Unisciti a noi in un viaggio nel mondo dei libri!
Aggiungi questo libro allo scaffale
Grey
Scrivi un nuovo commento Default profile 50px
Grey
Iscriviti per leggere l'intero libro o leggi le prime pagine gratuitamente!
All characters reduced
Jakkals Vrou In Rooi - cover

Jakkals Vrou In Rooi

Dawn Brower

Traduttore Marlette Taljaard

Casa editrice: Tektime

  • 0
  • 1
  • 0

Sinossi

Om haar droom op te gee is die laaste ding wat sy wil doen, maar sy sal dalk moet kies tussen haar droom en die man sonder wie sy nie kan lewe nie.
Collin Evans, Die Graaf van Frossly word forseer om na sy voorvaderlike landgoed terug te keer na jare wat hy die verantwoordelikheid vermy het. Sy landgoed bestuurder het bedank en dis nou sy werk om te verseker sy huurders en werkers ly nie onder sy verwaarlosing nie.
Hy het nooit verwag om ‘n verloklike vrou wat om elke hoek en draai hom uitlok te vind nie. 
Nadat ‘n skandaal uitbars word Gravin Charlotte Rossington platteland toe gestuur om by ‘n oujongnooi tante te gaan bly. Wat haar vader glad nie besef nie, is dat dit juis haar doel was. Sy haat die London samelewing en wil ‘n roman skryf en die seisoen verhoed daardie strewe. Terwyl sy kuier, kruis haar pad met die Graaf van Frossly. Hy is aantreklik soos die sonde self en een van die goddelooslikste skurke wat sy al ooit teëgekom het. Sy is aangetrokke tot hom en eindig meer op in sy arms as agter haar skryftafel. 
Om haar droom op te gee is die laaste ding wat sy wil doen, maar sy sal dalk moet kies tussen haar droom en die man sonder wie sy nie kan lewe nie.
Disponibile da: 03/01/2022.

Altri libri che potrebbero interessarti

  • Skerwe Van Haar Siel - cover

    Skerwe Van Haar Siel

    KarnaS

    • 0
    • 0
    • 0
    Sy fris bruingebrande bolyf, gespierde arms... sy lang swart hare wat laag teen sy rug afhang!!! Hoe baie keer het sy nie gewens hy kan haar teen hom vasdruk en se hy is lief vir haar nie. Maar nog elke keer as Kabous van Niekerk na Canaro kyk, was daar vlinders in haar maag. n Paar maande voor haar 19de verjaardag, het iets gebeur, wat al lankal moes gebeur het!. Kabous het geweet een of ander tyd sou dit moes gebeur...
    Mostra libro
  • Maan Dans - Verbind Deur Bloed Reeks – Boek Een - cover

    Maan Dans - Verbind Deur Bloed...

    Amy Blankenship

    • 1
    • 2
    • 0
    Envy se lewe is goed. Goeie broer, goeie kêrel en die beste werk wat ‘n meisie voor kan vra … kroegmeisie by een van die beste klubs in die stad. Ten minste was dit goed totdat sy ‘n oproep gekry het van een van haar beste vriende dat haar kêrel die vertikale limbo op die dansvloer doen by Maan Dans. Haar besluit om hom te konfronteer begin ‘n ketting van gebeure wat haar sal voorstel aan ‘n gevaarlike paranormale wêreld weggesteek onder die daaglikse sleur. ‘n Wêreld waar mense kan transformeer na swart luiperds, lewende vampiere wat in die strate wandel en gevalde engele wat saam met ons rondloop. Devon is ‘n weerswart luiperd, ‘n bietjie rof om die kiewe en een van die mede-eienaars van Maan Dans. Sy wêreld word op sy as gedraai wanneer hy ‘n aanloklike jakkelsvrou met rooi hare in sy klub sien dans, gewapen met ‘n siniese hart en ‘n skokstok. Met ‘n vampier oorlog in volle gang rondom hulle, sweer Devon om hierdie vrou sy eie te maak ... en sal veg soos die hel self om haar te kry.
    Mostra libro
  • Die Spore Roep - 'n Suid-Afrikaanse Held se Stryd in die Franse Vreemdelegioen Boek 9 - cover

    Die Spore Roep - 'n...

    Meiring Fouche

    • 0
    • 2
    • 0
    ’n Enkele leidraad in die bloed deurdrenkte sand.
     
    Vir een legioensoldaat is dit ’n missie.
     
    Vir die vrou wat hy nog nooit ontmoet het nie, is dit haar enigste hoop.
     
    Sahara woestyn, 1940-1960. Franse Vreemdelegioen soldaat Teuns Stegmann en sy patrollie is gewoond aan die Sahara se brutale leegheid. Maar wanneer hulle op die oorblyfsels van ’n karavaan slagting afkom, dui ’n enkele, elegante poeierblikkie op ’n waarheid meer sinister as enige geveg. ’n Wit vrou is gevange geneem deur die woestyn se mees genadelose stam.
     
