Join us on a literary world trip!
Add this book to bookshelf
Grey
Write a new comment Default profile 50px
Grey
Subscribe to read the full book or read the first pages for free!
All characters reduced
Dokter Margaret In Delhi - cover

Dokter Margaret In Delhi

Waheed Rabbani

Publisher: Babelcube

  • 0
  • 0
  • 0

Summary

Dokter Margaret reis alleen na Indië om by haar ouers by die Amerikaanse Presbiteriaanse Sendingstasie in Futtehgurh te wees en dan na haar pos by ‘n hospitaal in Delhi. Daar moet sy nie net werkdruk oorkom nie, maar ook met haar intimideerders en intriges van die Mughals, by die Delhi Rooi Fort deel. 


Margaret se martelaar sedert haar kinderjare, Kaptein Albert, sluit ook aan by ‘n Britse regiment wat vir diens in Indië gebasseer is. Die Rus, Kaptein Graaf Nicholai, wie Margaret in die Krim ontmoet het, arriveer ook in Indië onder die dekmantel van ‘n Franse dokter. 


Die gebeure wat tot die Indiese Muitery/Rebellie gelei het en uitgebreek het in 1857, het nie net ‘n baie groot invloed op Margaret se lewe nie, maar ook op diegene wat haar liefhet en ander wat haar skade wil berokken. 


Ook deurmekaar in die warboel is een van die Koning van Delhi, Shah Zafar se Rooi Fort Wagte, sepoy Sharif Khan Bhadur, die oupa van Dokter Wallidad, ‘n Amerikaanse dokter. 


Die Azadi Reeks dek die opwindende gebeure en onrus wat Indië deurvleg het van 1857 tot 1947 en tot haar onafhanklikheid gelei het. Daardie voorvalle verswelg die karakters van hierdie storie op daardie tydstip en later hul afstammelinge se lewens weer in die 1960’s.
Available since: 06/27/2017.
Print length: 234 pages.

Other books that might interest you

  • Maan Dans - Verbind Deur Bloed Reeks – Boek Een - cover

    Maan Dans - Verbind Deur Bloed...

    Amy Blankenship

    • 1
    • 2
    • 0
    Envy se lewe is goed. Goeie broer, goeie kêrel en die beste werk wat ‘n meisie voor kan vra … kroegmeisie by een van die beste klubs in die stad. Ten minste was dit goed totdat sy ‘n oproep gekry het van een van haar beste vriende dat haar kêrel die vertikale limbo op die dansvloer doen by Maan Dans. Haar besluit om hom te konfronteer begin ‘n ketting van gebeure wat haar sal voorstel aan ‘n gevaarlike paranormale wêreld weggesteek onder die daaglikse sleur. ‘n Wêreld waar mense kan transformeer na swart luiperds, lewende vampiere wat in die strate wandel en gevalde engele wat saam met ons rondloop. Devon is ‘n weerswart luiperd, ‘n bietjie rof om die kiewe en een van die mede-eienaars van Maan Dans. Sy wêreld word op sy as gedraai wanneer hy ‘n aanloklike jakkelsvrou met rooi hare in sy klub sien dans, gewapen met ‘n siniese hart en ‘n skokstok. Met ‘n vampier oorlog in volle gang rondom hulle, sweer Devon om hierdie vrou sy eie te maak ... en sal veg soos die hel self om haar te kry.
    Show book
  • Swaard van die gode (Afrikaanse uitgawe) (Afrikaans Edition) - Boek 1 van die "Swaard van die Gode" saga - cover

    Swaard van die gode (Afrikaanse...

