Unisciti a noi in un viaggio nel mondo dei libri!
Aggiungi questo libro allo scaffale
Grey
Scrivi un nuovo commento Default profile 50px
Grey
Iscriviti per leggere l'intero libro o leggi le prime pagine gratuitamente!
All characters reduced
Die Woudties Spook In 'n Kasteel - cover

Die Woudties Spook In 'n Kasteel

Francois Keyser

Casa editrice: Francois Keyser

  • 0
  • 0
  • 0

Sinossi

Welkom in die wereld van “Die Woudties”. 


“Die Woudties” is ‘n reeks kinderboeke wat vertel van die unieke avonture van 5 dieremaats. 


“Die Woudties” is oorspronklik in Engels geskryf en staan in Engels bekend as “The Junglies”. 


In hierdie boek, vind die Woudties ‘n kasteel en besluit om dit verder te verken. Hulle is te ongeduldig en opgewonde om te wag vir die aankoms van Woudie Woudman en besluit om die kasteel op hul eie te verken....... Is dit die regte besluit of moes hulle meer geduldig gewees het? 


Francois se oudste dogter was sy inspirasie om “The Junglies” te skryf. 


Vir meer inligting oor “The Junglies” en Francois besoek asseblief http://www.thejunglies.com of gaan kyk na “ The Junglies” se bladsy op FaceBook by www.facebook.com/tigerloseshisstripes.
Disponibile da: 17/12/2019.

Altri libri che potrebbero interessarti

  • My Eerste Leesboek - cover

    My Eerste Leesboek

    Amber Richards

    • 0
    • 0
    • 0
    Voorwoord 
    
    
    Hierdie e-boek is doelbewus sonder enige illustrasies (behalwe vir die een hierbo). Dit dien as 'n hulpmiddel om jong lesers op te lei hoe om te lees en daar word spesifiek op die woorde gefokus sodat die kinders se aandag nie deur die illustrasies afgetrek kan word nie. Dit is ’n groot stap na afloop van die leer van die alfabet en die fonetiek van elke letter.
    
    Dit begin met drieletter-woorde en beweeg dan na vier en vyf letters en 'n paar groter woorde. Dan word daar na hierdie spesifieke woorde gekyk in die gebruik van volledige sinne. Dit help wanneer die kinders hierdie woorde verbaliseer en só die woorde memoriseer deur dit gereeld te gebruik.
    
    Dikwels memoriseer kinders woorde deur middel van illustrasies in plaas daarvan om die woord te lees. Woorde wat rym word ook doelbewus in hierdie boek geskommel ten einde dit meer uitdagend te maak.
    
    Ek is tans besig om ’n tweejarige te leer lees, wat my gemotiveer het om hierdie boek te skryf. Hy het reeds die alfabet onder die knie, klein- en hoofletters en die fonetiek daarmee saam. Dit was moeilik om eenvoudige “woordeboeke” sonder enige illustrasies op te spoor om as die aanknopingspunt te gebruik. Hiermee dien hierdie boek as ʼn hulpmiddel om hom te leer en ek is seker daar is ander mense wat ook hierby sal baat.
    
    Ek hoop u vind dit as ʼn nuttige hulpmiddel vir jou jong leser.
    Mostra libro
  • Beer Vind 'n Huis - cover

    Beer Vind 'n Huis

    Linda Henderson

    • 0
    • 1
    • 0
        Klein Beer voel alleen in die wêreld. Nadat hy eendag wakker geword het en besef het dat daar geen ander bere was om hom te troos of vir hom te sorg nie, het hy besluit om op reis te gaan om iemand te vind wat hom sal lief hê. Soos jy sal vind tydens die lees van hierdie boek, lei sy soektog hom na 'n gelukkige einde. 
    Mostra libro
  • Die Woudties Bou 'n Boomhuis - cover

    Die Woudties Bou 'n Boomhuis

    Francois Keyser

    • 0
    • 0
    • 0
    Welkom in die wereld van “Die Woudties” 
    
    
    “Die Woudties” is ‘n reeks kinderboeke wat vertel van die unieke avonture van 5 dieremaats. 
    
    
    "Die Woudties" boeke is almal geskryf met 'n les vir jong lesers om te leer. Die les in hierdie boek is dat ons soms na ons omstandighede moet kyk van 'n ander oogpunt om dinge meer duidelik te kan sien. 
    
    
    In hierdie boek leer die Woudties om hulle blyplek te waardeer. Dit is soms so maklik om te dink die lewe sal beter wees op ‘n ander plek , terwyl ons eintlik net ons perspektief moet verander… 
    
    
    Francois se oudste dogter was sy inspirasie om “The Junglies” te skryf. 
    
