Junte-se a nós em uma viagem ao mundo dos livros!
Adicionar este livro à prateleira
Grey
Deixe um novo comentário Default profile 50px
Grey
Assine para ler o livro completo ou leia as primeiras páginas de graça!
All characters reduced
'n Gotiese Kers Engel (Afrikaanse Taal - Afrikaans Language Edition) - Kinders van die Gevalla Novella - cover
LER

'n Gotiese Kers Engel (Afrikaanse Taal - Afrikaans Language Edition) - Kinders van die Gevalla Novella

Anna Erishkigal

Editora: Seraphim Press

  • 0
  • 0
  • 0

Sinopse

Wenner van die “eFestival of Words Best of the Independent eBook Awards - Best Novella of 2014”.

Die Spoke van Ou Ellendes is nooit ver agter nie...

Op Ou Kersaand mik Cassie Barug haar motor op ‘n ou beuk boom af, met die hoop dat haar pyn beëindig sal word nadat haar kêrel haar afgesê het. Maar toe 'n pragtige swart vlerk engel verskyn en vir haar sê: "Hierdie is geen vervlakste paranormale romanse nie skattebol," besef sy die dood het nie haar probleme opgelos nie. Kan Jeremiël haar help om die spoke van haar verlede te besweer en afsluiting te vind?

Hierdie moderne paranormale uitkyk op die mite van beskermingsengele kombineer “A Christmas Carol” met “It’s A Wonderful Life” om mense hoop te gee dat die verlede verwerk en oorwin kan word.

"Baie min boeke dryf my tot trane, maar hierdie een het dit gedoen in ‘n skitterende manier. Die boodskap word vertel met humor en grasie. Wonderlik! "- Leser Resensie

"Sy het my laat omgee. En sy het my laat huil. En ek is opreg dankbaar vir die einde. "- Leser Resensie

"‘n Boek wat my aangeraak het soos geen ander boek van te vore!" - Leser Resensie

"Weereens toor Anna woorde in goud in. Die Gotiese draai om hierdie moderne Kerslied is merkwaardig ..." - Leser Resensie

"As ek kon, sou ek hierdie storie 'n oneindige hoeveelheid sterre gee! Hierdie boek / storie het my koue rillings gegee." - Leser Resensie
Disponível desde: 23/12/2016.

Outros livros que poderiam interessá-lo

  • Wreed en mooi is die dood - Verhale oor verlies hunkering en heling - cover

    Wreed en mooi is die dood -...

    Tobie Wiese

    • 0
    • 1
    • 0
    Al is die dood 'n feit soos 'n koei, vermy die meeste van ons dit om daaroor te dink of te praat. Hierdie boek probeer om dié stilte te verbreek.
    In Wreed én mooi is die dood deel bekende Afrikaanse skrywers hulle verhale oor verlies en heling. Dit bied insig in hoe om die trauma van 'n geliefde se dood te hanteer en jou eie sterflikheid te konfronteer.
    Só skryf Marita van der Vyver roerend oor haar babaseun se dood, terwyl Valda Jansen beskryf hoe sy aanvanklik lamgelê is deur die nuus dat sy kanker het en Kerneels Breytenbach vertel hoe sy vrou se sterwe hom tot selfkennis gelei het.
    'n Jong paramedikus berig oor sy gereelde ontmoetings met die dood en 'n sterwensbegeleier vertel hoe dit moontlik is om hierdie wêreld blymoedig te verlaat. Daar is selfs 'n bietjie humor... soos die storie oor die jong dominee wat in 'n leë graf beland het en Annelie Botes se lang lys voorskrifte vir haar begrafnis.
    Die dood is wreed ja, maar dit kan – verrassend genoeg ̶ ook mooi wees.
    Ver livro
  • Aangenaamsdal se geheim - Paaie van gebed wat na God lei - cover

    Aangenaamsdal se geheim - Paaie...

