Rejoignez-nous pour un voyage dans le monde des livres!
Ajouter ce livre à l'électronique
Grey
Ecrivez un nouveau commentaire Default profile 50px
Grey
Abonnez-vous pour lire le livre complet ou lisez les premières pages gratuitement!
All characters reduced
'n Aand In Annwn - Die Storie Van William Jones Se Amper-Dood Ervaring - cover

'n Aand In Annwn - Die Storie Van William Jones Se Amper-Dood Ervaring

Owen Jones

Maison d'édition: Megan Publishing Services

  • 0
  • 0
  • 0

Synopsis

'n Aand in Tussenwêreld 


Die Storie van William Jones se Amper-Dood Ervaring 


William Jones, ‘n skaap boer in die Brecon Beacons, het ‘n gelukkige lewe gelei totdat sy vrou, Sarah, jonk oorlede is. Dit hom verpletter en het hom blykbaar op die pad van self-vernietiging gehad. Sy dogter, Becky, het probeer help, maar selfs sy het begin geduld verloor met haar pa. 


Een aand was hy seker hy het gesterf en is gered uit sy ellende, maar dit was nie so nie. Hy het herstel. Maar sy lewe sou nooit weer dieselfde wees nie. 


Hy het die Tussenwêreld ontdek waar sy vrou gebly het en het ‘n nuwe vitaliteit ontdek wat sy lewe verander het en die van almal met wie hy in kontak gekom het. 


‘n Aand in Tussenwêreld is ‘n liefdes verhaal wat strek oor die grootste kloof – tussen lewe en dood; ‘n kykie na ‘n amper-dood ervaring en ‘n nuwe uitkyk aangaande die mitologiese Walliese Hemel wat bekend staan as Tussenwêreld. 


Wees voorbereid om ‘n anderkant van die Walliese Keltiese mitologie te sien maar jy sal nooit weer oor die dood dink in enige ander manier nie. Dit waarborg ek jou!
Disponible depuis: 11/08/2020.
Longueur d'impression: 83 pages.

D'autres livres qui pourraient vous intéresser

  • Aangenaamsdal se geheim - Paaie van gebed wat na God lei - cover

    Aangenaamsdal se geheim - Paaie...

    Ewald van Resnburg, Siegfried Louw

    • 0
    • 0
    • 0
    Op Aangenaamsdal is ’n vriendekring van graad 6’e en graad 5’s. Alles is egter nie altyd so aangenaam daar nie. Die kinders beleef ook daar die lewe met al sy issues … soos alle kinders maar het. Daar is Cobus. Hy is deel van 'n arm gesin, maar sing baie mooi. Hy is ook die teiken van 'n boelie, Ronnie. Megan is die sosiaal connected een – maar Megan is so vergeetagtig. Arme Diana se ouers wil skei. En Hannes kan nie verstaan hoekom hy nie vir die rugbyspan gekies is nie. Saam beleef die vriendekring die lewe en al sy issues. Gelukkig is daar ook Oupa Lag en Ouma Lief wat baie vir die kinders doen en beteken. 
    Die kinders het gelukkig ook die Bid-Boek! Hierdie Bid-Boek het hulle een dag onverwags ontdek toe hulle sulke wit pyle op die grond gesien het met die woorde wat langsaan geskryf staan: “Volg die pyle en ontdek ’n groot skat!” 
    Hierdie eeue oue besonderse Bid-Boek gee aan hulle woorde om te bid oor die mooi en die lelik wat Aangenaamsdal hulle bied …
    Kom kuier saam in Aangenaamsdal en ontdek so die paaie van gebed wat lei na die hart van God.
    Voir livre
  • Teëspoed is jou voorspoed - 10 eenvoudige maniere om in jouself te belê vir voorspoed en geluk - cover

    Teëspoed is jou voorspoed - 10...

