Unisciti a noi in un viaggio nel mondo dei libri!
Aggiungi questo libro allo scaffale
Grey
Scrivi un nuovo commento Default profile 50px
Grey
Iscriviti per leggere l'intero libro o leggi le prime pagine gratuitamente!
All characters reduced
Vreemde Vrou in die Wildernis - cover

Vreemde Vrou in die Wildernis

Meiring Fouche

Casa editrice: Pieter Haasbroek

  • 0
  • 1
  • 0

Sinossi

VREEMDE VROU IN DIE WILDERNIS - RYK SCHOONRAAD REEKS
 
Ryk Schoonraad, flukse jong boer aan die voorpos van die beskawing, is verbaas om in die veld ’n verskrikte handperd te kry, belaai met die besittings van ’n vrou. Maar teen daardie tyd het sy groot avontuur reeds begin. Hierdie nuwe gebeurtenis maak die wêreld vir hom net nog moeiliker, maar dit bring darem ook iets nuuts in sy opwindende lewe hier in die onbeskaafde wildernis van die voorgrens. Die blote feit dat hy boonop ook nog ’n uiters kosbare vonds op sy plaas ontdek, maak sake vir hom glad nie makliker nie. Hy het sy hande behoorlik vol om aan die lewe te bly en reg en geregtigheid te laat seëvier.
Disponibile da: 05/11/2021.

Altri libri che potrebbero interessarti

  • Alleen Onder Die Maan - cover

    Alleen Onder Die Maan

    Wllem Krog

    • 0
    • 2
    • 0
    Nadat die ekonomie amper in duie stort, word die Suid-Afrikaanse regering gedwing om die land met 'n buitelandse rekenaarstelsel te regeer. Die rekenaarstelsel werk op kunsmatige intelligensie en reguleer feitlik elke aspek van mense se lewens. Selfs hofsake word deur 'n rekenaar behartig.
    In hierdie distopiese wêreld is alles afhanklik van jou SOMSS-telling (System of Moral and Social Suitability). Dit bepaal waar jy mag woon, watter kos jy by People Eats mag bestel en hoe gereeld jy met People Move mag ry. Responsible Citizenship Learning, 'n verpligte SOMMS-module, leer jou die land se geskiedenis en wat dit verg om 'n goeie burger te wees.
    Alleen Onder die Maan vertel die verhaal van Jaco, 'n 80-jarige individualis wat krities is oor hierdie totalitêre bestel, en sy seun, Pieter, wat as sy beroep rekenaarspeletjies toets en nie besef hoe die stelsel persoonlike vryheid bedreig nie.
    Die boek het twee verhaallyne: Jaco se aangrypende herinneringe aan sy grootwordjare op 'n Vrystaatse plaas. Die tweede verhaallyn volg pa en seun op 'n laaste besoek aan die plaas buite Kroonstad in die huidige era waar alle plase gekonfiskeer en in megaplase omskep is en robotte en geoutomatiseerde voertuie al die werk doen.
    In 'n roerende beskrywing, vertel Jaco hoe sy broers die maanlanding van 1969 op die plaas nagemaak het. Hy glo egter die tegnologiese ontwikkelinge wat op die maanlanding gevolg het, het die mens laat glo hy is god en het hierdie nuwe wêreld geskep.
    Pieter is weer krities oor sy pa se generasie omdat hulle nooit opgestaan het teen apartheid nie, maar die ironie is dat hy nie besef hy leef in 'n ewe totalitêre wêreld nie.
    Die verhaal tree nie net in gesprek met die Suid-Afrikaanse politiek nie, maar ook met die politiek van Afrikaans-wees.
    Mostra libro
  • Helde van Ouds: 'n Novella (Afrikaans Edition) (Afrikaanse Uitgawe) - Episode 1x01 van die "Swaard van die Gode" saga - cover

    Helde van Ouds: 'n Novella...

