Rejoignez-nous pour un voyage dans le monde des livres!
Ajouter ce livre à l'électronique
Grey
Ecrivez un nouveau commentaire Default profile 50px
Grey
Abonnez-vous pour lire le livre complet ou lisez les premières pages gratuitement!
All characters reduced
Net vier dae om te lewe! - 'n Versameling Afrikaanse stoepstories oor die lewe se humor hartseer en onverwagse draaie - cover

Net vier dae om te lewe! - 'n Versameling Afrikaanse stoepstories oor die lewe se humor hartseer en onverwagse draaie

Chris Opperman

Maison d'édition: Pieter Haasbroek [Chris Opperman]

  • 0
  • 0
  • 0

Synopsis

NET VIER DAE OM TE LEWE!
 
Hierdie e-boek is geskryf deur Chris Opperman op sy tagtigjarige ouderdom en is die eerste boek wat hy skryf.
 
Elkeen van ons het unieke stories om te vertel, van wat alles in ons lewe gebeur het en die tragiese daarvan is dat bitter min van ons die stories vasvang op swart en wit, vir ons nageslagte om te lees en te geniet. Wanneer die dood op die drumpel van jou deur kom staan, skrik baie skielik wakker, maar gewoonlik vir meeste dan te laat. Chris Opperman het besluit, kom wat wil, hy gaan skryf oor ’n klompie van sy uitsonderlike lewensverhaal stories voor die geleentheid hom vir ewig ontneem word.
 
In sy besondere manier van skryf, met baie Engelse woorde asook eie woorde wat geskep is en dus nie in woordeboeke voorkom nie, neem hy die leser op ʼn opwindende tog van meer as 16 lekkerlees kortverhaal stories. Meeste van sy stories het ʼn komiese aanslag terwyl ander weer drama bevat en nog ander die kyker ʼn terugblik gee van wat tien, twintig, dertig jaar en langer terug in Suid-Afrika gebeur het. Daar is genoeg inligting wat oud en jonk mee sal kan identifiseer en dit dus nie sal teleurstel nie. Hy spreek sy hoop uit dat die boek ook ander sal inspireer om die pen op te neem en hulle stories sal verewig op papier en so ander se lewe kan verryk met die soet en die suur of die swaarkry en lekkerkry van hul lewe…
Disponible depuis: 05/09/2022.
Longueur d'impression: 52 pages.

D'autres livres qui pourraient vous intéresser

  • Hein en Lisa Die Bederfde Kleine Brokkies - Afrikaanse Kinder Luisterstories met Prente Boek as Bonus - cover

    Hein en Lisa Die Bederfde Kleine...

    Rodeen Visser-Ludick

    • 0
    • 0
    • 0
    Hein en Lisa, die bederfde kleine brokkies gaan oor ‘n boetie en sussie, wat in 'n groot woud woon en nooit tevrede is met al die speelgoed wat hul ouers vir hulle koop nie. Hulle ouers werk hard om elke dag net nuwe speelgoed vir hulle te koop, maar die kinders bly ontevrede. Na 'n storm wat hul huis verwoes en hulle speelgoed beskadig, verdwaal Hein en Lisa in die woud. Hulle ontmoet 'n vriendelike beertjie, Bennie, wat hulle wys dat geluk nie in speelgoed lê nie, maar in die tyd wat saam met geliefdes spandeer word. Uiteindelik besef Hein en Lisa die ware waarde van gesinstyd en belowe om nooit weer vir nuwe speelgoed te vra nie, maar om eerder kosbare oomblikke saam met hul ouers te geniet.
    Voir livre
  • Die Tandmuis - Afrikaanse Kinder Luisterstories - cover

    Die Tandmuis - Afrikaanse Kinder...

    Rodeen Visser-Ludick

    • 0
    • 0
    • 0
    "Die tandmuis" is 'n oulike storie oor 'n tandmuis wat op 'n plaas woon en elke jaar 'n briefie aan die dorp se kinders stuur om hulle aan te moedig om mooi na hulle tandjies te kyk. Hy beloon hulle met 'n geldjie vir elke spierwit tandjie. Baie van die muise op die plaas moet hul huisies van modder en riete bou omdat die tandmuis net 'n paar tandehuisies per jaar kan bou. Elke jaar word baie muisies se riethuisies deur die harde winterreën vernietig. Rosie, 'n plaasmuis, is tiende op die lys om 'n tandehuisie te kry en het 'n slim plan beraam om die tandmuis te help om tande vinniger bymekaar te maak sodat almal voor die winter pragtige en warm tandehuisies kan hê.
    Voir livre
  • Die Nuuskierige Varkie - Afrikaanse Kinder Luisterstories met Prente Boek as Bonus - cover

    Die Nuuskierige Varkie -...

