Begleiten Sie uns auf eine literarische Weltreise!
Buch zum Bücherregal hinzufügen
Grey
Einen neuen Kommentar schreiben Default profile 50px
Grey
Jetzt das ganze Buch im Abo oder die ersten Seiten gratis lesen!
All characters reduced
Die Horlosiemaker (Afrikaanse uitgawe) - Afrikaans edition - cover

Die Horlosiemaker (Afrikaanse uitgawe) - Afrikaans edition

Anna Erishkigal

Verlag: Seraphim Press

  • 0
  • 1
  • 0

Beschreibung

--Vra hoe jy ‘n uur in tyd kan wen--

Marae O’Conaire het baie groter probleme as die feit dat haar horlosie stiptelik 3:57 namiddag opgehou werk het. Wanneer sy haar horlosie neem vir herstelwerk, vind sy uit dat sy ‘n ongewone prys gewen het – die kans om ‘n enkele uur van haar lewe oor te leef. Maar die lot het streng reëls oor hoe die verlede beïnvloed mag word en kom met die waarskuwing dat sy niks mag doen wat ‘n paradoks in die tyd-lyn kan veroorsaak nie. Kan Marae vrede maak met die fout waaroor sy die meeste spyt in hierdie wêreld het?

"’n Aangrypende verhaal. Die kans om jou grootste spyt reg te maak is ‘n kans duisend!" –Leser resensie

"’n Baie hartroerende en dramatiese verhaal… as ons die kans sou kry om die verlede te verander, sou ons?" –Leser resensie

"’n Aangrypende kort verhaal gebaseer op ‘n tema uit Noorse mitologie. Tyd is ‘n geskenk, en partykeer, ‘n laaste kans…" --Dale Amidei, skrywer

Wat as jy dit alles oor kon doen?

Keywords: Afrikaans fiction, Afrikaans romance, Afrikaans language books, Afrikaans language, Afrikaans language edition, Afrikaans language romance, Afrikaans edition, Afrikaans books, Afrikaans fiction, Norse mythology, Norns, Fate, interracial dating, prejudice, racism, second chances, what to read after Outlander, wat om te lees na Outlander, Afrikaanse taal boeke, Afrikaans romanse, Afrikaans fiksie, Afrikaanse taal, Afrikaanse taal romanse, Afrikaanse taal uitgawe, Afrikaans uitgawe, Afrikaanse boeke, Noorse mitologie, Norns, noodlot, veelrassige dating, vooroordeel, rassisme, tweede kanse.
Verfügbar seit: 02.01.2017.

Weitere Bücher, die Sie mögen werden

  • Maan Dans - Verbind Deur Bloed Reeks – Boek Een - cover

    Maan Dans - Verbind Deur Bloed...

    Amy Blankenship

    • 1
    • 2
    • 0
    Envy se lewe is goed. Goeie broer, goeie kêrel en die beste werk wat ‘n meisie voor kan vra … kroegmeisie by een van die beste klubs in die stad. Ten minste was dit goed totdat sy ‘n oproep gekry het van een van haar beste vriende dat haar kêrel die vertikale limbo op die dansvloer doen by Maan Dans. Haar besluit om hom te konfronteer begin ‘n ketting van gebeure wat haar sal voorstel aan ‘n gevaarlike paranormale wêreld weggesteek onder die daaglikse sleur. ‘n Wêreld waar mense kan transformeer na swart luiperds, lewende vampiere wat in die strate wandel en gevalde engele wat saam met ons rondloop. Devon is ‘n weerswart luiperd, ‘n bietjie rof om die kiewe en een van die mede-eienaars van Maan Dans. Sy wêreld word op sy as gedraai wanneer hy ‘n aanloklike jakkelsvrou met rooi hare in sy klub sien dans, gewapen met ‘n siniese hart en ‘n skokstok. Met ‘n vampier oorlog in volle gang rondom hulle, sweer Devon om hierdie vrou sy eie te maak ... en sal veg soos die hel self om haar te kry.
    Zum Buch
  • Skerwe Van Haar Siel - cover

