Begleiten Sie uns auf eine literarische Weltreise!
Buch zum Bücherregal hinzufügen
Grey
Einen neuen Kommentar schreiben Default profile 50px
Grey
Jetzt das ganze Buch im Abo oder die ersten Seiten gratis lesen!
All characters reduced
Ridders van die grondpad - 'n Gids vir avontuur-motorfietse - cover

Wir entschuldigen uns! Der Herausgeber (oder Autor) hat uns beauftragt, dieses Buch aus unserem Katalog zu entfernen. Aber kein Grund zur Sorge, Sie haben noch mehr als 500.000 andere Bücher zur Auswahl!

Ridders van die grondpad - 'n Gids vir avontuur-motorfietse

Deon Meyer

Verlag: Tafelberg

  • 0
  • 0
  • 0

Beschreibung

Nuwe horisonne wink om elke draai wanneer die gewilde misdaadskrywer Deon Meyer en die fotograaf Adriaan Oosthuizen die land se mooiste grondpaaie begin verken. Hulle vertel van die interessante karakters langs die pad en die uitdagings wat hulle moes trotseer in hul soeke na avontuur en asemrowende landskapstonele.

Hul gunstelingroetes strek oor feitlik die hele Suid-Afrika en is gerig op sowel ervare as aspirantgrondpadryers. Die roetebeskrywings lees soos reisverhale en elkeen bied iets nuuts om te ontdek: 'n dramatiese pas, kronkelende riviere, pragtige ou plaasgeboue of 'n afgeleë stuk Karoo-pad.

Die boek bevat ook 'n rygids wat die teorie agter avontuurtoer op grondpaaie verduidelik. Dit verskaf handige wenke, onder meer hoe om regop te bly op 'n sanderige pad, hoe om veilig deur slote en stroompies te kom, hoe om 'n noodstop te doen en hoe om ongelukke te vermy.

- Meer as 30 roetes word beskryf en gegradeer
- Aangrypende landskapsfotografie
- Kleurvolle kaarte illustreer elke roete
- Gids met praktiese wenke vir grondpadry
Verfügbar seit: 01.04.2014.

Weitere Bücher, die Sie mögen werden

  • 501 Lekkerlag Grappe - cover

    501 Lekkerlag Grappe

    Andre Brink

    • 0
    • 0
    • 0
    Van ou Koos se manewales tot die dom blondine se eskapades, van dierekaperjolle tot plaasplesiere, k(l)askenades tot kantoorpret ... 501 Lekkerlag-grappe is propvol staaltjies en verhaaltjies wat jou sal laat kraai van die lag! Dié boek bevat 'n mengsel van tradisionele Afrikaanse grappe, maar sal jou ook met nuwes laat hoes en proes. Lag luidkeels, uit jou maag, en geniet die ou bekendes se amusante avonture. Lekkerlag-grappe is 'n onontbeerlike grapgids, 'n móét vir elke huis!
    Zum Buch
  • Asiatiese kortverhale - cover

    Asiatiese kortverhale

    Owen Jones

    • 0
    • 1
    • 0
    Asiatiese Kortverhale, deur nege outeurs, het elk ‘n Asiaat of speel af in Asië as hoof agtergrond. 
    Asiatiese Kortverhale het gebeur as gevolg van ‘n reeks gebeure een naweek in Mei 2015. ‘n Vriend het my vertel dat hy verskeie kort stories met Asië as agtergrond het, ek het genoem dat ek ook ‘n paar stories het, nog ‘n vriend het my ‘n epos gestuur dat hy ‘n kort verhaal oor Pattaya wil skryf, en een van my Thai niggies het vir my haar nuutste foto gestuur, die een op die voorblad van die bundel. 
    Dit was asof iemand iets vir my probeer vertel het, of ‘n klomp het in elk geval. 
    Die negentien stories deur nege outeurs in hierdie bundel was almal in een maand na my gestuur, maar verskil net soveel soos hulle outeurs. Die stipulasie was dat Asië of ‘n Asiaat moes sterk na vore kom in die storie. Ons het stories met Kambodja, Sjina, Laos, Maleisië, Pakistan, Thailand, die VSA en Vietnam.
    Zum Buch
  • Elke Hond Kry Sy Dag - Hoe Om Jou Hond Soos ‘n Regte Hond Te Laat Voel En So Sy Liefde Te Wen! - cover

    Elke Hond Kry Sy Dag - Hoe Om...

    Owen Jones

    • 0
    • 0
    • 0
    `Elke Hond Kry Sy Dag - Hoe om jou Hond soos ‘n Regte Hond te Laat Voel en So Sy Liefde te Wen.` is die volledige handboek oor die kies, koop, bou van `n verbinding met `n hond en sy sorg, geskryf deur `n honde-eienaar wat so passievol oor honde is dat sy vrou seker is dat hy `n hond was in sy laaste lewe! Owen Jones het sy lewe gedeel met honde sedert die eerste dag van sy lewe. Hy ken hulle so goed dat hy seker is dat hy hulle grappies kan vertel! Dit is `n moet lees!
    Zum Buch
  • Oor Berge en Dale - Op Reis met 'n Monumentjagter - cover

    Oor Berge en Dale - Op Reis met...

