Rejoignez-nous pour un voyage dans le monde des livres!
Ajouter ce livre à l'électronique
Grey
Ecrivez un nouveau commentaire Default profile 50px
Grey
Abonnez-vous pour lire le livre complet ou lisez les premières pages gratuitement!
All characters reduced
Verslawende Bloed - Bloedgebonde Boek 11 - cover

Verslawende Bloed - Bloedgebonde Boek 11

Amy Blankenship

Traducteur Angela Kruger

Maison d'édition: Tektime

  • 0
  • 0
  • 0

Synopsis

Michael vind dat die bloed van magtige onsterflikes soms nie meng nie, selfs wanneer hulle sielsgenote is en in die hitte van passie is. 'n Paringsmerk is 'n simbool van besit, maar vir Michael is daardie klein smaak van bloed sy ondergang. Die bloed van die Gevalle is bedrieglik verleidelik vir 'n Songod en die kragtige stormloop wat Michael ontvang, is baie verslawend. Om Aurora teen homself te beskerm, begin Michael om die kragtigste demone in die stad te jag om sy donker drang te bevredig. Soos die swart bloed binne sy are pols, verloor Michael homself aan die stormloop en word net so gevaarlik soos die demone wat hy jag.
Disponible depuis: 11/08/2023.
Longueur d'impression: 397 pages.

D'autres livres qui pourraient vous intéresser

  • Skerwe Van Haar Siel - cover

    Skerwe Van Haar Siel

    KarnaS

    • 0
    • 0
    • 0
    Sy fris bruingebrande bolyf, gespierde arms... sy lang swart hare wat laag teen sy rug afhang!!! Hoe baie keer het sy nie gewens hy kan haar teen hom vasdruk en se hy is lief vir haar nie. Maar nog elke keer as Kabous van Niekerk na Canaro kyk, was daar vlinders in haar maag. n Paar maande voor haar 19de verjaardag, het iets gebeur, wat al lankal moes gebeur het!. Kabous het geweet een of ander tyd sou dit moes gebeur...
    Voir livre
  • Maan Dans - Verbind Deur Bloed Reeks – Boek Een - cover

    Maan Dans - Verbind Deur Bloed...

    Amy Blankenship

    • 1
    • 2
    • 0
    Envy se lewe is goed. Goeie broer, goeie kêrel en die beste werk wat ‘n meisie voor kan vra … kroegmeisie by een van die beste klubs in die stad. Ten minste was dit goed totdat sy ‘n oproep gekry het van een van haar beste vriende dat haar kêrel die vertikale limbo op die dansvloer doen by Maan Dans. Haar besluit om hom te konfronteer begin ‘n ketting van gebeure wat haar sal voorstel aan ‘n gevaarlike paranormale wêreld weggesteek onder die daaglikse sleur. ‘n Wêreld waar mense kan transformeer na swart luiperds, lewende vampiere wat in die strate wandel en gevalde engele wat saam met ons rondloop. Devon is ‘n weerswart luiperd, ‘n bietjie rof om die kiewe en een van die mede-eienaars van Maan Dans. Sy wêreld word op sy as gedraai wanneer hy ‘n aanloklike jakkelsvrou met rooi hare in sy klub sien dans, gewapen met ‘n siniese hart en ‘n skokstok. Met ‘n vampier oorlog in volle gang rondom hulle, sweer Devon om hierdie vrou sy eie te maak ... en sal veg soos die hel self om haar te kry.
    Voir livre
  • Die Buiter Omnibus - Eboeke 1 - 3 - cover

    Die Buiter Omnibus - Eboeke 1 - 3

    Gerrie Radlof

    • 0
    • 0
    • 0
    🔥 Drie boeke, een masker en ’n held wat die Kaap nooit sal vergeet nie… 🔥
     
    Kaapstad, 1835. Agter die prag en glans van die Kaapse adel lê ’n duistere geheim. Graaf Jean de Moreaux leef ’n lewe van skyn. Bedags is hy die rykste aristokraat, snags die vreeslose Buiter. Die gemaskerde ruiter wat die onderdruktes verdedig en onreg teen die landsburgers met staal en swaard straf.
     
