Rejoignez-nous pour un voyage dans le monde des livres!
Ajouter ce livre à l'électronique
Grey
Ecrivez un nouveau commentaire Default profile 50px
Grey
Abonnez-vous pour lire le livre complet ou lisez les premières pages gratuitement!
All characters reduced
My Kinderboek Oor Honde Liggaamstaal Met Prente - Help Om Kinders Veilig Te Hou - cover

My Kinderboek Oor Honde Liggaamstaal Met Prente - Help Om Kinders Veilig Te Hou

Amber Richards

Maison d'édition: Babelcube

  • 0
  • 0
  • 0

Synopsis

Te dikwels as ouers dink ons eenvoudig nie daaraan om veiligheidskwessies rakende honde te leer nie, totdat daar 'n situasie gebeur. Dit is nie die tyd vir onderrig nie, maar vir aksie. Voorkoming kan 'n lang pad gaan. Selfs as jy nie 'n hond besit nie, moet elke kind geleer word, omrede hulle in ander situasies met honde in aanraking sal kom.   


Hierdie boek is een wat 'n volwassene kan gebruik vir beide 'n kind wat dalk bang is vir honde, en 'n kind wat te vrymoedig is met honde. Daar is 'n nota aan ouers aan die begin van die boek, waarin veral gevra word dat die boek volledig gelees moet word voordat dit vir 'n kind voorgelees word.  


Ouers ken die stadiums van hul kinders sowel as die kind se temperament en geskiedenis wat hulle met honde gehad het. Al hierdie faktore kom in die spel wanneer onderrig word oor veiligheid en honde. Dit is 'n vak wat al te dikwels glad nie geleer word nie.  


Ek het probeer om dit so min as moontlik skrikwekkend te maak, en om gesonde hond/kind-verhoudings aan te moedig. Die boek sluit af met 'n paar simpel foto's om op 'n ligter noot af te sluit.
Disponible depuis: 02/06/2023.
Longueur d'impression: 466 pages.

D'autres livres qui pourraient vous intéresser

  • Afrikaanse Kinder Stories - cover

    Afrikaanse Kinder Stories

    Hennie Reyneke

    • 0
    • 0
    • 0
    Hierdie oudio boek bestaan uit 21 kort Afrikaanse stories vir kinders.   
    Die meeste van die stories gaan oor diere, maar daar is twee wat oor kinders gaan. 
    Die stories behoort reg te wees vir seuns en dogters van so 4 tot so 10 jaar oud.   
    Daar is geen wrede, vulgêre of bangmaak dele in die stories nie. Die stories is redelik realisties behalwe vir diere wat kan praat en een storie van ‘n ruimtemannetjie. Die stories gaan nie oor hekse, towenaars, monsters, spoke, zombies, oorlog, geloof, politiek, of bisarre en vreemde goed nie. 
    Die totale lengte is 1 uur en 6 minute. Hier volg die titels en lengtes van die stories: 
    01 Karel die Krimpvarkie - 3:15 
    02 Pinkie die Olifantjie - 2:30 
    03 Gogga en Spinnie - 3:07 
    04 Kosie en Kokkie - 2:16 
    05 Manie die Mol - 3:13 
    06 Jasper die Leeu - 3:02 
    07 Paco die Pikkewyntjie - 4:12 
    08 Nina en Sarel - 4:19 
    09 Skrikkie en Skillie - 3:12 
    10 Pokkel die Eekhoring - 2:23 
    11 Seppie die Katjie - 2:31 
    12 Wie het op Carla se Kop Gepiepie? - 2:53 
    13 Kolie die Koalatjie - 2:34 
    14 Bobbie die Bobbejaantjie - 3:27 
    15 Bennie die Bokkie - 3:42 
    16 Frikkie die Vissie - 2:48 
    17 Vlakkie die Vlakvarkie - 4:46 
    18 Bakkies die Boesman - 3:33 
    19 Jaco die Meerkatjie - 3:13 
    20 Estelle is Bang vir die Donker - 1:57 
    21 Kallie en Zonie - 4:03
    Voir livre
  • Hoppie Hasie sit vas - cover

    Hoppie Hasie sit vas

    Francois

    • 0
    • 0
    • 0
    Welkom in die wereld van “Die Woudties” 
    “Die Woudties” is ‘n reeks kinderboeke wat vertel van die unieke avonture van 5 dieremaats. 
    In hierdie boek sit Abbit die hasie in 'n boom vas. Sal die dieremaats hom kan red? Deel in hulle planne om Abbit uit die boom te kry. 
    Hierdie storie leer vir jong lesers dat geen idee 'n dom idee is nie en dat ons nooit moet opgee nie,
    Voir livre
  • Die Nuuskierige Varkie - Afrikaanse Kinder Luisterstories met Prente Boek as Bonus - cover

    Die Nuuskierige Varkie -...

