Rejoignez-nous pour un voyage dans le monde des livres!
Ajouter ce livre à l'électronique
Grey
Ecrivez un nouveau commentaire Default profile 50px
Grey
Abonnez-vous pour lire le livre complet ou lisez les premières pages gratuitement!
All characters reduced
Lied van 'n gebroke hart - cover

Nous sommes désolés! L'éditeur ou l'auteur a retiré ce livre de notre catalogue. Mais ne vous inquiétez pas, vous pouvez toujours choisir les livres que vous souhaitez parmi plus de 500 000 titres!

Lied van 'n gebroke hart

Sheila Walsh

Maison d'édition: Struik Christian Media

  • 0
  • 0
  • 0

Synopsis

Ava is ’n ma en eggenoot wat die meeste van haar tyd as ’n vrywilliger by ’n niewinsgewende
organisasie vir gesinne in krisis spandeer.
Maar terwyl Ava ander deur hulle swaarkry help, dra sy haar eie hartseer en ’n
verlede wat sy agter die masker van ’n gelukkige huwelik en gesin wegsteek. Min
mense besef dat haar lewe besig is om uitmekaar te val en Ava begin wonder
hoekom sy nie haarself kan help soos sy ander mense help nie.
Sy besef dat sy ’n klipmuur om haar hart gebou het om haar gesin teen haar
ongelukkige kinderjare te beskerm. Maar dit is eers wanneer die voordeurklokkie
eendag lui dat sy die deur oopmaak vir alles oor haar verlede en familie wat sy tot
dusver nie kon verwerk nie.
Haar enigste opsie is om deur Texas te reis, terug na die kinderwêreld wat sy
twintig jaar gelede agtergelaat het sonder om terug te kyk. Op pad ontmoet sy
gawe vreemdelinge wat haar laat nadink oor die betekenis van hoop en vergifnis.
Stadig leer Ava dat God nog altyd deur haar swaarkry besig was om ’n lieflike lied
in haar gebroke hart te komponeer
Disponible depuis: 01/06/2013.

D'autres livres qui pourraient vous intéresser

  • Wreed en mooi is die dood - Verhale oor verlies hunkering en heling - cover

    Wreed en mooi is die dood -...

    Tobie Wiese

    • 0
    • 1
    • 0
    Al is die dood 'n feit soos 'n koei, vermy die meeste van ons dit om daaroor te dink of te praat. Hierdie boek probeer om dié stilte te verbreek.
    In Wreed én mooi is die dood deel bekende Afrikaanse skrywers hulle verhale oor verlies en heling. Dit bied insig in hoe om die trauma van 'n geliefde se dood te hanteer en jou eie sterflikheid te konfronteer.
    Só skryf Marita van der Vyver roerend oor haar babaseun se dood, terwyl Valda Jansen beskryf hoe sy aanvanklik lamgelê is deur die nuus dat sy kanker het en Kerneels Breytenbach vertel hoe sy vrou se sterwe hom tot selfkennis gelei het.
    'n Jong paramedikus berig oor sy gereelde ontmoetings met die dood en 'n sterwensbegeleier vertel hoe dit moontlik is om hierdie wêreld blymoedig te verlaat. Daar is selfs 'n bietjie humor... soos die storie oor die jong dominee wat in 'n leë graf beland het en Annelie Botes se lang lys voorskrifte vir haar begrafnis.
    Die dood is wreed ja, maar dit kan – verrassend genoeg ̶ ook mooi wees.
    Voir livre
  • Teëspoed is jou voorspoed - 10 eenvoudige maniere om in jouself te belê vir voorspoed en geluk - cover

    Teëspoed is jou voorspoed - 10...