    In hierdie epiese boksstel ontdek jy die eerste drie avonture van die Buiter verhale vol romanse, spanning, drama en verskeie swaard en pistool gevegte, waar elke nag ’n stryd is vir geliefdes, eer en oorlewing:
     
    ⚔️ Boek 1: Tydens die ontmoeting met die beeldskone Willa Rossouw ontbrand daar ’n verbode romanse, maar Jean se bose neef weef ’n meesterlike komplot om hom te vernietig.⚔️ Boek 2: Boere rebelleer, geliefdes word gevange geneem, en Jean se grootste geheim is op die spel teen ’n vyand wat hom met alle mag wil ontmasker.⚔️ Boek 3: ’n Nuwe teenstander, Joseph Grattan, slaan meedoënloos toe. En wanneer vriende en familie in gevaar verkeer, moet Jean kies tussen liefde en lojaliteit… of alles verloor.
     
    ✨ Perfek vir lesers van historiese aksie-avontuur, romantiese spanning en klassieke gemaskerde heldeverhale.
     
    🎭 Drie Boeke. Een Legende. Die Buiter.
    Voir livre
  • Maan Dans - Verbind Deur Bloed Reeks – Boek Een - cover

    Maan Dans - Verbind Deur Bloed...

    Amy Blankenship, RK Melton

    • 0
    • 0
    • 0
    Envy se lewe is goed. Goeie broer, goeie kêrel en die beste werk wat ‘n meisie voor kan vra … kroegmeisie by een van die beste klubs in die stad. Ten minste was dit goed totdat sy ‘n oproep gekry het van een van haar beste vriende dat haar kêrel die vertikale limbo op die dansvloer doen by Maan Dans. Haar besluit om hom te konfronteer begin ‘n ketting van gebeure wat haar sal voorstel aan ‘n gevaarlike paranormale wêreld weggesteek onder die daaglikse sleur. ‘n Wêreld waar mense kan transformeer na swart luiperds, lewende vampiere wat in die strate wandel en gevalde engele wat saam met ons rondloop. Devon is ‘n weerswart luiperd, ‘n bietjie rof om die kiewe en een van die mede-eienaars van Maan Dans. Sy wêreld word op sy as gedraai wanneer hy ‘n aanloklike jakkelsvrou met rooi hare in sy klub sien dans, gewapen met ‘n siniese hart en ‘n skokstok. Met ‘n vampier oorlog in volle gang rondom hulle, sweer Devon om hierdie vrou sy eie te maak ... en sal veg soos die hel self om haar te kry.PUBLISHER: TEKTIME
    Voir livre
  • 'n Kristal Engel - cover

    'n Kristal Engel

    Dawn Brower

    • 0
    • 1
    • 0
    ’n Dronk belofte van verlowing het Thor se familie teen hom gedraai. Sal Thor Pia se vergifnis verdien en hulle weghardlopende kinders betyds vir Kersfees vind? 
    
    
    Na 'n nag van kaarte en drinkery, was Thor se skeurende hoofpyn die minste van sy bekommernisse. Wanneer 'n boodskapper opdaag met 'n kontrak vir hom om te teken, ontdek sy vrou Pia hy het ingestem om hulle seun aan die graaf van Devon se dogter te verloof. Pia is verby woedend en eis dat hy dit regmaak—of anders. Nadat hulle die argument tussen hulle ouers gehoor het, besluit die tweeling Liam en Lily om weg te hardloop uit protes teen die kontrak. Thor en Pia gaan op soek na hulle opstandige kinders voordat iets verskrikliks met hulle gebeur. Sal Thor Pia oortuig om hom te vergewe en die tweeling voor Kersfees te vind, of sal hulle gesin vir altyd uitmekaar val?
    Voir livre
  • Vyf Sahara Woestyn Kortverhale - 'n Bundel meesleurende verhale van liefde oorlewing en avontuur in die Sahara-woestyn - cover

    Vyf Sahara Woestyn Kortverhale -...

