Junte-se a nós em uma viagem ao mundo dos livros!
Adicionar este livro à prateleira
Grey
Deixe um novo comentário Default profile 50px
Grey
Assine para ler o livro completo ou leia as primeiras páginas de graça!
All characters reduced
Besmette Bloed - Bloedgebonde Boek 7 - cover
LER

Besmette Bloed - Bloedgebonde Boek 7

Amy Blankenship

Tradutor Angela Kruger

Editora: Tektime

  • 0
  • 0
  • 0

Sinopse

Om 'n ooreenkoms met 'n demoon te maak is bindend, selfs al weet jy nie die persoon is 'n demoon nie. Deur dit tot sy voordeel te gebruik, het Zachary die heilige reël verbreek en Tiara doelbewus 'n ooreenkoms aangebied. Hy sou haar enigste minnaar word totdat sy 'n ware maat gevind het ... wat hy nie van voorneme is sal gebeur nie. Deur die ooreenkoms te verseël, kom sy donker kant na vore wanneer Tiara van hom af weghardloop, toe sy dink sy is nou op PIT se treflys weens haar besmette bloed. Zachary beveg vuur met vuur wanneer hy haar vang dat sy binne die arms van die vyand wegkruip.
Disponível desde: 28/03/2023.
Comprimento de impressão: 439 páginas.

Outros livros que poderiam interessá-lo

  • Skerwe Van Haar Siel - cover

    Skerwe Van Haar Siel

    KarnaS

    • 0
    • 0
    • 0
    Sy fris bruingebrande bolyf, gespierde arms... sy lang swart hare wat laag teen sy rug afhang!!! Hoe baie keer het sy nie gewens hy kan haar teen hom vasdruk en se hy is lief vir haar nie. Maar nog elke keer as Kabous van Niekerk na Canaro kyk, was daar vlinders in haar maag. n Paar maande voor haar 19de verjaardag, het iets gebeur, wat al lankal moes gebeur het!. Kabous het geweet een of ander tyd sou dit moes gebeur...
    Ver livro
  • Maan Dans - Verbind Deur Bloed Reeks – Boek Een - cover

    Maan Dans - Verbind Deur Bloed...

    Amy Blankenship

    • 1
    • 2
    • 0
    Envy se lewe is goed. Goeie broer, goeie kêrel en die beste werk wat ‘n meisie voor kan vra … kroegmeisie by een van die beste klubs in die stad. Ten minste was dit goed totdat sy ‘n oproep gekry het van een van haar beste vriende dat haar kêrel die vertikale limbo op die dansvloer doen by Maan Dans. Haar besluit om hom te konfronteer begin ‘n ketting van gebeure wat haar sal voorstel aan ‘n gevaarlike paranormale wêreld weggesteek onder die daaglikse sleur. ‘n Wêreld waar mense kan transformeer na swart luiperds, lewende vampiere wat in die strate wandel en gevalde engele wat saam met ons rondloop. Devon is ‘n weerswart luiperd, ‘n bietjie rof om die kiewe en een van die mede-eienaars van Maan Dans. Sy wêreld word op sy as gedraai wanneer hy ‘n aanloklike jakkelsvrou met rooi hare in sy klub sien dans, gewapen met ‘n siniese hart en ‘n skokstok. Met ‘n vampier oorlog in volle gang rondom hulle, sweer Devon om hierdie vrou sy eie te maak ... en sal veg soos die hel self om haar te kry.
    Ver livro
  • Vlamme in die Woestyn - 'n Suid-Afrikaanse Held se Stryd in die Franse Vreemdelegioen Boek 32 - cover

    Vlamme in die Woestyn - 'n...

    Meiring Fouche

    • 0
    • 0
    • 0
    ’n Geparfumeerde brief van ’n misterieuse vrou.
     
    Is dit ’n waarskuwing wat die Franse Vreemdelegioen kan red of ’n geharde soldaat na sy ondergang lei?
     
