Join us on a literary world trip!
Add this book to bookshelf
Grey
Write a new comment Default profile 50px
Grey
Subscribe to read the full book or read the first pages for free!
All characters reduced
Jakkals Vrou In Rooi - cover

Jakkals Vrou In Rooi

Dawn Brower

Publisher: Tektime

  • 0
  • 1
  • 0

Summary

Om haar droom op te gee is die laaste ding wat sy wil doen, maar sy sal dalk moet kies tussen haar droom en die man sonder wie sy nie kan lewe nie.Collin Evans, Die Graaf van Frossly word forseer om na sy voorvaderlike landgoed terug te keer na jare wat hy die verantwoordelikheid vermy het. Sy landgoed bestuurder het bedank en dis nou sy werk om te verseker sy huurders en werkers ly nie onder sy verwaarlosing nie.
Hy het nooit verwag om ‘n verloklike vrou wat om elke hoek en draai hom uitlok te vind nie. 
Nadat ‘n skandaal uitbars word Gravin Charlotte Rossington platteland toe gestuur om by ‘n oujongnooi tante te gaan bly. Wat haar vader glad nie besef nie, is dat dit juis haar doel was. Sy haat die London samelewing en wil ‘n roman skryf en die seisoen verhoed daardie strewe. Terwyl sy kuier, kruis haar pad met die Graaf van Frossly. Hy is aantreklik soos die sonde self en een van die goddelooslikste skurke wat sy al ooit teëgekom het. Sy is aangetrokke tot hom en eindig meer op in sy arms as agter haar skryftafel. 
Om haar droom op te gee is die laaste ding wat sy wil doen, maar sy sal dalk moet kies tussen haar droom en die man sonder wie sy nie kan lewe nie.
PUBLISHER: TEKTIME
Available since: 01/03/2022.

Other books that might interest you

  • Skerwe Van Haar Siel - cover

    Skerwe Van Haar Siel

    KarnaS

    • 0
    • 0
    • 0
    Sy fris bruingebrande bolyf, gespierde arms... sy lang swart hare wat laag teen sy rug afhang!!! Hoe baie keer het sy nie gewens hy kan haar teen hom vasdruk en se hy is lief vir haar nie. Maar nog elke keer as Kabous van Niekerk na Canaro kyk, was daar vlinders in haar maag. n Paar maande voor haar 19de verjaardag, het iets gebeur, wat al lankal moes gebeur het!. Kabous het geweet een of ander tyd sou dit moes gebeur...
    Show book
  • Maan Dans - Verbind Deur Bloed Reeks – Boek Een - cover

    Maan Dans - Verbind Deur Bloed...

    Amy Blankenship

    • 1
    • 2
    • 0
    Envy se lewe is goed. Goeie broer, goeie kêrel en die beste werk wat ‘n meisie voor kan vra … kroegmeisie by een van die beste klubs in die stad. Ten minste was dit goed totdat sy ‘n oproep gekry het van een van haar beste vriende dat haar kêrel die vertikale limbo op die dansvloer doen by Maan Dans. Haar besluit om hom te konfronteer begin ‘n ketting van gebeure wat haar sal voorstel aan ‘n gevaarlike paranormale wêreld weggesteek onder die daaglikse sleur. ‘n Wêreld waar mense kan transformeer na swart luiperds, lewende vampiere wat in die strate wandel en gevalde engele wat saam met ons rondloop. Devon is ‘n weerswart luiperd, ‘n bietjie rof om die kiewe en een van die mede-eienaars van Maan Dans. Sy wêreld word op sy as gedraai wanneer hy ‘n aanloklike jakkelsvrou met rooi hare in sy klub sien dans, gewapen met ‘n siniese hart en ‘n skokstok. Met ‘n vampier oorlog in volle gang rondom hulle, sweer Devon om hierdie vrou sy eie te maak ... en sal veg soos die hel self om haar te kry.
    Show book
  • Dreigende Daeraad - 'n Suid-Afrikaanse Held se Stryd in die Franse Vreemdelegioen Boek 15 - cover

    Dreigende Daeraad - 'n...

    Meiring Fouche

    • 0
    • 0
    • 0
    Vyf-en-dertig uur om te lewe.
     
    Vasgekeer in hul eie vesting, is hulle nie meer soldate nie.
     
    Hulle is proefkonyne in ’n waansinnige man se skrikwekkende eksperiment.
     
    Sahara woestyn, 1940-1960. Die legendariese Kaptein D’Arlan, die "Houdini van die Sahara,” marsjeer sy kolom elite Franse Vreemdelegioen soldate reguit in ’n hinderlaag. Hulle bestemming, Fort Laval, het reeds van binne geval, verraai deur die hande van Boelganof, die mees genadelose terreur woestaard in die hele Afrika. Ontwapen en gevange, het die jagters nou die prooi geword.
     
    Maar Boelganof se plan is meer sinister as ’n eenvoudige teregstelling. Oor minder as twee dae sal ’n eksperimentele vuurpyl die fort uitwis, en die gevange Legioensoldate is die proefkonyne. Met hul kaptein geheimsinnig vermis en verraaiers in elke skadu, tik die horlosie meedoënloos af na totale uitwissing.
     
    Terwyl die woestynson op hulle neer bak, is ’n desperate waagstuk wat ’n antieke skat en gefluisterde legendes behels, hul enigste hoop. Maar in ’n spel van wisselende lojaliteite en brutale verraad, is hulle in staat om ’n wreedaard uit te oorlê voordat hy die hel uit die hemele ontketen?
     