    Jackie Grobler

    • 0
    • 0
    • 0
    Daar is nie 'n plaasdraad te hoog, grondpad te sinkplaat of aanwysings te gebrekkig om die geskiedkundige Jackie Grobler te keer nie. Wanneer hy 'n monument in sy visier het, sal hy dit vind. In hierdie boek reis hy oor berge en dale deur die vlaktes van die binneland tot by die voetheuwels van die Drakensberge op soek na meer as 400 interessante gedenkplekke. Van die monumente is bekend en vertel van groot keerpunte in ons geskiedenis. Ander is weggesteek en onthul minder bekende aspekte van die verlede. Grobler reis onder meer op die spoor van die Voortrekker Louis Tregardt deur Limpopo en in KwaZulu-Natal besoek hy slagvelde van die Anglo-Zoeloeoorlog en struggle-gedenkplekke. In Gauteng vind hy monumente ter ere van twee van Suid-Afrika se grootste leiers: Nelson Mandela en Jan Smuts. Sy reise na die Oos-Kaap neem hom na gedenkplekke vir Steve Biko en in die Wes-Kaap gaan hy op die spoor van die Portugese ontdekkingsreisigers.
    Zum Buch
  • Krabbel : Hoe Om Krabbel Te Bemeester In 6 Maklike Stappe - cover

    Krabbel : Hoe Om Krabbel Te...

    The Blokehead

    • 0
    • 0
    • 0
    Voor iemand probeer leer hoe om te krabbel moet hy of sy verstaan wat gekrabbel regtig is.Die word krabbel is Duits, en verwys na ‘n persoon wat ‘n sot was, of eenvoudig op ‘n manier. Die modern betekenis van die word verwys na klein prentjies wat ledig gedoen word  wanneer iemand dink, het begin in die 1930s en kan geheg word aan die stadig wees, vir iemand wat tyd mors.  
    
    
    Al die geskiedenis opsy, ‘n gekrabbel is niks meer as ‘n ongefokusde of onbewuste sketse nie, tipies gemaak terwyl een se aandag veronderstel is om êrens ander gefokus te wees. Dit is hoekom krabbel baie keer ‘n verskyning maak in die bladsygrense van notaboeke of op plak notatjies by die werk; mense wie gebind is in plek en vas sit in ‘n telefoon oproep, lesing ens. sal ‘n pen optel en begin om klein, ongefokusde sketjies maak. Daai is gekrabbel. 
    
    
    Hoe om te Krabbel 
    
    
    Daar is geen regte of verkeerde manier om te krabbel nie, net soos wat daar in die eerste plek geen reg of verkeerde manier is om te skets nie. Krabbel kan grense van ‘n notaboek of plak notatjies net so maklik gebruik as wat hulle ‘n ongerepte wit sketsboek kan gebruik. ‘n Krabbeler kan ‘n nommer 2 potlood, ‘n balpunt pen, of enige ander teken apparaat gebruik wat hy of sy verkies. Solank jy ‘n medium het, is dit moontlik om te krabbel. 
    
    
    Wanneer dit kom by tyd om te krabbel is dit belangrik om jou gedagtes te laat gaan en te fokus op ‘n kreatiewe idee wat op kom. Dalk sien jy ‘n groot letter A op jou briefhoof en besluit om ranke plantjies te teken wat dit omring soos iets uit ‘n ou boek van Grimm’s Fairy Tales. Dalk besluit jy om rose by die rank te teken, verander die A na ‘n volle topiary. Dalk besluit jy om ‘n kasteel bo-op die punt van die A te sit. Dalk teken jy die ranke om te hang en swaai in ‘n ongesiene bries 
    
    
    Gryp die boek om meer te weet
    Zum Buch
  • Ek Sweer Dit Het Net So Gebeur - cover

    Ek Sweer Dit Het Net So Gebeur

    Khaled Talib

    • 0
    • 0
    • 0
    Voorwoord 
    
    
    Daardie ongemaklike stilte wanneer jy nie meer weet waaroor om te praat nie. Jy is op die punt om in 'n donker afgrond van jou denke te val, wat nou in 'n doolhof verander is met 'n Minotaurus gereed om op jou af te spring. Ek ken daardie gevoel wanneer woorde verval. Dit klink soos 'n ballon wat leegloop. Om hierdie rede het ek besluit om my baie kort stories met jou te deel sodat as daardie oomblik kom, jy 'n gereedse voorsiening van vars geselskap het.  
    
    
    As jy ooit vasgepen is aan woorde, gesels net oor daardie vriend van jou in Singapoer wat hierdie klein boekie geskryf het. Hopelik sal dit bydra tot jou reeds snaakse en interessante persoonlikheid om mense meer van jou te laat hou. Ek probeer om jou maklik neer te lê hier. Gekheid. 
    
    
    Of jy nou by die haarkapper salon is, op 'n lang vlug of 'n woestyn pad, 'n gastehuis in die middel van nêrens of 'n ver verwyderde eetplek, neem my (ek bedoel die stories) saam met jou. 'n Samestelling van opstelle en oor peinsings oor die lewe wat beter is as om uit die venster te staar. Daar is 'n bietjie van alles hier, wat wissel van humor tot horror tot filosofie. Ek het baie van hierdie tipes stories, maar ek het gedink ek begin met 'n mondvol om te sien hoe dit gaan met jou sous. As ek aangemoedig voel, skryf ek meer.   
    
    
    Dus, hé, geen verskonings meer om na jou foon te staar of vasgepen te wees met 'n paar herhalings op die kabel kanale nie. Jy het 'n boek in besit wat jou en ander tussen die kuiertjies vermaak. 
    
    
    Gelukkige vertelling! 
    
    
    Khaled
    Zum Buch