Rejoignez-nous pour un voyage dans le monde des livres!
Ajouter ce livre à l'électronique
Grey
Ecrivez un nouveau commentaire Default profile 50px
Grey
Abonnez-vous pour lire le livre complet ou lisez les premières pages gratuitement!
All characters reduced
Maryna se liefdeslied - cover

Nous sommes désolés! L'éditeur ou l'auteur a retiré ce livre de notre catalogue. Mais ne vous inquiétez pas, vous pouvez toujours choisir les livres que vous souhaitez parmi plus de 500 000 titres!

Maryna se liefdeslied

Schalkie van Wyk

Maison d'édition: Melodie

  • 1
  • 4
  • 0

Synopsis

Waar jong verpleegster Maryna langs die pad vasgeval het met ’n stukkende waaierband, is die orige motorfietsman wat wil kom help die laaste ding waarvoor sy lus het. Teen haar beterwete laat sy tog toe dat Christiaan haar op sy motorfiets laai en haar uit die reënstorm help. By sy tuiste Neckershoogte gekom, moet sy ontdek dat sy deur die stormwaters vasgekeer is op die opstal, alleen met Christiaan. Maryna ken haarself nie so nie, maar sy’s dadelik bakvissie oor dié mooie, sjarmante man.

Maar dis net ’n oornag-vertoef op Neckershoogte, en die volgende dag gaan Maryna op vakansie. Of dit was die plan, maar Maryna se ma breek aan haar die nuus dat sy dadelik Durban toe moet gaan om haar moontlik seniele oupa se kaskenades te gaan vasvat. Bitter onwillig vat sy die pad – maar niemand anders nie as Christiaan vind sy in Durban, besig om te veg vir sy erfreg. Haar oupa se sports met die slinkse weduwee is skynbaar hulle albei se probleem, en Maryna sién al hoe dit enige verhouding tussen hulle twee in die kiem kan smoor . . .
Disponible depuis: 05/04/2014.

D'autres livres qui pourraient vous intéresser

  • Maan Dans - Verbind Deur Bloed Reeks – Boek Een - cover

    Maan Dans - Verbind Deur Bloed...

    Amy Blankenship

    • 1
    • 2
    • 0
    Envy se lewe is goed. Goeie broer, goeie kêrel en die beste werk wat ‘n meisie voor kan vra … kroegmeisie by een van die beste klubs in die stad. Ten minste was dit goed totdat sy ‘n oproep gekry het van een van haar beste vriende dat haar kêrel die vertikale limbo op die dansvloer doen by Maan Dans. Haar besluit om hom te konfronteer begin ‘n ketting van gebeure wat haar sal voorstel aan ‘n gevaarlike paranormale wêreld weggesteek onder die daaglikse sleur. ‘n Wêreld waar mense kan transformeer na swart luiperds, lewende vampiere wat in die strate wandel en gevalde engele wat saam met ons rondloop. Devon is ‘n weerswart luiperd, ‘n bietjie rof om die kiewe en een van die mede-eienaars van Maan Dans. Sy wêreld word op sy as gedraai wanneer hy ‘n aanloklike jakkelsvrou met rooi hare in sy klub sien dans, gewapen met ‘n siniese hart en ‘n skokstok. Met ‘n vampier oorlog in volle gang rondom hulle, sweer Devon om hierdie vrou sy eie te maak ... en sal veg soos die hel self om haar te kry.
    Voir livre
  • Alle Dinge Valentyn - cover

    Alle Dinge Valentyn

    Dawn Brower

    • 0
    • 0
    • 0
    Welkom by die dorp Kismetbaai waar towery en die noodlot 'n manier van lewe is... 
    
    
    Percival Wright het 'n bekoorlike lewe gelei. Ten minste glo die inwoners van Kismetbaai dit. 
    
    
    Dit is 'n noukeurig ontwerpte gevel dit verberg die werklike waarheid. Hy is heeltemal ellendig en die een vrou wat hy nog altyd wou gehad het, sien hom nie regtig raak nie. 
    
    
    Valentynsdag is een van die besigste dae van die jaar by Blooms of Destiny, en Amadea Strange kan nie wag om dit agter haar te kry nie. Die romantiese dag is goed vir besigheid, maar sy het nie tyd vir liefde nie. So natuurlik, dit is die een dag waarop die noodlot besluit het om haar te wys wat alles Valentyn beteken...
    Voir livre
  • Valentina In Venesië - cover

    Valentina In Venesië

    Kaya Quinsey

    • 0
    • 0
    • 0
    Valentina Wells keer terug na Venesië. Nadat sy tien jaar vroeër besoek het toe sy net sestien jaar oud was, was dit waar sy Lorenzo Dipachio impulsief ontmoet het. Haar eerste soen. Haar eerste liefde. 
    
