Rejoignez-nous pour un voyage dans le monde des livres!
Ajouter ce livre à l'électronique
Grey
Ecrivez un nouveau commentaire Default profile 50px
Grey
Abonnez-vous pour lire le livre complet ou lisez les premières pages gratuitement!
All characters reduced
Ek is Dankbaar I am Thankful - cover

Ek is Dankbaar I am Thankful

Shelley Admont, KidKiddos Books

Maison d'édition: KidKiddos Books

  • 0
  • 0
  • 0

Synopsis

‘Ek is Dankbaar’ wys hoe maklik dit is om dankbaar te wees vir alles in die lewe, selfs die klein dingetjies. Vandat jy wakker word in die oggend, om die warm son te geniet, en dan weer te gaan slaap en jou gunsteling teddiebeer vas te hou. Daar is altyd iets om voor dankbaar te wees.
Disponible depuis: 13/03/2024.
Longueur d'impression: 34 pages.

D'autres livres qui pourraient vous intéresser

  • Die Nuuskierige Varkie - Afrikaanse Kinder Luisterstories met Prente Boek as Bonus - cover

    Die Nuuskierige Varkie -...

    Rodeen Visser-Ludick

    • 0
    • 0
    • 0
    "Die nuuskierige varkie" gaan oor 'n varkie wat in 'n hok woon saam met sy familie. Hy raak moeg om net te eet en wil sien wat buite die hok is. Hy probeer verskeie kere om te ontsnap, maar misluk elke keer. Eendag kyk hy hoe die boer die hek oopmaak en so gebruik hy 'n krat om uiteindelik uit die hok te kom. 
    Buite ontmoet hy 'n oulike eendjie en ander plaasdiere by 'n dam. Hy maak vriende en speel te lekker saam met hulle. Die boer sien dit en besluit om die hok elke dag oop te laat sodat al die varkies kan gaan speel. Die storie wys hoe nuuskierigheid en deursettingsvermoë die varkie gehelp het om nuwe dinge te ontdek en so sy lewe te verbeter het.
    Voir livre
  • Hein en Lisa Die Bederfde Kleine Brokkies - Afrikaanse Kinder Luisterstories met Prente Boek as Bonus - cover

    Hein en Lisa Die Bederfde Kleine...

    Rodeen Visser-Ludick

    • 0
    • 0
    • 0
    Hein en Lisa, die bederfde kleine brokkies gaan oor ‘n boetie en sussie, wat in 'n groot woud woon en nooit tevrede is met al die speelgoed wat hul ouers vir hulle koop nie. Hulle ouers werk hard om elke dag net nuwe speelgoed vir hulle te koop, maar die kinders bly ontevrede. Na 'n storm wat hul huis verwoes en hulle speelgoed beskadig, verdwaal Hein en Lisa in die woud. Hulle ontmoet 'n vriendelike beertjie, Bennie, wat hulle wys dat geluk nie in speelgoed lê nie, maar in die tyd wat saam met geliefdes spandeer word. Uiteindelik besef Hein en Lisa die ware waarde van gesinstyd en belowe om nooit weer vir nuwe speelgoed te vra nie, maar om eerder kosbare oomblikke saam met hul ouers te geniet.
    Voir livre
  • Afrikaanse Kinder Stories - cover

    Afrikaanse Kinder Stories

    Hennie Reyneke

    • 0
    • 0
    • 0
    Hierdie oudio boek bestaan uit 21 kort Afrikaanse stories vir kinders.   
    Die meeste van die stories gaan oor diere, maar daar is twee wat oor kinders gaan. 
    Die stories behoort reg te wees vir seuns en dogters van so 4 tot so 10 jaar oud.   
    Daar is geen wrede, vulgêre of bangmaak dele in die stories nie. Die stories is redelik realisties behalwe vir diere wat kan praat en een storie van ‘n ruimtemannetjie. Die stories gaan nie oor hekse, towenaars, monsters, spoke, zombies, oorlog, geloof, politiek, of bisarre en vreemde goed nie. 
    Die totale lengte is 1 uur en 6 minute. Hier volg die titels en lengtes van die stories: 
    01 Karel die Krimpvarkie - 3:15 
    02 Pinkie die Olifantjie - 2:30 
    03 Gogga en Spinnie - 3:07 
    04 Kosie en Kokkie - 2:16 
    05 Manie die Mol - 3:13 
    06 Jasper die Leeu - 3:02 
    07 Paco die Pikkewyntjie - 4:12 
    08 Nina en Sarel - 4:19 
    09 Skrikkie en Skillie - 3:12 
    10 Pokkel die Eekhoring - 2:23 
    11 Seppie die Katjie - 2:31 
    12 Wie het op Carla se Kop Gepiepie? - 2:53 
    13 Kolie die Koalatjie - 2:34 
    14 Bobbie die Bobbejaantjie - 3:27 
    15 Bennie die Bokkie - 3:42 
    16 Frikkie die Vissie - 2:48 
    17 Vlakkie die Vlakvarkie - 4:46 
    18 Bakkies die Boesman - 3:33 
    19 Jaco die Meerkatjie - 3:13 
    20 Estelle is Bang vir die Donker - 1:57 
    21 Kallie en Zonie - 4:03
    Voir livre
  • Donker Begeertes - cover