    Skerwe Van Haar Siel

    KarnaS

    • 0
    • 0
    • 0
    Sy fris bruingebrande bolyf, gespierde arms... sy lang swart hare wat laag teen sy rug afhang!!! Hoe baie keer het sy nie gewens hy kan haar teen hom vasdruk en se hy is lief vir haar nie. Maar nog elke keer as Kabous van Niekerk na Canaro kyk, was daar vlinders in haar maag. n Paar maande voor haar 19de verjaardag, het iets gebeur, wat al lankal moes gebeur het!. Kabous het geweet een of ander tyd sou dit moes gebeur...
    Zum Buch
  • Die Raaisel van Aber-el-Mir - 'n Suid-Afrikaanse Held se Stryd in die Franse Vreemdelegioen Boek 35 - cover

    Die Raaisel van Aber-el-Mir - 'n...

    Meiring Fouche

    • 0
    • 0
    • 0
    Hulle het van die aangesig van die aarde af verdwyn.
     
    Geen liggame en geen leidrade nie.
     
    Net ’n koue, doodse stilte.
     
    Sahara woestyn, 1940-1960. Kaptein D’Arlan, die legendariese “Houdini van die Sahara”, is die Franse Vreemdelegioen se enigste hoop. Hy word op ’n gevaarlike sending gestuur om ’n onmoontlike raaisel op te los. ’n Hele bataljon van 280 soldate het van ’n afgeleë buitepos verdwyn. Die kamp is onheilspellend onaangeraak, tog lê die offisiere brutaal vermoor.
     
    Deur ’n spoor van kriptiese leidrade te volg, ’n pyl wat op ’n vlag geteken is en ’n boodskap aan ’n aasvoël vasgebind, word D’Arlan en sy veteraan soldate in ’n sameswering ingetrek wat veel dodeliker is as ’n eenvoudige muitery. Bedreig deur ’n genadelose woestyn-tiran, ontdek hulle die afgryslike waarheid agter die verdwyning. Nou moet hulle alles waag om die gevange manne te bevry of die volgende slagoffers word wat in die woestyn verlore sal raak.
     
    ’n Onverbiddelike mengsel van ʼn intense militêre riller en klassieke aksie-avontuur. Hierdie storie is aangrypende leesgenot vir aanhangers van Alistair MacLean en die hewige spanning van moderne misterie.
     
    Begin vandag nog lees aan hierdie onvergeetlike vyf-en-dertigste Sahara-avontuur!
    Zum Buch
  • Nag Lig - Bloedgebonde Reeks Boek 2 - cover

    Nag Lig - Bloedgebonde Reeks Boek 2

    Amy Blankenship, RK Melton

    • 0
    • 0
    • 0
    Kat Santos het die eienaar van Nag Lig vir jare nie gesien nie. Dis nou totdat Quinn skielik besluit het om haar te ontvoer en haar te beskuldig daarvan dat sy hom probeer op set het vir die vampier moorde. Met die besef dat die vyand met hulle speel, kombineer die twee gesinne hulle kragte om die vampiere te probeer keer om hul stad te terroriseer.Quinn Wilder het na haar gekyk met die honger oë van 'n poema vandat sy gebore is. Toe sy 'n tiener was het die temptasie om haar sy eie te maak vinnig 'n rif tussen hom en haar oor-beskermende broers veroorsaak. Toe hule vaders mekaar vermoor het in 'n geveg, was die gesinne geskei van mekaar en sy was veilig buite sy bereik. Quinn het haar oor 'n afstand gevolg en agter gekom dat die vampier oorlog sy goeie punte het wanneer sy vergeet om weg te bly. 
    Kat Santos het die eienaar van Nag Lig vir jare nie gesien nie. Dis nou totdat Quinn skielik besluit het om haar te ontvoer en haar te beskuldig daarvan dat sy hom probeer op set het vir die vampier moorde. Met die besef dat die vyand met hulle speel, kombineer die twee gesinne hulle kragte om die vampiere te probeer keer om hul stad te terroriseer.
    Soos wat die ondergrondse oorlog eskaleer, so eskaleer die begeerte vlamme wat begin het by 'n ontvoering en vinnig uitdraai in 'n gevaarlike spel van verleiding.PUBLISHER: TEKTIME
    Zum Buch
  • Skaduwee van Gister - 'n Suid-Afrikaanse Held se Stryd in die Franse Vreemdelegioen Boek 25 - cover

    Skaduwee van Gister - 'n...