    Anna Erishkigal

    • 0
    • 1
    • 0
    Engelagtige Spesiale Magte Kolonel Mikhail Mannuki'ili word wakker, noodlottig gewond, in sy skip wat neergestort het. Die vrou wat sy lewe red het 'n ongelooflike vermoë om te genees. Maar wie het Mikhail afgeskiet? En hoekom?
    .
    Ninsianna het nog altyd 'n spesiale verhouding met die godin gehad. Sy kom uit 'n lang lyn van toordokters en genesers. Toe sy die woestyn in vlug om die gedwonge huwelik aan die hoof se baasspelerige seun te ontsnap, was die laaste ding wat sy verwag het ʼn gevlerkte man wat uit die lug val!
    .
    Intussen, in die hemel, het Eerste Minister Lucifer, die Ewige Keiser se aangenome seun, 'n plan gemaak om sy onsterflik pa se wense te ignoreer.
    .
    Dit is lewe en dood in die eerste paaiement van die Swaard van die Gode wetenskapfiksie reeks, ‘n fantastiese oorvertelling van die mite oor gevalle engele.
    .
    Hierdie boek is NIE godsdienstige fiksie nie!
    .
    Afrikaanse taal, Afrikaanse boeke– Afrikaans language
    Afrikaanse soekwoorde: Afrikaanse taalboeke, epiese fantasie, ruimteopera, romanse, militêre wetenskapsfiksie, militêre romanse, militêre fantasie, swaard en towery, drake, historiese romanse, antieke wêreld, uitheemse kontak, genetiese ingenieurswese, aksie en avontuur, engele, demone, oorlog
    Mostra libro
  • Dood met Sonop - cover

    Dood met Sonop

    Meiring Fouche

    • 0
    • 1
    • 0
    DOOD MET SONOP - SAHARA AVONTUUR REEKS
     
    Vir die eerste keer is die vyf vriend van die Franse Vreemdelegioen bymekaar. Teuns Stegmann, Fritz Mundt, Jack Ritchie, Podolski die Pool en Petacci die Italianer is op ’n patrollie in die magtige Sahara woestyn, toe hulle oorval word deur ’n dodelike Sahara storm. Hul kanse op oorlewing in die oop woestyn lyk bitter kraal, maar dan sien hulle twee kamele êrens heen jaag en volg hulle die kamele. Net voor die storm in alle geweld toeslaan, bereik hulle een van drie klei-hutte naby ’n onbekende oase. Wat hulle daar in die hut aantref, skok hulle tot in hul tone en plaas hulle in groot gevaar...
     
     Die sandstorm waai die klein oase se waterbron toe en kan hulle dit nie onder die tonne sand bereik nie. Met geen water tot hulle beskikking is hulle gedoem en besluit hulle om eerder die dood daar af te wag. Maar dan daag daar skielik ’n bomwerper met soldate op en word hulle gevange geneem en na Doetra geneem. Daar word hulle in ’n ondergrondse kerker gegooi. Hulle ontdek iets baie ongewoon onder die ou strooi in die kelder, wat hulle nuwe hoop gee op ontsnapping, maar gaan hulle betyds daarvan gebruik kan maak?
     
     Brigitte Bonnet soek steeds vergelding vir die dood van haar suster, El Karima. Sy en haar sjeik owerstes besluit dat sy die Legioenmanne in die openbaar gaan onthoof, met ’n seremoniële swaard, voor al die stamme wat daar opgedaag het vir die spesiale dag. Die manne dink so wat hulle kan om te probeer ontsnap, maar daar is geen hoop nie. Tydens die teregstelling word daar ’n skoot van nêrens af geskiet en dit veroorsaak so groot beroering, dat alles eers tydelik gestop word.
     
     Die Legioenmanne kry hierdeur ’n guldige blaaskans. Dan daag daar ’n man by hulle in die kerker op, wat die Vreemdelegioen lank gelede ’n groot guns bewys het. Hy vertel hulle iets wat hulle vir hulle moeilik is om te glo, maar besluit tog om saam met hom te werk. Deur ongewone omstandighede kry hulle dit reg om te ontsnap en kry sommer ook dodelike gasgewere in die hande. Maar die Doelak vesting in die Atlasberge wemel van duisende Arabiere wat ernstig op soek is na hulle en dan is daar nog die bomwerper ook...
    Mostra libro
  • Verhale Van Erana - Mites En Legendes - cover

    Verhale Van Erana - Mites En...

