Begleiten Sie uns auf eine literarische Weltreise!
Buch zum Bücherregal hinzufügen
Grey
Einen neuen Kommentar schreiben Default profile 50px
Grey
Jetzt das ganze Buch im Abo oder die ersten Seiten gratis lesen!
All characters reduced
Vreemde Vrou in die Wildernis - cover

Vreemde Vrou in die Wildernis

Meiring Fouche

Verlag: Pieter Haasbroek

  • 0
  • 1
  • 0

Beschreibung

VREEMDE VROU IN DIE WILDERNIS - RYK SCHOONRAAD REEKS
 
Ryk Schoonraad, flukse jong boer aan die voorpos van die beskawing, is verbaas om in die veld ’n verskrikte handperd te kry, belaai met die besittings van ’n vrou. Maar teen daardie tyd het sy groot avontuur reeds begin. Hierdie nuwe gebeurtenis maak die wêreld vir hom net nog moeiliker, maar dit bring darem ook iets nuuts in sy opwindende lewe hier in die onbeskaafde wildernis van die voorgrens. Die blote feit dat hy boonop ook nog ’n uiters kosbare vonds op sy plaas ontdek, maak sake vir hom glad nie makliker nie. Hy het sy hande behoorlik vol om aan die lewe te bly en reg en geregtigheid te laat seëvier.
Verfügbar seit: 05.11.2021.

Weitere Bücher, die Sie mögen werden

  • Alleen Onder Die Maan - cover

    Alleen Onder Die Maan

    Wllem Krog

    • 0
    • 2
    • 0
    Nadat die ekonomie amper in duie stort, word die Suid-Afrikaanse regering gedwing om die land met 'n buitelandse rekenaarstelsel te regeer. Die rekenaarstelsel werk op kunsmatige intelligensie en reguleer feitlik elke aspek van mense se lewens. Selfs hofsake word deur 'n rekenaar behartig.
    In hierdie distopiese wêreld is alles afhanklik van jou SOMSS-telling (System of Moral and Social Suitability). Dit bepaal waar jy mag woon, watter kos jy by People Eats mag bestel en hoe gereeld jy met People Move mag ry. Responsible Citizenship Learning, 'n verpligte SOMMS-module, leer jou die land se geskiedenis en wat dit verg om 'n goeie burger te wees.
    Alleen Onder die Maan vertel die verhaal van Jaco, 'n 80-jarige individualis wat krities is oor hierdie totalitêre bestel, en sy seun, Pieter, wat as sy beroep rekenaarspeletjies toets en nie besef hoe die stelsel persoonlike vryheid bedreig nie.
    Die boek het twee verhaallyne: Jaco se aangrypende herinneringe aan sy grootwordjare op 'n Vrystaatse plaas. Die tweede verhaallyn volg pa en seun op 'n laaste besoek aan die plaas buite Kroonstad in die huidige era waar alle plase gekonfiskeer en in megaplase omskep is en robotte en geoutomatiseerde voertuie al die werk doen.
    In 'n roerende beskrywing, vertel Jaco hoe sy broers die maanlanding van 1969 op die plaas nagemaak het. Hy glo egter die tegnologiese ontwikkelinge wat op die maanlanding gevolg het, het die mens laat glo hy is god en het hierdie nuwe wêreld geskep.
    Pieter is weer krities oor sy pa se generasie omdat hulle nooit opgestaan het teen apartheid nie, maar die ironie is dat hy nie besef hy leef in 'n ewe totalitêre wêreld nie.
    Die verhaal tree nie net in gesprek met die Suid-Afrikaanse politiek nie, maar ook met die politiek van Afrikaans-wees.
    Zum Buch
  • Die Kombuis Imps En Ander Donker Verhale - cover

    Die Kombuis Imps En Ander Donker...

    A L Butcher

    • 0
    • 1
    • 0
    Ses verhale oor gesinsvriendelike fantasiefiksie. 
    
    
    Stoute imps, vermiste sokkies, slinkse diewe en verwarde gode verskyn in hierdie versameling kort fantasie -fiksie. Wenner van 2018 beste fantasie op NN Light Book Heaven.
    Zum Buch
  • Selène - cover