    
    Valentina, nou ses-en-twintig, is 'n suksesvolle troufotograaf in Chicago. Nog steeds impulsief, Valentina was onlangs geskei nadat hulle vir ongeveer 'n minuut in Las Vegas getroud was. 
    En sy mis nie die ironie van 'n geskeide troufotograaf nie. Valentina se pa, wat ook haar ma se onlangse diagnose van vroeë Alzheimer se siekte hanteer, oortuig haar dat sy 'n blaaskans nodig het.  
    
    
    Noudat sy terug is in Venesië, wil Valentina aan haarself bewys dat sy nie meer die impulsiewe, 
    waaghalsige meisie wat in Vegas getrou het (en vinnig geskei het) met 'n man wat sy skaars geken het. Nou leef sy volgens 'n nuwe stel reëls: beplan, versigtig en noukeurig uitgevoer. 
    
    
    
    Maar haar plan word uitgedaag wanneer sy (letterlik) in die pad van haar eerste liefde, Lorenzo, val. En met Valentynsdag om die draai, sal Valentina haarself daarvan kan weerhou om nog 'n groot fout te maak?
    Voir livre
  • Eens Op 'n Kersfees - cover

    Eens Op 'n Kersfees

    Dawn Brower

    • 0
    • 0
    • 0
    Welkom in die dorp van Kismetbaai waar towerkuns en lot 'n manier van die lewe is... 
    
    
    Holly Strange is deel van 'n groot familie. Haar voorouers het Kismetbaai meer as 200 jaar gelede gestig. Kismetbaai het baie sjarme en vir die Stranges, beteken dit hulle na hulle een ware liefde geleë word. Kersfees en elke vakansie, bring die dorp se towerkuns uit. Dit is Kersfees, so dus is enigiets moontlik, en wanneer sy letterlik Nicholas Bell buite die plaaslike koffiewinkel raakloop, word haar wêreld om gedompel. Holly het opgehou om te glo dat sy liefde sou vind, maar na daardie een noodlottige ontmoeting begin sy glo in die krag van die lot, en die moontlikheid om haar harts begeerte te vind. 
    Voir livre
  • 'n Kristal Engel - cover

    'n Kristal Engel

    Dawn Brower

    • 0
    • 0
    • 0
    ’n Dronk belofte van verlowing het Thor se familie teen hom gedraai. Sal Thor Pia se vergifnis verdien en hulle weghardlopende kinders betyds vir Kersfees vind? 
    
    
    Na 'n nag van kaarte en drinkery, was Thor se skeurende hoofpyn die minste van sy bekommernisse. Wanneer 'n boodskapper opdaag met 'n kontrak vir hom om te teken, ontdek sy vrou Pia hy het ingestem om hulle seun aan die graaf van Devon se dogter te verloof. Pia is verby woedend en eis dat hy dit regmaak—of anders. Nadat hulle die argument tussen hulle ouers gehoor het, besluit die tweeling Liam en Lily om weg te hardloop uit protes teen die kontrak. Thor en Pia gaan op soek na hulle opstandige kinders voordat iets verskrikliks met hulle gebeur. Sal Thor Pia oortuig om hom te vergewe en die tweeling voor Kersfees te vind, of sal hulle gesin vir altyd uitmekaar val?
    Voir livre
  • Hitte - Bloedgebonde Boek 4 - cover

    Hitte - Bloedgebonde Boek 4

    Amy Blankenship, RK Melton

    • 0
    • 1
    • 0
    Damon het om een rede by sy broers ingetrek ... die meisie wat hom gedolk en vir dood agtergelaat het, het daar gewoon onder vampierbeskerming. Wanneer hulle uiteindelik meer kere Alicia se lewe red as wat hy omgegee het om te tel, besluit Damon iemand moet haar onder beheer kry voordat die klein sy-kat uiteindelik 'n manier vind om te ontsnap deur haarself dood te laat maak. Jaloesie word 'n gevaarlike speletjie wanneer sy in hitte gaan en meer as net monsters begin lok.Alicia Wilder is moeg daarvoor om deur haar beskermende broers van die wêreld beskerm te word. Om te probeer bewys dat sy die vampieroorlog kan hanteer, word sy verskeur, gebyt, gesoen, op geskiet, en vreemd genoeg, trek sy saam met drie baie sexy vampiere in, waarvan een die vampieroorlog in die eerste plek begin het. Wanneer sy vind dat sy in hitte gaan, besef Alicia haar veiligheidsnet kan haar ongedaan maak. Damon het om een rede by sy broers ingetrek ... die meisie wat hom gedolk en vir dood agtergelaat het, het daar gewoon onder vampierbeskerming. Wanneer hulle uiteindelik meer kere Alicia se lewe red as wat hy omgegee het om te tel, besluit Damon iemand moet haar onder beheer kry voordat die klein sy-kat uiteindelik 'n manier vind om te ontsnap deur haarself dood te laat maak. Jaloesie word 'n gevaarlike speletjie wanneer sy in hitte gaan en meer as net monsters begin lok.PUBLISHER: TEKTIME
    Voir livre