Junte-se a nós em uma viagem ao mundo dos livros!
Adicionar este livro à prateleira
Grey
Deixe um novo comentário Default profile 50px
Grey
Assine para ler o livro completo ou leia as primeiras páginas de graça!
All characters reduced
Kinder Kampioene - Moedig Kinders Aan Om Kampioene Vir Hulself En Ander Te Wees - cover
LER

Kinder Kampioene - Moedig Kinders Aan Om Kampioene Vir Hulself En Ander Te Wees

Francois Keyser

Editora: BookGeniez

  • 0
  • 0
  • 0

Sinopse

Boek beskrywing: 


Hierdie reeks van vyf kortverhale vir kinders is geskryf om die volgende beginsels aan kinders deur storievertelling te leer: 


Eerlikheid (Die Towerblomme) 


Volharding (Die Fiets Renjaer) 


Entoesiasme (Die Trollie Wedloop) 


Vriendskap (Minder Lekkergoed, Meer Vriende) 


Aantreklikheid (Hy is aantreklik omdat....) 


"Die Towerblomme" is 'n verhaal waar 'n kind uiteindelik eerlik moet wees, want wat hy gedoen het, het die lewe van sy pa in gevaar gestel. 


"Die Fiets Renjaer" wys kinders dat om suksesvol te wees, hulle moet aanhou om te bereik vir dit wat hulle wil hê. Sodra hulle bereik het wat hulle wil hê, moet hulle aanhou om goed te wees in wat hulle doen. 


“Die Trollie Wedloop” wys vir kinders dat alhoewel ons nie entoesiasties is oor alles in die lewe nie, dit is ons verantwoordelikheid om dinge so lekker as moontlik te maak. 


"Minder Lekkergoed, Meer Vriende" wys vir kinders dat vriendskap belangriker is as fisiese besittings en kos. 


"Hy is aantreklik omdat ..." gebruik twee meisies se assesserings van hul pa's oor wat vir hulle aantreklik is - en dit is nie net voorkoms nie!
Disponível desde: 02/09/2022.
Comprimento de impressão: 80 páginas.

Outros livros que poderiam interessá-lo

  • Hoppie Hasie sit vas - cover

    Hoppie Hasie sit vas

    Francois

    • 0
    • 0
    • 0
    Welkom in die wereld van “Die Woudties” 
    “Die Woudties” is ‘n reeks kinderboeke wat vertel van die unieke avonture van 5 dieremaats. 
    In hierdie boek sit Abbit die hasie in 'n boom vas. Sal die dieremaats hom kan red? Deel in hulle planne om Abbit uit die boom te kry. 
    Hierdie storie leer vir jong lesers dat geen idee 'n dom idee is nie en dat ons nooit moet opgee nie,
    Ver livro
  • Om jou te Ken - cover

    Om jou te Ken

    Cliffordene Norton

    • 0
    • 0
    • 0
    Gabby en haar niggie Georgia lyk baie na mekaar en toe hulle jonger was, was hulle onafskeidbaar. Maar iewers het hulle vreemdelinge vir mekaar geword. Al wat hulle nou gemeen het, is die bloed in hulle are. Gelukkig het Gabby goeie vriende en dalk selfs iets meer as net vriendskap met Brandon... Toe die matriekgroep van Barkly-Wes op ’n toer na Kaapstad vertrek, ontdek Gabby dat sy per ongeluk Georgia se dagboek ingepak het. Kort voor lank kry haar nuuskierigheid die oorhand en begin sy haar niggie se dagboek lees. Wanneer Georgia daarvan uitvind, breek ’n volskaalse niggie-oorlog uit. Nie eens Kaapstad se besienswaardighede of hulle vriende se raadgee-pogings kan die spanning verlig nie. Gaan Gabby se verraad die niggies nog verder uitmekaar dryf of gaan dit daartoe lei dat hulle mekaar beter begin verstaan? En wat van Brandon? Gaan hy aanhou om haar te vermy nadat Georgia stories oor haar versprei het, of sal hulle steeds saam matriekafskeid toe gaan?
    Ver livro
  • Die Tandmuis - Afrikaanse Kinder Luisterstories - cover

    Die Tandmuis - Afrikaanse Kinder...

