Begleiten Sie uns auf eine literarische Weltreise!
Buch zum Bücherregal hinzufügen
Grey
Einen neuen Kommentar schreiben Default profile 50px
Grey
Jetzt das ganze Buch im Abo oder die ersten Seiten gratis lesen!
All characters reduced
Alleen Onder Die Maan - cover

Alleen Onder Die Maan

Wllem Krog

Verlag: Jonathan Ball

  • 0
  • 2
  • 0

Beschreibung

Nadat die ekonomie amper in duie stort, word die Suid-Afrikaanse regering gedwing om die land met 'n buitelandse rekenaarstelsel te regeer. Die rekenaarstelsel werk op kunsmatige intelligensie en reguleer feitlik elke aspek van mense se lewens. Selfs hofsake word deur 'n rekenaar behartig.
In hierdie distopiese wêreld is alles afhanklik van jou SOMSS-telling (System of Moral and Social Suitability). Dit bepaal waar jy mag woon, watter kos jy by People Eats mag bestel en hoe gereeld jy met People Move mag ry. Responsible Citizenship Learning, 'n verpligte SOMMS-module, leer jou die land se geskiedenis en wat dit verg om 'n goeie burger te wees.
Alleen Onder die Maan vertel die verhaal van Jaco, 'n 80-jarige individualis wat krities is oor hierdie totalitêre bestel, en sy seun, Pieter, wat as sy beroep rekenaarspeletjies toets en nie besef hoe die stelsel persoonlike vryheid bedreig nie.
Die boek het twee verhaallyne: Jaco se aangrypende herinneringe aan sy grootwordjare op 'n Vrystaatse plaas. Die tweede verhaallyn volg pa en seun op 'n laaste besoek aan die plaas buite Kroonstad in die huidige era waar alle plase gekonfiskeer en in megaplase omskep is en robotte en geoutomatiseerde voertuie al die werk doen.
In 'n roerende beskrywing, vertel Jaco hoe sy broers die maanlanding van 1969 op die plaas nagemaak het. Hy glo egter die tegnologiese ontwikkelinge wat op die maanlanding gevolg het, het die mens laat glo hy is god en het hierdie nuwe wêreld geskep.
Pieter is weer krities oor sy pa se generasie omdat hulle nooit opgestaan het teen apartheid nie, maar die ironie is dat hy nie besef hy leef in 'n ewe totalitêre wêreld nie.
Die verhaal tree nie net in gesprek met die Suid-Afrikaanse politiek nie, maar ook met die politiek van Afrikaans-wees.
Verfügbar seit: 04.03.2020.
Drucklänge: 224 Seiten.

Weitere Bücher, die Sie mögen werden

  • Megan Vang Covid-19 - 'N Geesgids 'N Spooktier En Een Vreesaanjaende Moeder! - cover

    Megan Vang Covid-19 - 'N...

