Join us on a literary world trip!
Add this book to bookshelf
Grey
Write a new comment Default profile 50px
Grey
Subscribe to read the full book or read the first pages for free!
All characters reduced
Maryna se liefdeslied - cover

We are sorry! The publisher (or author) gave us the instruction to take down this book from our catalog. But please don't worry, you still have more than 500,000 other books you can enjoy!

Maryna se liefdeslied

Schalkie van Wyk

Publisher: Melodie

  • 1
  • 4
  • 0

Summary

Waar jong verpleegster Maryna langs die pad vasgeval het met ’n stukkende waaierband, is die orige motorfietsman wat wil kom help die laaste ding waarvoor sy lus het. Teen haar beterwete laat sy tog toe dat Christiaan haar op sy motorfiets laai en haar uit die reënstorm help. By sy tuiste Neckershoogte gekom, moet sy ontdek dat sy deur die stormwaters vasgekeer is op die opstal, alleen met Christiaan. Maryna ken haarself nie so nie, maar sy’s dadelik bakvissie oor dié mooie, sjarmante man.

Maar dis net ’n oornag-vertoef op Neckershoogte, en die volgende dag gaan Maryna op vakansie. Of dit was die plan, maar Maryna se ma breek aan haar die nuus dat sy dadelik Durban toe moet gaan om haar moontlik seniele oupa se kaskenades te gaan vasvat. Bitter onwillig vat sy die pad – maar niemand anders nie as Christiaan vind sy in Durban, besig om te veg vir sy erfreg. Haar oupa se sports met die slinkse weduwee is skynbaar hulle albei se probleem, en Maryna sién al hoe dit enige verhouding tussen hulle twee in die kiem kan smoor . . .
Available since: 04/05/2014.

Other books that might interest you

  • Maan Dans - Verbind Deur Bloed Reeks – Boek Een - cover

    Maan Dans - Verbind Deur Bloed...

    Amy Blankenship

    • 1
    • 2
    • 0
    Envy se lewe is goed. Goeie broer, goeie kêrel en die beste werk wat ‘n meisie voor kan vra … kroegmeisie by een van die beste klubs in die stad. Ten minste was dit goed totdat sy ‘n oproep gekry het van een van haar beste vriende dat haar kêrel die vertikale limbo op die dansvloer doen by Maan Dans. Haar besluit om hom te konfronteer begin ‘n ketting van gebeure wat haar sal voorstel aan ‘n gevaarlike paranormale wêreld weggesteek onder die daaglikse sleur. ‘n Wêreld waar mense kan transformeer na swart luiperds, lewende vampiere wat in die strate wandel en gevalde engele wat saam met ons rondloop. Devon is ‘n weerswart luiperd, ‘n bietjie rof om die kiewe en een van die mede-eienaars van Maan Dans. Sy wêreld word op sy as gedraai wanneer hy ‘n aanloklike jakkelsvrou met rooi hare in sy klub sien dans, gewapen met ‘n siniese hart en ‘n skokstok. Met ‘n vampier oorlog in volle gang rondom hulle, sweer Devon om hierdie vrou sy eie te maak ... en sal veg soos die hel self om haar te kry.
    Show book
  • Jakkals Vrou In Rooi - cover

    Jakkals Vrou In Rooi

    Dawn Brower

    • 0
    • 1
    • 0
    Om haar droom op te gee is die laaste ding wat sy wil doen, maar sy sal dalk moet kies tussen haar droom en die man sonder wie sy nie kan lewe nie.Collin Evans, Die Graaf van Frossly word forseer om na sy voorvaderlike landgoed terug te keer na jare wat hy die verantwoordelikheid vermy het. Sy landgoed bestuurder het bedank en dis nou sy werk om te verseker sy huurders en werkers ly nie onder sy verwaarlosing nie.
    Hy het nooit verwag om ‘n verloklike vrou wat om elke hoek en draai hom uitlok te vind nie. 
    Nadat ‘n skandaal uitbars word Gravin Charlotte Rossington platteland toe gestuur om by ‘n oujongnooi tante te gaan bly. Wat haar vader glad nie besef nie, is dat dit juis haar doel was. Sy haat die London samelewing en wil ‘n roman skryf en die seisoen verhoed daardie strewe. Terwyl sy kuier, kruis haar pad met die Graaf van Frossly. Hy is aantreklik soos die sonde self en een van die goddelooslikste skurke wat sy al ooit teëgekom het. Sy is aangetrokke tot hom en eindig meer op in sy arms as agter haar skryftafel. 
    Om haar droom op te gee is die laaste ding wat sy wil doen, maar sy sal dalk moet kies tussen haar droom en die man sonder wie sy nie kan lewe nie.
    PUBLISHER: TEKTIME
    Show book
  • Alle Dinge Valentyn - cover

    Alle Dinge Valentyn

    Dawn Brower

    • 0
    • 0
    • 0
    Welkom by die dorp Kismetbaai waar towery en die noodlot 'n manier van lewe is... 
    
    
    Percival Wright het 'n bekoorlike lewe gelei. Ten minste glo die inwoners van Kismetbaai dit. 
    
