Unisciti a noi in un viaggio nel mondo dei libri!
Aggiungi questo libro allo scaffale
Grey
Scrivi un nuovo commento Default profile 50px
Grey
Iscriviti per leggere l'intero libro o leggi le prime pagine gratuitamente!
All characters reduced
Ek Help Graag - cover

Ek Help Graag

Shelley Admont, KidKiddos Books

Casa editrice: KidKiddos Books

  • 0
  • 0
  • 0

Sinossi

Jimmy die klein hasie gaan saam met sy gesin strand toe. Daar leer hy hoe belangrik dit is om ander te help. Wanneer Jimmy se sandkasteel deur 'n golf vernietig word, werk hulle saam om 'n groter en beter een te bou. Alles werk beter uit as ons mekaar help.
Disponibile da: 05/01/2023.
Lunghezza di stampa: 34 pagine.

Altri libri che potrebbero interessarti

  • Hein en Lisa Die Bederfde Kleine Brokkies - Afrikaanse Kinder Luisterstories met Prente Boek as Bonus - cover

    Hein en Lisa Die Bederfde Kleine...

    Rodeen Visser-Ludick

    • 0
    • 0
    • 0
    Hein en Lisa, die bederfde kleine brokkies gaan oor ‘n boetie en sussie, wat in 'n groot woud woon en nooit tevrede is met al die speelgoed wat hul ouers vir hulle koop nie. Hulle ouers werk hard om elke dag net nuwe speelgoed vir hulle te koop, maar die kinders bly ontevrede. Na 'n storm wat hul huis verwoes en hulle speelgoed beskadig, verdwaal Hein en Lisa in die woud. Hulle ontmoet 'n vriendelike beertjie, Bennie, wat hulle wys dat geluk nie in speelgoed lê nie, maar in die tyd wat saam met geliefdes spandeer word. Uiteindelik besef Hein en Lisa die ware waarde van gesinstyd en belowe om nooit weer vir nuwe speelgoed te vra nie, maar om eerder kosbare oomblikke saam met hul ouers te geniet.
    Mostra libro
  • Die Tandmuis - Afrikaanse Kinder Luisterstories - cover

    Die Tandmuis - Afrikaanse Kinder...

    Rodeen Visser-Ludick

    • 0
    • 0
    • 0
    "Die tandmuis" is 'n oulike storie oor 'n tandmuis wat op 'n plaas woon en elke jaar 'n briefie aan die dorp se kinders stuur om hulle aan te moedig om mooi na hulle tandjies te kyk. Hy beloon hulle met 'n geldjie vir elke spierwit tandjie. Baie van die muise op die plaas moet hul huisies van modder en riete bou omdat die tandmuis net 'n paar tandehuisies per jaar kan bou. Elke jaar word baie muisies se riethuisies deur die harde winterreën vernietig. Rosie, 'n plaasmuis, is tiende op die lys om 'n tandehuisie te kry en het 'n slim plan beraam om die tandmuis te help om tande vinniger bymekaar te maak sodat almal voor die winter pragtige en warm tandehuisies kan hê.
    Mostra libro
  • Donker Begeertes - cover

    Donker Begeertes

    Ronel Janse van Vuuren

    • 0
    • 0
    • 0
    Yster en feë is nie vriende nie. 
      
    Tog het Tasha geen ander keuse as om in die mense-wêreld te wees nie: haar lewe is op die spel. 
      
    Hoërskool is egter nie veel veiliger as Feërie nie. Cliques, verlief raak en dag-tot-dag aktiwiteite navigeer, is gevaarlik genoeg sonder om te vrees vir ontmaskering as 'n wese van 'n ander wêreld. 
      
    Maar wanneer iets gebeur en almal hul ware self openbaar, het Tasha 'n keuse om te maak: sal sy hulle red van die vloek op hulle en haar ware aard openbaar, of sal sy hulle laat doodgaan en self veilig bly? 
      
    Gebruik die skuifbalk boontoe om uit te vind hoe Tasha die omwenteling van haar wêreld hanteer. 
      
    *Hierdie is die eerste boek in die Donker Hof Susters reeks.
    Mostra libro
  • Om jou te Ken - cover

    Om jou te Ken

    Cliffordene Norton

    • 0
    • 0
    • 0
    Gabby en haar niggie Georgia lyk baie na mekaar en toe hulle jonger was, was hulle onafskeidbaar. Maar iewers het hulle vreemdelinge vir mekaar geword. Al wat hulle nou gemeen het, is die bloed in hulle are. Gelukkig het Gabby goeie vriende en dalk selfs iets meer as net vriendskap met Brandon... Toe die matriekgroep van Barkly-Wes op ’n toer na Kaapstad vertrek, ontdek Gabby dat sy per ongeluk Georgia se dagboek ingepak het. Kort voor lank kry haar nuuskierigheid die oorhand en begin sy haar niggie se dagboek lees. Wanneer Georgia daarvan uitvind, breek ’n volskaalse niggie-oorlog uit. Nie eens Kaapstad se besienswaardighede of hulle vriende se raadgee-pogings kan die spanning verlig nie. Gaan Gabby se verraad die niggies nog verder uitmekaar dryf of gaan dit daartoe lei dat hulle mekaar beter begin verstaan? En wat van Brandon? Gaan hy aanhou om haar te vermy nadat Georgia stories oor haar versprei het, of sal hulle steeds saam matriekafskeid toe gaan?
    Mostra libro
  • Die Herberg - cover

    Die Herberg

    Ronel Janse van Vuuren

    • 0
    • 0
    • 0
    Bloed. 
    Skadu's. 
    Die reuk van 'n ou vyand. 
      
    As Jagter vir die Hoërraad van Feërie word Kelly gestuur om vreemde verdwynings in die stad van Bremen te ondersoek. Sy bly egter weg van Die Herberg: dit roep na haar teenstrydige aard. Maar soos die spoor dun word, gebruik sy die hulp van 'n jong doodsfee om toegang tot die feë-beheerde plek te kry. 
      
    Sy word gekonfronteer met haar erfenis en haar verlede in haar soeke na vrede in die streek. 
      
    Maar kan sy dit doen sonder om toe te gee aan die skaduwees wat na haar roep? 
      
    Gebruik die skuifbalk boontoe om uit te vind hoe Kelly die donker transaksies by Die Herberg hanteer. 
      
    *Hierdie is die tweede boek in die Donker Hof Susters reeks.
    Mostra libro
  • Die Nuuskierige Varkie - Afrikaanse Kinder Luisterstories met Prente Boek as Bonus - cover

    Die Nuuskierige Varkie -...

    Rodeen Visser-Ludick

    • 0
    • 0
    • 0
    "Die nuuskierige varkie" gaan oor 'n varkie wat in 'n hok woon saam met sy familie. Hy raak moeg om net te eet en wil sien wat buite die hok is. Hy probeer verskeie kere om te ontsnap, maar misluk elke keer. Eendag kyk hy hoe die boer die hek oopmaak en so gebruik hy 'n krat om uiteindelik uit die hok te kom. 
    Buite ontmoet hy 'n oulike eendjie en ander plaasdiere by 'n dam. Hy maak vriende en speel te lekker saam met hulle. Die boer sien dit en besluit om die hok elke dag oop te laat sodat al die varkies kan gaan speel. Die storie wys hoe nuuskierigheid en deursettingsvermoë die varkie gehelp het om nuwe dinge te ontdek en so sy lewe te verbeter het.
    Mostra libro