Rejoignez-nous pour un voyage dans le monde des livres!
Ajouter ce livre à l'électronique
Grey
Ecrivez un nouveau commentaire Default profile 50px
Grey
Abonnez-vous pour lire le livre complet ou lisez les premières pages gratuitement!
All characters reduced
'n Sigeuner Se Kersfees Soen - cover

'n Sigeuner Se Kersfees Soen

Dawn Brower

Maison d'édition: Monarchal Glenn Press

  • 0
  • 1
  • 0

Synopsis

Lulia Vasile is die dogter van 'n Romaanse prinses en 'n Graaf se tweede seun. Sy het grootgeword met rolle in 'n reisende teater, optreedes by graafskoue, en het me waarsê gewoeker. Sy vra nie verskoning vir wie sy is nie, en leef die lewe soos sy wil. 


Finley Prescott, die Hertog van Clare, verlaat nie sy meenthuis tensy dit nodig is nie. Hy het verantwoordelikhede en mense wat op hom staat maak. Al wat hy wil hê, is om uit de wêreld te verdwyn. Hy doen nie goed in groot byeenkomste nie en gebrek aan sosiale etiket. 


Fin en Lulia het 'n geskiedenis. Een wat nie een van hulle vergeet het nie. Toe hulle weer ontmoet word hulle saamgetrek. Na daardie toevallige ontmoeting deel hulle 'n magiese soen. Onderweg ontdek hulle dat die ding wat 'n persoon soms nodig het, nie is wat hulle sou verwag het nie.
 
Disponible depuis: 01/12/2020.

D'autres livres qui pourraient vous intéresser

  • Wintersrust - cover

    Wintersrust

    Joyce Kotzè

    • 0
    • 0
    • 0
    Een familie, van Britse en Boere-afkoms, se lojaliteite word verstrengel deur die gang van geskiedenis. Transvaalse politiek en Britse imperialisme sleur hul mee in die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902. Hegte bande word op die slagvelde beproef en wanneer die formele fase van die oorlog oorgaan in 'n verskroeidaardebeleid en geurrillastryde, moet riskante keuses gemaak word. Martin de Winter, bestem om sy land die twintigste eeu binne te lei, word noodgedwonge 'n suksesvolle jong generaal terwyl verbode liefde by hom spook. Stefanie de Winter, 'n gevierde pianis, word wantrou deur die leiers aan beide kante. Lojaal aan haar familie, maar verlief op 'n Britse offisier, volg sy 'n noodlottige pad. Karel en Rudolf de Winter, tweelingbroers, verknog aan mekaar, probeer die koeël ontwyk wat hul vir altyd sal skei. James Henderson, Britse kavalleris en onverskrokke soldaat, word vasgevang deur sy lojaliteit aan sy land en sy liefde vir sy Boerefamilie. Dokter Charles Henderson is geskok deur die doelbewuste verwoesting van sy aangenome land, Transvaal, en deur die aandeel wat sy broer teen wil en dank daaraan het. Wintersrust is 'n bruisende verhaal vol hartstog en avontuur oor die individu se worsteling met magte buite sy beheer. Sommige, oorweldig deur wanhoop, oorleef nie. Ander moet ten slotte by 'n plek van vrede en vergiffenis uitkom. Ondanks woede en onreg ontdek die familie 'n mag wat sterker as oorlog is.
    Voir livre
  • Hans-Nazi's - cover

    Hans-Nazi's

    Philip Kerr

    • 0
    • 0
    • 0
    Berlyn, 1936. Hardebaard speurder Bernhard – "Bernie" – Günther word deur 'n miljoenêr-sakeman ingeroep om die moord op sy dogter en skoonseun op te los en waardevolle juwele wat tydens die inbraak gesteel is, te vind. Gewoonlik is Günther op die spoor van vermiste persone, maar in dié onstuimige politieke klimaat betree hy 'n donker onderwêreld waar misdaad, korrupsie en onderhandelinge met Nazi-leiers aan die orde van die dag is. Sy soektog ontbloot 'n skandaal wat hoëkoppe soos Hermann Goering en Heinrich Himmler betrek …
    Smerige nagklubs, smeulende filmsterre, oorvol lykshuise en onderonsies met die Gestapo lei uiteindelik tot 'n skokkende onthulling. Die roman speel af in Nazi-Duitsland – 'n milieu wat Kerr met vernuf skets.
    Dié Afrikaanse uitgawe van March Violets is die eerste boek in Kerr se Berlin Noir-reeks, sy eerste Bernie Günther-trilogie. Vertalings van die volgende twee romans in die reeks, The Pale Criminal en A German Requiem, verskyn in 2019.
    Voir livre
  • Eens… - Verhale Mites en Legendes van Feërie - cover

    Eens… - Verhale Mites en...

