Join us on a literary world trip!
Add this book to bookshelf
Grey
Write a new comment Default profile 50px
Grey
Subscribe to read the full book or read the first pages for free!
All characters reduced
Hartebreker - Christiaan Barnard en die eerste hartoorplanning - cover

Hartebreker - Christiaan Barnard en die eerste hartoorplanning

James Styan

Publisher: Jonathan Ball

  • 0
  • 0
  • 0

Summary

Vir die vroue wat hy met sy rolprentsterglimlag betower het, was Chris Barnard 'n hartebreker. Vir sy pasiënte 'n harteheler.
Dié nuwe biografie oor Suid-Afrika se beroemdste hartsjirurg vertel nie net van Barnard se kinderjare in Beaufort-Wes, sy prominente huwelike (en egskeidings) en flambojante lewe nie. James Styan ondersoek ook die impak van die historiese eerste hartoorplanting op Barnard se persoonlik lewe en op die Suid-Afrikaanse gemeenskap in die algemeen, waar apartheidswetgewing dikwels die probleme van geneeskunde nog ingewikkelder gemaak het. Die rol van swart mediese personeel soos Hamilton Naki word bespreek, sowel as die intense wedywering wat tussen ander beroemde hartsjirurge en Barnard ontstaan het.
Hoe het Barnard dit reggekry om hulle almal in dié resies om lewe en dood te wen? Hoeveel het sy welbekende sjarme daarmee te doen gehad? En wat is Barnard se nalatenskap vandag, in die lig van sy latere suksesse en aansienlike mislukkings? Styan dek dit alles in dié fassinerende nuwe blik op Chris Barnard.
Available since: 12/05/2017.
Print length: 256 pages.

Other books that might interest you

  • Binnekring van Spookasems - Stories oor die lewe - cover

    Binnekring van Spookasems -...

    Herman Lategan

    • 0
    • 0
    • 0
    Herman Lategan is - flaneur van Seepunt. Wanneer hy voetslaan in die strate is hy - toeris in die demi-mond - landskap van vlees en bloed. Hy swerf tussen bergies, dwergies, fopdossers, kerkmuise, nagblomme, laventelhane en ontheemdes. Hy lê die mens en homself tot op die been bloot. Die karakters in sy stories, almal ongelooflik en eg, is almal van ons. Vroue wat swaar dra aan die verlies van blink verledes. Jong mans wat kaalbolyf dagga rook in Houtbaai, waar die "skyn van voorstedelike rustigheid"die res van ons flous, maar nie vir Herman nie, want hy sien onder die oppervlak "gluip iets wilds, soms sinister, maar ook opwindend."Hy het 'n oog vir wat fout en uit plek en koddig en belaglik en mooi is, en vir wat snaaks en bisar is.Lesers van Rapport het lank gevra vir 'n versameling van die beste rubrieke uit Herman se weeklikse Woorde wat wip. Hier ís hulle nou, oordeelkundig gekeur deur Amanda Botha. As pasella is daar 'n tweede afdeling: poespas van sy sielvolle, melancholiese stories. Danksy sy eiesoortige taalgevoel, verontrustende derde oog, aweregse blik op randeiers, en fyn humoristiese vergrootlas op die lewe, is elke vinjet 'n chiaroscuro van sonlig en donkermaan. Hierdie tydlose bundel kan jy stadig en sorgsaam soos 'n literêre smulpaap verorber. Lanklaas was daar sulke eensame beskrywings van die mens se oerverlange.
    Show book
  • Jan Smuts - Afrikaner sonder grense - cover

    Jan Smuts - Afrikaner sonder grense

    Richard Steyn

    • 0
    • 0
    • 0
    Jan Christiaan Smuts was 'n soldaat, staatsman, intellektueel en een van Suid-Afrika se grootste leiers. Tog word daar vandag min oor hom gepraat of geskryf, al beleef ons tans skynbaar 'n leierskapsvakuum. In Afrikaner sonder grense voer Richard Steyn aan dat ons hierdie indrukwekkende kryger-staatsman se lewe en denke moet herbesoek, omdat daar soveel te leer is uit sy merkwaardige prestasies. Die hoogs leesbare verslag ondersoek onder meer Smuts se rol as politieke leier, as adviseur van wêreldleiers, sy spirituele en intellektuele lewe en sy verhoudings met vroue. Sy unieke bydraes op ʼn verskeidenheid ander terreine, insluitend botanie, bewaring en filosofie, word ook bespreek.
    Show book
  • Robey Leibbrandt - 'n Lewe van fanatiesme - cover

    Robey Leibbrandt - 'n Lewe van...

    Albert Blake

    • 0
    • 0
    • 0
    Die Suid-Afrikaanse Olimpiese bokser ROBEY LEIBBRANDT is gedurende die Tweede Wêreldoorlog deur die Nazi's op 'n epiese tog in 'n klein seiljag van Europa na Suid-Afrika gestuur.
    Sy missie? Om in opdrag van die Duitse militêre geheimediens as skakel tussen die Nazi's en die Ossewabrandwag te dien. Leibbrandt het ook sy eie planne gehad om 'n sluipmoord op eerste minister Jan Smuts uit te voer en die regering omver te werp.
    Leibbrandt het 'n aanhanger van nasionaal-sosialisme geword toe hy in 1936 vir Suid-Afrika aan die Olimpiese Spele in Berlyn deelgeneem het. Hy is daarna deur die Duitse militêre geheimediens gewerf en het intensiewe sabotasieopleiding ontvang.
    Wie was hierdie man wat uiteindelik aan hoogverraad skuldig bevind en ter dood veroordeel is? Dié biografie deur die bekroonde skrywer Albert Blake werp nuwe lig op hierdie enigmatiese figuur en die fanatisme wat hom aangevuur het.
    Show book
  • Oor Grense - 'n Lewe in die media in 'n tyd van verandering - cover

    Oor Grense - 'n Lewe in die...

