Junte-se a nós em uma viagem ao mundo dos livros!
Adicionar este livro à prateleira
Grey
Deixe um novo comentário Default profile 50px
Grey
Assine para ler o livro completo ou leia as primeiras páginas de graça!
All characters reduced
Lewe of net bestaan - cover
LER

Lewe of net bestaan

Eduard Wagner

Editora: BookRix

  • 0
  • 0
  • 0

Sinopse

No AI, No AI translated by Eduard Wagner
Jy kan dit sien soos jy wil. Of dit 'n vervullende lewe is of nie, ek laat dit aan jou as leser oor. Natuurlik het ek baie foute gemaak, maar ek kan nie regtig ander mense daarvoor blameer nie, ek kan vir die grootste deel net myself blameer.
Disponível desde: 19/09/2024.
Comprimento de impressão: 156 páginas.

Outros livros que poderiam interessá-lo

  • Wreed en mooi is die dood - Verhale oor verlies hunkering en heling - cover

    Wreed en mooi is die dood -...

    Tobie Wiese

    • 0
    • 2
    • 0
    Al is die dood 'n feit soos 'n koei, vermy die meeste van ons dit om daaroor te dink of te praat. Hierdie boek probeer om dié stilte te verbreek.
    In Wreed én mooi is die dood deel bekende Afrikaanse skrywers hulle verhale oor verlies en heling. Dit bied insig in hoe om die trauma van 'n geliefde se dood te hanteer en jou eie sterflikheid te konfronteer.
    Só skryf Marita van der Vyver roerend oor haar babaseun se dood, terwyl Valda Jansen beskryf hoe sy aanvanklik lamgelê is deur die nuus dat sy kanker het en Kerneels Breytenbach vertel hoe sy vrou se sterwe hom tot selfkennis gelei het.
    'n Jong paramedikus berig oor sy gereelde ontmoetings met die dood en 'n sterwensbegeleier vertel hoe dit moontlik is om hierdie wêreld blymoedig te verlaat. Daar is selfs 'n bietjie humor... soos die storie oor die jong dominee wat in 'n leë graf beland het en Annelie Botes se lang lys voorskrifte vir haar begrafnis.
    Die dood is wreed ja, maar dit kan – verrassend genoeg ̶ ook mooi wees.
    Ver livro
  • Is dit jý? - Avonture voor en agter die skerms - cover

    Is dit jý? - Avonture voor en...

    Ian Roberts

    • 0
    • 0
    • 0
    As 'n jong seun wat kaalvoet en vry grootgeword het op sy ouers se sitrusplaas in die Oos-Kaap, sou Ian Roberts nooit kon dink dat hy eendag 'n ikoon van die silwerskerm sou word nie. Vandag nog herken mense hom as die taai Bittereinder Sloet Steenkamp van Arende of as Boet van die gewilde Castrol-advertensies.
    Ian se loopbaan strek van Langstraat in Kaapstad tot Los Angeles en van Shakespeare-produksies in die teater tot die Oscar-wenner Tsotsi. In sy outobiografie verklap hierdie briljante storieverteller met 'n stoute sin vir humour meer oor wat alles agter die skerms op televisie- en rolprentstelle gebeur.
    Hy beskryf ook die hoogbloei van Afrikaanse televisie- en rolprentvervaardiging toe hy saam met legendariese regisseurs soos Manie van Rensburg en Dirk de Villiers gewerk het. Sy lewensverhaal is 'n meesterklas in die kuns van toneelspel.
    So outentiek, vreesloos en onkonvensioneel soos wat talle van sy karakters was, só is Ian ook in die regte lewe. Hy trap sy eie paadjie en was nog nooit 'n tropbok nie. Hy deel sy lewensverhaal met soveel humor, patos en insig dat dit nie anders kan as om die leser te ontroer nie.
    Ver livro
  • Outopsietafel - Stories van 'n Forensiese Patoloog in Afrika - cover

    Outopsietafel - Stories van 'n...

    Ryan Blumenthal

    • 0
    • 0
    • 0
    As 'n eietydse mediese speurder het die forensiese patoloog Ryan
    Blumenthal al derduisende outopsies uitgevoer wat tot die
    arrestasie van 'n groot aantal misdadigers gelei het. Dit is sy groot
    doel en strewe om oortreders aan die pen te help ry.
    In Outopsietafel beskryf hy van die moeilike lesse wat hy as 'n jong patoloog moes leer en hy vertel van die ongewone en dikwels grusame sterfgevalle wat hy al teëgekom het. Hy het gedurende sy loopbaan byvoorbeeld al etlike hoëprofielsterftes hanteer,
    sterftes weens natuurrampe en ook mense wat deur weerlig of wilde diere gedood is.
    Blumenthal bied 'n fassinerende blik op alles wat agter die skerms gebeur by die lykshuis en beskryf selfs 'n tipiese lykskouing en die instrumente wat hy tydens 'n ondersoek gebruik. Hy deel ook 'n paar geheime, soos hoe om vas te stel of 'n moord plaasgevind het en of iemand selfdood gepleeg het.
    Al kan die dooies nie praat nie, het hulle nogtans baie om te sê – en Blumenthal is daar om te luister.
    Ver livro
  • Onkant! - 'n Rugbyliefdesverhaal - cover

