Junte-se a nós em uma viagem ao mundo dos livros!
Adicionar este livro à prateleira
Grey
Deixe um novo comentário Default profile 50px
Grey
Assine para ler o livro completo ou leia as primeiras páginas de graça!
All characters reduced
Ruiters van die Dood - cover
LER

Ruiters van die Dood

Braam Le Roux

Editora: Pieter Haasbroek

  • 0
  • 0
  • 0

Sinopse

RUITERS VAN DIE DOOD - WOESTE LAEVELD REEKS
 
Hierdie verhaal, soos ook die ander in die reeks, speel af in die tagtigerjare van die vorige eeu toe Barberton, in die bergwêreld van die Oostelike Transvaal, nog wild en woes was. Fortuinsoekers het uit verre oorde die aarde kom omdolwe op soek na goud. En te midde van geldsug en ’n koorsagtige gejaag om ryk te word, het hartstogte opgevlam. Haat, weerwraak en jaloesie was stukragte wat die mens tot die uiterste gedryf het. Wet en orde kon nie altyd behoorlik toegepas word deur die geringe polisiemag wat toe bestaan het nie. Die opperheerskappy van die rewolwer, geweer en dolk het meestal deurslag gegee in die stryd tussen reg en onreg en was deur baie beskou as die eintlike wet. Maar te midde van hierdie ruwe era en wilde hartstogte, was daar ook die mooi ontplooiing van liefde tussen man en vrou, waar innige emosies soms deurstrengel geraak het met siedende wraaklus, moord en vernielsug.
 
In hierdie laaste opwindende woeste weste reeks verhale uit die pen van Braam le Roux, ontsnap daar ʼn gevangene uit die tronk. Snel Benecke het net een doel voor oë en dit is om hom te wreek op die man, wat hy glo hom ontneem het van sy erfporsie, asook ʼn groot skat wat hy iewers versteek het net voor hy tronk toe is. Die persoon wat Snel wil doodmaak is die polisie-agent Frans Verwey, wat vir Snel gearresteer het vir beesdiefstal en strafbare manslag. Hein Brandis het intussen ook ʼn polisie agent geword en saam word die twee uitgestuur om te gaan ondersoek instel na iemand wat in ʼn hut verbrand het. Hein glo nie die identiteit van die oorledene nie en nie lank nie of iemand wat hy ken, bevestig ook sy vermoede in die verband. Die “oorlede” man beraam ʼn aaklige plan deur ʼn goeie vriend van Hein te vermoor en dan die blaam op Hein te plaas. Hy kry dit ook reg en Hein moet later uit die tronk ontsnap met behulp van ʼn paar getroue vriende, om te gaan soek na die man wat sy vriend vermoor het en ook om sy eie naam in ere te stel. Tussendeur is daar ook twee beeldskone vroue wat konstant meeding om Hein se aandag en maar min ooghare het vir mekaar. Die noodlot is egter teen Hein en verloor hy nog iemand baie na aan hom. Op vlug van die gereg wat hom voëlvry verklaar het asook skurke wat sy dood soek, het Hein sy hande behoorlik vol om lewend te bly en wraak te neem op die persoon wat twee van sy vriende vermoor het. Gou klap die vuiste en koeëls sing in alle rigtings in die skermutselinge wat Hein het met die wat hom wil arresteer en doodmaak. In die hierdie spanningsvolle woeste weste verhaal is die skrywer op sy allerbeste en kan mens nie anders as om die boek eers klaar te lees voor jy dit neersit nie.
Disponível desde: 20/01/2022.

