¡Acompáñanos a viajar por el mundo de los libros!
Añadir este libro a la estantería
Grey
Escribe un nuevo comentario Default profile 50px
Grey
Suscríbete para leer el libro completo o lee las primeras páginas gratis.
All characters reduced
Robey Leibbrandt - 'n Lewe van fanatiesme - cover

Robey Leibbrandt - 'n Lewe van fanatiesme

Albert Blake

Editorial: Jonathan Ball

  • 0
  • 0
  • 0

Sinopsis

Die Suid-Afrikaanse Olimpiese bokser ROBEY LEIBBRANDT is gedurende die Tweede Wêreldoorlog deur die Nazi's op 'n epiese tog in 'n klein seiljag van Europa na Suid-Afrika gestuur.
Sy missie? Om in opdrag van die Duitse militêre geheimediens as skakel tussen die Nazi's en die Ossewabrandwag te dien. Leibbrandt het ook sy eie planne gehad om 'n sluipmoord op eerste minister Jan Smuts uit te voer en die regering omver te werp.
Leibbrandt het 'n aanhanger van nasionaal-sosialisme geword toe hy in 1936 vir Suid-Afrika aan die Olimpiese Spele in Berlyn deelgeneem het. Hy is daarna deur die Duitse militêre geheimediens gewerf en het intensiewe sabotasieopleiding ontvang.
Wie was hierdie man wat uiteindelik aan hoogverraad skuldig bevind en ter dood veroordeel is? Dié biografie deur die bekroonde skrywer Albert Blake werp nuwe lig op hierdie enigmatiese figuur en die fanatisme wat hom aangevuur het.
Disponible desde: 13/09/2019.
Longitud de impresión: 312 páginas.

Otros libros que te pueden interesar

  • Die Brug - Na die hel en terug in Angola - cover

    Die Brug - Na die hel en terug...

    Deon Lamprecht

    • 0
    • 0
    • 0
    In vergeelde foto's van drie dekades gelede staan oop gesigseuns vol bravade voor hul Ratel-gevegsvoertuie. Hierdie dienspligtiges van 61 Gemeganiseerde Bataljon Groep staan aan die begin van hul reis diep in Angola in om vir volk en vaderland te gaan veg.
    In 'n bloedige geveg op Valentynsdag 1988 en in die doods akker by Tumpo sou hul jeugdige onskuld egter sneuwel. In die hitte van die gevegte kom die besef: Nou gaan dit nie oor ideologie nie, maar om oorlewing.
    Ná die oorlog gaan die lewe voort, maar die vrae en geestelike letsels wyk nie. In 2018 keer 'n groep van dié ouddienspligtiges terug na Cuito Cuanavale op soek na afsluiting – en om die wrak te vind van die Ratel waarin 'n makker op die laaste dag van die oorlog gesterf het.
    Die Brug vertel van hul reis van jong man na veteraan en gee ook 'n stem aan die vroue in hul lewe. Dit is 'n verhaal van ontnugtering, maar ook van trotse kameraderie en genesing.
    Ver libro
  • Louis Botha - Krygsman Generaal Staatsman - cover

    Louis Botha - Krygsman Generaal...

    Richard Steyn

    • 0
    • 0
    • 0
    "Hy was een van die grootste geeste ter wêreld." – Winston Churchill
    Louis Botha was ʼn briljante Boeregeneraal wie se taktiese vernuf en intuïtiewe aanslag op die front vir etlike oorwinnings oor die Britse magte gesorg het. Maar dit was sy engimatiese karakter en vaste oortuiging om to hou by wat hy geglo het reg was, wat hom as ʼn leier van die Boerevolk bevestig het.
    Richard Steyn gee op meesterlike wyse insae in die lewe van hierdie grootse Suid-Afrikaanse krygsman en staatsman. Hy beskryf verhelderend hoe Botha saam met sy hegte vriend, Jan Smuts, die vier Suid-Afrikaanse kolonies na Uniewording in 1910 gelei het.
    Gedurende die Eerste Wêreldoorlog was hy aan die voorpunt van die Suid-Afrikaanse magte se suksesvolle inval van Duits-Suidwes-Afrika, wat tekenend was van sy onwrikbare oortuiging dat ʼn man daad by woord moet voeg. Tog is hy deur talle Afrikaners verkwalik vir sy steun aan Brittanje, en die Afrikaner-rebellie, waartydens hy teen voormalige makkers moes optree, het sy hart gebreek.
    Botha se groothartige en vrygewige omgang met mense – van Vereeniging tot Versailles – het home bo sy tydgenote laat uitstaan. Die boek weerstaan die versoeking om sy lewe deur moderne lense to evalueer en probeer eerder om die konteks van die politiek van sy tyd verduidelik.
    Ver libro
  • Onkant! - 'n Rugbyliefdesverhaal - cover

    Onkant! - 'n Rugbyliefdesverhaal

    Hendrik Hancke

    • 0
    • 0
    • 0
     “TOE EK IN MY EERSTE WÊRELDBEKERWEDSTRYD UITDRAF, WAS DAAR IETS SOOS 54 000 MENSE. JY SIEN NET KAMERAFLITSE, DIS AMPER HIPNOTIES . . . DIE COACH SKREE VIR MY: ‘CHUCKY, WAARMEE IS JY BESIG?’ TOE BESEF EK EK IS BESIG OM VIR DIE MENSE TE WAAI.” – LOUIS ‘CHUCKY’ VAN DER WESTHUIZEN 
      