    Donker Begeertes

    Ronel Janse van Vuuren

    • 0
    • 0
    • 0
    Yster en feë is nie vriende nie. 
      
    Tog het Tasha geen ander keuse as om in die mense-wêreld te wees nie: haar lewe is op die spel. 
      
    Hoërskool is egter nie veel veiliger as Feërie nie. Cliques, verlief raak en dag-tot-dag aktiwiteite navigeer, is gevaarlik genoeg sonder om te vrees vir ontmaskering as 'n wese van 'n ander wêreld. 
      
    Maar wanneer iets gebeur en almal hul ware self openbaar, het Tasha 'n keuse om te maak: sal sy hulle red van die vloek op hulle en haar ware aard openbaar, of sal sy hulle laat doodgaan en self veilig bly? 
      
    Gebruik die skuifbalk boontoe om uit te vind hoe Tasha die omwenteling van haar wêreld hanteer. 
      
    *Hierdie is die eerste boek in die Donker Hof Susters reeks.
    Voir livre
  • Die Meisie met Vlerke - cover

    Die Meisie met Vlerke

    Jaco bs

    • 0
    • 0
    • 0
    Wilson se lewe is, net soos haar naam, ietwat buitengewoon. Sy woon saam met haar ouers in 'n huis op wiele en moet elke paar maande na 'n nuwe dorp trek. Dit frustreer haar baie. Amper so baie soos Errol. Hy het onlangs besluit dat Wilson sy beste maat is en dat sy hom moet vergesel op vervelige uitstappies soos voëlkyk. Net toe Wilson dink dat Verkeerdevlei net so vervelig gaan wees soos al die ander klein dorpies waar sy al gewoon het, ontdek sy iets uitsonderlik - iets wat ten alle koste geheim gehou moet word. Maar dan raak dinge gevaarlik ... Iemand is daarop uit om wraak te neem, en niks en niemand gaan hom stuit nie - veral nie twee kinders nie.
    Voir livre
  • Barend Beer en die Woud van Hartseer - 'n Verhaal oor verlies - cover

    Barend Beer en die Woud van...

    Christina van Deventer

    • 0
    • 0
    • 0
    Wanneer Barend se mamma-beer ’n uitnodiging uit Die Hemel ontvang is Barend aanvanklik kwaad. Hoe kan sy ma hom alleen los terwyl sy op reis gaan na ’n plek waarvandaan sy nie beplan om terug te keer nie? 
    Barend agtervolg sy ma wanneer sy haar reis aanhef, maar op pad Hemel toe verloor hy haar spoor en verdwaal hy in die Woud van Hartseer. 
    Hoe gaan hy sy pad uit die diepste, donkerste woud in die wêreld vind? 
    Volg Barend op die grootste avontuur van sy lewe, terwyl hy die pad huis toe vind, terug na waar hy in sy drome en gedagtes deur sy moeder besoek kan word, en die enigste adres waar hy sy eie hemelse uitnodiging eendag kan ontvang. 
    Barend Beer en die Woud van Hartseer is 'n verhaal oor verlies, maar ook oor hoop en die vriendskappe wat in die grootste oomblikke van nood gesmee word. Hierdie boek is geskik vir kinders en tieners wat reeds gevorderde lesers is, asook vir enigiemand wat hulself in die Woud van Hartseer bevind na die verlies van 'n geliefde. Die tema van verlies word met teerheid aangebied, en dus kan selfs die jongstes en die oudstes by hierdie verhaal aanklank vind.
    Voir livre