    Anna Erishkigal

    • 0
    • 1
    • 0
    Van die begin van tyd, is twee antieke teëstanders in ʼn stryd vir beheer van die aarde. Een man het opgestaan om by die mensdom te staan. 'n Soldaat wie se naam ons steeds vandag onthou...
    .
    Engelagtige Magte Kolonel Mikhail Mannuki'ili word wakker, noodlottig gewond, in sy skip wat neergestort het. Die vrou wat sy lewe red het vermoëns wat bekend lyk, maar met geen geheue van sy verlede, kan hy nie onthou hoekom nie!
    .
    Ninsianna se mense het profesieë van 'n gevlerkte Kampioen, 'n swaard van die gode wat haar mense teen 'n Bose Een sal verdedig. Mikhail dring aan dat hy geen demi-god is nie, maar sy geheimsinnige vermoë om dood te maak vertel ‘n ander storie.
    .
    Intussen, in die hemele, fluister boosheid vir 'n stuurse prins. 'n Sterwende spesie probeer om uitsterwing te verhoed. Twee keisers, gevestig in hulle antieke ideologieë, kan nie die groter bedreiging sien nie. Alles in hierdie wetenskapfiksie oorvertelling van die mensdom se mees epiese verhaal oor die stryd tussen goed en kwaad, die botsing van keiserryk en ideologieë, en die grootste superheld op die aarde, die Aartsengel Mikhail.
    .
    Hierdie boek is NIE godsdienstige fiksie nie!
    .
    Boek 1 van die "Swaard van die Gode" saga
    .
    Spesiale BONUS: sluit die reeks se oorsprong storie in, 'Helde van Ouds 'n Novella.'
    .
    " 'n Kreatiewe alternatief vir die geskiedenis van wat ons noem ons engele. Dit voel soos... Star Trek ontmoed Mythos." —Leser hersiening
    .
    " 'Mikhail word wakker—' soos die voorblad sê '—noodlottig gewond in sy skip wat neergestort het' ... maar dit is net die begin van sy dilemma." —Cape Cod Times Koerant
    .
    "Ek was lief vir die samesmelting van die bitter wetenskapfiksie en fantasie genres. Dit is verskriklik moeilik om die twee saam te voeg. Die skrywer doen dit naatloos..." —Leser hersiening
    .
    *
    Afrikaanse taal, Afrikaanse boeke, Afrikaanse uitgawe - Afrikaans language, Afrikaans edition
    Afrikaanse soekwoorde: Afrikaanse taalboeke, epiese fantasie, ruimteopera, romanse, militêre wetenskapsfiksie, militêre romanse, militêre fantasie, swaard en towery, drake, historiese romanse, antieke wêreld, uitheemse kontak, genetiese ingenieurswese, aksie en avontuur, engele, demone, oorlog
     
    Show book
  • Kersverleiding - cover

    Kersverleiding

    Dawn Brower

    • 0
    • 1
    • 0
    Kersverleiding is 'n blik op elkeen van die paartjies in Novak Springs en hoe dit met hulle gaan nadat hulle elkeen hulle gelukkige ewigheid gevind het. Neem 'n rit in die geheue saam met hulle en ervaar die dinge waarmee hulle nog steeds versoek word--veral met Kerstyd. 
    Show book
  • Put van Drome (Afrikaanse uitgawe) - Die Veiling Trilogie: 'n Hedendaagse Jane Eyre - cover

    Put van Drome (Afrikaanse...