    Ewald van Resnburg, Siegfried Louw

    • 0
    • 0
    • 0
    Op Aangenaamsdal is ’n vriendekring van graad 6’e en graad 5’s. Alles is egter nie altyd so aangenaam daar nie. Die kinders beleef ook daar die lewe met al sy issues … soos alle kinders maar het. Daar is Cobus. Hy is deel van 'n arm gesin, maar sing baie mooi. Hy is ook die teiken van 'n boelie, Ronnie. Megan is die sosiaal connected een – maar Megan is so vergeetagtig. Arme Diana se ouers wil skei. En Hannes kan nie verstaan hoekom hy nie vir die rugbyspan gekies is nie. Saam beleef die vriendekring die lewe en al sy issues. Gelukkig is daar ook Oupa Lag en Ouma Lief wat baie vir die kinders doen en beteken. 
    Die kinders het gelukkig ook die Bid-Boek! Hierdie Bid-Boek het hulle een dag onverwags ontdek toe hulle sulke wit pyle op die grond gesien het met die woorde wat langsaan geskryf staan: “Volg die pyle en ontdek ’n groot skat!” 
    Hierdie eeue oue besonderse Bid-Boek gee aan hulle woorde om te bid oor die mooi en die lelik wat Aangenaamsdal hulle bied …
    Kom kuier saam in Aangenaamsdal en ontdek so die paaie van gebed wat lei na die hart van God.
    Ver livro
  • Teëspoed is jou voorspoed - 10 eenvoudige maniere om in jouself te belê vir voorspoed en geluk - cover

    Teëspoed is jou voorspoed - 10...

    Bertus Steenkamp

    • 0
    • 0
    • 0
    Waarskuwing: Moenie na die boek luister as jy dink jy is perfek en dat die teëspoed wat jy vandag ervaar iemand anders, die regering of, nog erger, die wêreld se skuld is nie! 
    “Hierdie is ʼn boek vol verhale van teëspoed waarmee ek dink jy jouself sal kan vereenselwig. Ek het gevind dat hoe meer ek ander en my omstandighede blameer, hoe groter my teëspoed word. Ek glo dat teëspoed die wêreld se manier is om vir jou te sê dat jý moet verander en nie ander, die regering of die wêreld nie. Teëspoed wil hê jy moet in jouself belê en jouself sodoende beter maak as die omstandighede waarin jy jouself bevind. Dan kan jy groei sodat jy die voorspoed wat jy verdien, ontvang. In hierdie boek deel ek tien eenvoudige maniere waarop jy in jouself kan belê, want teëspoed is jou voorspoed.” – Bertus Steenkamp  
    Met tien eenvoudige beleggings in jouself gaan jy leer hoe Bertus miljoene rande se skuld, SARS-probleme, oorwerktheid, depressie, stresvolle omstandighede, ʼn dik gat en ’n groot pens agtergelaat het. Vandag is sy omstandighede heeltemal anders: 
    ·      Bertus het ʼn positiewe netto waarde, met meer bates as laste. 
    ·      Hy het geen slegte skuld nie. 
    ·      Hy is die eienaar van verskeie suksesvolle besighede. 
    ·      Hy werk produktief en spandeer meer tyd saam met sy gesin. 
    ·      Bertus geniet die lewe in Suid-Afrika. 
    ·     Hy help mede-entrepreneurs in Suid-Afrika en is die stigter van Afrineurs.
    Ver livro
  • Hoe Om By Die Werk Bevorder Te Word - Die Uiteindelike Gis Vir Loopbaanverbetering - cover

    Hoe Om By Die Werk Bevorder Te...

    Swapnil Modi

    • 0
    • 0
    • 0
    Is jy moeg daarvoor om dieselfde pligte elke jaar herhaaldelik uit te voer? 
    
    
    Is jy bereid om daardie ekstra myl te stap om "by die werk bevorder te word?" 
    
    
    Dink jy jou talent en vaardighede word onderbenut? 
    
    
    Wil jy jou loopbaanleer verhoog? 
    
    
    Is jy gereed om "die kuns om 'n korporatiewe lewe te lei" te leer en te bemeester? 
    
    
    As die antwoord op enige van hierdie vrae JA is, gaan voort en lees verder. 
    
    
    Hierdie boek sal nuttig wees vir al die aspirantbestuurders en leiers wat al ooit by die werk bevorder wou word. Dit bestaan ​​uit idees en voorstelle om jou begrip van die korporatiewe kultuur te help verbeter en in jou loopbaan te groei. 
    
