Junte-se a nós em uma viagem ao mundo dos livros!
Adicionar este livro à prateleira
Grey
Deixe um novo comentário Default profile 50px
Grey
Assine para ler o livro completo ou leia as primeiras páginas de graça!
All characters reduced
Die Brug - Na die hel en terug in Angola - cover
LER

Die Brug - Na die hel en terug in Angola

Deon Lamprecht

Editora: Jonathan Ball

  • 0
  • 0
  • 0

Sinopse

In vergeelde foto's van drie dekades gelede staan oop gesigseuns vol bravade voor hul Ratel-gevegsvoertuie. Hierdie dienspligtiges van 61 Gemeganiseerde Bataljon Groep staan aan die begin van hul reis diep in Angola in om vir volk en vaderland te gaan veg.
In 'n bloedige geveg op Valentynsdag 1988 en in die doods akker by Tumpo sou hul jeugdige onskuld egter sneuwel. In die hitte van die gevegte kom die besef: Nou gaan dit nie oor ideologie nie, maar om oorlewing.
Ná die oorlog gaan die lewe voort, maar die vrae en geestelike letsels wyk nie. In 2018 keer 'n groep van dié ouddienspligtiges terug na Cuito Cuanavale op soek na afsluiting – en om die wrak te vind van die Ratel waarin 'n makker op die laaste dag van die oorlog gesterf het.
Die Brug vertel van hul reis van jong man na veteraan en gee ook 'n stem aan die vroue in hul lewe. Dit is 'n verhaal van ontnugtering, maar ook van trotse kameraderie en genesing.
Disponível desde: 15/07/2020.
Comprimento de impressão: 240 páginas.

Outros livros que poderiam interessá-lo

  • Witboy in Berlyn - Avonture in die Eerste Wêreld - cover

    Witboy in Berlyn - Avonture in...

    Deon Maas

    • 0
    • 0
    • 0
    "Die honde en kinders verstaan Duits, maar ek nie."
    Toe sy vrou werk kry in Duitsland, besluit Deon Maas in 'n oogwink om Berlyn toe te trek. In hierdie intellektueel stimulerende, dekadente stad voel hy hom op sekere maniere dadelik tuis – op ander nie.
    In die reis wat alle immigrante meemaak, ontdek hy meer oor homself en sy wortels terwyl hy sy voete in sy nuwe omgewing vind. Hy verwonder hom aan tipies Duitse gewoontes soos dat alle oorsese televisieprogramme (swak) oorgeklank word en dat die Duitsers hul sin vir ordelikheid op alles en almal afdwing.
    Op sy avonture ontmoet hy veganistiese anargiste, sokkerboewe, 'n lid van 'n satiriese Duitse politieke party en neem hy selfs aan 'n protesoptog deel.
    Maas ontdek dat alles nie perfek werk in die Eerste Wêreld nie. Mense daar sukkel om probleme op te los oor alles so streng gereguleer is en hulle weet nie eintlik hoe om die uit-dagings te hanteer wat toenemende immigrasie veroorsaak nie.
    Hy probeer ook antwoorde vind op vrae oor verlies, oor identiteit en hoe om as 'n wit immigrant uit Afrika in Europa in te pas. Maas besef al is hy op papier dalk iets van 'n Duitser danksy sy Duitse stamouers, is hy eintlik iemand heeltemal anders. Iemand wat in wese van Afrika is.
    Ver livro
  • Oor Grense - 'n Lewe in die media in 'n tyd van verandering - cover

    Oor Grense - 'n Lewe in die...

    Ton Vosloo

    • 0
    • 0
    • 0
    Ton Vosloo is een van die mees gerekende koerant- en sakemanne in Suid-Afrika. Gedurende sy loopbaan van sowat sestig jaar het Suid-Afrika op politieke front 'n drastiese ommekeer ondergaan: die Nasionale Party het plek gemaak vir 'n ANC-regering, wat gelei het tot transformasie op sosiale, ekonomiese en sakefront.
    In 1983 is Vosloo as die besturende direkteur van Naspers aangestel en het hy hom dit ten doel gestel om dié groep – wat in 1913 as mondstuk van die Nasionale Party gestig is – te vernuwe. Vosloo het die maatskappy deur diep, onstuimige waters gestuur: op ideologiese vlak was dit 'n geveg tot die dood toe met die regse Perskor-groep om die steun van Afrikaners te wen.
    Naspers moes ook op kommersiële vlak moderniseer. Dit het uiteindelik gelei het tot die stigting van M-Net, Suid-Afrika se eerste betaaltelevisiekanaal. In 1992 is Vosloo as voorsitter van Naspers aangestel en het Koos Bekker die pos as besturende direkteur aanvaar. Onder Bekker se leiding het Naspers belê in die Chinese internetmaatskappy Tencent, en vinnig ontwikkel tot 'n groep wat vandag finansiële belange regoor die wêreld het. Dít sou nie moontlik gewees het sonder die fondasie wat Vosloo in die vroeë tagtigs vir sodanige vernuwing gelê het nie.
    Oor Grense is Ton Vosloo se memoir oor sy lewe in die koerantwêreld in 'n tyd toe Naspers nog baklei het om die posisie as markleier, 'n tyd toe die koerante binne sy stal baie na aan die politici van die dag gestaan het. Met sy eiesoortige humorsin en styl as gesoute joernalis vertel Ton Vosloo die storie van Naspers en van sy uiteenlopende ervarings as koerantman en sakeleier.
    Ver livro
  • Oorkant jou - 'n Verhaal uit die binnekamer - cover

    Oorkant jou - 'n Verhaal uit die...

