Rejoignez-nous pour un voyage dans le monde des livres!
Ajouter ce livre à l'électronique
Grey
Ecrivez un nouveau commentaire Default profile 50px
Grey
Abonnez-vous pour lire le livre complet ou lisez les premières pages gratuitement!
All characters reduced
Oerwoudvalk Omnibus - Eboeke 1 - 3 - cover

Oerwoudvalk Omnibus - Eboeke 1 - 3

Andreas Du Plessis

Maison d'édition: Pieter Haasbroek

  • 0
  • 0
  • 0

Synopsis

DIE OERWOUDVALK OMNIBUS VAN 3 EBOEKE
 
Kry die eerste drie opwindende romans in die klassieke Oerwoudvalk Reeks in een gerieflike Omnibus wat uitstekende waarde bied! Hierdie versameling sluit in: 
 
Boek 1: Goudstad van Skeba
 
Boek 2: Die Seekat
 
Boek 3: Oervallei
 
Die reeks volg die avonture van die Oerwoudvalk, 'n primitiewe held wat met sy boog en mes die geheime van Afrika se verlore wêrelde ontrafel en mense teen oeroue gediertes sowel as moderne skurke beskerm.
 
1. Goudstad van SkebaIn hierdie eerste verhaal maak u kennis met die Oerwoudvalk of ook beter bekend as die Valk. Gewapen met net ’n pyl en boog, jagmes en lendekleed van luiperdvel, deurkruis hy die digte woude van die Kongo en beleef die een opwindende avontuur na die volgende. In hierdie verhaal moet hy tot die redding kom van ’n volkekunde professor, sy dogter, ’n man en sy vrou en ’n student, wat in die hande val van Basan, ’n wrede en genadelose diktator. Basan is ’n hoëpriester wat gemuit het uit die Vallei van Skeba. Hy het sy eie ryk gestig en droom daagliks daarvan om die Koningin van Skeba se Vallei en stad weer binne te val en oor te neem.
 
2. Die SeekatIn hierdie verhaal begelei die Oerwouvalk die vyf Suid Afrikaners terug na Suid Afrika, na hul ontsnapping uit die Goudstad van Skeba. Op pad terug sien hulle twee straalvegvliegtuie wat op mekaar skiet. Die een vliegtuig word gou neergeskiet, maar die loods spring betyds uit met ’n valskerm. Toe hulle hom ontdek is hy reeds sterwend. Hy vertel hulle onder andere van Seekatmanne en ’n moeras vol wilde diere. Kort daarna sterf hy en hulle ontdek toe ’n dagboek by hom, wat die sleutel hou tot sy geheim. Die veiligheidspolisie roep eindelik die hulp van die Valk in om ondersoek te gaan instel. Met die hulp van ’n pigmeë stam gaan soek hy na die nes van die Seekat-organisasie.
 
3. OervalleiIn hierdie derde verhaal van die Oerwoudvalk reeks red die Valk vir Aztec Calder uit die kake van ’n leeumannetjie. Die ylende Calder het nog kort voor sy dood gemompel van ’n verlore vallei, oermense en diere en ook van ’n geselskap blankes wat daar vasgekeer is. Die nuus prikkel die Valk se belangstelling sodanig en hy besluit toe om dadelik na die verlore vallei in Afrika te gaan soek. Gewapen met net sy pyl-en-boog, ’n jagmes en ’n lendekleed van luiperdvel, pak hy sy soektog aan na die geheimnisvolle vallei, wat nog totaal onbekend is aan die samelewing. Deur Aztez Calder se voetspore te volg, ontdek die Valk spoedig die verlore vallei, maar om dit te betree moet hy eers teen ’n steil kransmuur afdaal, wat die tropiese vallei heeltemal omring. Net daar verloor hy al byna sy lewe teen ’n vlieënde oerdier en dit is maar net die begin van een van die eienaardigste en spanningvolste ervarings wat die Valk nog beleef het.
 
#OerwoudvalkReeks
Disponible depuis: 23/06/2025.
Longueur d'impression: 341 pages.

D'autres livres qui pourraient vous intéresser

  • Betowerde woud - die konfraternisering - cover

    Betowerde woud - die...

    LS Morgan

    • 0
    • 0
    • 0
    Kortverhaal vir kinders en jongmense, oor vriendskap en kameraadskap. Twee broers durf hul groot tannie se plaas aan en wat hierdie kinders sal ervaar, is die gevoel om in `n betowerde woud te wees, `n dag van avontuur, towerkrag, lekker lag en pret te hê.
    Voir livre
  • Knak die Aanwensel - cover

    Knak die Aanwensel

    Ronel Janse van Vuuren

    • 0
    • 0
    • 0
    Een onstreflike. 'n Ewigheid van verveeldheid. 
      
    Odin het op 'n tyd dinge nogal goed gehad: hele nasies het hom aanbid, 'n dag van die week na hom vernoem, geglo dat hy wys is. 
      
