Rejoignez-nous pour un voyage dans le monde des livres!
Ajouter ce livre à l'électronique
Grey
Ecrivez un nouveau commentaire Default profile 50px
Grey
Abonnez-vous pour lire le livre complet ou lisez les premières pages gratuitement!
All characters reduced
Die Woudties Spook In 'n Kasteel - cover

Die Woudties Spook In 'n Kasteel

Francois Keyser

Maison d'édition: Francois Keyser

  • 0
  • 0
  • 0

Synopsis

Welkom in die wereld van “Die Woudties”. 


“Die Woudties” is ‘n reeks kinderboeke wat vertel van die unieke avonture van 5 dieremaats. 


“Die Woudties” is oorspronklik in Engels geskryf en staan in Engels bekend as “The Junglies”. 


In hierdie boek, vind die Woudties ‘n kasteel en besluit om dit verder te verken. Hulle is te ongeduldig en opgewonde om te wag vir die aankoms van Woudie Woudman en besluit om die kasteel op hul eie te verken....... Is dit die regte besluit of moes hulle meer geduldig gewees het? 


Francois se oudste dogter was sy inspirasie om “The Junglies” te skryf. 


Vir meer inligting oor “The Junglies” en Francois besoek asseblief http://www.thejunglies.com of gaan kyk na “ The Junglies” se bladsy op FaceBook by www.facebook.com/tigerloseshisstripes.
Disponible depuis: 17/12/2019.

D'autres livres qui pourraient vous intéresser

  • Aga verloor sy strepe - cover

    Aga verloor sy strepe

    Francois Keyser

    • 0
    • 0
    • 0
    Welkom in die wereld van “Die Woudties” 
    “Die Woudties” is ‘n reeks kinderboeke wat vertel van die unieke avonture van 5 dieremaats. 
    Elke boek in "Die Woudties" reeks is geskryf met 'n les vir jong lesers om te leer. Die les in hierdie boek is dat ons altyd eerlik moet wees. 
    In hierdie boek verloor Aga, die tier sy strepe- of doen hy? 
    Kuier saam met die dieremaats terwyl hulle na Aga se verlore strepe soek en leer dat dit altyd beter is om die waarheid te praat. 
    Francois se oudste dogter was sy inspirasie om “Die Woudties” te skryf. 
    "Die Woudties" is oorspronklik in Engels geskryf en staan in Engels bekend as "The Junglies".
    Voir livre
  • Oupa Zombie - cover

    Oupa Zombie

    Jaco bs

    • 0
    • 0
    • 0
    Alex se oupa het grys hare, dra valstande en kyk graag na reis-programme op TV. Maar op ’n dag raak hy skielik mal oor … BREIIINNNSSS! Dit is duidelik dat Oupa besig is om in ’n zombie te verander. As Alex hom van dr. Zuurman en die zombiepolisie wil red, gaan hy ’n paar briljante planne, goeie vriende en hope broccoli nodig hê. En miskien kan hulle op die koop toe ook hulle droom bewaarheid om die Victoriawatervalle en Egipte te siene kry!Met Jacobs se sonderlinge kombinasie van humor en die deernisvolle uitbeelding van gesins- en ander verhoudinge, is dit nie moeilik om te verstaan waarom hy die topverkoper-kinderboekskrywer in Suid-Afrika is nie.
    Voir livre
  • Afrikaanse Kinder Stories - cover

    Afrikaanse Kinder Stories

    Hennie Reyneke

    • 0
    • 0
    • 0
    Hierdie oudio boek bestaan uit 21 kort Afrikaanse stories vir kinders.   
    Die meeste van die stories gaan oor diere, maar daar is twee wat oor kinders gaan. 
    Die stories behoort reg te wees vir seuns en dogters van so 4 tot so 10 jaar oud.   
    Daar is geen wrede, vulgêre of bangmaak dele in die stories nie. Die stories is redelik realisties behalwe vir diere wat kan praat en een storie van ‘n ruimtemannetjie. Die stories gaan nie oor hekse, towenaars, monsters, spoke, zombies, oorlog, geloof, politiek, of bisarre en vreemde goed nie. 
    Die totale lengte is 1 uur en 6 minute. Hier volg die titels en lengtes van die stories: 
    01 Karel die Krimpvarkie - 3:15 
    02 Pinkie die Olifantjie - 2:30 
    03 Gogga en Spinnie - 3:07 
    04 Kosie en Kokkie - 2:16 
    05 Manie die Mol - 3:13 
    06 Jasper die Leeu - 3:02 
    07 Paco die Pikkewyntjie - 4:12 
    08 Nina en Sarel - 4:19 
    09 Skrikkie en Skillie - 3:12 
    10 Pokkel die Eekhoring - 2:23 
    11 Seppie die Katjie - 2:31 
    12 Wie het op Carla se Kop Gepiepie? - 2:53 
    13 Kolie die Koalatjie - 2:34 
    14 Bobbie die Bobbejaantjie - 3:27 
    15 Bennie die Bokkie - 3:42 
    16 Frikkie die Vissie - 2:48 
    17 Vlakkie die Vlakvarkie - 4:46 
    18 Bakkies die Boesman - 3:33 
    19 Jaco die Meerkatjie - 3:13 
    20 Estelle is Bang vir die Donker - 1:57 
    21 Kallie en Zonie - 4:03
    Voir livre
  • Donker Begeertes - cover

    Donker Begeertes

    Ronel Janse van Vuuren

    • 0
    • 0
    • 0
    Yster en feë is nie vriende nie. 
      
    Tog het Tasha geen ander keuse as om in die mense-wêreld te wees nie: haar lewe is op die spel. 
      
    Hoërskool is egter nie veel veiliger as Feërie nie. Cliques, verlief raak en dag-tot-dag aktiwiteite navigeer, is gevaarlik genoeg sonder om te vrees vir ontmaskering as 'n wese van 'n ander wêreld. 
      
    Maar wanneer iets gebeur en almal hul ware self openbaar, het Tasha 'n keuse om te maak: sal sy hulle red van die vloek op hulle en haar ware aard openbaar, of sal sy hulle laat doodgaan en self veilig bly? 
      
    Gebruik die skuifbalk boontoe om uit te vind hoe Tasha die omwenteling van haar wêreld hanteer. 
      
    *Hierdie is die eerste boek in die Donker Hof Susters reeks.
    Voir livre
  • Hoppie Hasie sit vas - cover

    Hoppie Hasie sit vas

    Francois

    • 0
    • 0
    • 0
    Welkom in die wereld van “Die Woudties” 
    “Die Woudties” is ‘n reeks kinderboeke wat vertel van die unieke avonture van 5 dieremaats. 
    In hierdie boek sit Abbit die hasie in 'n boom vas. Sal die dieremaats hom kan red? Deel in hulle planne om Abbit uit die boom te kry. 
    Hierdie storie leer vir jong lesers dat geen idee 'n dom idee is nie en dat ons nooit moet opgee nie,
    Voir livre
  • Ek Slaap Graag In My Eie Bed - cover

    Ek Slaap Graag In My Eie Bed

    Shelley Admont, Books KidKiddos

    • 0
    • 0
    • 0
    Jimmy, die klein hasie, wil nie in sy eie bed slaap nie. Elke aand sluip hy in sy ouers se kamer in, en raak in hul bed aan die slaap. Tot een aand, toe iets onverwags gebeur... Hierdie verhaal is ideaal om voor slaaptyd vir kinders voor te lees, en ook aangenaam vir die hele gesin! Dit is geskik as voorleesboek vir kleuters of as selfleesboek vir ouer kinders.
    Voir livre