    Juliana Coetzer

    • 0
    • 0
    • 0
    Oorkant jou is gevul met die stories van die uiteenlopende mense wat Juliana Coetzer se pad kruis as psigoterapeut. Deur hul verhale van swaarkry en herstel, neem Juliana die leser op 'n reis wat eintlikons almal s'n is: die pad van grootword en eienaarskap neem.
    Sy vertel hoe sommige kliënte haar inspireer en uitdaag om haar eie vrese te konfronteer, maar ook watter uitwerking dit op terapeute het om aan die wreedheid van die mensdom blootgestel te word. Daar is die families wat uitmekaargeskeur is as gevolg van seksuele misbruik, die man wat sukkel met sy selfbeeld weens afknouery en ook die prostituut Venicia wat 'n tragiese simbool van verwaarlosing word.
    Juliana se aardse humorsin maak dat sy egter ook die komiese oomblikke raaksien – totdat die volgende storie oor die menslike toestand jou wind uitslaan.
    Ver livro
  • Robey Leibbrandt - 'n Lewe van fanatiesme - cover

    Robey Leibbrandt - 'n Lewe van...

    Albert Blake

    • 0
    • 0
    • 0
    Die Suid-Afrikaanse Olimpiese bokser ROBEY LEIBBRANDT is gedurende die Tweede Wêreldoorlog deur die Nazi's op 'n epiese tog in 'n klein seiljag van Europa na Suid-Afrika gestuur.
    Sy missie? Om in opdrag van die Duitse militêre geheimediens as skakel tussen die Nazi's en die Ossewabrandwag te dien. Leibbrandt het ook sy eie planne gehad om 'n sluipmoord op eerste minister Jan Smuts uit te voer en die regering omver te werp.
    Leibbrandt het 'n aanhanger van nasionaal-sosialisme geword toe hy in 1936 vir Suid-Afrika aan die Olimpiese Spele in Berlyn deelgeneem het. Hy is daarna deur die Duitse militêre geheimediens gewerf en het intensiewe sabotasieopleiding ontvang.
    Wie was hierdie man wat uiteindelik aan hoogverraad skuldig bevind en ter dood veroordeel is? Dié biografie deur die bekroonde skrywer Albert Blake werp nuwe lig op hierdie enigmatiese figuur en die fanatisme wat hom aangevuur het.
    Ver livro
  • Fortuine - Die wel en wee van Afrikaner-magnate - cover

    Fortuine - Die wel en wee van...

    Ebbe Dommisse

    • 0
    • 0
    • 0
    Die ongekende sukses van Afrikaner-sakelui het die afgelope drie dekades verras en verstom. 'n Aantal is vandag dollar-miljardêrs met uitgebreide internasionale belange. Die opkoms van die Afrikaner-magnaat is veral merkwaardig in die lig van die regering se omvattende program van swart ekonomiese bemagtiging.
    Onder leiding van Koos Bekker het Naspers die Johannesburgse aandelebeurs begin domineer en is dié mediagroep tot 'n internasionale beleggingshouergroep omvorm. Johann Rupert het Richemont as die naasgrootste groep in die mark vir luukse goedere gevestig, terwyl Christo Wiese en Whitey Basson onderskeidelik Pepkor en Shoprite tot die grootste kleinhandelgroepe in klerasie en voedsel in Afrika uitgebou het.
    Fortuine verklap waarom alles wat sakeleiers soos Jannie Mouton, Michiel le Roux, GT Ferreira, Johan van Zyl, Douw Steyn en 'n aantal megaboere aanraak skynbaar in goud verander. Dit ondersoek ook die sensasionele ineenstorting van Steinhoff Internasionaal onder Markus Jooste, waardeur soveel welvaart uitgewis is.
    'n Onthullende boek, wat hoofsaaklik op persoonlike onderhoude gebaseer is en lig werp op die werksetiek, strategiese vennootskappe en aptyt vir risiko wat hierdie groep Afrikaners die reënmakers van die ekonomie maak.
    Ver livro
  • Amper Frans - ʼn Lewe van fanfare en faux pas - cover

    Amper Frans - ʼn Lewe van...

    Louis Jansen van Vuuren

    • 0
    • 0
    • 0
    Toe hy jare gelede vir die eerste keer in Parys aankom, sou die kunstenaar Louis Jansen Van Vuuren nooit kon dink dat hy eendag ʼn château in die Franse platteland sou besit nie.
    In Amper Frans vertel hy hoe hy die plaaslike tradisies en kultuur die afgelope 21 jaar ontdek her – daar is stories oor statige hertoginne en neusoptrekkerige kelners, die berugte Franse burokrasie en dan ook sy talle faux pas in die Fanse taal.
    Om die vervalle Château de la Creuzette saam met sy lewensmaat, Hardy Olivier, in ʼn boetiekhotel te omskep het groot Geduld en uithouvermoë geverg. Talle lesse is op die harder manier geleer, soos dat vier verwarmers nie genoeg s om ʼn hele château to verhit nie …
    Louis verklap ook iets van hul gaste se kaskenades en van hul eie reise soos hulle die land platry agter vlooimarkte en avontuur aan. Die boek is ʼn moet vir alle Frankofiele.
    Ver livro