Join us on a literary world trip!
Add this book to bookshelf
Grey
Write a new comment Default profile 50px
Grey
Subscribe to read the full book or read the first pages for free!
All characters reduced
Oerwoudvalk Omnibus - Eboeke 1 - 3 - cover

Oerwoudvalk Omnibus - Eboeke 1 - 3

Andreas Du Plessis

Publisher: Pieter Haasbroek

  • 0
  • 0
  • 0

Summary

DIE OERWOUDVALK OMNIBUS VAN 3 EBOEKE
 
Kry die eerste drie opwindende romans in die klassieke Oerwoudvalk Reeks in een gerieflike Omnibus wat uitstekende waarde bied! Hierdie versameling sluit in: 
 
Boek 1: Goudstad van Skeba
 
Boek 2: Die Seekat
 
Boek 3: Oervallei
 
Die reeks volg die avonture van die Oerwoudvalk, 'n primitiewe held wat met sy boog en mes die geheime van Afrika se verlore wêrelde ontrafel en mense teen oeroue gediertes sowel as moderne skurke beskerm.
 
1. Goudstad van SkebaIn hierdie eerste verhaal maak u kennis met die Oerwoudvalk of ook beter bekend as die Valk. Gewapen met net ’n pyl en boog, jagmes en lendekleed van luiperdvel, deurkruis hy die digte woude van die Kongo en beleef die een opwindende avontuur na die volgende. In hierdie verhaal moet hy tot die redding kom van ’n volkekunde professor, sy dogter, ’n man en sy vrou en ’n student, wat in die hande val van Basan, ’n wrede en genadelose diktator. Basan is ’n hoëpriester wat gemuit het uit die Vallei van Skeba. Hy het sy eie ryk gestig en droom daagliks daarvan om die Koningin van Skeba se Vallei en stad weer binne te val en oor te neem.
 
2. Die SeekatIn hierdie verhaal begelei die Oerwouvalk die vyf Suid Afrikaners terug na Suid Afrika, na hul ontsnapping uit die Goudstad van Skeba. Op pad terug sien hulle twee straalvegvliegtuie wat op mekaar skiet. Die een vliegtuig word gou neergeskiet, maar die loods spring betyds uit met ’n valskerm. Toe hulle hom ontdek is hy reeds sterwend. Hy vertel hulle onder andere van Seekatmanne en ’n moeras vol wilde diere. Kort daarna sterf hy en hulle ontdek toe ’n dagboek by hom, wat die sleutel hou tot sy geheim. Die veiligheidspolisie roep eindelik die hulp van die Valk in om ondersoek te gaan instel. Met die hulp van ’n pigmeë stam gaan soek hy na die nes van die Seekat-organisasie.
 
3. OervalleiIn hierdie derde verhaal van die Oerwoudvalk reeks red die Valk vir Aztec Calder uit die kake van ’n leeumannetjie. Die ylende Calder het nog kort voor sy dood gemompel van ’n verlore vallei, oermense en diere en ook van ’n geselskap blankes wat daar vasgekeer is. Die nuus prikkel die Valk se belangstelling sodanig en hy besluit toe om dadelik na die verlore vallei in Afrika te gaan soek. Gewapen met net sy pyl-en-boog, ’n jagmes en ’n lendekleed van luiperdvel, pak hy sy soektog aan na die geheimnisvolle vallei, wat nog totaal onbekend is aan die samelewing. Deur Aztez Calder se voetspore te volg, ontdek die Valk spoedig die verlore vallei, maar om dit te betree moet hy eers teen ’n steil kransmuur afdaal, wat die tropiese vallei heeltemal omring. Net daar verloor hy al byna sy lewe teen ’n vlieënde oerdier en dit is maar net die begin van een van die eienaardigste en spanningvolste ervarings wat die Valk nog beleef het.
 
#OerwoudvalkReeks
Available since: 06/23/2025.
Print length: 341 pages.

Other books that might interest you

  • Skerwe Van Haar Siel - cover

    Skerwe Van Haar Siel

    KarnaS

    • 0
    • 0
    • 0
    Sy fris bruingebrande bolyf, gespierde arms... sy lang swart hare wat laag teen sy rug afhang!!! Hoe baie keer het sy nie gewens hy kan haar teen hom vasdruk en se hy is lief vir haar nie. Maar nog elke keer as Kabous van Niekerk na Canaro kyk, was daar vlinders in haar maag. n Paar maande voor haar 19de verjaardag, het iets gebeur, wat al lankal moes gebeur het!. Kabous het geweet een of ander tyd sou dit moes gebeur...
    Show book
  • Die Nuuskierige Varkie - Afrikaanse Kinder Luisterstories met Prente Boek as Bonus - cover

    Die Nuuskierige Varkie -...