    
    "Die Woudties" is oorspronklik in Engels geskryf en staan in Engels bekend as "The Junglies".
    Mostra libro
  • Kinder Kampioene - Moedig Kinders Aan Om Kampioene Vir Hulself En Ander Te Wees - cover

    Kinder Kampioene - Moedig...

    Francois Keyser

    • 0
    • 0
    • 0
    Boek beskrywing: 
    
    
    Hierdie reeks van vyf kortverhale vir kinders is geskryf om die volgende beginsels aan kinders deur storievertelling te leer: 
    
    
    Eerlikheid (Die Towerblomme) 
    
    
    Volharding (Die Fiets Renjaer) 
    
    
    Entoesiasme (Die Trollie Wedloop) 
    
    
    Vriendskap (Minder Lekkergoed, Meer Vriende) 
    
    
    Aantreklikheid (Hy is aantreklik omdat....) 
    
    
    "Die Towerblomme" is 'n verhaal waar 'n kind uiteindelik eerlik moet wees, want wat hy gedoen het, het die lewe van sy pa in gevaar gestel. 
    
    
    "Die Fiets Renjaer" wys kinders dat om suksesvol te wees, hulle moet aanhou om te bereik vir dit wat hulle wil hê. Sodra hulle bereik het wat hulle wil hê, moet hulle aanhou om goed te wees in wat hulle doen. 
    
    
    “Die Trollie Wedloop” wys vir kinders dat alhoewel ons nie entoesiasties is oor alles in die lewe nie, dit is ons verantwoordelikheid om dinge so lekker as moontlik te maak. 
    
    
    "Minder Lekkergoed, Meer Vriende" wys vir kinders dat vriendskap belangriker is as fisiese besittings en kos. 
    
    
    "Hy is aantreklik omdat ..." gebruik twee meisies se assesserings van hul pa's oor wat vir hulle aantreklik is - en dit is nie net voorkoms nie!
    Mostra libro
  • Die Besoeker - cover

    Die Besoeker

    Francois Keyser

    • 0
    • 0
    • 0
    Agterblad : 
    
    
    Welkom in die wereld van “Die Woudties” 
    
    
    “Die Woudties” is ‘n reeks kinderboeke wat vertel van die unieke avonture van 5 dieremaats. 
    
    
    In hierdie boek maak 'n vreemde besoeker sy verskyning in die woud en wildit lyk of hy vir Abbit die hasie opgevreet het. Raff sien die besoeker eerste en moet sy vriende gaan waarsku. Sal Raff betyds by sy vriende uitkom en gaan hulle hom glo? 
    
    
    Francois se oudste dogter was sy inspirasie om “The Junglies” te skryf. 
    
    
    Vir meer inligting oor “The Junglies” en Francois besoek asseblief http://www.francoiskeyser.weebly.com of gaan kyk na “ The Junglies” se bladsy op FaceBook by www.facebook.com/tigerloseshisstripes.
    Mostra libro
  • Die Woudties En Die Laaste Piesang - cover

    Die Woudties En Die Laaste Piesang

    Francois Keyser

    • 0
    • 0
    • 0
    Welkom in die wereld van “Die Woudties”! 
    
    
    “Die Woudties” is ‘n reeks kinderboeke wat vertel van die unieke avonture van vyf dieremaats. Die reeks is eers in engels gepubliseer en staan bekend as “The Junglies” in engels. 
    
    
    Die piesangs op aarde is klaar. Die Woudties het die laaste piesang vernietig. Daar is net een hoop om weer piesangs op aarde te kry. Iemand moet ‘n piesang boom op die maan gaan haal. Kiki en Hoppie stem in om die piesang boom te gaan haal. Wanneer hulle op die maan land ontmoet hulle ruimtevaardigers van ‘n ander planeet wat aarde soek. Hulle wil die aarde oorneem vir water en kos. 
    
    
    Sal Kiki en Hoppie die ruimtevaardigers en hulle plan kan stop? 
    
    
    Francois se oudste dogter was sy inspirasie om “Die Woudties” te skryf. 
    
    
    “Die Woudties” is oorspronklik in Engels gepubliseer en staan in Engels bekend as “The Junglies”. 
    
    
    Vir meer inligting oor “The Junglies” en Francois besoek asseblief http://www.thejunglies.com of gaan kyk na “ The Junglies” se bladsy op FaceBook by www.facebook.com/tigerloseshisstripes.
    Mostra libro