    Bertus Steenkamp

    • 0
    • 0
    • 0
    Waarskuwing: Moenie na die boek luister as jy dink jy is perfek en dat die teëspoed wat jy vandag ervaar iemand anders, die regering of, nog erger, die wêreld se skuld is nie! 
    “Hierdie is ʼn boek vol verhale van teëspoed waarmee ek dink jy jouself sal kan vereenselwig. Ek het gevind dat hoe meer ek ander en my omstandighede blameer, hoe groter my teëspoed word. Ek glo dat teëspoed die wêreld se manier is om vir jou te sê dat jý moet verander en nie ander, die regering of die wêreld nie. Teëspoed wil hê jy moet in jouself belê en jouself sodoende beter maak as die omstandighede waarin jy jouself bevind. Dan kan jy groei sodat jy die voorspoed wat jy verdien, ontvang. In hierdie boek deel ek tien eenvoudige maniere waarop jy in jouself kan belê, want teëspoed is jou voorspoed.” – Bertus Steenkamp  
    Met tien eenvoudige beleggings in jouself gaan jy leer hoe Bertus miljoene rande se skuld, SARS-probleme, oorwerktheid, depressie, stresvolle omstandighede, ʼn dik gat en ’n groot pens agtergelaat het. Vandag is sy omstandighede heeltemal anders: 
    ·      Bertus het ʼn positiewe netto waarde, met meer bates as laste. 
    ·      Hy het geen slegte skuld nie. 
    ·      Hy is die eienaar van verskeie suksesvolle besighede. 
    ·      Hy werk produktief en spandeer meer tyd saam met sy gesin. 
    ·      Bertus geniet die lewe in Suid-Afrika. 
    ·     Hy help mede-entrepreneurs in Suid-Afrika en is die stigter van Afrineurs.
    Voir livre
  • Aangenaamsdal se geheim - Paaie van gebed wat na God lei - cover

    Aangenaamsdal se geheim - Paaie...

    Ewald van Resnburg, Siegfried Louw

    • 0
    • 0
    • 0
    Op Aangenaamsdal is ’n vriendekring van graad 6’e en graad 5’s. Alles is egter nie altyd so aangenaam daar nie. Die kinders beleef ook daar die lewe met al sy issues … soos alle kinders maar het. Daar is Cobus. Hy is deel van 'n arm gesin, maar sing baie mooi. Hy is ook die teiken van 'n boelie, Ronnie. Megan is die sosiaal connected een – maar Megan is so vergeetagtig. Arme Diana se ouers wil skei. En Hannes kan nie verstaan hoekom hy nie vir die rugbyspan gekies is nie. Saam beleef die vriendekring die lewe en al sy issues. Gelukkig is daar ook Oupa Lag en Ouma Lief wat baie vir die kinders doen en beteken. 
    Die kinders het gelukkig ook die Bid-Boek! Hierdie Bid-Boek het hulle een dag onverwags ontdek toe hulle sulke wit pyle op die grond gesien het met die woorde wat langsaan geskryf staan: “Volg die pyle en ontdek ’n groot skat!” 
    Hierdie eeue oue besonderse Bid-Boek gee aan hulle woorde om te bid oor die mooi en die lelik wat Aangenaamsdal hulle bied …
    Kom kuier saam in Aangenaamsdal en ontdek so die paaie van gebed wat lei na die hart van God.
    Voir livre
  • 'n Aand In Annwn - Die Storie Van William Jones Se Amper-Dood Ervaring - cover

    'n Aand In Annwn - Die Storie...

    Owen Jones

    • 0
    • 0
    • 0
    'n Aand in Tussenwêreld 
    
    
    Die Storie van William Jones se Amper-Dood Ervaring 
    
    
    William Jones, ‘n skaap boer in die Brecon Beacons, het ‘n gelukkige lewe gelei totdat sy vrou, Sarah, jonk oorlede is. Dit hom verpletter en het hom blykbaar op die pad van self-vernietiging gehad. Sy dogter, Becky, het probeer help, maar selfs sy het begin geduld verloor met haar pa. 
    
    
    Een aand was hy seker hy het gesterf en is gered uit sy ellende, maar dit was nie so nie. Hy het herstel. Maar sy lewe sou nooit weer dieselfde wees nie. 
    
    
    Hy het die Tussenwêreld ontdek waar sy vrou gebly het en het ‘n nuwe vitaliteit ontdek wat sy lewe verander het en die van almal met wie hy in kontak gekom het. 
    
