¡Acompáñanos a viajar por el mundo de los libros!
Añadir este libro a la estantería
Grey
Escribe un nuevo comentario Default profile 50px
Grey
Suscríbete para leer el libro completo o lee las primeras páginas gratis.
All characters reduced
Mooiplaas - Waar Liefde en Hoop Nuwe Wortels Skiet - cover

Mooiplaas - Waar Liefde en Hoop Nuwe Wortels Skiet

Christo Juan Malan

Editorial: Pieter Haasbroek [Liefdesdrama]

  • 0
  • 0
  • 0

Sinopsis

MOOIPLAAS
 
ʼn Roerende verhaal van ’n jong weduwee op ’n plaas in Malmesbury, wat na haar man se afsterwe meer as ’n jaar gelede, een oggend besluit het genoeg is genoeg. Rebecca Viljoen moet die lewe weer in die oë kyk terwille van haar kinders. Daar is ʼn laksheid onder die plaaswerkers volgens haar en daarom neem sy toe ʼn besluit dat sy dinge van vandag af gaan vasvat. Jacob Minnaar is die plaasvoorman en behartig alleen die boerdery en daarom het hy sy hande behoorlik vol om alles te behartig. Hy worstel ook met sy eie verlede, maar dit is natuurlik onbekend aan Rebecca.
 
Jacob was ook Rebecca se oorlede man se boesemvriend en dus beteken die plaas vir hom baie. In die volgende paar maande ontvou allerlei onverwagte gebeurtenisse. Sonder dat enige een dit besef word die plaas en sy mense in ʼn spesifieke rigting gestuur. Konflik, emosies, bedrog en self erkenning is van die omstandighede wat plaasvind. Asof daar nie al genoeg smart op die plaas was nie, vind daar boonop ook ʼn plaasaanval plaas. Hierdie plaasroman is uiters boeiend en sal jou hart vinnig laat gryp na sneesdoekies...
Disponible desde: 29/11/2021.
Longitud de impresión: 169 páginas.

Otros libros que te pueden interesar

  • Maan Dans - Verbind Deur Bloed Reeks – Boek Een - cover

    Maan Dans - Verbind Deur Bloed...

    Amy Blankenship

    • 1
    • 2
    • 0
    Envy se lewe is goed. Goeie broer, goeie kêrel en die beste werk wat ‘n meisie voor kan vra … kroegmeisie by een van die beste klubs in die stad. Ten minste was dit goed totdat sy ‘n oproep gekry het van een van haar beste vriende dat haar kêrel die vertikale limbo op die dansvloer doen by Maan Dans. Haar besluit om hom te konfronteer begin ‘n ketting van gebeure wat haar sal voorstel aan ‘n gevaarlike paranormale wêreld weggesteek onder die daaglikse sleur. ‘n Wêreld waar mense kan transformeer na swart luiperds, lewende vampiere wat in die strate wandel en gevalde engele wat saam met ons rondloop. Devon is ‘n weerswart luiperd, ‘n bietjie rof om die kiewe en een van die mede-eienaars van Maan Dans. Sy wêreld word op sy as gedraai wanneer hy ‘n aanloklike jakkelsvrou met rooi hare in sy klub sien dans, gewapen met ‘n siniese hart en ‘n skokstok. Met ‘n vampier oorlog in volle gang rondom hulle, sweer Devon om hierdie vrou sy eie te maak ... en sal veg soos die hel self om haar te kry.
    Ver libro
  • Skerwe Van Haar Siel - cover

    Skerwe Van Haar Siel

    KarnaS

    • 0
    • 0
    • 0
    Sy fris bruingebrande bolyf, gespierde arms... sy lang swart hare wat laag teen sy rug afhang!!! Hoe baie keer het sy nie gewens hy kan haar teen hom vasdruk en se hy is lief vir haar nie. Maar nog elke keer as Kabous van Niekerk na Canaro kyk, was daar vlinders in haar maag. n Paar maande voor haar 19de verjaardag, het iets gebeur, wat al lankal moes gebeur het!. Kabous het geweet een of ander tyd sou dit moes gebeur...
    Ver libro
  • Bloed oor die Duine - 'n Suid-Afrikaanse Held se Stryd in die Franse Vreemdelegioen Boek 13 - cover

    Bloed oor die Duine - 'n...

    Meiring Fouche

    • 0
    • 0
    • 0
    In die middel van die Sahara sny ’n paniekerige boodskap deur die geruis.
     
    ’n Oliekamp word uitgewis.
     
    Deur manne wat die uniform van die Franse Vreemdelegioen dra.
     
    Sahara woestyn, 1940-1960. Vir veteraan legioensoldate Teuns Stegmann en Fritz Mundt is dit die begin van ’n proses in ’n bloedige hel. Gelei deur die briljante Kaptein D’Arlan, word hul patrollie gestuur om die waarheid te ontbloot, maar hulle vind toe ’n grusame slagting en ’n dodelike lokval. Die aanvallers is spoke, met vriendelike gesigte, en hulle laat geen getuies agter nie.
     
    In ’n hinderlaag gelei en oortref in getal, word hulle teen ’n spook leër onder leiding van die sadistiese Koebikof opgestel, ’n man wat hom verlustig in marteling en chaos. Wanneer hulle ontdek dat ’n verraaier hulle van binne verraai het, vervaag die lyn tussen bondgenoot en vyand in die glinsterende hitte. Elke besluit dra die gewig van die dood, en elke skaduwee kan hul laksman verberg.
     