Outros livros que poderiam interessá-lo

  • Alleen Onder Die Maan - cover

    Alleen Onder Die Maan

    Wllem Krog

    • 0
    • 2
    • 0
    Nadat die ekonomie amper in duie stort, word die Suid-Afrikaanse regering gedwing om die land met 'n buitelandse rekenaarstelsel te regeer. Die rekenaarstelsel werk op kunsmatige intelligensie en reguleer feitlik elke aspek van mense se lewens. Selfs hofsake word deur 'n rekenaar behartig.
    In hierdie distopiese wêreld is alles afhanklik van jou SOMSS-telling (System of Moral and Social Suitability). Dit bepaal waar jy mag woon, watter kos jy by People Eats mag bestel en hoe gereeld jy met People Move mag ry. Responsible Citizenship Learning, 'n verpligte SOMMS-module, leer jou die land se geskiedenis en wat dit verg om 'n goeie burger te wees.
    Alleen Onder die Maan vertel die verhaal van Jaco, 'n 80-jarige individualis wat krities is oor hierdie totalitêre bestel, en sy seun, Pieter, wat as sy beroep rekenaarspeletjies toets en nie besef hoe die stelsel persoonlike vryheid bedreig nie.
    Die boek het twee verhaallyne: Jaco se aangrypende herinneringe aan sy grootwordjare op 'n Vrystaatse plaas. Die tweede verhaallyn volg pa en seun op 'n laaste besoek aan die plaas buite Kroonstad in die huidige era waar alle plase gekonfiskeer en in megaplase omskep is en robotte en geoutomatiseerde voertuie al die werk doen.
    In 'n roerende beskrywing, vertel Jaco hoe sy broers die maanlanding van 1969 op die plaas nagemaak het. Hy glo egter die tegnologiese ontwikkelinge wat op die maanlanding gevolg het, het die mens laat glo hy is god en het hierdie nuwe wêreld geskep.
    Pieter is weer krities oor sy pa se generasie omdat hulle nooit opgestaan het teen apartheid nie, maar die ironie is dat hy nie besef hy leef in 'n ewe totalitêre wêreld nie.
    Die verhaal tree nie net in gesprek met die Suid-Afrikaanse politiek nie, maar ook met die politiek van Afrikaans-wees.
    Ver livro
  • Die Maagd van die See - cover

    Die Maagd van die See

    Meiring Fouche

    • 0
    • 0
    • 0
    DIE MAAGD VAN DIE SEE - MAAGD VAN DIE SEE REEKS
     
    Simon Verbeek, die groot seeman met sy lang, swart hare en sierlike swart baard, het oorlog verklaar teen alle seerowers. Want seerowers het hom nie alleen beroof van die Kompanjie-skip waarvan hy die kaptein was nie, maar hulle het ook sy skone, jong vrou weggevoer.
     
     Simon kon geen skip kry waarmee hy sy wraak tot aan die deur van die seerowers kon bring nie. Hy en sewe van sy bemanning beland toe een dag in ’n skuit in die Kaap van Storms, langs die Suidweskus van Suid-Afrika. In die woeste storm word hulle skuit omgekeer en is hulle toe aan die genade van die onstuimige see oorgelaat. Maar dan sien hulle ’n spookskip langs hulle verbyvaar wat geen bemanning aan boord het nie. Simon en drie van sy manne slaag wonderbaarlik daarin om aan boord te kom van die eienaardige skip. Hulle vind nie ’n lewende siel aan boord nie en alles lyk nog in perfekte toestand, buiten die seile en toue wat al erg deur die wind verniel is.
     
     Dan hoor hulle ’n onaardse geskreeu van êrens af in die skip, wat klink of dit uit die dode kom en gee dit hulle die skrik van hulle lewe. Hulle maak toe ’n skokkende ontdekking wat wonderlike skatte in hulle hande lê, maar om dit in die hande te kry, sal hulle eers sekere geheime moet oplos. En dan vertrek Simon en sy troue volgeling Wilhelm Rieckert op die lang, lang reis waaroor hulle so lank gedroom het.
    Ver livro
  • Die Bewaarder Se Towerboek - cover

    Die Bewaarder Se Towerboek

    Rain Oxford

    • 0
    • 1
    • 0
    Dylan het gedink hy is 'n gemiddelde man, met 'n doodloopstraat werk en nie groot aspirasies in die lewe nie. Toe hy ‘n swart boek vind met eienaardige woorde en merke, ontdek hy dat die heelal baie groter is as wat hy gedink het. Die Bewaarder van die Aarde, wat die boek en sy groot krag veilig bewaar het, en uit die verkeerde hande gehou het, word doodgemaak. Nou het die Aarde 'n nuwe Bewaarder nodig gehad. 
    