    
    ‘n Aand in Tussenwêreld is ‘n liefdes verhaal wat strek oor die grootste kloof – tussen lewe en dood; ‘n kykie na ‘n amper-dood ervaring en ‘n nuwe uitkyk aangaande die mitologiese Walliese Hemel wat bekend staan as Tussenwêreld. 
    
    
    Wees voorbereid om ‘n anderkant van die Walliese Keltiese mitologie te sien maar jy sal nooit weer oor die dood dink in enige ander manier nie. Dit waarborg ek jou!
    Voir livre
  • Konflikbestuur in 4 stappe - Metodes strategieë noodsaaklike tegnieke en operasionele benaderings om konflik situasies te bestuur en op te los - cover

    Konflikbestuur in 4 stappe -...

    Stefano Calicchio

    • 0
    • 0
    • 0
    Waarom is dit noodsaaklik om die kuns van konflikbestuur te bemeester? Hoe kan ons konflikte van hindernisse in geleenthede vir groei en begrip omskep? Wat is die mees effektiewe strategieë om geskille te hanteer en op te los?
    
    Berei jou voor om 'n noodsaaklike gids te lees wat jou deur die dinamika van konflikoplossing sal lei. Die boek bied 'n duidelike en diepgaande pad om geskille in elke lewensfase te verstaan en te bestuur, van die werksomgewing tot die persoonlike konteks. In die besonder word die kritieke fases van konflikbestuur verken:
    
    hoe om konflikdinamika te herken en te verstaan;
    tegnieke om spanning te versag en op te los en dialoog te bevorder;
    gereedskap om konflikte in konstruktiewe geleenthede om te skakel;
    modelle om harmonieuse verhoudings te handhaaf en toekomstige geskille te voorkom.
    Die verdiepingsproses word voltooi met oefeninge vir selfanalise en strategieë gebaseer op die jongste wetenskaplike navorsing. Hierdie gids sal jou nie net help om konflikte effektief te bestuur nie, maar ook om dit in geleenthede vir persoonlike groei en verbetering van verhoudings te omskep... wat dit 'n onontbeerlike hulpbron maak vir enigiemand wat wil leer om konflikte met vertroue en bevoegdheid te bestuur en op te los.
    Voir livre
  • 'n Gotiese Kers Engel (Afrikaanse Taal - Afrikaans Language Edition) - Kinders van die Gevalla Novella - cover

    'n Gotiese Kers Engel...

    Anna Erishkigal

    • 0
    • 0
    • 0
    Wenner van die “eFestival of Words Best of the Independent eBook Awards - Best Novella of 2014”.
    
    Die Spoke van Ou Ellendes is nooit ver agter nie...
    
    Op Ou Kersaand mik Cassie Barug haar motor op ‘n ou beuk boom af, met die hoop dat haar pyn beëindig sal word nadat haar kêrel haar afgesê het. Maar toe 'n pragtige swart vlerk engel verskyn en vir haar sê: "Hierdie is geen vervlakste paranormale romanse nie skattebol," besef sy die dood het nie haar probleme opgelos nie. Kan Jeremiël haar help om die spoke van haar verlede te besweer en afsluiting te vind?
    
    Hierdie moderne paranormale uitkyk op die mite van beskermingsengele kombineer “A Christmas Carol” met “It’s A Wonderful Life” om mense hoop te gee dat die verlede verwerk en oorwin kan word.
    
    "Baie min boeke dryf my tot trane, maar hierdie een het dit gedoen in ‘n skitterende manier. Die boodskap word vertel met humor en grasie. Wonderlik! "- Leser Resensie
    
    "Sy het my laat omgee. En sy het my laat huil. En ek is opreg dankbaar vir die einde. "- Leser Resensie
    
    "‘n Boek wat my aangeraak het soos geen ander boek van te vore!" - Leser Resensie
    
    "Weereens toor Anna woorde in goud in. Die Gotiese draai om hierdie moderne Kerslied is merkwaardig ..." - Leser Resensie
    
    "As ek kon, sou ek hierdie storie 'n oneindige hoeveelheid sterre gee! Hierdie boek / storie het my koue rillings gegee." - Leser Resensie
    Voir livre