    Rodeen Visser-Ludick

    • 0
    • 0
    • 0
    "Die nuuskierige varkie" gaan oor 'n varkie wat in 'n hok woon saam met sy familie. Hy raak moeg om net te eet en wil sien wat buite die hok is. Hy probeer verskeie kere om te ontsnap, maar misluk elke keer. Eendag kyk hy hoe die boer die hek oopmaak en so gebruik hy 'n krat om uiteindelik uit die hok te kom. 
    Buite ontmoet hy 'n oulike eendjie en ander plaasdiere by 'n dam. Hy maak vriende en speel te lekker saam met hulle. Die boer sien dit en besluit om die hok elke dag oop te laat sodat al die varkies kan gaan speel. Die storie wys hoe nuuskierigheid en deursettingsvermoë die varkie gehelp het om nuwe dinge te ontdek en so sy lewe te verbeter het.
    Voir livre
  • Die Hasie Met Die Lang Ore - Afrikaanse Kinder Luisterstories met Prente Boek as Bonus - cover

    Die Hasie Met Die Lang Ore -...

    Rodeen Visser-Ludick

    • 0
    • 0
    • 0
    'n Baie oulike storie vir jong kinders 
    Kasper, 'n hasie met baie lang ore, word gereeld gespot deur sy maatjies in die woud omdat hy anders lyk. Alhoewel dit hom aanvanklik hartseer maak, leer Kasper om sy unieke eienskap te waardeer. Sy lang ore help hom om goed te hoor en selfs om oor die rivier te kom deur van boomtak tot boomtak te spring. 
    Wanneer die ander diere sukkel om by kos aan die ander kant van die rivier uit te kom, gebruik Kasper sy slim idee om 'n brug te bou met behulp van varingplante. Met die hulp van al die diere bou hulle die brug, wat hulle die hele jaar toegang gee tot kos. Kasper se slim plan red die diere van hongerte, en uiteindelik besef die ander diere dat sy lang ore eintlik 'n waardevolle geskenk is. Hulle vra om verskoning vir hul gedrag, en Kasper vergewe hulle, net te bly hy kon gehelp het.
    Voir livre
  • Hein en Lisa Die Bederfde Kleine Brokkies - Afrikaanse Kinder Luisterstories met Prente Boek as Bonus - cover

    Hein en Lisa Die Bederfde Kleine...

    Rodeen Visser-Ludick

    • 0
    • 0
    • 0
    Hein en Lisa, die bederfde kleine brokkies gaan oor ‘n boetie en sussie, wat in 'n groot woud woon en nooit tevrede is met al die speelgoed wat hul ouers vir hulle koop nie. Hulle ouers werk hard om elke dag net nuwe speelgoed vir hulle te koop, maar die kinders bly ontevrede. Na 'n storm wat hul huis verwoes en hulle speelgoed beskadig, verdwaal Hein en Lisa in die woud. Hulle ontmoet 'n vriendelike beertjie, Bennie, wat hulle wys dat geluk nie in speelgoed lê nie, maar in die tyd wat saam met geliefdes spandeer word. Uiteindelik besef Hein en Lisa die ware waarde van gesinstyd en belowe om nooit weer vir nuwe speelgoed te vra nie, maar om eerder kosbare oomblikke saam met hul ouers te geniet.
    Voir livre
  • Die Tandmuis - Afrikaanse Kinder Luisterstories - cover

    Die Tandmuis - Afrikaanse Kinder...

    Rodeen Visser-Ludick

    • 0
    • 0
    • 0
    "Die tandmuis" is 'n oulike storie oor 'n tandmuis wat op 'n plaas woon en elke jaar 'n briefie aan die dorp se kinders stuur om hulle aan te moedig om mooi na hulle tandjies te kyk. Hy beloon hulle met 'n geldjie vir elke spierwit tandjie. Baie van die muise op die plaas moet hul huisies van modder en riete bou omdat die tandmuis net 'n paar tandehuisies per jaar kan bou. Elke jaar word baie muisies se riethuisies deur die harde winterreën vernietig. Rosie, 'n plaasmuis, is tiende op die lys om 'n tandehuisie te kry en het 'n slim plan beraam om die tandmuis te help om tande vinniger bymekaar te maak sodat almal voor die winter pragtige en warm tandehuisies kan hê.
    Voir livre