    Meiring Fouche

    • 0
    • 0
    • 0
    Hulle was geraamtes in die sand, ’n verlore patrollie ingesluk deur die Sahara.
     
    Maar dit was geen ongeluk nie.
     
    Dit was ’n uitnodiging.
     
    Sahara woestyn, 1940-1960. Wanneer ’n hele Franse Vreemdelegioen patrollie spoorloos verdwyn, word die legendariese Kaptein D’Arlan, bekend as die “Houdini van die Sahara”, gestuur om hulle te vind. Hy verwag ’n stryd teen die onvergewensgesinde woestyn, maar stap toe direk in ’n noukeurig beplande lokval in. Hy is nie meer die jagter nie, hy is nou die prooi.
     
    Omring deur ’n massiewe leër, stel die genadelose Oerdoe-sjeik sy eis. Die lewens van twee patrollies in ruil vir een man, legioensoldaat Teuns Stegmann. D’Arlan weier volstrek om sy soldaat op te offer, maar die sjeik se obsessie is gekoppel aan ’n donker geheim uit die verlede. ’n Legende van ’n verlore Nazi-wapenopslagplek en ’n pragtige vrou wat nie is wie sy voorgee om te wees nie.
     
    Met verraad wat agter elke duin skuil en die laksman se sabel wat vir dagbreek geslyp word, is die legioensoldate vasgekeer en uitoorlê. Hulle moet ’n dodelike sameswering ontbloot wat die Sahara in 'n bloedbad sal verander of sterf terwyl hulle probeer.
     
    ’n Onverbiddelike militêre avontuur propvol raaisels en klassieke aksie. Skaduwee van Gister is ’n puik lees vir aanhangers van Alistair MacLean en Wilbur Smith. Hierdie aangrypende riller sal jou vervoer na ’n wêreld van eer, verraad en oorlewing teen onmoontlike kanse.
     
    Begin vandag nog lees aan hierdie onvergeetlike vyf-en-twintigste Sahara-avontuur!
    Zum Buch
  • Storm oor Dini Salam - 'n Suid-Afrikaanse Held se Stryd in die Franse Vreemdelegioen Boek 26 - cover

    Storm oor Dini Salam - 'n...

    Meiring Fouche

    • 0
    • 0
    • 0
    Dertigduisend krygers skree vir bloed.
     
    Een vesting staan teen die storm.
     
    Vir die Franse Vreemdelegioen word oorlewing in sekondes gemeet.
     
    Sahara woestyn, 1940-1960. In die versengende hitte van die Sahara staan legioensoldaat Teuns Stegmann op die borswering van Dini Salam, ’n eensame bastion teen ’n woedende gety van woestyn stamme. Wanneer ’n dwase bevel die teregstelling van ’n gevange heilige man gelas, word dit ’n doodsvonnis vir die hele garnisoen. Slegs die slinkse Kaptein D’Arlan sien die lokval, maar om bevele te verontagsaam is hoogverraad.
     
    Maar wanneer die gevangene deur geheimsinnige skimme van die woestyn vermoor word, word die Legioen daarvoor geblameer. Aangekla vir ’n moord wat die Sahara in ’n storm van wraak laat ontvlam, word Teuns gevange geneem en staar ’n grusame lot in die gesig, aan die hand van ’n pragtige en genadelose woestyn koningin. Met die fort se hek verbrysel en sy wapenbroers wat uitwissing in die gesig staar, is oorlewing nie meer genoeg nie.
     
    Hierdie aangrypende, aksie belaaide en historiese avontuur is ’n onverbiddelike militêre riller, gevul met kinkels wat jy nie sal sien kom nie. As jy lief is vir stories van desperate laaste gevegte, intriges op die slagveld en helde wat weier om te sterf, sal jy hierdie verhaal nie kan neersit nie. Perfek vir aanhangers van Alistair MacLean en Wilbur Smith.
     
    Begin vandag nog lees aan hierdie onvergeetlike ses-en-twintigste Sahara-avontuur!
    Zum Buch