    A L Butcher

    • 0
    • 0
    • 0
    Verhale van Erana: Mites en Legendes
    In 'n wêreld waar magie onwettig is, en elwe wat verslaaf is, durf jy die verhale van ouds hoor? Vyf verhale van mite, towery en monsters 
    
    
    Die Maan op die Water: die verhaal van liefde tussen 'n godin en 'n vegter en die verskriklike vloek wat dit meegebring het. 
    
    
    Die Verhaal van Treyna die Geliefde: Wanneer 'n sterflike vrou agtervolg word deur twee mededingende gode, word die hemel selfs deur towery bewerk. 
    
    
    Storm-Gebore: 'n Eensame towenaar vind geselskap met 'n wese van die storm, maar towery vra 'n prys, watter prys sal dit wees? 
    
    
    Die Blou Fles: 'n les om aandagtig na instruksies te luister, anders maak jy 'n verleentheid. 
    
    
    Die Legende van Eliana: 'n verhaal van 'n nimf en 'n padda, jaloerse magie en skuld terugbetaal.
    Mostra libro
  • Die Kombuis Imps En Ander Donker Verhale - cover

    Die Kombuis Imps En Ander Donker...

    A L Butcher

    • 0
    • 1
    • 0
    Ses verhale oor gesinsvriendelike fantasiefiksie. 
    
    
    Stoute imps, vermiste sokkies, slinkse diewe en verwarde gode verskyn in hierdie versameling kort fantasie -fiksie. Wenner van 2018 beste fantasie op NN Light Book Heaven.
    Mostra libro
  • Hoefslae teen Middernag - cover

    Hoefslae teen Middernag

    Braam Le Roux

    • 0
    • 0
    • 0
    HOEFSLAE TEEN MIDDERNAG - WOESTE LAEVELD REEKS
     
    Hierdie verhaal speel af in die tydperk 1835 - 1887 tydens die storm en drang jare van die Oostelike Transvaal, toe die geel erts honderde mense na gebiede om Barberton laat stroom het. Die goudkoors het hewig gewoed en avontuur en romantiek was aan die orde van die dag. ’n Kosmopolitiese bevolking is in Barberton saam gehok en wetteloosheid het onrusbarend toegeneem. Die Republikeinse polisie was te ontoereikend om hierdie wetteloosheid die hoof te bied. Dit was die jare toe die geweer en die rewolwer reg en geregtigheid beslis het en meermale het ongeregtigheid die botoon gevoer.
     
    In hierdie verhaal is Hein Brandis op pad na ʼn ou vriend van hom, genaamd oom Izak Langeman, wat hy baie jare laas gesien het. Oom Izak se beeldskone dogter, Roelien, was goed bevriend met Hein in hul kinderjare, maar sy het toe weggeloop en gaan trou met Nic Beetge, wat ʼn opperste skurk en veedief is. Nie lank na haar troue nie, kry Roelien dit reg om ongemerk vir haar pa ʼn brief te stuur, waarin sy dringend om hulp vra. Oom Izak het toe weer dadelik vir Hein laat ontbied. Hein het skaars by oom Izak opgedaag en verneem na die inhoud van die brief of hulle twee raak betrokke by veediewe, wat beide se beeste probeer wegvoer. In die skermutseling wat volg, sterf om Izak en dit maak Hein vasbeslote om hierdie geheim van Roelien en die beesdiewe op te los. Gou val die vuiste en klap die skote en Hein het omtrent al sy dae om aan die lewe te bly. Hein kry onder andere hulp vanuit ʼn onverwagte oord in die vorm van Marlene. Sy is net so beeldskoon soos Roelien en het rooi hare wat oral aandag trek. Saam met haar en Frans Verwey wat ʼn wetstoepasser is, probeer hulle die veediewe aankeer en kos dit al hul ervaring en vermoëns om staande te bly teen die gevaarlike bende wat voortdurend poog om hulle uit te wis.
    Mostra libro