    Owen Jones

    • 0
    • 0
    • 0
    In Megan Catches Covid-19 word Megan en haar skool gewaarsku oor die nuwe Covid 19-variant Omicron, wat kinders ook besmet, en hulle word meegedeel dat 'n inentingsprogram die volgende week sou begin. Jane, Megan se beste vriendin, is bang vir naalde en het gerugte gehoor oor 'n staatsgeborgde veldtog om almal met 'n spoorsnyergogga in te spuit. Megan glo nie die samesweringsteorie nie. Wanneer Jane begin siek voel. sy word verkeerd gediagnoseer deur haar ma en verwarring heers. Uiteindelik skyn Wacinhinsha 'n lig op die Covid-19-pandemie.Die Psychic Megan-reeks bestaan ​​uit drie-en-twintig romans oor 'n jong meisie se groeiende besef dat sy in staat is om dinge te doen wat nie een van haar familie kan nie. Megan is twaalf jaar oud in die eerste bundel. Sy het twee oënskynlik onoorkomelike probleme. Haar ma is bang vir haar dogter se latente vermoëns en sal haar nie net nie help nie, maar haar aktief ontmoedig; en sy kan nie 'n onderwyser vind om haar te help om haar bonatuurlike, psigiese kragte te ontwikkel nie. Want sy wil nie net weet wat dit moontlik is om te doen en hoe om dit te doen nie, maar aan watter doel sy haar spesiale vermoëns moet stel. Megan is 'n goeie meisie, so dit lyk voor die hand liggend dat sy geneig is om haar kragte ten goede te gebruik, maar dit is nie altyd maklik om die regte ding te doen nie, al weet jy wat dit is. Hierdie stories oor Megan sal byval vind by enigiemand wat belangstel in psigiese kragte, die bonatuurlike en die paranormale en tussen die ouderdomme van tien en honderd jaar oud is. In Megan Catches Covid-19 word Megan en haar skool gewaarsku oor die nuwe Covid 19-variant Omicron, wat kinders ook besmet, en hulle word meegedeel dat 'n inentingsprogram die volgende week sou begin. Jane, Megan se beste vriendin, is bang vir naalde en het gerugte gehoor oor 'n staatsgeborgde veldtog om almal met 'n spoorsnyergogga in te spuit. Megan glo nie die samesweringsteorie nie. Wanneer Jane begin siek voel. sy word verkeerd gediagnoseer deur haar ma en verwarring heers. Uiteindelik skyn Wacinhinsha 'n lig op die Covid-19-pandemie.PUBLISHER: TEKTIME
    Zum Buch
  • Halo - cover

    Halo

    Francesco Falconi

    • 0
    • 0
    • 0
     "Halo" is die eerste soort vreemde verhaal van Francesco Falconi.  Met 'n huldeblyk aan Kafka se Metamorfose, die storie saamgevat in 'n paar bladsye oor 'n leeftyd, familie dramas, pyn wat nooit sal verdwyn nie.  Tot op die laaste oomblik.  Tot die ontdekking van onsself en van die lig.
    Zum Buch
  • Vlamme in die Kalahari - cover

    Vlamme in die Kalahari

    Meiring Fouche

    • 0
    • 0
    • 0
    VLAMME IN DIE KALAHARI - RYK SCHOONRAAD REEKS
     
    Helm du Plessis, ’n vooraanstaande grensboer van die Noordwestelike Provinsie, is met honderde osse op pad na die Kimberley se mark. Hy word egter koelbloedig vermoor deur blanke veediewe. Sy dogter Ansie en Ryk Schoonraad agtervolg hulle met die doel om wraak te neem. Die twee ondergaan verskriklike folteringe toe die boewe daarin slaag om hulle op ’n paar geleenthede in die hande te kry...
     
     
    Zum Buch
  • Die Maagd van die See - cover

    Die Maagd van die See

    Meiring Fouche

    • 0
    • 0
    • 0
    DIE MAAGD VAN DIE SEE - MAAGD VAN DIE SEE REEKS
     
    Simon Verbeek, die groot seeman met sy lang, swart hare en sierlike swart baard, het oorlog verklaar teen alle seerowers. Want seerowers het hom nie alleen beroof van die Kompanjie-skip waarvan hy die kaptein was nie, maar hulle het ook sy skone, jong vrou weggevoer.
     
     Simon kon geen skip kry waarmee hy sy wraak tot aan die deur van die seerowers kon bring nie. Hy en sewe van sy bemanning beland toe een dag in ’n skuit in die Kaap van Storms, langs die Suidweskus van Suid-Afrika. In die woeste storm word hulle skuit omgekeer en is hulle toe aan die genade van die onstuimige see oorgelaat. Maar dan sien hulle ’n spookskip langs hulle verbyvaar wat geen bemanning aan boord het nie. Simon en drie van sy manne slaag wonderbaarlik daarin om aan boord te kom van die eienaardige skip. Hulle vind nie ’n lewende siel aan boord nie en alles lyk nog in perfekte toestand, buiten die seile en toue wat al erg deur die wind verniel is.
     