    Agtervolg oor die bloedbevlekte duine en vir dood agtergelaat, moet Stegmann en Mundt ’n brutale kat-en-muis-speletjie oorleef waar die verskroeiende son die minste van hul sorge is. Hierdie is ’n meedoënlose, aksie belaaide militêre riller waar die klassieke avontuur van die Vreemdelegioen vermeng met ’n moderne misterie. Perfek vir aanhangers van Alistair MacLean en Lee Child.
     
    Begin vandag nog lees aan hierdie onvergeetlike dertiende Sahara-avontuur!
    Ver libro
  • Verslawende Bloed - Bloedgebonde Boek 11 - cover

    Verslawende Bloed - Bloedgebonde...

    Amy Blankenship, RK Melton

    • 0
    • 0
    • 0
    Michael vind dat die bloed van magtige onsterflikes soms nie meng nie, selfs wanneer hulle sielsgenote is en in die hitte van passie is. 'n Paringsmerk is 'n simbool van besit, maar vir Michael is daardie klein smaak van bloed sy ondergang. Die bloed van die Gevalle is bedrieglik verleidelik vir 'n Songod en die kragtige stormloop wat Michael ontvang, is baie verslawend. Om Aurora teen homself te beskerm, begin Michael om die kragtigste demone in die stad te jag om sy donker drang te bevredig. Soos die swart bloed binne sy are pols, verloor Michael homself aan die stormloop en word net so gevaarlik soos die demone wat hy jag.PUBLISHER: TEKTIME
    Ver libro
  • Die Buiter Omnibus - Eboeke 1 - 3 - cover

    Die Buiter Omnibus - Eboeke 1 - 3

    Gerrie Radlof

    • 0
    • 0
    • 0
    🔥 Drie boeke, een masker en ’n held wat die Kaap nooit sal vergeet nie… 🔥
     
    Kaapstad, 1835. Agter die prag en glans van die Kaapse adel lê ’n duistere geheim. Graaf Jean de Moreaux leef ’n lewe van skyn. Bedags is hy die rykste aristokraat, snags die vreeslose Buiter. Die gemaskerde ruiter wat die onderdruktes verdedig en onreg teen die landsburgers met staal en swaard straf.
     
    In hierdie epiese boksstel ontdek jy die eerste drie avonture van die Buiter verhale vol romanse, spanning, drama en verskeie swaard en pistool gevegte, waar elke nag ’n stryd is vir geliefdes, eer en oorlewing:
     
    ⚔️ Boek 1: Tydens die ontmoeting met die beeldskone Willa Rossouw ontbrand daar ’n verbode romanse, maar Jean se bose neef weef ’n meesterlike komplot om hom te vernietig.⚔️ Boek 2: Boere rebelleer, geliefdes word gevange geneem, en Jean se grootste geheim is op die spel teen ’n vyand wat hom met alle mag wil ontmasker.⚔️ Boek 3: ’n Nuwe teenstander, Joseph Grattan, slaan meedoënloos toe. En wanneer vriende en familie in gevaar verkeer, moet Jean kies tussen liefde en lojaliteit… of alles verloor.
     
    ✨ Perfek vir lesers van historiese aksie-avontuur, romantiese spanning en klassieke gemaskerde heldeverhale.
     
    🎭 Drie Boeke. Een Legende. Die Buiter.
    Ver libro
  • Die Buiter Hou Wag - 'n Kaaps-Hollandse Historiese Romanse Boek 8 - cover

    Die Buiter Hou Wag - 'n...

    Gerrie Radlof

    • 0
    • 0
    • 0
    "Wanneer geregtigheid koopbaar word, verrys ’n masker teen die mag van ’n hele regering…"
     
    ’n Dreigbrief bereik Sir Jeffrey Hamilton, hoofregter van die Kaap. Die geheimsinnige Buiter eis die vryspraak van ’n boer wat onregverdig beskuldig word. Die Goewerneur lag dit weg totdat die Buiter self verskyn en die hofdag in chaos verander.
     
    Die oorwinning wek hoop by die burgers, maar ook die aandag van ’n nuwe persoon, die skerp en berekende Dennis Atterbury. Hy gee voor om ’n vriend van die burgers te wees, maar verdraai die waarheid tot hoogverraad en sorg so dat nege boereleiers ter dood veroordeel word.
     
    Terwyl die galg wag, word lojaliteit en verraad deurmekaar verstrengel. Atterbury, in werklikheid die magtige Graaf van Dunfolk, smee sy strik. Maar die Buiter en sy manne berei ’n gewaagde plan voor. ’n Meesterlike ruilspel waar soldate en gevangenes van plekke verwissel en die waarheid op die galg self ontbloot word.
     
    Wanneer die kapdoeke afval, word die Kaap vir die wêreld verneder en net een masker staan nog triomfantlik. En dan kom die skokkendste nuus. Atterbury se regering het in Engeland geval, die Goewerneur word herroep, en die burgers se eise word toegestaan. Die Buiter het onmoontlike magte getart en gewen.
     
    ’n Historiese avontuur vol spanning, verraad en oorwinning, waar die Kaap se toekoms in die donker nagte aan ’n gemaskerde held toegeskryf word.
    Ver libro