Join us on a literary world trip!
Add this book to bookshelf
Grey
Write a new comment Default profile 50px
Grey
Subscribe to read the full book or read the first pages for free!
All characters reduced
Die 25-Dag Vinnige Gewigsverliesdieet - Hoe Om Vet Te Verbrand & Gesond Te Eet Met Die Laekoolhidraat-Detoksmetode Vir Vroue - cover

Die 25-Dag Vinnige Gewigsverliesdieet - Hoe Om Vet Te Verbrand & Gesond Te Eet Met Die Laekoolhidraat-Detoksmetode Vir Vroue

James Abbott

Publisher: Babelcube

  • 0
  • 0
  • 0

Summary

’n Gedetailleerde gesondheidsgids om liggaamsvet te verstaan en dit op ’n natuurlike manier in 25 dae of minder uit te skakel. 


Hierdie gids sal jou help om jou liggaam se natuurlike vermoë om vet te verbrand en fiks te word, in werking te stel. 


Hierdie boek sal jou, op grond van harde feite en bewese wetenskap, die volgende leer: 


- hoe om eetlus te onderdruk
- die beste gewoontes om gewig te verloor
- die beste kos om gewig te verloor
- die beste soort oefening om gewig te verloor
- hoe om jou energie en metabolisme ’n hupstoot te gee. 


Indien jy meer energie wil hê terwyl jy gewig verloor, is hierdie boek vir jou.
Available since: 03/26/2021.

Other books that might interest you

  • Wreed en mooi is die dood - Verhale oor verlies hunkering en heling - cover

    Wreed en mooi is die dood -...

    Tobie Wiese

    • 0
    • 1
    • 0
    Al is die dood 'n feit soos 'n koei, vermy die meeste van ons dit om daaroor te dink of te praat. Hierdie boek probeer om dié stilte te verbreek.
    In Wreed én mooi is die dood deel bekende Afrikaanse skrywers hulle verhale oor verlies en heling. Dit bied insig in hoe om die trauma van 'n geliefde se dood te hanteer en jou eie sterflikheid te konfronteer.
    Só skryf Marita van der Vyver roerend oor haar babaseun se dood, terwyl Valda Jansen beskryf hoe sy aanvanklik lamgelê is deur die nuus dat sy kanker het en Kerneels Breytenbach vertel hoe sy vrou se sterwe hom tot selfkennis gelei het.
    'n Jong paramedikus berig oor sy gereelde ontmoetings met die dood en 'n sterwensbegeleier vertel hoe dit moontlik is om hierdie wêreld blymoedig te verlaat. Daar is selfs 'n bietjie humor... soos die storie oor die jong dominee wat in 'n leë graf beland het en Annelie Botes se lang lys voorskrifte vir haar begrafnis.
    Die dood is wreed ja, maar dit kan – verrassend genoeg ̶ ook mooi wees.
    Show book
  • Aangenaamsdal se geheim - Paaie van gebed wat na God lei - cover

    Aangenaamsdal se geheim - Paaie...

    Ewald van Resnburg, Siegfried Louw

    • 0
    • 0
    • 0
    Op Aangenaamsdal is ’n vriendekring van graad 6’e en graad 5’s. Alles is egter nie altyd so aangenaam daar nie. Die kinders beleef ook daar die lewe met al sy issues … soos alle kinders maar het. Daar is Cobus. Hy is deel van 'n arm gesin, maar sing baie mooi. Hy is ook die teiken van 'n boelie, Ronnie. Megan is die sosiaal connected een – maar Megan is so vergeetagtig. Arme Diana se ouers wil skei. En Hannes kan nie verstaan hoekom hy nie vir die rugbyspan gekies is nie. Saam beleef die vriendekring die lewe en al sy issues. Gelukkig is daar ook Oupa Lag en Ouma Lief wat baie vir die kinders doen en beteken. 
    Die kinders het gelukkig ook die Bid-Boek! Hierdie Bid-Boek het hulle een dag onverwags ontdek toe hulle sulke wit pyle op die grond gesien het met die woorde wat langsaan geskryf staan: “Volg die pyle en ontdek ’n groot skat!” 
    Hierdie eeue oue besonderse Bid-Boek gee aan hulle woorde om te bid oor die mooi en die lelik wat Aangenaamsdal hulle bied …
    Kom kuier saam in Aangenaamsdal en ontdek so die paaie van gebed wat lei na die hart van God.
    Show book
  • Teëspoed is jou voorspoed - 10 eenvoudige maniere om in jouself te belê vir voorspoed en geluk - cover

    Teëspoed is jou voorspoed - 10...