    Hierdie is ’n meedoënlose militêre riller, propvol intense spanning van ’n klassieke aksie-avontuur. Perfek vir aanhangers van Alistair MacLean, Jack Higgins, en die polsende aksie van Lee Child.
     
    Begin vandag nog lees aan hierdie onvergeetlike vyftiende Sahara-avontuur!
    Show book
  • Donker Vlamme - Bloedgebonde Reeks Boek 6 - cover

    Donker Vlamme - Bloedgebonde...

    Amy Blankenship, RK Melton

    • 0
    • 0
    • 0
    Net soos die vampieroorlog toeneem in 'n volskaalse demoonoorlog, vind Zachary homself verantwoordelik vir 'n pragtige nekromanser wat verbind is met 'n donker oomblik in sy verlede. Hy het gesien hoe haar ma oor die dun lyn stap en reguit in die arms van 'n demoon val. Dit was sy taak om seker te maak dat Tiara nie dieselfde wellustige pad kies nie ... tensy dit met hom was. Nou, met die demone wat naderkom, was die laaste ding wat hy verwag het dat Tiara familie van hulle sou wees. Soos humeure styg en geheime bewaar word, word jaloesie 'n gevaarlike speletjie. Iemand moes haar gewaarsku het dat wanneer jy met vuur speel jy verseker verbrand gaan word.PUBLISHER: TEKTIME
    Show book
  • Skaduwee van Gister - 'n Suid-Afrikaanse Held se Stryd in die Franse Vreemdelegioen Boek 25 - cover

    Skaduwee van Gister - 'n...

    Meiring Fouche

    • 0
    • 0
    • 0
    Hulle was geraamtes in die sand, ’n verlore patrollie ingesluk deur die Sahara.
     
    Maar dit was geen ongeluk nie.
     
    Dit was ’n uitnodiging.
     
    Sahara woestyn, 1940-1960. Wanneer ’n hele Franse Vreemdelegioen patrollie spoorloos verdwyn, word die legendariese Kaptein D’Arlan, bekend as die “Houdini van die Sahara”, gestuur om hulle te vind. Hy verwag ’n stryd teen die onvergewensgesinde woestyn, maar stap toe direk in ’n noukeurig beplande lokval in. Hy is nie meer die jagter nie, hy is nou die prooi.
     
    Omring deur ’n massiewe leër, stel die genadelose Oerdoe-sjeik sy eis. Die lewens van twee patrollies in ruil vir een man, legioensoldaat Teuns Stegmann. D’Arlan weier volstrek om sy soldaat op te offer, maar die sjeik se obsessie is gekoppel aan ’n donker geheim uit die verlede. ’n Legende van ’n verlore Nazi-wapenopslagplek en ’n pragtige vrou wat nie is wie sy voorgee om te wees nie.
     
    Met verraad wat agter elke duin skuil en die laksman se sabel wat vir dagbreek geslyp word, is die legioensoldate vasgekeer en uitoorlê. Hulle moet ’n dodelike sameswering ontbloot wat die Sahara in 'n bloedbad sal verander of sterf terwyl hulle probeer.
     
    ’n Onverbiddelike militêre avontuur propvol raaisels en klassieke aksie. Skaduwee van Gister is ’n puik lees vir aanhangers van Alistair MacLean en Wilbur Smith. Hierdie aangrypende riller sal jou vervoer na ’n wêreld van eer, verraad en oorlewing teen onmoontlike kanse.
     
    Begin vandag nog lees aan hierdie onvergeetlike vyf-en-twintigste Sahara-avontuur!
    Show book
  • Bloedige Robyne - 'n Suid-Afrikaanse Held se Stryd in die Franse Vreemdelegioen Boek 12 - cover

    Bloedige Robyne - 'n...

    Meiring Fouche

    • 0
    • 0
    • 0
    In die kern van die Sahara wag daar ’n antieke tempel.
     
    Maar dit is alles behalwe stil en leeg.
     
    En dit is honger...
     
    Sahara woestyn, 1940-1960. Vir Franse Vreemdelegioen soldaat Teuns Stegmann en sy geharde span was dit ’n eenvoudige missie. Red ’n Kanadese miljoenêr en sy dogter wat in die onvergewensgesinde duine neergestort het. Om skuiling te vind in die skadu van die legendariese Tempel van Makesser blyk soos hulle eerste gelukskoot, maar dit mag dalk ook hulle laaste wees.
     
    Die fluister legende van ’n vervloekte robyn word ’n skrik-nagmerrie wanneer ’n soldaat spoorloos verdwyn. Kort voor lank word hulle agtervolg deur ’n spookagtige vyand wat elk van hulle bewegings haarfyn ken. ’n Briljante waansinnige man wat ’n skat bewaak wat die moeite werd is om voor te sterf, of te moor. Vasgevang tussen ’n bloeddorstige stam en die doolhofagtige katakombes onder die tempel, gaan hulle missie nie meer oor redding nie. Dit gaan oor oorlewing.
     
    ’n Blitsvinnige samesmelting van klassieke avontuur en ʼn naelbyt riller. Hierdie meedoënlose verhaal ’n verpligte lees vir aanhangers van Alistair MacLean en Indiana Jones. Elke skaduwee kan ’n kameraad verberg... of ’n moordenaar.
     
    Begin vandag nog lees aan hierdie onvergeetlike twaalfde Sahara-avontuur!
    Show book