    Rodeen Visser-Ludick

    • 0
    • 0
    • 0
    "Die nuuskierige varkie" gaan oor 'n varkie wat in 'n hok woon saam met sy familie. Hy raak moeg om net te eet en wil sien wat buite die hok is. Hy probeer verskeie kere om te ontsnap, maar misluk elke keer. Eendag kyk hy hoe die boer die hek oopmaak en so gebruik hy 'n krat om uiteindelik uit die hok te kom. 
    Buite ontmoet hy 'n oulike eendjie en ander plaasdiere by 'n dam. Hy maak vriende en speel te lekker saam met hulle. Die boer sien dit en besluit om die hok elke dag oop te laat sodat al die varkies kan gaan speel. Die storie wys hoe nuuskierigheid en deursettingsvermoë die varkie gehelp het om nuwe dinge te ontdek en so sy lewe te verbeter het.
    Show book
  • Betowerde woud - die konfraternisering - cover

    Betowerde woud - die...

    LS Morgan

    • 0
    • 0
    • 0
    Kortverhaal vir kinders en jongmense, oor vriendskap en kameraadskap. Twee broers durf hul groot tannie se plaas aan en wat hierdie kinders sal ervaar, is die gevoel om in `n betowerde woud te wees, `n dag van avontuur, towerkrag, lekker lag en pret te hê.
    Show book
  • Die Hasie Met Die Lang Ore - Afrikaanse Kinder Luisterstories met Prente Boek as Bonus - cover

    Die Hasie Met Die Lang Ore -...

    Rodeen Visser-Ludick

    • 0
    • 0
    • 0
    'n Baie oulike storie vir jong kinders 
    Kasper, 'n hasie met baie lang ore, word gereeld gespot deur sy maatjies in die woud omdat hy anders lyk. Alhoewel dit hom aanvanklik hartseer maak, leer Kasper om sy unieke eienskap te waardeer. Sy lang ore help hom om goed te hoor en selfs om oor die rivier te kom deur van boomtak tot boomtak te spring. 
    Wanneer die ander diere sukkel om by kos aan die ander kant van die rivier uit te kom, gebruik Kasper sy slim idee om 'n brug te bou met behulp van varingplante. Met die hulp van al die diere bou hulle die brug, wat hulle die hele jaar toegang gee tot kos. Kasper se slim plan red die diere van hongerte, en uiteindelik besef die ander diere dat sy lang ore eintlik 'n waardevolle geskenk is. Hulle vra om verskoning vir hul gedrag, en Kasper vergewe hulle, net te bly hy kon gehelp het.
    Show book
  • Maan Dans - Verbind Deur Bloed Reeks – Boek Een - cover

    Maan Dans - Verbind Deur Bloed...

    Amy Blankenship

    • 1
    • 2
    • 0
    Envy se lewe is goed. Goeie broer, goeie kêrel en die beste werk wat ‘n meisie voor kan vra … kroegmeisie by een van die beste klubs in die stad. Ten minste was dit goed totdat sy ‘n oproep gekry het van een van haar beste vriende dat haar kêrel die vertikale limbo op die dansvloer doen by Maan Dans. Haar besluit om hom te konfronteer begin ‘n ketting van gebeure wat haar sal voorstel aan ‘n gevaarlike paranormale wêreld weggesteek onder die daaglikse sleur. ‘n Wêreld waar mense kan transformeer na swart luiperds, lewende vampiere wat in die strate wandel en gevalde engele wat saam met ons rondloop. Devon is ‘n weerswart luiperd, ‘n bietjie rof om die kiewe en een van die mede-eienaars van Maan Dans. Sy wêreld word op sy as gedraai wanneer hy ‘n aanloklike jakkelsvrou met rooi hare in sy klub sien dans, gewapen met ‘n siniese hart en ‘n skokstok. Met ‘n vampier oorlog in volle gang rondom hulle, sweer Devon om hierdie vrou sy eie te maak ... en sal veg soos die hel self om haar te kry.
    Show book
  • Knak die Aanwensel - cover

    Knak die Aanwensel

    Ronel Janse van Vuuren

    • 0
    • 0
    • 0
    Een onstreflike. 'n Ewigheid van verveeldheid. 
      
    Odin het op 'n tyd dinge nogal goed gehad: hele nasies het hom aanbid, 'n dag van die week na hom vernoem, geglo dat hy wys is. 
      
    Deesdae respekeer die troeteldiere van ander onsterflikes hom nie eens nie. 
      
    Hy is moeg. 
      
    En daar is net een plek om heen te gaan wanneer jy minder môres het om na uit te sien: 'n outehuis in Midgard. 
      
    Gebruik die skuifbalk boontoe om by Odin aan te sluit waar hy nuwe lewe en avontuur in aftreding ontdek. 
      
    *Hierdie is die eerste boek in die Onmoontlike Onsterflikes reeks.
    Show book