¡Acompáñanos a viajar por el mundo de los libros!
Añadir este libro a la estantería
Grey
Escribe un nuevo comentario Default profile 50px
Grey
Suscríbete para leer el libro completo o lee las primeras páginas gratis.
All characters reduced
Rykie: 'n lewe met woorde - cover

¡Lo sentimos! La editorial o autor ha eliminado este libro de nuestro catálogo. Pero no te preocupes, tenemos más de 500.000 otros libros que puedes disfrutar.

Rykie: 'n lewe met woorde

Lizette Rabe

Editorial: Tafelberg

  • 0
  • 1
  • 0

Sinopsis

In ’n tyd toe die meeste vroue óf onderwyseres óf verpleegster geword het, het Rykie van Reenen vir haar ’n loopbaan oopgeskryf in die joernalistiek. Sy het Suid-Afrika se eerste vroulike oorlogskorrespondent geword toe sy die Jom Kippoer-oorlog in Israel gaan dek het.In die 1960’s het sy naam gemaak as rubriekskrywer vir “Van alle kante” in Die Burger en in die 1970’s vir “Op die randakker” in Rapport. Die rubrieke was só gewild dat dit as ’n sirkulasiebouer by Rapport  beskou is en later ook gebundel is.Van Reenen se fyn waarnemingsvermoë, wydbelesenheid en kreatiewe taalgebruik het haar in ’n klas van haar eie geplaas. Sy het geskryf oor kerksake, die politiek van die dag en het onderhoude gevoer met van Hendrik Verwoerd tot Steve Biko. Van Reenen word beskou in dieselfde liga as Piet Cillié en Schalk Pienaar en het ’n groot rol gespeel in die professionalisering van vroue-joernaliste.Twee boeke het uit haar pen verskyn: Emily Hobhouse: Boer War Letters (1984) en Emily Hobhouse: Heldin uit die Vreemde (1970).
Disponible desde: 26/08/2011.

Otros libros que te pueden interesar

  • Wreed en mooi is die dood - Verhale oor verlies hunkering en heling - cover

    Wreed en mooi is die dood -...

    Tobie Wiese

    • 0
    • 1
    • 0
    Al is die dood 'n feit soos 'n koei, vermy die meeste van ons dit om daaroor te dink of te praat. Hierdie boek probeer om dié stilte te verbreek.
    In Wreed én mooi is die dood deel bekende Afrikaanse skrywers hulle verhale oor verlies en heling. Dit bied insig in hoe om die trauma van 'n geliefde se dood te hanteer en jou eie sterflikheid te konfronteer.
    Só skryf Marita van der Vyver roerend oor haar babaseun se dood, terwyl Valda Jansen beskryf hoe sy aanvanklik lamgelê is deur die nuus dat sy kanker het en Kerneels Breytenbach vertel hoe sy vrou se sterwe hom tot selfkennis gelei het.
    'n Jong paramedikus berig oor sy gereelde ontmoetings met die dood en 'n sterwensbegeleier vertel hoe dit moontlik is om hierdie wêreld blymoedig te verlaat. Daar is selfs 'n bietjie humor... soos die storie oor die jong dominee wat in 'n leë graf beland het en Annelie Botes se lang lys voorskrifte vir haar begrafnis.
    Die dood is wreed ja, maar dit kan – verrassend genoeg ̶ ook mooi wees.
    Ver libro
  • Amper Frans - ʼn Lewe van fanfare en faux pas - cover

    Amper Frans - ʼn Lewe van...

    Louis Jansen van Vuuren

    • 0
    • 0
    • 0
    Toe hy jare gelede vir die eerste keer in Parys aankom, sou die kunstenaar Louis Jansen Van Vuuren nooit kon dink dat hy eendag ʼn château in die Franse platteland sou besit nie.
    In Amper Frans vertel hy hoe hy die plaaslike tradisies en kultuur die afgelope 21 jaar ontdek her – daar is stories oor statige hertoginne en neusoptrekkerige kelners, die berugte Franse burokrasie en dan ook sy talle faux pas in die Fanse taal.
    Om die vervalle Château de la Creuzette saam met sy lewensmaat, Hardy Olivier, in ʼn boetiekhotel te omskep het groot Geduld en uithouvermoë geverg. Talle lesse is op die harder manier geleer, soos dat vier verwarmers nie genoeg s om ʼn hele château to verhit nie …
    Louis verklap ook iets van hul gaste se kaskenades en van hul eie reise soos hulle die land platry agter vlooimarkte en avontuur aan. Die boek is ʼn moet vir alle Frankofiele.
    Ver libro
  • Hartebreker - Christiaan Barnard en die eerste hartoorplanning - cover

    Hartebreker - Christiaan Barnard...

