Begleiten Sie uns auf eine literarische Weltreise!
Buch zum Bücherregal hinzufügen
Grey
Einen neuen Kommentar schreiben Default profile 50px
Grey
Jetzt das ganze Buch im Abo oder die ersten Seiten gratis lesen!
All characters reduced
Azadi Reeks 1 & 2 - cover

Azadi Reeks 1 & 2

Waheed Rabbani

Verlag: Babelcube

  • 0
  • 0
  • 0

Beschreibung

Dokter Margaret se seekis 


Dokter Margaret se seekis, is Boek I van ʼn trilogie van historiese fiksie wat afspeel gedurende die stryd van Indië vir vryheid—Azadi—van die Britse Raj. Die boeke weef ʼn verhaal van internasionale intrige, konflik, en aangrypende liefde tussen interessante karakters van daardie era. 


In 1965 is ʼn seekis van meer as 100 jaar oud, vermoedelik dié van ʼn Amerikaanse dokter, Margaret, ontdek in die stoorkamer van ʼn hospitaal in Delhi. ʼn Ander Amerikaanse dokter, Sharif, wat oorspronklik afkomstig is uit Delhi en op kontrak is by die hospitaal, is toevertrou met die taak om die geheimsinnige vrou se familie op te spoor en die kis aan hul terug te besorg. Sharif spoor Margaret se nageslag in Grimsby, Ontario, Kanada op. Haar dagboeke en ander artefakte, soos die kroon van die Koninkryk van Jhansi, is in die kis gevind. 


Margaret, gebore in New Jersey uit ʼn Skotse Presbiteriaanse klerklike familie, oorwin geweldige struikelblokke en bereik haar hartsbegeerte in 1850 om een van die eerste Noord-Amerikaanse vroue dokters te word. Sy trou met haar Kanadese neef, Robert, en reis saam met hom om in die Krimoorlog van 1854 te dien. In die Krim kry hul nie net swaar met al die veldslae nie, maar moet ook ander konflikte verduur. 


Van gebeure wat gelei het tot en na die berugte Charge of the Light Brigade, ontmoet Margaret ʼn Russiese offisier, graaf Nicholai. Die verrassende einde van Boek I laat Margaret in ʼn verknorsing, moet sy wraak neem of moet sy voortgaan met haar reis na Indië. Op die ou end glo sy, sy het die regte besluit gemaak. 


******************************************** 


“[Waheed] se weergawe van die Indiese Rebellie uit ʼn Indiese oogpunt is fassinerend vir die Westerse leser en behoort goed ontvang te word ...” 


– Ian Walker, skrywer van LOCA 


Dokter Margaret in Delhi is Boek 2 van Die Azadi Reeks en ‘n vervolg op, Boek 1: Dokter Margaret se Seekis. Hierdie h
Verfügbar seit: 30.06.2017.
Drucklänge: 394 Seiten.

Weitere Bücher, die Sie mögen werden

  • Teëspoed is jou voorspoed - 10 eenvoudige maniere om in jouself te belê vir voorspoed en geluk - cover

    Teëspoed is jou voorspoed - 10...

    Bertus Steenkamp

    • 0
    • 0
    • 0
    Waarskuwing: Moenie na die boek luister as jy dink jy is perfek en dat die teëspoed wat jy vandag ervaar iemand anders, die regering of, nog erger, die wêreld se skuld is nie! 
    “Hierdie is ʼn boek vol verhale van teëspoed waarmee ek dink jy jouself sal kan vereenselwig. Ek het gevind dat hoe meer ek ander en my omstandighede blameer, hoe groter my teëspoed word. Ek glo dat teëspoed die wêreld se manier is om vir jou te sê dat jý moet verander en nie ander, die regering of die wêreld nie. Teëspoed wil hê jy moet in jouself belê en jouself sodoende beter maak as die omstandighede waarin jy jouself bevind. Dan kan jy groei sodat jy die voorspoed wat jy verdien, ontvang. In hierdie boek deel ek tien eenvoudige maniere waarop jy in jouself kan belê, want teëspoed is jou voorspoed.” – Bertus Steenkamp  
    Met tien eenvoudige beleggings in jouself gaan jy leer hoe Bertus miljoene rande se skuld, SARS-probleme, oorwerktheid, depressie, stresvolle omstandighede, ʼn dik gat en ’n groot pens agtergelaat het. Vandag is sy omstandighede heeltemal anders: 
    ·      Bertus het ʼn positiewe netto waarde, met meer bates as laste. 
    ·      Hy het geen slegte skuld nie. 
    ·      Hy is die eienaar van verskeie suksesvolle besighede. 
    ·      Hy werk produktief en spandeer meer tyd saam met sy gesin. 
    ·      Bertus geniet die lewe in Suid-Afrika. 
    ·     Hy help mede-entrepreneurs in Suid-Afrika en is die stigter van Afrineurs.
    Zum Buch
  • Wreed en mooi is die dood - Verhale oor verlies hunkering en heling - cover

    Wreed en mooi is die dood -...

