Junte-se a nós em uma viagem ao mundo dos livros!
Adicionar este livro à prateleira
Grey
Deixe um novo comentário Default profile 50px
Grey
Assine para ler o livro completo ou leia as primeiras páginas de graça!
All characters reduced
Kleur My Rooi - cover
LER

Kleur My Rooi

Vianka Van Bokkem

Editora: Domus Supernaturalis

  • 0
  • 1
  • 0

Sinopse

Victoria en haar tweeling suster is half-vampier en half-heks. Toe hulle sien hoe hulle ma en pa wreed vermoor word deur vampier jagter het hull wraak geweer teen hulle en enige iemand anders wat hulle gehelp het. Wat hulle nie verwag het was om verlief te raak op tweeling broers, Prins Alexandru en Prins Andrei van Romeinië. 
Disponível desde: 19/12/2017.

Outros livros que poderiam interessá-lo

  • Skerwe Van Haar Siel - cover

    Skerwe Van Haar Siel

    KarnaS

    • 0
    • 0
    • 0
    Sy fris bruingebrande bolyf, gespierde arms... sy lang swart hare wat laag teen sy rug afhang!!! Hoe baie keer het sy nie gewens hy kan haar teen hom vasdruk en se hy is lief vir haar nie. Maar nog elke keer as Kabous van Niekerk na Canaro kyk, was daar vlinders in haar maag. n Paar maande voor haar 19de verjaardag, het iets gebeur, wat al lankal moes gebeur het!. Kabous het geweet een of ander tyd sou dit moes gebeur...
    Ver livro
  • Maan Dans - Verbind Deur Bloed Reeks – Boek Een - cover

    Maan Dans - Verbind Deur Bloed...

    Amy Blankenship

    • 1
    • 2
    • 0
    Envy se lewe is goed. Goeie broer, goeie kêrel en die beste werk wat ‘n meisie voor kan vra … kroegmeisie by een van die beste klubs in die stad. Ten minste was dit goed totdat sy ‘n oproep gekry het van een van haar beste vriende dat haar kêrel die vertikale limbo op die dansvloer doen by Maan Dans. Haar besluit om hom te konfronteer begin ‘n ketting van gebeure wat haar sal voorstel aan ‘n gevaarlike paranormale wêreld weggesteek onder die daaglikse sleur. ‘n Wêreld waar mense kan transformeer na swart luiperds, lewende vampiere wat in die strate wandel en gevalde engele wat saam met ons rondloop. Devon is ‘n weerswart luiperd, ‘n bietjie rof om die kiewe en een van die mede-eienaars van Maan Dans. Sy wêreld word op sy as gedraai wanneer hy ‘n aanloklike jakkelsvrou met rooi hare in sy klub sien dans, gewapen met ‘n siniese hart en ‘n skokstok. Met ‘n vampier oorlog in volle gang rondom hulle, sweer Devon om hierdie vrou sy eie te maak ... en sal veg soos die hel self om haar te kry.
    Ver livro
  • Mooiplaas - Waar Liefde en Hoop Nuwe Wortels Skiet - cover

    Mooiplaas - Waar Liefde en Hoop...

    Christo Juan Malan

    • 0
    • 0
    • 0
    MOOIPLAAS
     
    ʼn Roerende verhaal van ’n jong weduwee op ’n plaas in Malmesbury, wat na haar man se afsterwe meer as ’n jaar gelede, een oggend besluit het genoeg is genoeg. Rebecca Viljoen moet die lewe weer in die oë kyk terwille van haar kinders. Daar is ʼn laksheid onder die plaaswerkers volgens haar en daarom neem sy toe ʼn besluit dat sy dinge van vandag af gaan vasvat. Jacob Minnaar is die plaasvoorman en behartig alleen die boerdery en daarom het hy sy hande behoorlik vol om alles te behartig. Hy worstel ook met sy eie verlede, maar dit is natuurlik onbekend aan Rebecca.
     
    Jacob was ook Rebecca se oorlede man se boesemvriend en dus beteken die plaas vir hom baie. In die volgende paar maande ontvou allerlei onverwagte gebeurtenisse. Sonder dat enige een dit besef word die plaas en sy mense in ʼn spesifieke rigting gestuur. Konflik, emosies, bedrog en self erkenning is van die omstandighede wat plaasvind. Asof daar nie al genoeg smart op die plaas was nie, vind daar boonop ook ʼn plaasaanval plaas. Hierdie plaasroman is uiters boeiend en sal jou hart vinnig laat gryp na sneesdoekies...
    Ver livro
  • Verslawende Bloed - Bloedgebonde Boek 11 - cover

    Verslawende Bloed - Bloedgebonde...