    Bertus Steenkamp

    • 0
    • 0
    • 0
    Waarskuwing: Moenie na die boek luister as jy dink jy is perfek en dat die teëspoed wat jy vandag ervaar iemand anders, die regering of, nog erger, die wêreld se skuld is nie! 
    “Hierdie is ʼn boek vol verhale van teëspoed waarmee ek dink jy jouself sal kan vereenselwig. Ek het gevind dat hoe meer ek ander en my omstandighede blameer, hoe groter my teëspoed word. Ek glo dat teëspoed die wêreld se manier is om vir jou te sê dat jý moet verander en nie ander, die regering of die wêreld nie. Teëspoed wil hê jy moet in jouself belê en jouself sodoende beter maak as die omstandighede waarin jy jouself bevind. Dan kan jy groei sodat jy die voorspoed wat jy verdien, ontvang. In hierdie boek deel ek tien eenvoudige maniere waarop jy in jouself kan belê, want teëspoed is jou voorspoed.” – Bertus Steenkamp  
    Met tien eenvoudige beleggings in jouself gaan jy leer hoe Bertus miljoene rande se skuld, SARS-probleme, oorwerktheid, depressie, stresvolle omstandighede, ʼn dik gat en ’n groot pens agtergelaat het. Vandag is sy omstandighede heeltemal anders: 
    ·      Bertus het ʼn positiewe netto waarde, met meer bates as laste. 
    ·      Hy het geen slegte skuld nie. 
    ·      Hy is die eienaar van verskeie suksesvolle besighede. 
    ·      Hy werk produktief en spandeer meer tyd saam met sy gesin. 
    ·      Bertus geniet die lewe in Suid-Afrika. 
    ·     Hy help mede-entrepreneurs in Suid-Afrika en is die stigter van Afrineurs.
    Voir livre
  • Wreed en mooi is die dood - Verhale oor verlies hunkering en heling - cover

    Wreed en mooi is die dood -...

    Tobie Wiese

    • 0
    • 2
    • 0
    Al is die dood 'n feit soos 'n koei, vermy die meeste van ons dit om daaroor te dink of te praat. Hierdie boek probeer om dié stilte te verbreek.
    In Wreed én mooi is die dood deel bekende Afrikaanse skrywers hulle verhale oor verlies en heling. Dit bied insig in hoe om die trauma van 'n geliefde se dood te hanteer en jou eie sterflikheid te konfronteer.
    Só skryf Marita van der Vyver roerend oor haar babaseun se dood, terwyl Valda Jansen beskryf hoe sy aanvanklik lamgelê is deur die nuus dat sy kanker het en Kerneels Breytenbach vertel hoe sy vrou se sterwe hom tot selfkennis gelei het.
    'n Jong paramedikus berig oor sy gereelde ontmoetings met die dood en 'n sterwensbegeleier vertel hoe dit moontlik is om hierdie wêreld blymoedig te verlaat. Daar is selfs 'n bietjie humor... soos die storie oor die jong dominee wat in 'n leë graf beland het en Annelie Botes se lang lys voorskrifte vir haar begrafnis.
    Die dood is wreed ja, maar dit kan – verrassend genoeg ̶ ook mooi wees.
    Voir livre
  • Tydbestuur in 4 stappe - Metodes strategieë en operasionele tegnieke om tyd effektief te bestuur deur persoonlike en professionele doelwitte in balans te bring - cover

    Tydbestuur in 4 stappe - Metodes...

    Stefano Calicchio

    • 0
    • 0
    • 0
    Hoekom is dit so krities om tyd effektief te bestuur? Wat is die ware essensie van tydbestuur en hoe kan tyd in jou guns gebruik word? Wat is die nuutste wetenskaplike ontdekkings in die hantering van tyd?
    