    Bertus Steenkamp

    • 0
    • 0
    • 0
    Waarskuwing: Moenie na die boek luister as jy dink jy is perfek en dat die teëspoed wat jy vandag ervaar iemand anders, die regering of, nog erger, die wêreld se skuld is nie! 
    “Hierdie is ʼn boek vol verhale van teëspoed waarmee ek dink jy jouself sal kan vereenselwig. Ek het gevind dat hoe meer ek ander en my omstandighede blameer, hoe groter my teëspoed word. Ek glo dat teëspoed die wêreld se manier is om vir jou te sê dat jý moet verander en nie ander, die regering of die wêreld nie. Teëspoed wil hê jy moet in jouself belê en jouself sodoende beter maak as die omstandighede waarin jy jouself bevind. Dan kan jy groei sodat jy die voorspoed wat jy verdien, ontvang. In hierdie boek deel ek tien eenvoudige maniere waarop jy in jouself kan belê, want teëspoed is jou voorspoed.” – Bertus Steenkamp  
    Met tien eenvoudige beleggings in jouself gaan jy leer hoe Bertus miljoene rande se skuld, SARS-probleme, oorwerktheid, depressie, stresvolle omstandighede, ʼn dik gat en ’n groot pens agtergelaat het. Vandag is sy omstandighede heeltemal anders: 
    ·      Bertus het ʼn positiewe netto waarde, met meer bates as laste. 
    ·      Hy het geen slegte skuld nie. 
    ·      Hy is die eienaar van verskeie suksesvolle besighede. 
    ·      Hy werk produktief en spandeer meer tyd saam met sy gesin. 
    ·      Bertus geniet die lewe in Suid-Afrika. 
    ·     Hy help mede-entrepreneurs in Suid-Afrika en is die stigter van Afrineurs.
    Show book
  • Vrese Van 'n Jong Moeder - cover

    Vrese Van 'n Jong Moeder

    Dr Gilbert Adimora

    • 0
    • 0
    • 0
    Die boek is geskryf vir jong ouers, veral die wat nog nie ervare is in die kuns van moederskap om te help om die angs te verlig wat die geboorte en die sorg van ‘n pasgebore baba volg totdat hulle een jaar oud is. 
    
    
    Al lyk dit of die titel op moeders fokus, word vaders nie uitgesluit nie en met ook deur hierdie boek gaan omdat hulle ook betrokke is in die bekommernis en begeleidende slapelose nagte. 
    
    
    Babas is veronderstel om ‘n gewensde geskenk van God te wees en ‘n bondel vreugte en geluk aan hulle ouers, maar dikwels is hierdie vreugde afgekap deur angs as gevolg van die tekort aan kennis, ‘ou vrou stories’,mites en kulturele gelowe wat dikwels nie baie akkuraat is nie, en stuur dan die jong ouers van plek tot plek in die soeke na oplossings.  
    
    
    Snaaks genoeg, meeste bekommernisse is gewonlik ‘n normale proses wat moet gebeur soos wat die nuutgeborene aanpas by die lewe buite die baarmoeder. Party is klein probleempies wat opgelos kan word deur ‘n Pediater of ‘n goeie Huisdokter dikwels deur berading, en bring ‘n gewensde verligting en ‘n ontspanne omgewing in die huis. 
    
    
    ‘n Reis na die verkeerde plek of die verkeerde raad van verkeerde mense, kan nie net permanent die kind beskadig nie , maar kan ook lei tot die ondergang van die pasgeborenne of baba met baie rou in die familie. 
    
    
     Die feite in hierdie boek is saamgesit om hierdie jong ouers te help om die kennis te kry wat hulle nodig het om hulle pasgebore babas te kan hanteer, om angstigheid te verlig en om goeie gepasde maatreëls toe te pas wat sal help dat die babas ‘n gesonde begin geniet.   Dit is ‘n resultaat van baie jare se oefening in kinder gesondheid in beide publieke en private hospital omgewings. Dit sal baie vrae antwoord wat deur jong moeders aan konsultasie pediaters,ander dokters,verpleegsters of ander gesondheids praktisyne gestel word, en soms kwaksalwers oor die sake wat hulle nie nodig het om oor bekommerd te wees nie of uitgesor
    Show book
  • Die Ideale Vennoot: Wenke Oor Die Vind Van Die Perfekte Maat - cover

    Die Ideale Vennoot: Wenke Oor...

    Hope Etim

    • 0
    • 0
    • 0
    'n goeie manier om te foto van die basis van'n huwelik is soos'n span. Spanne
    gewoonlik werk wel, as daar is verskillende faktore wat in plek
    soos corporation, kommunikasie, begrip en ander
    soortgelyke kenmerke. Kry al die inligting wat jy hier nodig het.
    Show book
  • Hosetta: Getroud Met'n Egbreker - cover

    Hosetta: Getroud Met'n Egbreker

    Dr. Pensacola H. Jefferson...

    • 0
    • 0
    • 0
    HOSETTA: GETROUD MET 'N EGBREKER is 'n fiksionele voorstelling van hoe God ons situasies en omstandighede gebruik om ons waardevolle lesse te leer oor wie Hy is en as geleenthede om deur geloof te wandel werklik te ervaar.  Daar is sommiges wat die taal van geloof praat, maar daar is ander wat uitgedaag en getoets is en eintlik die pad van in geloof wandel, geloop het. Geloof is nie eenvoudig iets wat jy oor leer en praat nie.  Dit is daar om toegepas en beoefen te word sodat God se mense GROOT DINGE, deur die KRAG van Sy Heilige Gees, kan doen.  Hosetta is 'n fiksionele karakter wat 'n lewe gelei het wat haar geloof uitgedaag het op elke persoonlike gebied.  Sy demonstreet jy kan alles dinge doen deur Christus wat jou versterk.  Sy demonstreet dat God se dissipels deur hoe hulle ander lief het, geken word en is ook 'n getuie dat hulle ook vir God ken!  Hosetta se lewe het SY BOODSKAP geword!
    Show book