    Amy Blankenship, RK Melton

    • 0
    • 0
    • 0
    Michael vind dat die bloed van magtige onsterflikes soms nie meng nie, selfs wanneer hulle sielsgenote is en in die hitte van passie is. 'n Paringsmerk is 'n simbool van besit, maar vir Michael is daardie klein smaak van bloed sy ondergang. Die bloed van die Gevalle is bedrieglik verleidelik vir 'n Songod en die kragtige stormloop wat Michael ontvang, is baie verslawend. Om Aurora teen homself te beskerm, begin Michael om die kragtigste demone in die stad te jag om sy donker drang te bevredig. Soos die swart bloed binne sy are pols, verloor Michael homself aan die stormloop en word net so gevaarlik soos die demone wat hy jag.PUBLISHER: TEKTIME
    Ver livro
  • Bloedband - Bloedgebonde Boek 5 - cover

    Bloedband - Bloedgebonde Boek 5

    Amy Blankenship, RK Melton

    • 0
    • 0
    • 0
    Met die bloedspel gebreek, het Kane sy pad uit die grond gegrlou en gesoek na die sielsgenoot wat hom bevry het net om te vind dat sy verdwyn het. Met niks oor om te verloor nie en wraak op sy gedagtes, het hy 'n oorlog begin. Die laaste ding wat hy verwag het, was om sy ontwykende sielsgenoot te vind in die pad van vernietiging wat hy veroorsaak het. Hy raak vinnig obsessief, kyk wanneer sy nie kyk nie, luister wanneer hy nie genooi is nie, en agtervolg haar elke beweging ... en die demoon wat by hom spook, weet sy is sy swakheid. Om haar te beskerm, beloof Kane om haar hom te laat haat, selfs al moet hy by die demoonkant aansluit om dit te doen. Maar hoe kan hy haar beskerm teen haar grootste vyand van almal as daardie vyand homself is?PUBLISHER: TEKTIME
    Ver livro
  • Skaduwee van Gister - 'n Suid-Afrikaanse Held se Stryd in die Franse Vreemdelegioen Boek 25 - cover

    Skaduwee van Gister - 'n...

    Meiring Fouche

    • 0
    • 0
    • 0
    Hulle was geraamtes in die sand, ’n verlore patrollie ingesluk deur die Sahara.
     
    Maar dit was geen ongeluk nie.
     
    Dit was ’n uitnodiging.
     
    Sahara woestyn, 1940-1960. Wanneer ’n hele Franse Vreemdelegioen patrollie spoorloos verdwyn, word die legendariese Kaptein D’Arlan, bekend as die “Houdini van die Sahara”, gestuur om hulle te vind. Hy verwag ’n stryd teen die onvergewensgesinde woestyn, maar stap toe direk in ’n noukeurig beplande lokval in. Hy is nie meer die jagter nie, hy is nou die prooi.
     
    Omring deur ’n massiewe leër, stel die genadelose Oerdoe-sjeik sy eis. Die lewens van twee patrollies in ruil vir een man, legioensoldaat Teuns Stegmann. D’Arlan weier volstrek om sy soldaat op te offer, maar die sjeik se obsessie is gekoppel aan ’n donker geheim uit die verlede. ’n Legende van ’n verlore Nazi-wapenopslagplek en ’n pragtige vrou wat nie is wie sy voorgee om te wees nie.
     
    Met verraad wat agter elke duin skuil en die laksman se sabel wat vir dagbreek geslyp word, is die legioensoldate vasgekeer en uitoorlê. Hulle moet ’n dodelike sameswering ontbloot wat die Sahara in 'n bloedbad sal verander of sterf terwyl hulle probeer.
     
    ’n Onverbiddelike militêre avontuur propvol raaisels en klassieke aksie. Skaduwee van Gister is ’n puik lees vir aanhangers van Alistair MacLean en Wilbur Smith. Hierdie aangrypende riller sal jou vervoer na ’n wêreld van eer, verraad en oorlewing teen onmoontlike kanse.
     
    Begin vandag nog lees aan hierdie onvergeetlike vyf-en-twintigste Sahara-avontuur!
    Ver livro