    In hierdie gids sal jy op 'n intuïtiewe, direkte en deeglike wyse uitgelê kry hoe die meganika van tydbestuur werk. Wanneer ons besluit om beheer oor ons tyd te neem, kan die impak op ons lewens enorm wees. Dit is egter min mense wat werklik hierdie bewustheidsproses kan voltooi. Navorsing het aangetoon dat effektiewe tydbestuur gebaseer is op sterke bewustheidsstrategieë, beplanning, uitvoering en hersiening.
    
    Hierdie gids neem die leser op 'n reis deur vier essensiële fases en beklemtoon die hoogtepunte van tydbestuur:
    
    Wat beteken tydbestuur werklik en hoe kan dit toegepas word;
    Hoe reageer en pas ons brein aan tydbestuur aan;
    Hoe om nuwe gedrag en tydgewoontes in te voer;
    Hoe om effektiewe tydbestuur te handhaaf en aan veranderende behoeftes aan te pas.
    Om te leer hoe om jou tyd strategies en effektief te bestuur, is 'n vaardigheid wat almal kan aanleer, op voorwaarde dat jy oor die regte inligting beskik en dit in die praktyk kan bring. Hierdie gids word verder versterk deur selfontleding en praktiese oefeninge en bied die leser 'n volledige persoonlike groeipad.
    Voir livre
  • 'n Gotiese Kers Engel (Afrikaanse Taal - Afrikaans Language Edition) - Kinders van die Gevalla Novella - cover

    'n Gotiese Kers Engel...

    Anna Erishkigal

    • 0
    • 0
    • 0
    Wenner van die “eFestival of Words Best of the Independent eBook Awards - Best Novella of 2014”.
    
    Die Spoke van Ou Ellendes is nooit ver agter nie...
    
    Op Ou Kersaand mik Cassie Barug haar motor op ‘n ou beuk boom af, met die hoop dat haar pyn beëindig sal word nadat haar kêrel haar afgesê het. Maar toe 'n pragtige swart vlerk engel verskyn en vir haar sê: "Hierdie is geen vervlakste paranormale romanse nie skattebol," besef sy die dood het nie haar probleme opgelos nie. Kan Jeremiël haar help om die spoke van haar verlede te besweer en afsluiting te vind?
    
    Hierdie moderne paranormale uitkyk op die mite van beskermingsengele kombineer “A Christmas Carol” met “It’s A Wonderful Life” om mense hoop te gee dat die verlede verwerk en oorwin kan word.
    
    "Baie min boeke dryf my tot trane, maar hierdie een het dit gedoen in ‘n skitterende manier. Die boodskap word vertel met humor en grasie. Wonderlik! "- Leser Resensie
    
    "Sy het my laat omgee. En sy het my laat huil. En ek is opreg dankbaar vir die einde. "- Leser Resensie
    
    "‘n Boek wat my aangeraak het soos geen ander boek van te vore!" - Leser Resensie
    
    "Weereens toor Anna woorde in goud in. Die Gotiese draai om hierdie moderne Kerslied is merkwaardig ..." - Leser Resensie
    
    "As ek kon, sou ek hierdie storie 'n oneindige hoeveelheid sterre gee! Hierdie boek / storie het my koue rillings gegee." - Leser Resensie
    Voir livre
  • Sieraad Vir As - cover

    Sieraad Vir As

    Gabriel Agbo

    • 0
    • 1
    • 0
    Een van die deugde wat al vir ewig en altyd gelowiges sal bemoedig om aan God harnekkig vas te hou, selfs in die gesig van skynbare hopeloosheid en wanhoop, is Sy vermoë om die mees onaangename situasies na gunstige getuienis te verander.  Miskien, het jy alles menslik moontlik gedoen om uit die situasie te kom en alles was verniet.  Ongelukkig lyk dit asof al wat jy oor het na al jou moeite - sorge, seer, verwyte, hartseer, skande en trane is.  En dit is asof jy beproef word om die liefde en selfs die bestaan van God te bevraagteken.  Moenie dit al doen nie.  Lees eers hierdie boek.  God is steeds in die besigheid om as na skoonheid te verander.
    Voir livre