    Rodeen Visser-Ludick

    • 0
    • 0
    • 0
    "Die tandmuis" is 'n oulike storie oor 'n tandmuis wat op 'n plaas woon en elke jaar 'n briefie aan die dorp se kinders stuur om hulle aan te moedig om mooi na hulle tandjies te kyk. Hy beloon hulle met 'n geldjie vir elke spierwit tandjie. Baie van die muise op die plaas moet hul huisies van modder en riete bou omdat die tandmuis net 'n paar tandehuisies per jaar kan bou. Elke jaar word baie muisies se riethuisies deur die harde winterreën vernietig. Rosie, 'n plaasmuis, is tiende op die lys om 'n tandehuisie te kry en het 'n slim plan beraam om die tandmuis te help om tande vinniger bymekaar te maak sodat almal voor die winter pragtige en warm tandehuisies kan hê.
    Ver livro
  • Afrikaanse Kinder Stories - cover

    Afrikaanse Kinder Stories

    Hennie Reyneke

    • 0
    • 0
    • 0
    Hierdie oudio boek bestaan uit 21 kort Afrikaanse stories vir kinders.   
    Die meeste van die stories gaan oor diere, maar daar is twee wat oor kinders gaan. 
    Die stories behoort reg te wees vir seuns en dogters van so 4 tot so 10 jaar oud.   
    Daar is geen wrede, vulgêre of bangmaak dele in die stories nie. Die stories is redelik realisties behalwe vir diere wat kan praat en een storie van ‘n ruimtemannetjie. Die stories gaan nie oor hekse, towenaars, monsters, spoke, zombies, oorlog, geloof, politiek, of bisarre en vreemde goed nie. 
    Die totale lengte is 1 uur en 6 minute. Hier volg die titels en lengtes van die stories: 
    01 Karel die Krimpvarkie - 3:15 
    02 Pinkie die Olifantjie - 2:30 
    03 Gogga en Spinnie - 3:07 
    04 Kosie en Kokkie - 2:16 
    05 Manie die Mol - 3:13 
    06 Jasper die Leeu - 3:02 
    07 Paco die Pikkewyntjie - 4:12 
    08 Nina en Sarel - 4:19 
    09 Skrikkie en Skillie - 3:12 
    10 Pokkel die Eekhoring - 2:23 
    11 Seppie die Katjie - 2:31 
    12 Wie het op Carla se Kop Gepiepie? - 2:53 
    13 Kolie die Koalatjie - 2:34 
    14 Bobbie die Bobbejaantjie - 3:27 
    15 Bennie die Bokkie - 3:42 
    16 Frikkie die Vissie - 2:48 
    17 Vlakkie die Vlakvarkie - 4:46 
    18 Bakkies die Boesman - 3:33 
    19 Jaco die Meerkatjie - 3:13 
    20 Estelle is Bang vir die Donker - 1:57 
    21 Kallie en Zonie - 4:03
    Ver livro
  • Hein en Lisa Die Bederfde Kleine Brokkies - Afrikaanse Kinder Luisterstories met Prente Boek as Bonus - cover

    Hein en Lisa Die Bederfde Kleine...

    Rodeen Visser-Ludick

    • 0
    • 0
    • 0
    Hein en Lisa, die bederfde kleine brokkies gaan oor ‘n boetie en sussie, wat in 'n groot woud woon en nooit tevrede is met al die speelgoed wat hul ouers vir hulle koop nie. Hulle ouers werk hard om elke dag net nuwe speelgoed vir hulle te koop, maar die kinders bly ontevrede. Na 'n storm wat hul huis verwoes en hulle speelgoed beskadig, verdwaal Hein en Lisa in die woud. Hulle ontmoet 'n vriendelike beertjie, Bennie, wat hulle wys dat geluk nie in speelgoed lê nie, maar in die tyd wat saam met geliefdes spandeer word. Uiteindelik besef Hein en Lisa die ware waarde van gesinstyd en belowe om nooit weer vir nuwe speelgoed te vra nie, maar om eerder kosbare oomblikke saam met hul ouers te geniet.
    Ver livro
  • Die Herberg - cover

    Die Herberg

    Ronel Janse van Vuuren

    • 0
    • 0
    • 0
    Bloed. 
    Skadu's. 
    Die reuk van 'n ou vyand. 
      
    As Jagter vir die Hoërraad van Feërie word Kelly gestuur om vreemde verdwynings in die stad van Bremen te ondersoek. Sy bly egter weg van Die Herberg: dit roep na haar teenstrydige aard. Maar soos die spoor dun word, gebruik sy die hulp van 'n jong doodsfee om toegang tot die feë-beheerde plek te kry. 
      
    Sy word gekonfronteer met haar erfenis en haar verlede in haar soeke na vrede in die streek. 
      
    Maar kan sy dit doen sonder om toe te gee aan die skaduwees wat na haar roep? 
      
    Gebruik die skuifbalk boontoe om uit te vind hoe Kelly die donker transaksies by Die Herberg hanteer. 
      
    *Hierdie is die tweede boek in die Donker Hof Susters reeks.
    Ver livro