    James Styan

    • 0
    • 0
    • 0
    Vir die vroue wat hy met sy rolprentsterglimlag betower het, was Chris Barnard 'n hartebreker. Vir sy pasiënte 'n harteheler.
    Dié nuwe biografie oor Suid-Afrika se beroemdste hartsjirurg vertel nie net van Barnard se kinderjare in Beaufort-Wes, sy prominente huwelike (en egskeidings) en flambojante lewe nie. James Styan ondersoek ook die impak van die historiese eerste hartoorplanting op Barnard se persoonlik lewe en op die Suid-Afrikaanse gemeenskap in die algemeen, waar apartheidswetgewing dikwels die probleme van geneeskunde nog ingewikkelder gemaak het. Die rol van swart mediese personeel soos Hamilton Naki word bespreek, sowel as die intense wedywering wat tussen ander beroemde hartsjirurge en Barnard ontstaan het.
    Hoe het Barnard dit reggekry om hulle almal in dié resies om lewe en dood te wen? Hoeveel het sy welbekende sjarme daarmee te doen gehad? En wat is Barnard se nalatenskap vandag, in die lig van sy latere suksesse en aansienlike mislukkings? Styan dek dit alles in dié fassinerende nuwe blik op Chris Barnard.
    Ver libro
  • Afrikaner-Sondebok? - Die lewe van Hans van Rensburg Ossewabrandwag-leier - cover

    Afrikaner-Sondebok? - Die lewe...

    Albert Blake

    • 0
    • 0
    • 0
    In die vroeë 1940's het die charismatiese Hans van Rensburg duisende volgelinge na die Ossewabrandwag gelok en die regering van Jan Smuts gekonfronteer oor sy deelname aan die Tweede Wêreldoorlog. Onder sy leierskap word etlike sabotasiedade deur die Stormjaers en Terreurgroep, die OB se militêre vleuels, gepleeg. Van Rensburg het ook in die geheim kontak met die Duitse regering gemaak.
    Teen 1940 was Van Rensburg egter nog deel van die regering: As die jongste sekretaris van justisie ooit en administrateur van 'n provinsie is hy as 'n goue seun van die politiek beskou. Waarom was hy só vurig oor die ideaal van 'n onafhanklike republiek dat hy dit alles prysgegee het en 'n koers ingeslaan het wat uiteindelik van hom 'n verstoteling sou maak?
    Van Rensburg word dikwels as 'n verbete Afrikanerfascis beskryf, maar die werklikheid is meer kompleks. In hierdie biografie belig Albert Blake die vele kante van 'n man wat nie net bekend was as regsgeleerde, filosoof en taalkundige nie, maar ook as uitstaande militaris en wildjagter.
    Op die hoogtepunt van sy gewildheid kon geen ander Afrikanerleier by die begaafde Van Rensburg kers vashou nie. Blake ondersoek waarom hy uiteindelik egter die stryd om die hart van die Afrikaner sou verloor.
    Ver libro
  • Die Brug - Na die hel en terug in Angola - cover

    Die Brug - Na die hel en terug...

    Deon Lamprecht

    • 0
    • 0
    • 0
    In vergeelde foto's van drie dekades gelede staan oop gesigseuns vol bravade voor hul Ratel-gevegsvoertuie. Hierdie dienspligtiges van 61 Gemeganiseerde Bataljon Groep staan aan die begin van hul reis diep in Angola in om vir volk en vaderland te gaan veg.
    In 'n bloedige geveg op Valentynsdag 1988 en in die doods akker by Tumpo sou hul jeugdige onskuld egter sneuwel. In die hitte van die gevegte kom die besef: Nou gaan dit nie oor ideologie nie, maar om oorlewing.
    Ná die oorlog gaan die lewe voort, maar die vrae en geestelike letsels wyk nie. In 2018 keer 'n groep van dié ouddienspligtiges terug na Cuito Cuanavale op soek na afsluiting – en om die wrak te vind van die Ratel waarin 'n makker op die laaste dag van die oorlog gesterf het.
    Die Brug vertel van hul reis van jong man na veteraan en gee ook 'n stem aan die vroue in hul lewe. Dit is 'n verhaal van ontnugtering, maar ook van trotse kameraderie en genesing.
    Ver libro
  • Oorkant jou - 'n Verhaal uit die binnekamer - cover

    Oorkant jou - 'n Verhaal uit die...

    Juliana Coetzer

    • 0
    • 0
    • 0
    Oorkant jou is gevul met die stories van die uiteenlopende mense wat Juliana Coetzer se pad kruis as psigoterapeut. Deur hul verhale van swaarkry en herstel, neem Juliana die leser op 'n reis wat eintlikons almal s'n is: die pad van grootword en eienaarskap neem.
    Sy vertel hoe sommige kliënte haar inspireer en uitdaag om haar eie vrese te konfronteer, maar ook watter uitwerking dit op terapeute het om aan die wreedheid van die mensdom blootgestel te word. Daar is die families wat uitmekaargeskeur is as gevolg van seksuele misbruik, die man wat sukkel met sy selfbeeld weens afknouery en ook die prostituut Venicia wat 'n tragiese simbool van verwaarlosing word.
    Juliana se aardse humorsin maak dat sy egter ook die komiese oomblikke raaksien – totdat die volgende storie oor die menslike toestand jou wind uitslaan.
    Ver libro