    Selène

    Valerio Dalla Ragione

    • 0
    • 0
    • 0
    'n Wêreld wat herhaaldelik hervestig en hervorm is op 'n klassieke grondslag wat nou vervalle is, 'n swak sosiale integriteit en 'n eeue oue verdrag tussen die stadstate wat die oorlog oorleef het, Redui en Eyodasmi. 'n Ingewikkelde en delikate menslikheid van die sesde millennium, vier studente verlaat hul tuisdorp in die lig van die hoogste vlak van geleerdheid in die kulturele hoofstad van die tyd. Sosiale spanning en ideologiese implikasies oorheers die toneel waar die lewens van die vier vriende  rondgesleep en ontwrig word, wie se ervarings hulle dinge laat doen wat hulle nooit gedink het dat hulle dit moet regverdig of teen dit wees nie, as in daardie wêreld rondom hulle.  Optimisme, selfvertroue in kennis en in hul vermoëns sal nou aanskou word in al hul illusie, en die redes van die vreeslikste misdade soos die hoogste meriete uitstaande bly, span die aksies en dialoë van die hoofkarakters saam.
    Zum Buch
  • Halo - cover

    Halo

    Francesco Falconi

    • 0
    • 0
    • 0
     "Halo" is die eerste soort vreemde verhaal van Francesco Falconi.  Met 'n huldeblyk aan Kafka se Metamorfose, die storie saamgevat in 'n paar bladsye oor 'n leeftyd, familie dramas, pyn wat nooit sal verdwyn nie.  Tot op die laaste oomblik.  Tot die ontdekking van onsself en van die lig.
    Zum Buch
  • Hoefslae teen Middernag - cover

    Hoefslae teen Middernag

    Braam Le Roux

    • 0
    • 0
    • 0
    HOEFSLAE TEEN MIDDERNAG - WOESTE LAEVELD REEKS
     
    Hierdie verhaal speel af in die tydperk 1835 - 1887 tydens die storm en drang jare van die Oostelike Transvaal, toe die geel erts honderde mense na gebiede om Barberton laat stroom het. Die goudkoors het hewig gewoed en avontuur en romantiek was aan die orde van die dag. ’n Kosmopolitiese bevolking is in Barberton saam gehok en wetteloosheid het onrusbarend toegeneem. Die Republikeinse polisie was te ontoereikend om hierdie wetteloosheid die hoof te bied. Dit was die jare toe die geweer en die rewolwer reg en geregtigheid beslis het en meermale het ongeregtigheid die botoon gevoer.
     
    In hierdie verhaal is Hein Brandis op pad na ʼn ou vriend van hom, genaamd oom Izak Langeman, wat hy baie jare laas gesien het. Oom Izak se beeldskone dogter, Roelien, was goed bevriend met Hein in hul kinderjare, maar sy het toe weggeloop en gaan trou met Nic Beetge, wat ʼn opperste skurk en veedief is. Nie lank na haar troue nie, kry Roelien dit reg om ongemerk vir haar pa ʼn brief te stuur, waarin sy dringend om hulp vra. Oom Izak het toe weer dadelik vir Hein laat ontbied. Hein het skaars by oom Izak opgedaag en verneem na die inhoud van die brief of hulle twee raak betrokke by veediewe, wat beide se beeste probeer wegvoer. In die skermutseling wat volg, sterf om Izak en dit maak Hein vasbeslote om hierdie geheim van Roelien en die beesdiewe op te los. Gou val die vuiste en klap die skote en Hein het omtrent al sy dae om aan die lewe te bly. Hein kry onder andere hulp vanuit ʼn onverwagte oord in die vorm van Marlene. Sy is net so beeldskoon soos Roelien en het rooi hare wat oral aandag trek. Saam met haar en Frans Verwey wat ʼn wetstoepasser is, probeer hulle die veediewe aankeer en kos dit al hul ervaring en vermoëns om staande te bly teen die gevaarlike bende wat voortdurend poog om hulle uit te wis.
    Zum Buch
  • Verhale Van Erana - Mites En Legendes - cover

    Verhale Van Erana - Mites En...

    A L Butcher

    • 0
    • 0
    • 0
    Verhale van Erana: Mites en Legendes
    In 'n wêreld waar magie onwettig is, en elwe wat verslaaf is, durf jy die verhale van ouds hoor? Vyf verhale van mite, towery en monsters 
    
    
    Die Maan op die Water: die verhaal van liefde tussen 'n godin en 'n vegter en die verskriklike vloek wat dit meegebring het. 
    
    
    Die Verhaal van Treyna die Geliefde: Wanneer 'n sterflike vrou agtervolg word deur twee mededingende gode, word die hemel selfs deur towery bewerk. 
    
    
    Storm-Gebore: 'n Eensame towenaar vind geselskap met 'n wese van die storm, maar towery vra 'n prys, watter prys sal dit wees? 
    
    
    Die Blou Fles: 'n les om aandagtig na instruksies te luister, anders maak jy 'n verleentheid. 
    
    
    Die Legende van Eliana: 'n verhaal van 'n nimf en 'n padda, jaloerse magie en skuld terugbetaal.
    Zum Buch