    Ronel Janse van Vuuren

    • 0
    • 0
    • 0
    ‘n Versameling kortverhale oor Feërie en die Feë wat selfs in die mensewêreld woon. Van die verhale het kompetisies gewen en almal het die verbeelding van lesers aangegryp.Hierdie luisterboek het ook ‘n bonus verhaal.Geniet hierdie sprokies vir grootmense en betree die wêreld van die Feë…Please note this audiobook is in Afrikaans.
    Voir livre
  • Betowerde woud - die konfraternisering - cover

    Betowerde woud - die...

    LS Morgan

    • 0
    • 0
    • 0
    Kortverhaal vir kinders en jongmense, oor vriendskap en kameraadskap. Twee broers durf hul groot tannie se plaas aan en wat hierdie kinders sal ervaar, is die gevoel om in `n betowerde woud te wees, `n dag van avontuur, towerkrag, lekker lag en pret te hê.
    Voir livre
  • Bloedsteen - cover

    Bloedsteen

    Irna van Zyl

    • 0
    • 0
    • 0
    Dinge ontrafel vinnig wanneer iemand speuradjudant Storm van der Merwe se ma voor ’n trein op Paddington-stasie instamp. Storm moet Londen toe, al is sy tot oor haar ore met ’n moordsaak: Beebee Bukelwa Babu, befaamde Suid-Afrikaanse modeontwerper, lê leweloos in ’n luukse hotel op Hermanus.Hande om Storm te help met die ondersoek ná Beebee se dood is min, want protesaksie lê die dorp lam. Boonop sweep ’n charismatiese profeet die skare tot ’n histerie op.Storm besef gou dit is nie net haar ma se lewe wat in gevaar is nie. Sy is self ’n teiken.Intussen probeer haar ekskollega, Andreas Moerdyk, nou ’n privaat speurder, om ’n skaars rooi diamant van onskatbare waarde op te spoor.Van Londen se donker strate tot Antwerpen se diamantebeurs, van Port Nolloth se verlate kuslyn tot Storm se geliefde Hermanus, ontvou die storie in Irna van Zyl se derde misdaadroman teen die pas van ’n sneltrein.
    Voir livre
  • Maan Dans - Verbind Deur Bloed Reeks – Boek Een - cover

    Maan Dans - Verbind Deur Bloed...

    Amy Blankenship

    • 1
    • 2
    • 0
    Envy se lewe is goed. Goeie broer, goeie kêrel en die beste werk wat ‘n meisie voor kan vra … kroegmeisie by een van die beste klubs in die stad. Ten minste was dit goed totdat sy ‘n oproep gekry het van een van haar beste vriende dat haar kêrel die vertikale limbo op die dansvloer doen by Maan Dans. Haar besluit om hom te konfronteer begin ‘n ketting van gebeure wat haar sal voorstel aan ‘n gevaarlike paranormale wêreld weggesteek onder die daaglikse sleur. ‘n Wêreld waar mense kan transformeer na swart luiperds, lewende vampiere wat in die strate wandel en gevalde engele wat saam met ons rondloop. Devon is ‘n weerswart luiperd, ‘n bietjie rof om die kiewe en een van die mede-eienaars van Maan Dans. Sy wêreld word op sy as gedraai wanneer hy ‘n aanloklike jakkelsvrou met rooi hare in sy klub sien dans, gewapen met ‘n siniese hart en ‘n skokstok. Met ‘n vampier oorlog in volle gang rondom hulle, sweer Devon om hierdie vrou sy eie te maak ... en sal veg soos die hel self om haar te kry.
    Voir livre