    Deesdae respekeer die troeteldiere van ander onsterflikes hom nie eens nie. 
      
    Hy is moeg. 
      
    En daar is net een plek om heen te gaan wanneer jy minder môres het om na uit te sien: 'n outehuis in Midgard. 
      
    Gebruik die skuifbalk boontoe om by Odin aan te sluit waar hy nuwe lewe en avontuur in aftreding ontdek. 
      
    *Hierdie is die eerste boek in die Onmoontlike Onsterflikes reeks.
    Voir livre
  • Van Skoolbank tot bordeelbed - Gebasseer op 'n ware verhaal van geloof en oorwinning - cover

    Van Skoolbank tot bordeelbed -...

    Jaco Hough-Coetzee

    • 0
    • 1
    • 0
    As 16-jarigevlug Engela na Bloemfontein, want die leier van die Sataniese Groep 13 wil haar doodmaak. Haar paaie kruis met dié van Pieter, vriend van haar broer, wat haar aan bordeel-eienaar uitlewer as betaling vir die geld wat hy hom skuld.
    Na haglike en armoedige kinderlewe raak Engela as rebelse tiener deurmekaar met Satanisme, drank en dwelms en word uiteindelik as seksslaaf aangehou. Haar enigste begeerte is om te ontsnap, maar hoe? Elke aand word die klub se deure dig gesluit. Haar laaste kans op vryheid is die jong student, Jacques, wat in die ontvangslokaal van die klub werk. Maar dan verdwyn hy ook uit die prentjie na raaiselagtige ongeluk in die Drakensberge.
    Van Skoolbank tot Bordeelbed is spanningsroman deur Jaco Hough-Coetzee, gebaseer op die aangrypende lewensverhaal van Elanie Kruger.
    In die tweede gedeelte van die boek gesels Elanie self met die leser oor haar bittere ervarings. Sy vertel hoe sy haar gevoelens van verlorendheid, alleenheid, pyn en vernedering vanuit Christelike perspektief leer hanteer het. Sy reik uit na ander gewese seksslagoffers en moedig hulle aan om hul harte uit te stort om emosionele genesing mee te bring. Sy praat oor die krag van vergifnis en aanvaarding, en gee ook lewensbelangrike praktiese wenke aan ouers en kinders.
    Voir livre
  • Die Tandmuis - Afrikaanse Kinder Luisterstories - cover

    Die Tandmuis - Afrikaanse Kinder...

    Rodeen Visser-Ludick

    • 0
    • 0
    • 0
    "Die tandmuis" is 'n oulike storie oor 'n tandmuis wat op 'n plaas woon en elke jaar 'n briefie aan die dorp se kinders stuur om hulle aan te moedig om mooi na hulle tandjies te kyk. Hy beloon hulle met 'n geldjie vir elke spierwit tandjie. Baie van die muise op die plaas moet hul huisies van modder en riete bou omdat die tandmuis net 'n paar tandehuisies per jaar kan bou. Elke jaar word baie muisies se riethuisies deur die harde winterreën vernietig. Rosie, 'n plaasmuis, is tiende op die lys om 'n tandehuisie te kry en het 'n slim plan beraam om die tandmuis te help om tande vinniger bymekaar te maak sodat almal voor die winter pragtige en warm tandehuisies kan hê.
    Voir livre
  • Die Nuuskierige Varkie - Afrikaanse Kinder Luisterstories met Prente Boek as Bonus - cover

    Die Nuuskierige Varkie -...

    Rodeen Visser-Ludick

    • 0
    • 0
    • 0
    "Die nuuskierige varkie" gaan oor 'n varkie wat in 'n hok woon saam met sy familie. Hy raak moeg om net te eet en wil sien wat buite die hok is. Hy probeer verskeie kere om te ontsnap, maar misluk elke keer. Eendag kyk hy hoe die boer die hek oopmaak en so gebruik hy 'n krat om uiteindelik uit die hok te kom. 
    Buite ontmoet hy 'n oulike eendjie en ander plaasdiere by 'n dam. Hy maak vriende en speel te lekker saam met hulle. Die boer sien dit en besluit om die hok elke dag oop te laat sodat al die varkies kan gaan speel. Die storie wys hoe nuuskierigheid en deursettingsvermoë die varkie gehelp het om nuwe dinge te ontdek en so sy lewe te verbeter het.
    Voir livre
  • Skerwe Van Haar Siel - cover

    Skerwe Van Haar Siel

    KarnaS

    • 0
    • 0
    • 0
    Sy fris bruingebrande bolyf, gespierde arms... sy lang swart hare wat laag teen sy rug afhang!!! Hoe baie keer het sy nie gewens hy kan haar teen hom vasdruk en se hy is lief vir haar nie. Maar nog elke keer as Kabous van Niekerk na Canaro kyk, was daar vlinders in haar maag. n Paar maande voor haar 19de verjaardag, het iets gebeur, wat al lankal moes gebeur het!. Kabous het geweet een of ander tyd sou dit moes gebeur...
    Voir livre