    Tobie Wiese

    • 0
    • 2
    • 0
    Al is die dood 'n feit soos 'n koei, vermy die meeste van ons dit om daaroor te dink of te praat. Hierdie boek probeer om dié stilte te verbreek.
    In Wreed én mooi is die dood deel bekende Afrikaanse skrywers hulle verhale oor verlies en heling. Dit bied insig in hoe om die trauma van 'n geliefde se dood te hanteer en jou eie sterflikheid te konfronteer.
    Só skryf Marita van der Vyver roerend oor haar babaseun se dood, terwyl Valda Jansen beskryf hoe sy aanvanklik lamgelê is deur die nuus dat sy kanker het en Kerneels Breytenbach vertel hoe sy vrou se sterwe hom tot selfkennis gelei het.
    'n Jong paramedikus berig oor sy gereelde ontmoetings met die dood en 'n sterwensbegeleier vertel hoe dit moontlik is om hierdie wêreld blymoedig te verlaat. Daar is selfs 'n bietjie humor... soos die storie oor die jong dominee wat in 'n leë graf beland het en Annelie Botes se lang lys voorskrifte vir haar begrafnis.
    Die dood is wreed ja, maar dit kan – verrassend genoeg ̶ ook mooi wees.
    Zum Buch
  • Aangenaamsdal se geheim - Paaie van gebed wat na God lei - cover

    Aangenaamsdal se geheim - Paaie...

    Ewald van Resnburg, Siegfried Louw

    • 0
    • 0
    • 0
    Op Aangenaamsdal is ’n vriendekring van graad 6’e en graad 5’s. Alles is egter nie altyd so aangenaam daar nie. Die kinders beleef ook daar die lewe met al sy issues … soos alle kinders maar het. Daar is Cobus. Hy is deel van 'n arm gesin, maar sing baie mooi. Hy is ook die teiken van 'n boelie, Ronnie. Megan is die sosiaal connected een – maar Megan is so vergeetagtig. Arme Diana se ouers wil skei. En Hannes kan nie verstaan hoekom hy nie vir die rugbyspan gekies is nie. Saam beleef die vriendekring die lewe en al sy issues. Gelukkig is daar ook Oupa Lag en Ouma Lief wat baie vir die kinders doen en beteken. 
    Die kinders het gelukkig ook die Bid-Boek! Hierdie Bid-Boek het hulle een dag onverwags ontdek toe hulle sulke wit pyle op die grond gesien het met die woorde wat langsaan geskryf staan: “Volg die pyle en ontdek ’n groot skat!” 
    Hierdie eeue oue besonderse Bid-Boek gee aan hulle woorde om te bid oor die mooi en die lelik wat Aangenaamsdal hulle bied …
    Kom kuier saam in Aangenaamsdal en ontdek so die paaie van gebed wat lei na die hart van God.
    Zum Buch
  • Sieraad Vir As - cover

    Sieraad Vir As

    Gabriel Agbo

    • 0
    • 1
    • 0
    Een van die deugde wat al vir ewig en altyd gelowiges sal bemoedig om aan God harnekkig vas te hou, selfs in die gesig van skynbare hopeloosheid en wanhoop, is Sy vermoë om die mees onaangename situasies na gunstige getuienis te verander.  Miskien, het jy alles menslik moontlik gedoen om uit die situasie te kom en alles was verniet.  Ongelukkig lyk dit asof al wat jy oor het na al jou moeite - sorge, seer, verwyte, hartseer, skande en trane is.  En dit is asof jy beproef word om die liefde en selfs die bestaan van God te bevraagteken.  Moenie dit al doen nie.  Lees eers hierdie boek.  God is steeds in die besigheid om as na skoonheid te verander.
    Zum Buch
  • Resepte Vir 'n Glutenvry En Suiwelvry Leefstyl - cover

    Resepte Vir 'n Glutenvry En...

    Amber Richards

    • 0
    • 0
    • 0
    Dit is werklik ’n uitdaging om beide ‘n glutenvry en ’n suiwelvry leefstyl te volg. Weens kos-allergieë is dit Amber se lot! Hier is ’n versameling van 40 heerlike resepte wat glutenvrye en suiwelvry is. Daar is 20 hoofgeregte, 10 sopgeregte en 10 nageregte. Al die geregte is beproef en getoets en kan egter van hulp wees vir ‘n moeilike lewenstyl.
    Zum Buch
  • Kwantumverstrengeling en sinkronisiteit Nie-lokaliteit veld van sterkte ekstrasensoriese persepsies Die verrassende eienskappe van kwantumfisika - cover

    Kwantumverstrengeling en...

    Max Luthuli

    • 0
    • 0
    • 0
    258 bladsye. 55 illustrasies.
    Dikwels word ons daaglikse lewe vergesel van intuïsie en omens. Daar is episodes van telepatie of ander sensasies van die siel wat die bestaan ​​van mans vergesel. Hierdie verskynsels is nie skaars nie en raak almal. Sommige geleerdes, met 'n meer oop mentaliteit, wou die onderwerp wetenskaplik aanpak. Hulle het gewonder of daar 'n manier is om ekstrasensoriese ervarings te verstaan ​​sonder om okkultisme, mitologie of pseudo-godsdienstige filosofieë te gebruik.
    Kwantumfisika bied positiewe antwoorde op hierdie vraag. Dit is nou seker dat die elementêre deeltjies met mekaar verbind is. Kwantumverstrengeling bevestig dat in die vlak van die elementêre deeltjies "alles een is". In hierdie eenheid kan ons 'n gedagte van die heelal herken. Miskien Plato's Anima Mundi. Miskien is die Kollektiewe onbewuste van Carl Jung. Miskien Tao van Oosterse filosofie. Of dalk 'n heeltemal nuwe visie van die werklikheid, wat die materiaal en die psigiese verenig. Die skrywer, met die duidelikheid van 'n deskundige kommunikeerder, behels die leser in hierdie onderwerpe van refleksie.
    
     
    Zum Buch