Join us on a literary world trip!
Add this book to bookshelf
Grey
Write a new comment Default profile 50px
Grey
Subscribe to read the full book or read the first pages for free!
All characters reduced
Hierdie mens - cover

We are sorry! The publisher (or author) gave us the instruction to take down this book from our catalog. But please don't worry, you still have more than 500,000 other books you can enjoy!

Hierdie mens

Wilma Stockenström

Publisher: Human & Rousseau

  • 0
  • 0
  • 0

Summary

Sedert Spesmase in 1999, is Hierdie mens Wilma Stockenström se eerste digbundel in 14 jaar. Die toonaard is verfrissend speels en lig, die verse meesal kort en gestroop tot die essensie. Dis toeganklike verse, gekenmerk deur ’n ironiese inslag, en fokus op momentopnames tipies van die later lewe. Die bundel staan dan ook in die teken van afskeid neem, en 'n sterk bewussyn van die onvermydelike naderkom van die einde van die lewe. Met so 'n gelade onderwerp soos die dood word daar speels omgegaan.  Daar is 'n duidelike opmerksaamheid oor die proses van ouer word, van swakker word, maar daar is geen swaarwigtigheid, geen tranerigheid. Alles staan eerder in die teken van ’n ironiese self-beskouing, ’n beleë aanvaarding van die onontkombaarheid van die slopingsproses. “’n Sterk versameling van laatwerkverse, gefokus op die natuur en in ’n vroulike teneur, van een van die meesterdigters in Afrikaans.” – Helize van Vuuren
Available since: 08/01/2013.

Other books that might interest you

  • Flenters - cover

    Flenters

    Petru Wessels

    • 0
    • 0
    • 0
    Flenters is geskryf oor baie jare – op stukkies papier, agterop kwitansies, aankope lysies, doktersrekeninge. Enige iets wat byderhand was om my gedagtes op neer te skryf.Dit het my opgeval dat al hierdie flentertjies, soos stukkies van ‘n legkaart, my lewensreis weerspieël.‘n Reis van baie seisoene – die van jong vrou, eggenote, moeder, ouma en aktrise. Ek wil graag glo dat die leser ‘n mede-reisiger sal word.‘n Reis wat dalk, wie weet, nou eers begin…
    Show book
  • Pablo Se Pleidooi - cover

    Pablo Se Pleidooi

    Erick Carballo

    • 0
    • 0
    • 0
    "Pablo se pleidooi" is 'n roman waarin die eensaamheid, afknouery, ondeug en selfsug van 'n vader verweef is, en die onverskilligheid van 'n moeder wat haar seun aan sy lot oorlaat om 'n nuwe lewe met 'n man wat 'n belowende toekoms verseker. 
    
    
    Pablo is 'n agtjarige seun wat net een vriend het wat hy kan vertrou, maar 'n reeks gebeure lei hom tot 'n tragiese lot.
    Show book
  • JOP - Lê nie heeldag net in die bed nie - cover

    JOP - Lê nie heeldag net in die...

    Chris Opperman

    • 0
    • 0
    • 0
    JOP - LE NIE HEELDAG IN DIE BED NIE
     
    Hierdie e-boek, "Jop - Lê nie heeldag in die bed nie", is die tweede e-boek wat geskryf is deur Chris Opperman.
     
    Jop is 'n alleenloper wat besluit het hy gaan die land vol toer op soek na aksie en avontuur. Saam met sy getroue ou Toyota motortjie pak hy toe die lang tog aan en gaan besoek hy allerhande interessante plekke langs die pad. Natuurlik gaan alles nooit net klopdisselboom nie en moet hy met tye met sy vuiste inklim of die aftog blaas om nie onnodig in die moeilikheid te kom nie. En natuurlik het hy 'n oog vir mooi vrou en die kan hom ook glad nie weerstaan nie. Maar Jop kla nie daaroor nie. 
     
    Lees gerus die klompie kortverhale van JOP en sy manewales soos hy die land verken. Van die gebeurtenisse is op ware gebeure gebaseer en self deur die skrywer ervaar. Hierdie e-boek is dus 'n lekker boek om te lees saam met 'n stomende koppie koffie en beskuit.
    Show book