    Sahara woestyn, 1940-1960. Vir Teuns Stegmann, ’n deurwinterde legioensoldaat, is die lewe ’n brutale siklus van sand, son en oorlewing. Maar wanneer ’n geheimsinnige brief uit Algiers aankom, met die reuk van ’n onbekende vrou en ’n desperate pleidooi, spat die eentonigheid van die woestyn uitmekaar. Die brief is ’n uitnodiging na ’n wêreld van geheime wat hy gedink het hy agtergelaat het.
     
    Die sender, die pragtige en enigmatiese Elsa Moram, vertel ’n ongelooflike storie. Sy weet van ’n geheime Arabiese komplot om ’n vuurpyl basis in die middel van die Sahara te bou. ’n Wapen kragtig genoeg om die Legioen heeltemal uit te wis sonder dat ’n enkele skoot terug gevuur word. Terwyl sy hoofde die waarskuwing af lag, sien Teuns ’n brandende dors na wraak in haar oë, ’n dors wat sy eie weerspieël.
     
    Om haar te vertrou, is om die risiko te loop om in ’n dodelike lokval te stap. Om haar te ignoreer, is om duisende van sy kamerade tot ’n vlammende graf te veroordeel. Met slegs sy lojale vriende wat hom glo, wil Teuns hierdie keer op sy eie gaan. Hy trotseer sy bevelvoerders se weiering en gaan slegs om ’n vae bron van informasie vir ’n groot bedreiging te gaan ondersoek. Sy reis bevind hom in ’n onvergewensgesinde woestyn, waar verraad so algemeen is soos die sand, en die prys van mislukking ’n stadige, pynlike dood is.
     
    Vlamme in die Woestyn is ’n onvergeetlike aksie-avontuur-riller, propvol klassieke spioenasie, brutale woestyn oorlogvoering en ’n raaisel wat jou sal laat spekuleer tot die finale, plofbare bladsy. Perfek vir aanhangers van Alistair MacLean en klassieke Franse Vreemdelegioen avonture.
     
    Begin vandag nog lees aan hierdie onvergeetlike twee-en-dertigste Sahara-avontuur!
    Ver livro
  • Bouvallle van die Dood - 'n Suid-Afrikaanse Held se Stryd in die Franse Vreemdelegioen Boek 16 - cover

    Bouvallle van die Dood - 'n...

    Meiring Fouche

    • 0
    • 0
    • 0
    Vyf soldate van die Franse Vreemdelegioen.
     
    En ’n eenvoudige begeleide sending.
     
    Lei tot ’n lokval wat hulle kaal, ongewapen en vegtend vir hul lewens onder die ongenaakbare son agterlaat.
     
    Sahara woestyn, 1940-1960. Teuns Stegmann en sy vier stryd geharde kamerade dink hulle het alles gesien, maar hul nuwe opdrag, om ’n eienaardige geleerde in vyandige gebied te begelei, voel van die begin af verkeerd. Die professor soek na ’n verlore stad, maar sy skelm oë en die stil Arabiere wat elke tree dophou, sinspeel op ’n veel dieper en donkerder geheim.
     
    Die soektog na ’n mite word ’n brutale stryd om oorlewing wanneer die lokval uiteindelik toeslaan. Verraai en uitoorlê, word die legioensoldate deur ’n legendariese vyand gevange geneem. Vier van hulle word van alles gestroop, wapens, klere en dan gelos om ’n stadige, pynlike dood in die antieke ruïnes te sterf, terwyl een gedwing word om ’n onmoontlike keuse te maak. Lei die vyand na ’n skat van onskatbare waarde of veroordeel sy vriende tot die hel op aarde.
     
    ’n Onverbiddelike klassieke avontuur wat diep delf in die hart van ’n hoë risiko woestyn raaisel. Hierdie aangrypende aksie riller kombineer die durf van die Franse Vreemdelegioen met ’n dodelike kat-en-muis-speletjie. Perfek vir aanhangers van Alistair MacLean en Wilbur Smith.
     