    
    Die stryd om die boek te beskerm het vroeg vir Dylan begin, toe hy vinnig moes staatmaak op sy nuutontdekte magte om die wesens wat gestuur is om die boek te vat, te verslaan. Dylan se lewe word verseker vol avontuur, gevaar en toorkrag 
    
    
    Om sy boek te beskerm en die wêreld wat nou op hom staatmaak, moet hy leer om te oorleef in 'n vreemde wêreld, veg teen die vreeslikste gruwels buite enige verbeelding denkbaar, sy toorkuns bemeester, en uiteindelik die stryd stry teen 'n donker god wat reeds een wêreld vernietig het.
    Ver livro
  • Vlamme in die Kalahari - cover

    Vlamme in die Kalahari

    Meiring Fouche

    • 0
    • 0
    • 0
    VLAMME IN DIE KALAHARI - RYK SCHOONRAAD REEKS
     
    Helm du Plessis, ’n vooraanstaande grensboer van die Noordwestelike Provinsie, is met honderde osse op pad na die Kimberley se mark. Hy word egter koelbloedig vermoor deur blanke veediewe. Sy dogter Ansie en Ryk Schoonraad agtervolg hulle met die doel om wraak te neem. Die twee ondergaan verskriklike folteringe toe die boewe daarin slaag om hulle op ’n paar geleenthede in die hande te kry...
     
     
    Ver livro
  • Die Eiland van Dr Moreau - The Island of Dr Moreau Afrikaans edition - cover

    Die Eiland van Dr Moreau - The...

    H. G. Wells

    • 0
    • 0
    • 0
    'N skipbreukeling man wat gestrand is op 'n Stille Oseaan eiland, konfronteer donker geheime, vreemde wesens en 'n rede om vir sy lewe te hardloop.
    Die eiland Doctor Moreau, vra die leser om die grense van natuurwetenskap en die onderskeid tussen mans en diere te oorweeg. 'N vreemde mengsel van wetenskap fiksie, romanse en filosofiese meandering, dit is een van die standaarde van die vroeë wetenskap fiksie.
    Ver livro
  • Die Mensvreters van Tsawo - cover

    Die Mensvreters van Tsawo

    Braam Le Roux

    • 0
    • 2
    • 0
    DIE MENSVRETERS VAN TSAWO - DIE SWART LUIPERD REEKS
     
    Die kluisenaar van die Blouberge se vader was ’n grootwildjagter. Op ’n dag verdwyn hy saam met twee van sy handlangers in die digte woude van Oos-Afrika. Sy seun gaan soek na hom en ontdek hom toe reeds half opgevreet deur leeus. In sy een hand het hy skitterende juwele krampagtig vasgehou, onder andere diamante, robyne, opale en saffiere. In sy ander hand het hy ’n briefie vasgehou waarin hy vertel van die legendariese stad van juwele wat hy ontdek het. Hy praat verder daarin van ’n diep gat onder ’n boom wat al die wonderlike juwele bevat asook van reuse swartes met spiese wat die stad bewaak en die mensvreters van Tsawo genoem word.
     
    Sy seun Paul maak dit toe sy lewenstaak om na die legendariese stad te gaan soek en vind dit toe ook twintig jaar later. Hy probeer dit streng geheim hou, maar ’n klomp fortuinsoekers kom wel daarvan te hore en is toe dadelik op sy spoor. Die Swart Luiperd, sy oom en sy dogter word in die kluisenaar se vertroue geneem om hom te help om na die stad van juwele te gaan. Die skurke is kort op hulle hakke en doen alles in hulle vermoë om van die Swart Luiperd ontslae te raak. Hulle kry dit later reg om vir Sonet en die kluisenaar te ontvoer en die keer is dit die Swart Luiperd wat hulle weer meedoënloos agtervolg.
     
    Toe hulle by die stad van juwele uitkom, word hulle skoon oorweldig deur al die skatte wat hulle waarneem. Hulle slu plan is om die beeldskone Sonet te gebruik en haar as bruid vir die koning aan te bied, in ruil vir baie van die skatte. Hulle het egter nie heeltemal rekening gehou met die vernuf van die Swart Luiperd, wat hulle gereken het hulle vroeër doodgemaak het nie. Saam met sy twee mak luiperds en Donker sy perd, het hulle so verassing of twee vir die skurke.
    Ver livro