    Anna Erishkigal

    • 0
    • 1
    • 0
    Al wat Rosie Xalbadore wil hê is ‘n werk vir die somer, en dan sal sy na beter dinge aanbeweeg- soos ‘n posisie as ‘n hoërskool onderwyseres by ‘n regte skool, met medies, voordele, en geen onderlangse aanmerkings oor “die oppasser” nie. Om emosioneel betrokke te raak by Adam Bristow sou ‘n groot fout wees. Eerstes, omdat hy tegnies nogsteeds getroud is. En tweedens, omdat sy mal eks-vrou aanhou om op te daag en haar dogtertjie as ‘n wapen te gebruik om vir Adam terug te lok.
    .
    Elke keer wat die Jackson olie erfgenaam opdaag, raak Pippa getraumatiseerd en begin om oor haar denkbeeldige “Fee Koningin” te praat. Dit is ‘n stryd om toesig wat ‘n skrikwekkende ooreenkoms met haar verlede het–– die een wat tot haar geliefde perd, Harvey, se dood gelei het. Kan sy hulle gemeenskaplike liefde vir perde gebruik om vir Pippa te leer hoe om haar ma se speletjies te hanteer? Of sal Eva op die Condamine Rivier Plaas beslag lê om vir Adam en Pippa te forseer om na Brisbane terug te keer?
    .
    Dinge lyk hopeloos totdat ‘n vreesaanjaende nuwe spook ruiter –– ‘n man op ‘n geverfde hings –– in Rosie se drome verskyn in Boek 2 van "Die Veiling Trilogie: 'n Hedendaagse Jane Eyre."
    .
    “In hierdie hedendaagse rendisie [van Jane Eyre]… alhoewel Adam nie ‘n mal vrou in sy solder versteek het nie, het hy ‘n mal vrou wat probeer om hom terug te kry en enkel toesig van sy dogter te wen. Sy sal enige iets doen, maak nie saak wie seerkry nie, om te kry wat SY wil hê. Dit stem ooreen met die Bronte storielyn, maar met ‘n verrassende moderne draai. Jy sal saam met die heldin wil huil terwyl sy sukkel om die klein dogtertjie van haar mal en manupulerende ma te beskerm, en jy sal vir Adam & Rosie juig soos hulle klein treëtjies neem om mekaar te vertrou en in ware liefde te glo.” – Dark Lilith Blogs
    .
    “Pippa, die klein dogtertjie, is bekoorlik... sy is ook baie broos aangesien sy vasgevang is in die lelekheid van ‘n toesig stryd tussen haar ouers, om nie van haar ma se mal, afkrakende gedrag teenoor haar te praat nie. Jy sal vir Pippa ‘n drukkie wil gee en haar veilig wil hou.” – Dark Lilith Blogs
    .
    “Hierdie is die storie van ‘n pa, Adam, wat wat ook al hy moet vir sy dogter sal deurgaan. Pippa, wat in fantasie ontsnap soos sy kan, is vasgevang in ‘n bitter toesig dispuut. Rosie bevind haarself in die middle van hulle konflik en hoop, terwyl sy ook haar eie moet hanteer, geforseer om onder dieselfde dak haar afstand van ‘n man waarna sy meer en meer aangetrokke voel te hou. Elke karakter word duidelik, emosievol, en kunstig voorgestel.” – Dale Amidei, skrywer van “Jon’s Trilogy”
    .
    *
    Sleutelwoorde: Afrikaans, Afrikaanse uitgawe, Afrikaanse taal, Afrikaanse boeke, romanse, kontemporêre vroue, vrouefiksie, familie sage, westelike, kontemporêre, kontemporêre, nuwe volwassene, toesig geskil, vrouefiksie, nuwe volwassene, familie lewe, ouerskap, mondigwording, Australië, romance, contemporary women, women's fiction, family saga, western, contemporary, new adult, custody dispute, Jane Eyre, women's fiction, new adult, family life, parenthood, gothic, coming of age, Australia,
    Show book
  • Toevlug - Bloedgebonde Reeks Boek 9 - cover

    Toevlug - Bloedgebonde Reeks Boek 9

    Amy Blankenship, RK Melton

    • 0
    • 0
    • 0
    Michael is die een wat almal verwag het om kop te hou in die gevaarlikste situasies ... maar hulle besef gou dat dit die rustiges is waarvoor jy moet oppas. Sy krag en humeur raak buite beheer wanneer hy obsessief raak met 'n meisie wat aanhou om sy passie wakker te maak net om te verdwyn voordat hy iets oor haar kan uitvind. Met elke smaak wat hy van haar kry, verander sy obsessie vinnig in 'n verslawing. Aurora is teen haar wil gebind aan Samuel, 'n ou en kragtige demoon wat steeds haar elke beweging agtervolg. Om haar vryheid te behou, beteken dat sy 'n stappie voor die besitlike demoon moet bly. Wanneer sy haarself aangetrokke vind tot 'n ametis-oog minnaar, vind sy vinnig haar passie vir hierdie vreemdeling lei Samuel direk na haar en die man wat sy wil beskerm. Samuel belowe om alles te doen wat nodig is om Aurora aan sy sy gebind te hou. In sy behoefte om Aurora se gehoorsaamheid af te dwing, stook hy onbewustelik die vure van 'n mag wat hy geen hoop het om te blus nie ... die woede van 'n Songod.PUBLISHER: TEKTIME
    Show book
  • Kleur My Rooi - cover

    Kleur My Rooi

    Vianka Van Bokkem

    • 0
    • 0
    • 0
    Victoria en haar tweeling suster is half-vampier en half-heks. Toe hulle sien hoe hulle ma en pa wreed vermoor word deur vampier jagter het hull wraak geweer teen hulle en enige iemand anders wat hulle gehelp het. Wat hulle nie verwag het was om verlief te raak op tweeling broers, Prins Alexandru en Prins Andrei van Romeinië. 
    Show book