mistieke, magiese landskap, en ou legendes kry 'n nuwe lewe..." — Romancing History Blog
    .
    "Ek was onmiddellik in die karakters se lewens ingetrek, en het gevoel asof ek reg langs Rosie staan terwyl sy worstel met haar lewe wat uitmekaarval..." – N.Y. Times Best Selling Author Stacey Joy Netzel
    .
    "Beide Rosie en Adam is beskadigde mense... Pippa, die klein dogtertjie, is bekoorlik, [sy’s] baie broos, en vasgevang in die lelikheid van 'n toesig stryd tussen haar ouers... Jy sal Pippa ʼn drukkie wil gee en haar veilig laat voel..." — Dark Lilith Book Blogs
    .
    Lied van die rivier
    Die veiling: boek 1
    .
    Afrikaanse taal - Afrikaans language
    *
    Sleutelwoorde: Afrikaans, Afrikaanse uitgawe, Afrikaanse taal, Afrikaanse boeke
    Show book