    Pieter Haasbroek

    • 0
    • 0
    • 0
    VYF OPWINDENDE SAHARA WOESTYN KORTVERHALE
     
    1. Sandstorm in die Saharawoestyn
     
    In die genadelose hart van die Sahara droom die veteraan-gids Dirk Lubbe van sy laaste tog. Ná jare se trotseer van die woestyn se gevare, wink ’n rustige aftrede in Switserland. Maar die Sahara is nog nie met hom klaar nie. Terwyl sy groep toeriste die skouspelagtige landskap bewonder, merk Dirk die onheilspellende tekens op wat net ’n ervare oog kan sien. Die lugdruk verander, die son word dof, en ’n vreemde stilte daal oor die duine neer. ’n Monsteragtige sandstorm, die woestyn se mees gevreesde en dodelike natuurverskynsel, is op pad.
     
    2. Die Leë Fort in die Saharawoestyn
     
    Uitgeteer en op die rand van ineenstorting strompel Paul Le Roux deur die skroeiende Sahara. Sy liggaam skree vir water, en sy hoop is byna uitgeblus. Net toe die aasvoëls begin saamdrom, sien hy dit. Die wagtoring van ’n verlate Franse fort, ’n spookagtige silhoeët teen die eindelose duine. Hierdie fort is sy laaste hoop, sy enigste kans op oorlewing in ’n wêreld wat hom wil vernietig. Maar die fort is nie so leeg as wat hy gedink het nie.
     
    3. Verrassing in die Saharawoestyn
     
    Nadat hulle die dood in ’n verlate fort uitoorlê het, is Paul en Rochelle uiteindelik op pad terug na die beskawing. Terwyl hulle deur die onvergeeflike duine reis, verdiep hulle band onder die skitterende sterrehemel, en ’n belofte van ’n toekoms saam begin vorm aanneem. Maar die Sahara is ’n plek van geheime en gevaar, en hulle reis na veiligheid neem ’n onverwagte, opwindende wending. Hulle kom af op ’n eensame, uitgeputte kameel wat ’n onskatbare skat dra. ’n Antieke, juweelbesaaide goue kruis wat uit ’n museum gesteel is...
     
    4. Aanval op Fort Shepherd
     
    Die sande van die Sahara bewe. Tienduisende krygers, ’n onstuitbare see van perde en staal, het saamgetrek om Fort Shepherd, die laaste vesting van die Franse Vreemdelegioen in die streek, te omsingel. Binne die mure staan Kaptein Vevier en sy honderd manskappe voor ’n onmoontlike taak. Hulle is dertig teen een in die minderheid, gekonfronteer deur ’n koalisie van Arabiese stamme wat vasbeslote is om die fort met die grond gelyk te maak en die juk van koloniale heerskappy finaal af te gooi.
     
    5. Die Geheime Skat van die Saharawoestyn
     
    ’n Geweldige sandstorm het ’n eeue-oue geheim in die Sahara blootgelê. ’n Raaiselagtige, alleenstaande tempel wat die Franse regering se nuuskierigheid prikkel. Die beroemde argeoloog, Professor Dubois, en sy briljante dogter, Luzaan, word gestuur om die geheime daarvan te ontsluit. Hulle ontdekking oortref gou hulle wildste drome. ’n Versteekte gang lei na ’n doolhof en uiteindelik na ’n geheime kamer wat ’n ondenkbare skat van goud en edelstene bevat. Maar hulle triomf is van korte duur toe die klipdeur agter hulle toeklap en hulle in die donkerte vasvang.
     
    #SaharaWoestynStories
    Voir livre