    Begin vandag nog lees aan hierdie onvergeetlike sestiende Sahara-avontuur!
    Ver livro
  • Bloed oor die Bouvalle - 'n Suid-Afrikaanse Held se Stryd in die Franse Vreemdelegioen Boek 23 - cover

    Bloed oor die Bouvalle - 'n...

    Meiring Fouche

    • 0
    • 0
    • 0
    Die dood arriveer saam die skroeiende Sahara wind.
     
    Maar dit is nie die son of ’n vyand se lem wat manne by die ruïnes van Fort Laval laat val nie.
     
    Dit is ’n stil, afgryslike gif.
     
    Sahara woestyn, 1940-1960. Kaptein D’Arlan, die legendariese “Houdini van die woestyn”, kry opdrag om die Legioen se mees noodsaaklike buitepos te herbou. Maar terwyl sy gehuurde arbeiders dood neerslaan van ’n grusame, onsigbare gif, verander agterdog in muitery. D’Arlan besef met skok hoe die horlosie vinnig aftik na ’n oorlog wat hy onmoontlik kan wen.
     
    Vasgevang tussen gegriefde werkers en ’n strafpeloton van gevaarlike gevangenes, is D’Arlan ’n bevelvoerder wat op ’n kruitvat sit. Met elke dood word die lont korter, en daar buite op die duine vergader ’n leër van 20 000 man vir die finale, bloedige slagting.
     
    Wanneer die uiteindelike verraad hom met net ’n handjievol lojale soldate teen ’n onstuitbare horde laat, moet D’Arlan ’n onmoontlike laaste vesting vorm. In die Sahara is oorlewing soms ’n lugspieëling en oorwinning ’n kranksinnige se droom.
     
    ’n Brawe, intense militêre riller wat die klassieke avontuur van Alistair MacLean meng met die onverbiddelike spanning van Lee Child. Hierdie is ’n verhaal van oorlewing, verraad en die brutale prys van plig in die onvergewensgesinde Sahara woestyn.
     
    Begin vandag nog lees aan hierdie onvergeetlike drie-en-twintigste Sahara-avontuur!
    Ver livro
  • Dreigende Daeraad - 'n Suid-Afrikaanse Held se Stryd in die Franse Vreemdelegioen Boek 15 - cover

    Dreigende Daeraad - 'n...

    Meiring Fouche

    • 0
    • 0
    • 0
    Vyf-en-dertig uur om te lewe.
     
    Vasgekeer in hul eie vesting, is hulle nie meer soldate nie.
     
    Hulle is proefkonyne in ’n waansinnige man se skrikwekkende eksperiment.
     
    Sahara woestyn, 1940-1960. Die legendariese Kaptein D’Arlan, die "Houdini van die Sahara,” marsjeer sy kolom elite Franse Vreemdelegioen soldate reguit in ’n hinderlaag. Hulle bestemming, Fort Laval, het reeds van binne geval, verraai deur die hande van Boelganof, die mees genadelose terreur woestaard in die hele Afrika. Ontwapen en gevange, het die jagters nou die prooi geword.
     
    Maar Boelganof se plan is meer sinister as ’n eenvoudige teregstelling. Oor minder as twee dae sal ’n eksperimentele vuurpyl die fort uitwis, en die gevange Legioensoldate is die proefkonyne. Met hul kaptein geheimsinnig vermis en verraaiers in elke skadu, tik die horlosie meedoënloos af na totale uitwissing.
     
    Terwyl die woestynson op hulle neer bak, is ’n desperate waagstuk wat ’n antieke skat en gefluisterde legendes behels, hul enigste hoop. Maar in ’n spel van wisselende lojaliteite en brutale verraad, is hulle in staat om ’n wreedaard uit te oorlê voordat hy die hel uit die hemele ontketen?
     
    Hierdie is ’n meedoënlose militêre riller, propvol intense spanning van ’n klassieke aksie-avontuur. Perfek vir aanhangers van Alistair MacLean, Jack Higgins, en die polsende aksie van Lee Child.
     
    Begin vandag nog lees aan hierdie onvergeetlike vyftiende Sahara-avontuur!
    Ver livro