     Dan hoor hulle ’n onaardse geskreeu van êrens af in die skip, wat klink of dit uit die dode kom en gee dit hulle die skrik van hulle lewe. Hulle maak toe ’n skokkende ontdekking wat wonderlike skatte in hulle hande lê, maar om dit in die hande te kry, sal hulle eers sekere geheime moet oplos. En dan vertrek Simon en sy troue volgeling Wilhelm Rieckert op die lang, lang reis waaroor hulle so lank gedroom het.
    Zum Buch
  • Selène - cover

    Selène

    Valerio Dalla Ragione

    • 0
    • 0
    • 0
    'n Wêreld wat herhaaldelik hervestig en hervorm is op 'n klassieke grondslag wat nou vervalle is, 'n swak sosiale integriteit en 'n eeue oue verdrag tussen die stadstate wat die oorlog oorleef het, Redui en Eyodasmi. 'n Ingewikkelde en delikate menslikheid van die sesde millennium, vier studente verlaat hul tuisdorp in die lig van die hoogste vlak van geleerdheid in die kulturele hoofstad van die tyd. Sosiale spanning en ideologiese implikasies oorheers die toneel waar die lewens van die vier vriende  rondgesleep en ontwrig word, wie se ervarings hulle dinge laat doen wat hulle nooit gedink het dat hulle dit moet regverdig of teen dit wees nie, as in daardie wêreld rondom hulle.  Optimisme, selfvertroue in kennis en in hul vermoëns sal nou aanskou word in al hul illusie, en die redes van die vreeslikste misdade soos die hoogste meriete uitstaande bly, span die aksies en dialoë van die hoofkarakters saam.
    Zum Buch
  • Die Mensvreters van Tsawo - cover

    Die Mensvreters van Tsawo

    Braam Le Roux

    • 0
    • 2
    • 0
    DIE MENSVRETERS VAN TSAWO - DIE SWART LUIPERD REEKS
     
    Die kluisenaar van die Blouberge se vader was ’n grootwildjagter. Op ’n dag verdwyn hy saam met twee van sy handlangers in die digte woude van Oos-Afrika. Sy seun gaan soek na hom en ontdek hom toe reeds half opgevreet deur leeus. In sy een hand het hy skitterende juwele krampagtig vasgehou, onder andere diamante, robyne, opale en saffiere. In sy ander hand het hy ’n briefie vasgehou waarin hy vertel van die legendariese stad van juwele wat hy ontdek het. Hy praat verder daarin van ’n diep gat onder ’n boom wat al die wonderlike juwele bevat asook van reuse swartes met spiese wat die stad bewaak en die mensvreters van Tsawo genoem word.
     
    Sy seun Paul maak dit toe sy lewenstaak om na die legendariese stad te gaan soek en vind dit toe ook twintig jaar later. Hy probeer dit streng geheim hou, maar ’n klomp fortuinsoekers kom wel daarvan te hore en is toe dadelik op sy spoor. Die Swart Luiperd, sy oom en sy dogter word in die kluisenaar se vertroue geneem om hom te help om na die stad van juwele te gaan. Die skurke is kort op hulle hakke en doen alles in hulle vermoë om van die Swart Luiperd ontslae te raak. Hulle kry dit later reg om vir Sonet en die kluisenaar te ontvoer en die keer is dit die Swart Luiperd wat hulle weer meedoënloos agtervolg.
     
    Toe hulle by die stad van juwele uitkom, word hulle skoon oorweldig deur al die skatte wat hulle waarneem. Hulle slu plan is om die beeldskone Sonet te gebruik en haar as bruid vir die koning aan te bied, in ruil vir baie van die skatte. Hulle het egter nie heeltemal rekening gehou met die vernuf van die Swart Luiperd, wat hulle gereken het hulle vroeër doodgemaak het nie. Saam met sy twee mak luiperds en Donker sy perd, het hulle so verassing of twee vir die skurke.
    Zum Buch