    Het jy al ooit gewonder hoe 50 000 ekstatiese ondersteuners op die paviljoen klink of wat dit beteken om ’n Springbokbaadjie in jou kas te hê? 
    In die aanloop tot die Rugbywêreldbeker het die joernalis Hendrik Hancke die land deurkruis om met oud-Springbokke, provinsiale spelers, breiers en ’n rugbyskrywer te gesels oor hul liefde vir rugby. Hulle deel persoonlike oorwinnings en teleurstellings, die lesse wat rugby hulle al geleer het, spesiale kleedkamer-oomblikke en stories oor wat van die veld af gebeur. 
    Schalk Brits verduidelik byvoorbeeld waarom dit so noodsaaklik is vir ’n Springbok om ’n spanspeler te wees, terwyl Gcobani Bobo aangrypend vertel van sy reis met rugby van King Williamstown tot Nieu-Seeland. Frik du Preez lig weer die sluier oor hoe dit was om in die 1960’s te toer en die kattekwaad wat hulle aangevang het, terwyl Jean de Villiers deel wat dit beteken om Springbokkaptein te wees. 
    As jy Saterdagmiddae kliphard vir die televisie skree, of op die sypaadjie sal slaap om ’n kaartjie vir ’n groot wedstryd te kry, dan is dié boek vir jou.
    Ver libro
  • Fortuine - Die wel en wee van Afrikaner-magnate - cover

    Fortuine - Die wel en wee van...

    Ebbe Dommisse

    • 0
    • 0
    • 0
    Die ongekende sukses van Afrikaner-sakelui het die afgelope drie dekades verras en verstom. 'n Aantal is vandag dollar-miljardêrs met uitgebreide internasionale belange. Die opkoms van die Afrikaner-magnaat is veral merkwaardig in die lig van die regering se omvattende program van swart ekonomiese bemagtiging.
    Onder leiding van Koos Bekker het Naspers die Johannesburgse aandelebeurs begin domineer en is dié mediagroep tot 'n internasionale beleggingshouergroep omvorm. Johann Rupert het Richemont as die naasgrootste groep in die mark vir luukse goedere gevestig, terwyl Christo Wiese en Whitey Basson onderskeidelik Pepkor en Shoprite tot die grootste kleinhandelgroepe in klerasie en voedsel in Afrika uitgebou het.
    Fortuine verklap waarom alles wat sakeleiers soos Jannie Mouton, Michiel le Roux, GT Ferreira, Johan van Zyl, Douw Steyn en 'n aantal megaboere aanraak skynbaar in goud verander. Dit ondersoek ook die sensasionele ineenstorting van Steinhoff Internasionaal onder Markus Jooste, waardeur soveel welvaart uitgewis is.
    'n Onthullende boek, wat hoofsaaklik op persoonlike onderhoude gebaseer is en lig werp op die werksetiek, strategiese vennootskappe en aptyt vir risiko wat hierdie groep Afrikaners die reënmakers van die ekonomie maak.
    Ver libro
  • Oorkant jou - 'n Verhaal uit die binnekamer - cover

    Oorkant jou - 'n Verhaal uit die...

    Juliana Coetzer

    • 0
    • 0
    • 0
    Oorkant jou is gevul met die stories van die uiteenlopende mense wat Juliana Coetzer se pad kruis as psigoterapeut. Deur hul verhale van swaarkry en herstel, neem Juliana die leser op 'n reis wat eintlikons almal s'n is: die pad van grootword en eienaarskap neem.
    Sy vertel hoe sommige kliënte haar inspireer en uitdaag om haar eie vrese te konfronteer, maar ook watter uitwerking dit op terapeute het om aan die wreedheid van die mensdom blootgestel te word. Daar is die families wat uitmekaargeskeur is as gevolg van seksuele misbruik, die man wat sukkel met sy selfbeeld weens afknouery en ook die prostituut Venicia wat 'n tragiese simbool van verwaarlosing word.
    Juliana se aardse humorsin maak dat sy egter ook die komiese oomblikke raaksien – totdat die volgende storie oor die menslike toestand jou wind uitslaan.
    Ver libro
  • Witboy in Berlyn - Avonture in die Eerste Wêreld - cover

    Witboy in Berlyn - Avonture in...

    Deon Maas

    • 0
    • 0
    • 0
    "Die honde en kinders verstaan Duits, maar ek nie."
    Toe sy vrou werk kry in Duitsland, besluit Deon Maas in 'n oogwink om Berlyn toe te trek. In hierdie intellektueel stimulerende, dekadente stad voel hy hom op sekere maniere dadelik tuis – op ander nie.
    In die reis wat alle immigrante meemaak, ontdek hy meer oor homself en sy wortels terwyl hy sy voete in sy nuwe omgewing vind. Hy verwonder hom aan tipies Duitse gewoontes soos dat alle oorsese televisieprogramme (swak) oorgeklank word en dat die Duitsers hul sin vir ordelikheid op alles en almal afdwing.
    Op sy avonture ontmoet hy veganistiese anargiste, sokkerboewe, 'n lid van 'n satiriese Duitse politieke party en neem hy selfs aan 'n protesoptog deel.
    Maas ontdek dat alles nie perfek werk in die Eerste Wêreld nie. Mense daar sukkel om probleme op te los oor alles so streng gereguleer is en hulle weet nie eintlik hoe om die uit-dagings te hanteer wat toenemende immigrasie veroorsaak nie.
    Hy probeer ook antwoorde vind op vrae oor verlies, oor identiteit en hoe om as 'n wit immigrant uit Afrika in Europa in te pas. Maas besef al is hy op papier dalk iets van 'n Duitser danksy sy Duitse stamouers, is hy eintlik iemand heeltemal anders. Iemand wat in wese van Afrika is.
    Ver libro