    Rodeen Visser-Ludick

    • 0
    • 0
    • 0
    "Die nuuskierige varkie" gaan oor 'n varkie wat in 'n hok woon saam met sy familie. Hy raak moeg om net te eet en wil sien wat buite die hok is. Hy probeer verskeie kere om te ontsnap, maar misluk elke keer. Eendag kyk hy hoe die boer die hek oopmaak en so gebruik hy 'n krat om uiteindelik uit die hok te kom. 
    Buite ontmoet hy 'n oulike eendjie en ander plaasdiere by 'n dam. Hy maak vriende en speel te lekker saam met hulle. Die boer sien dit en besluit om die hok elke dag oop te laat sodat al die varkies kan gaan speel. Die storie wys hoe nuuskierigheid en deursettingsvermoë die varkie gehelp het om nuwe dinge te ontdek en so sy lewe te verbeter het.
    Voir livre
  • Die Hasie Met Die Lang Ore - Afrikaanse Kinder Luisterstories met Prente Boek as Bonus - cover

    Die Hasie Met Die Lang Ore -...

    Rodeen Visser-Ludick

    • 0
    • 0
    • 0
    'n Baie oulike storie vir jong kinders 
    Kasper, 'n hasie met baie lang ore, word gereeld gespot deur sy maatjies in die woud omdat hy anders lyk. Alhoewel dit hom aanvanklik hartseer maak, leer Kasper om sy unieke eienskap te waardeer. Sy lang ore help hom om goed te hoor en selfs om oor die rivier te kom deur van boomtak tot boomtak te spring. 
    Wanneer die ander diere sukkel om by kos aan die ander kant van die rivier uit te kom, gebruik Kasper sy slim idee om 'n brug te bou met behulp van varingplante. Met die hulp van al die diere bou hulle die brug, wat hulle die hele jaar toegang gee tot kos. Kasper se slim plan red die diere van hongerte, en uiteindelik besef die ander diere dat sy lang ore eintlik 'n waardevolle geskenk is. Hulle vra om verskoning vir hul gedrag, en Kasper vergewe hulle, net te bly hy kon gehelp het.
    Voir livre
  • Betowerde woud - die konfraternisering - cover

    Betowerde woud - die...

    LS Morgan

    • 0
    • 0
    • 0
    Kortverhaal vir kinders en jongmense, oor vriendskap en kameraadskap. Twee broers durf hul groot tannie se plaas aan en wat hierdie kinders sal ervaar, is die gevoel om in `n betowerde woud te wees, `n dag van avontuur, towerkrag, lekker lag en pret te hê.
    Voir livre
  • Kapers op die Kim - 'n Kaapse seerower avontuur Boek 24 - cover

    Kapers op die Kim - 'n Kaapse...

    Gerrie Radlof

    • 0
    • 0
    • 0
    Swart seile op die horison.
     
    ’n Gewetenlose seerower aanval.
     
    En ’n geheime agent vasgekeer agter vyandelike linies.
     
    Ontdek die Goue Era van Seerowery (1690-1720), waar die verraderlike waters van die Kaap die Goeie Hoop slegs die aanvang is van ’n wêreldomvattende avontuur.
     
    Wanneer ’n vloot vreesaanjaende seerower skepe, gelei deur die gewetenlose Kromklou Moran op die vreedsame kusdorpie Moma toesak, bars chaos uit oor die Indiese Oseaan. Te midde van die vuur en woede, hou een man egter die sleutel tot oorlewing.
     
    Tier van Heerden, ’n nederige myner met ’n gevaarlike geheim, is geen gewone dorpenaar nie. Hy is ’n geheime agent in diens van die legendariese Oloff die Seerower. Sy missie is om die donker herlewing van seerowery, wat dreig om terreur oor die seë te laat herleef, te ontbloot. Nou, gestrand in die hart van Moran se inval, staan Tier voor ’n dodelike keuse. Ontsnap of waag alles om ’n nuwe era van bloedvergieting op die oop see te stop.
     
    Soos kanonvuur dreun en sabels kletter, word Tier se pad al gevaarliker. Verstrengel met Moran se slinkse kinders, verskeur tussen lojaliteit en die desperate droom van vryheid, moet hy ’n web van wisselvallige alliansies, verraad en troueloosheid trotseer. In ’n wêreld waar vertroue ’n dobbelspel is en oorlewing opoffering vereis, kan een misrekening hom sy lewe kos... en die lewens van almal wat hy gesweer het om te beskerm.
     
    Hierdie aangrypende verhaal, propvol swaardgeveg aksie en oop see gevegte, dompel jou in die hart van ’n brutale seerower oorlog. Aanhangers van Treasure Island, Master and Commander en Bernard Cornwell se see avonture sal meegesleur word deur hierdie opwindende mengsel van historiese fiksie, see spanning en klassieke seerower storie vertelling.
     
    Maak seker jy kom aan boord en ontdek vandag die onvergeetlike laaste en vier-en-twintigste boek in die epiese Oloff die Seerower sage, waar lojaliteit beproef word en nuwe legendes gebore word.
    Voir livre