    
    Sodra jy jouself in die vooruitsig gestel het, moet jy jou plan van aksie volg. Maak seker dat al jou aksies strategies beplan en in die regte rigting gaan en jy sal jou doelwitte in die baie nabye toekoms bereik. 
    
    
    Gebaseer op my professionele ervaring van werk in 'n korporatiewe omgewing vir meer as 15+ jaar, het ek die stappe geskryf wat wyd aanvaar en gevolg word regoor die wêreld deur werkende professionele persone in verskeie organisasies. 
    
    
    Nadat jy hierdie boek gelees het, sal jy die manier waarop jy dink, voel, optree en jou gedrag in jou korporatiewe omgewing verander. 
    
    
    Jy sal leer: 
    
    
    •Doeltreffende strategieë om jou professionele loopbaan te bevorder 
    
    
    •Improviseer jou geloofwaardigheid en waardigheid 
    
    
    •Verbeter jou prestasie 
    
    
    •Bly in die KOLLIG in jou werk en 
    
    
    •Verhoog UITEINDELIK jou kanse om BEVORDERING by die werk te kry
    Ver livro
  • Homoseksualiteit: Die Okkulte Gesondheid En Sielkundige Dimensies - cover

    Homoseksualiteit: Die Okkulte...

    Gabriel Agbo

    • 0
    • 0
    • 0
    Is homoseksualiteit goed of boos?  Wat is die oorsprong van hierdie seksuele voorkeur en die implikasie op die samelewing?  Was dit die oorspronklike plan van God (natuur)?  Wie is eintlik daaragter en vir watter doel?  Is die homoseksuele en lesbiese werklik deur onsigbare magte gelok en vasgevang.  En wat sal die effek op die huidige en komende generasies wees?  Wat is die seining van die Christendom, Islam, traditionele geloof, ens. aangaande hierdie saak?  Hoe gevaarlik is anale- en orale seks – enige gesondheids risiko’s?  Kan die resultaat hiervan anale en orale kankersoorte en verskeie ander infeksies wees?  Is homoseksualiteit ’n okkultiese praktyk?  Al hierdie vrae en meer is wat ons gaan probeer antwoorde voor aanbied in hierdie boek. 
    
    
      Selfde-geslag verhoudings is eintlik nie nuut tot die mensdom nie, maar is nou al vir ‘’n geruime tyd in die globale bewussyn, veral vir die systematiese goedgeuring wat deur westerse leiers daaraan gegee word onder die vaandel van menseregte, homoseksuele regte, minderheidsregte, koalisie bewegings, ens.  In werklikheid preek sommige leiers en hulle marionette organisasies dit nie net nie, maar hulle boelie ander nasies om dit te aanvaar en te bevorder.  Hulle beloof hulp, toelaes en ander ontwikkelende hulp as kompensasie.  Waarom is hulle so behep daarmee en wie se agenda is dit? 
    
    
    In hierdie werk sal ons probeer om ’n  baie objektiewe bespreking in die volgende elektrifiserende, illuminerende en insiggewende sewe hoofstukke opsom te som:  Die Homoseksuele Rebellie, In die Begin, Die Okkulte Dimensie, Die Gesondheidsimplikasie, Die Sielkundige Uitwerkings, Die Vermydende Gevolge en Wat Moet Ons Doen?  Hierdie is waarlik informatiewe besprekings, feite wat jou sal help om ’n  ingeligte besluit te neem of jy by homoseksualiteit betrokke moet raak of nie. Die besluit sal uitsluitlik joune wees!
    Ver livro
  • Resepte Vir 'n Glutenvry En Suiwelvry Leefstyl - cover

    Resepte Vir 'n Glutenvry En...

    Amber Richards

    • 0
    • 0
    • 0
    Dit is werklik ’n uitdaging om beide ‘n glutenvry en ’n suiwelvry leefstyl te volg. Weens kos-allergieë is dit Amber se lot! Hier is ’n versameling van 40 heerlike resepte wat glutenvrye en suiwelvry is. Daar is 20 hoofgeregte, 10 sopgeregte en 10 nageregte. Al die geregte is beproef en getoets en kan egter van hulp wees vir ‘n moeilike lewenstyl.
    Ver livro