    Onkant! - 'n Rugbyliefdesverhaal

    Hendrik Hancke

    • 0
    • 0
    • 0
     “TOE EK IN MY EERSTE WÊRELDBEKERWEDSTRYD UITDRAF, WAS DAAR IETS SOOS 54 000 MENSE. JY SIEN NET KAMERAFLITSE, DIS AMPER HIPNOTIES . . . DIE COACH SKREE VIR MY: ‘CHUCKY, WAARMEE IS JY BESIG?’ TOE BESEF EK EK IS BESIG OM VIR DIE MENSE TE WAAI.” – LOUIS ‘CHUCKY’ VAN DER WESTHUIZEN 
      
    Het jy al ooit gewonder hoe 50 000 ekstatiese ondersteuners op die paviljoen klink of wat dit beteken om ’n Springbokbaadjie in jou kas te hê? 
    In die aanloop tot die Rugbywêreldbeker het die joernalis Hendrik Hancke die land deurkruis om met oud-Springbokke, provinsiale spelers, breiers en ’n rugbyskrywer te gesels oor hul liefde vir rugby. Hulle deel persoonlike oorwinnings en teleurstellings, die lesse wat rugby hulle al geleer het, spesiale kleedkamer-oomblikke en stories oor wat van die veld af gebeur. 
    Schalk Brits verduidelik byvoorbeeld waarom dit so noodsaaklik is vir ’n Springbok om ’n spanspeler te wees, terwyl Gcobani Bobo aangrypend vertel van sy reis met rugby van King Williamstown tot Nieu-Seeland. Frik du Preez lig weer die sluier oor hoe dit was om in die 1960’s te toer en die kattekwaad wat hulle aangevang het, terwyl Jean de Villiers deel wat dit beteken om Springbokkaptein te wees. 
    As jy Saterdagmiddae kliphard vir die televisie skree, of op die sypaadjie sal slaap om ’n kaartjie vir ’n groot wedstryd te kry, dan is dié boek vir jou.
    Ver livro
  • Reisgogga - Biografie Christine Van Wyk - cover

    Reisgogga - Biografie Christine...

    Christine Louw

    • 0
    • 0
    • 0
    Dis 1971. In haar bagasie is Frommer se Europe on $5 a day, in haar adresboekie 'n paar telefoonnommers en in haar hart 'n droom. Christine van Wyk is 51 en sy pak op eie houtjie Europa aan met min geld maar groot durf. Dis voor die tyd van tasse met wieletjies, selfone, e-pos en internet. Sewe weke, elf lande met agtien bestemmings en geen hotelbesprekings. Engeland, Nederland, België, Frankryk, Duitsland, Oostenryk, Switserland, Italië, Griekeland, Spanje en Portugal is op haar lysie. Sy kom te staan voor groot uitdagings. Die leser ontdek saam met haar, leer van die vreemde en beleef spanningsvolle oomblikke wanneer sy groot struikelblokke moet oorkom.Reisgogga gaan oor baie van ons se begeerte om die vreemde te verken.
     
    Ouma het ons almal in globetrotters verander, skryf Albertus Louw, een van haar meer as 40 kleinkinders. 
     
    Reis is 'n ontdekking en ontdekking is 'n reis.
    Ver livro
  • Asiatiese Kortverhale - Kortverhale Met Of Rondom Asiatiese Mense Of Plekke - cover

    Asiatiese Kortverhale -...

    Owen Jones, Jennifer J. Chow,...

    • 0
    • 1
    • 0
    Asiatiese Kort Verhale deur Verskeie Outeurs
    
    Asiatiese Kort Verhale, deur nege outeurs, het elk ‘n Asiaat of speel af in Asië as hoof agtergrond.
    
    Asiatiese Kort Verhale het gebeur as gevolg van ‘n reeks gebeure een naweek in Mei 2015. ‘n Vriend het my vertel dat hy verskeie kort stories met Asië as agtergrond het, ek het genoem dat ek ook ‘n paar stories het, nog ‘n vriend het my ‘n epos gestuur dat hy ‘n kort verhaal oor Pattaya wil skryf, en een van my Thai niggies het vir my haar nuutste foto gestuur, die een op die voorblad van die bundel.
    Dit was asof iemand iets vir my probeer vertel het, of ‘n klomp het in elk geval.
    Die negentien stories deur nege outeurs in hierdie bundel was almal in een maand na my gestuur, maar verskil net soveel soos hulle outeurs. Die stipulasie was dat Asië of ‘n Asiaat moes sterk na vore kom in die storie. Ons het stories met Kambodja, Sjina, Laos, Maleisië, Pakistan, Thailand, die VSA en Vietnam. 
    Sommige van hierdie outeurs is wel bekende skrywers, sommiges beter bekend in ander sfere, sommiges het al voorheen heelwat geskryf en is gepubliseer in die tradisionele sin, ander reis die Indiese Publisering pad en vir nog ander is dit die heel eerste keer wat jy hul stories sien in enige druk vorm.
    Jy kan meer lees oor elkeen van die outeurs op die verskeie webwerwe wat gegee word na elke storie. Ek beveel aan dat u die webwerwe besoek want wat jy meer kan uitvind oor die outeurs sal jou dalk verras, dit waarborg ek jou.
    Laastens, my dank gaan uit aan al die outeurs wat hierdie boek moontlik gemaak het, ons hoop jy geniet dit en gee elke skrywer jou terugvoer oor hulle stories of skryf aan my by die publiseerder oor die boek as geheel.
    PUBLISHER: TEKTIME
    Ver livro