    
    Dit is 'n noukeurig ontwerpte gevel dit verberg die werklike waarheid. Hy is heeltemal ellendig en die een vrou wat hy nog altyd wou gehad het, sien hom nie regtig raak nie. 
    
    
    Valentynsdag is een van die besigste dae van die jaar by Blooms of Destiny, en Amadea Strange kan nie wag om dit agter haar te kry nie. Die romantiese dag is goed vir besigheid, maar sy het nie tyd vir liefde nie. So natuurlik, dit is die een dag waarop die noodlot besluit het om haar te wys wat alles Valentyn beteken...
    Show book
  • Doodswens - Bloedgebonde Boek 12 - cover

    Doodswens - Bloedgebonde Boek 12

    Amy Blankenship, RK Melton

    • 0
    • 0
    • 0
    Ren het gedink hy het hom 'n klein dief gevang net om te vind dat weggesteek onder lae seunsklere en vuilheid die mees begeerlike verleidster was wat hy nog ooit gesien het. Toe Ren besef dat sy met 'n demoonmerk gebrandmerk is en blykbaar 'n doodswens gehad het, besluit Ren vinnig dat die enigste manier om haar aan die lewe te hou is om haar nie uit sy sig te laat nie. As die demone dom genoeg was om te dink hulle gaan haar van hom wegsteel, sou hy hulle hul eie doodswens gee.Om deurmekaar te raak met die ondergrondse diefstalring wat deur demone bestuur word, was maklik ... dit was om hulle te ontsnap toe hulle besluit het om haar dood te maak waarmee Lacey probleme ondervind het. Wanneer haar vennoot sterf net om haar 'n voorsprong te gee, laat sy nie sy opoffering tot niet nie en hardloop asof 'n horde demone haar jaag ... wat hulle is. Hoe moes sy weet dat haar ontsnappingsroete haar reguit in die middel van 'n demoonoorlog sou lei en in die arms van 'n sexy vreemdeling wat magtiger as haar ergste nagmerrie was? Ren het gedink hy het hom 'n klein dief gevang net om te vind dat weggesteek onder lae seunsklere en vuilheid die mees begeerlike verleidster was wat hy nog ooit gesien het. Toe Ren besef dat sy met 'n demoonmerk gebrandmerk is en blykbaar 'n doodswens gehad het, besluit Ren vinnig dat die enigste manier om haar aan die lewe te hou is om haar nie uit sy sig te laat nie. As die demone dom genoeg was om te dink hulle gaan haar van hom wegsteel, sou hy hulle hul eie doodswens gee.PUBLISHER: TEKTIME
    Show book
  • 'n Alfa Se Domein - cover

    'n Alfa Se Domein

    AJ Tipton

    • 0
    • 1
    • 0
    'n Biljoenêr ysbeer-verwisselaar draai die hitte oop in sy betowerende yshotel. 
    
    
    Biljoenêr verwisselaar Ben Broyles word geteister deur sy tragiese verlede. Hy bou 'n betowerende yshotel as 'n toevlugsoord vir die bonatuurlikes in 'n gevaarlike wêreld. Wanneer die bose kabouters wat verantwoordelik was vir sy familie se moord by die hotel inboek, is Ben vasberade om hulle te keer voordat hulle alles vernietig wat hy opgebou het. Met sy hotel en lewe op die spel, moet Ben sy vyande stop voordat dit te laat is. Sally is die kurwerige en bekwame bestuurderes van die Wondernasium Yshotel wat dink dat sy alles kan hanteer. 'n Hele mengelmoes van bonatuurlikes wat vuurballe skiet in die voorportaal? Hanteer. Gaste wat prober die ander gaste opeet? Geen problem nie. 
    
    
    Maar daar is een ding wat Sally nie kan hanteer nie: Haar begeerte vir haar baas. Wanneer 'n stomende ontmoeting in Ben se kantoor haar hele wêreld onderstebo keer, moet Sally besluit of sy die towerkrag in haar wil omhels of wegvlug van haar ware self. 
    
    
    Dit is 'n paranormale romanse vir volwassenes wat sexy verwisselaars, plofbare towerkrag en 'n werkplek romanse insluit wat so warm is dat dit selfs die koudste hart sal smelt.
    Show book
  • Donker Vlamme - Bloedgebonde Reeks Boek 6 - cover

    Donker Vlamme - Bloedgebonde...

    Amy Blankenship, RK Melton

    • 0
    • 0
    • 0
    Net soos die vampieroorlog toeneem in 'n volskaalse demoonoorlog, vind Zachary homself verantwoordelik vir 'n pragtige nekromanser wat verbind is met 'n donker oomblik in sy verlede. Hy het gesien hoe haar ma oor die dun lyn stap en reguit in die arms van 'n demoon val. Dit was sy taak om seker te maak dat Tiara nie dieselfde wellustige pad kies nie ... tensy dit met hom was. Nou, met die demone wat naderkom, was die laaste ding wat hy verwag het dat Tiara familie van hulle sou wees. Soos humeure styg en geheime bewaar word, word jaloesie 'n gevaarlike speletjie. Iemand moes haar gewaarsku het dat wanneer jy met vuur speel jy verseker verbrand gaan word.PUBLISHER: TEKTIME
    Show book