    Ton Vosloo

    • 0
    • 0
    • 0
    Ton Vosloo is een van die mees gerekende koerant- en sakemanne in Suid-Afrika. Gedurende sy loopbaan van sowat sestig jaar het Suid-Afrika op politieke front 'n drastiese ommekeer ondergaan: die Nasionale Party het plek gemaak vir 'n ANC-regering, wat gelei het tot transformasie op sosiale, ekonomiese en sakefront.
    In 1983 is Vosloo as die besturende direkteur van Naspers aangestel en het hy hom dit ten doel gestel om dié groep – wat in 1913 as mondstuk van die Nasionale Party gestig is – te vernuwe. Vosloo het die maatskappy deur diep, onstuimige waters gestuur: op ideologiese vlak was dit 'n geveg tot die dood toe met die regse Perskor-groep om die steun van Afrikaners te wen.
    Naspers moes ook op kommersiële vlak moderniseer. Dit het uiteindelik gelei het tot die stigting van M-Net, Suid-Afrika se eerste betaaltelevisiekanaal. In 1992 is Vosloo as voorsitter van Naspers aangestel en het Koos Bekker die pos as besturende direkteur aanvaar. Onder Bekker se leiding het Naspers belê in die Chinese internetmaatskappy Tencent, en vinnig ontwikkel tot 'n groep wat vandag finansiële belange regoor die wêreld het. Dít sou nie moontlik gewees het sonder die fondasie wat Vosloo in die vroeë tagtigs vir sodanige vernuwing gelê het nie.
    Oor Grense is Ton Vosloo se memoir oor sy lewe in die koerantwêreld in 'n tyd toe Naspers nog baklei het om die posisie as markleier, 'n tyd toe die koerante binne sy stal baie na aan die politici van die dag gestaan het. Met sy eiesoortige humorsin en styl as gesoute joernalis vertel Ton Vosloo die storie van Naspers en van sy uiteenlopende ervarings as koerantman en sakeleier.
    Show book
  • Afrikaner-Sondebok? - Die lewe van Hans van Rensburg Ossewabrandwag-leier - cover

    Afrikaner-Sondebok? - Die lewe...

    Albert Blake

    • 0
    • 0
    • 0
    In die vroeë 1940's het die charismatiese Hans van Rensburg duisende volgelinge na die Ossewabrandwag gelok en die regering van Jan Smuts gekonfronteer oor sy deelname aan die Tweede Wêreldoorlog. Onder sy leierskap word etlike sabotasiedade deur die Stormjaers en Terreurgroep, die OB se militêre vleuels, gepleeg. Van Rensburg het ook in die geheim kontak met die Duitse regering gemaak.
    Teen 1940 was Van Rensburg egter nog deel van die regering: As die jongste sekretaris van justisie ooit en administrateur van 'n provinsie is hy as 'n goue seun van die politiek beskou. Waarom was hy só vurig oor die ideaal van 'n onafhanklike republiek dat hy dit alles prysgegee het en 'n koers ingeslaan het wat uiteindelik van hom 'n verstoteling sou maak?
    Van Rensburg word dikwels as 'n verbete Afrikanerfascis beskryf, maar die werklikheid is meer kompleks. In hierdie biografie belig Albert Blake die vele kante van 'n man wat nie net bekend was as regsgeleerde, filosoof en taalkundige nie, maar ook as uitstaande militaris en wildjagter.
    Op die hoogtepunt van sy gewildheid kon geen ander Afrikanerleier by die begaafde Van Rensburg kers vashou nie. Blake ondersoek waarom hy uiteindelik egter die stryd om die hart van die Afrikaner sou verloor.
    Show book
  • Oorkant jou - 'n Verhaal uit die binnekamer - cover

    Oorkant jou - 'n Verhaal uit die...

    Juliana Coetzer

    • 0
    • 0
    • 0
    Oorkant jou is gevul met die stories van die uiteenlopende mense wat Juliana Coetzer se pad kruis as psigoterapeut. Deur hul verhale van swaarkry en herstel, neem Juliana die leser op 'n reis wat eintlikons almal s'n is: die pad van grootword en eienaarskap neem.
    Sy vertel hoe sommige kliënte haar inspireer en uitdaag om haar eie vrese te konfronteer, maar ook watter uitwerking dit op terapeute het om aan die wreedheid van die mensdom blootgestel te word. Daar is die families wat uitmekaargeskeur is as gevolg van seksuele misbruik, die man wat sukkel met sy selfbeeld weens afknouery en ook die prostituut Venicia wat 'n tragiese simbool van verwaarlosing word.
    Juliana se aardse humorsin maak dat sy egter ook die komiese oomblikke raaksien – totdat die volgende storie oor die menslike toestand jou wind uitslaan.
    Show book