    Die spoor van leidrade lei hulle dieper in vyandige gebied, waar die jagters die prooi word. Oortref in getal en gekonfronteer met ’n slinkse vyand gewapen met ’n buitgemaakte masjiengeweer, weet Stegmann dat mislukking nie net ’n opsie is nie. Dit is ’n vonnis van pynlike marteling en dan die dood, terwyl die vrou wat hy soek ’n lot erger as enige graf in die sand, in die gesig staar.
     
    ’n Meedoënlose klassieke avontuur, propvol spanning van ’n moderne riller. Hierdie verhaal van oorlewing en moed sal jou van die eerste bladsy af boei. Perfek vir aanhangers van Wilbur Smith en Alistair MacLean. Dit is intense spanning en misterie wat afspeel teen die onvergewensgesinde agtergrond van die Sahara.
     
    Begin vandag nog lees aan hierdie onvergeetlike negende Sahara-avontuur!
    Mostra libro
  • Die Verraaier van Dini Salam - 'n Suid-Afrikaanse Held se Stryd in die Franse Vreemdelegioen Boek 30 - cover

    Die Verraaier van Dini Salam -...

    Meiring Fouche

    • 0
    • 0
    • 0
    Een man se verraad het die Franse Vreemdelegioen verdoem.
     
    ’n Ander se moed is sy enigste redding.
     
    Sahara woestyn, 1940-1960.’n Briljante Arabiese krygsheer, ’n slinkse daad van verraad en ’n enkele vervalste bevel is al wat nodig is om 1 800 soldate in die Sahara in ʼn dodelike lokval te lok. Kolonel Le Clerq se garnisoen marsjeer na ’n skyn militêre oefening, onbewus daarvan dat hulle omring is deur duisende krygers wat dors na bloed. Hul vesting, die legendariese Dini Salam fort is agtergelaat met slegs 200 man ter verdediging. Die Legioen se uitwissing is so te sê gewaarborg.
     
    Wanneer die vindingryke soldaat Teuns Stegmann die komplot ontbloot, word hy die vyand se waardevolste pion. Gevange, staar hy ’n grusame dood in die gesig. Hy word gedwing om ’n kolom vermomde moordenaars deur die hekke van die onder bemande vesting van Dini Salam te lei. Sy keuse sal of die laaste bastion van die Legioen red of die instrument van sy finale, bloedige ondergang wees.
     
    Terwyl die hoofleër se koeëls opraak en die mure van Dini Salam onder ’n onverbiddelike beleg begin verkrummel, besef Stegmann oorlewing is nie genoeg nie. Hy moet ’n onmoontlike en ongemagtigde taak oor ’n oorlog geteisterde woestyn aanpak om ammunisie aan ’n sterwende leër te lewer. As hy misluk, sal die Sahara die Legioen van die kaarte afvee.
     
    Hierdie is ’n onverbiddelike militêre riller, propvol klassieke avontuur. Die storie is ʼn onophoudelike aanslag van aksie op die slagveld vergesel met intense spanning. Perfek vir aanhangers van Alistair MacLean en epiese verhale van woestyn oorlogvoering.
     
    Begin vandag nog lees aan hierdie onvergeetlike dertigste Sahara-avontuur!
    Mostra libro
  • Gevaarlike Dinge - Bloedgebonde Boek 3 - cover

    Gevaarlike Dinge - Bloedgebonde...

    Amy Blankenship, RK Melton

    • 0
    • 0
    • 0
    Steven Wilder het op meer maniere as een vir die kolf-swaaiende verleidster geval as om net die vloer te tref ... hy wou haar behou. Om uit te vind dat sy aan die mafia belowe is, het hom die rede gegee dat hy haar moes ontvoer en haar sy maat maak ... vir haar eie beskerming, natuurlik.Almal sê daar is twee paaie in die lewe, maar vir Jewel Scott het dit gelyk of albei baie gevaarlik was. Een het gelei na Anthony, 'n moordende psigopatiese Weerwolf wat ook die hoof van die mafia was en haar verloofde ... teen haar wil. Die ander pad het na Steven gelei, 'n Weerkat wat sy tydens hul eerste ontmoeting met 'n bofbalkolf uitgeslaan het. Hy het wraak geneem deur haar te ontvoer en sy maat te maak. Steven Wilder het op meer as een manier vir die kolf-swaaiende verleidster geval as om net die vloer te tref ... hy wou haar behou. Om uit te vind dat sy aan die mafia belowe is, het hom die rede gegee dat hy haar moes ontvoer en haar sy maat maak ... vir haar eie beskerming, natuurlik. Anthony Valachi het 'n obsessie met Jewel gehad toe sy nog 'n kind was, en onder mafia-heerskappy het hy beheer oor sy toekomstige bruid verkry. As iemand gedink het hulle kan haar van hom af wegsteel, was hulle verkeerd... dodelik verkeerd.PUBLISHER: TEKTIME
    Mostra libro
  • Graf in die Woestyn - 'n Suid-Afrikaanse Held se Stryd in die Franse Vreemdelegioen Boek 31 - cover

    Graf in die Woestyn - 'n...

    Meiring Fouche

    • 0
    • 0
    • 0
    In die Sahara toon die son geen genade nie.
     
    En jou vyande ook nie.
     
    Sahara woestyn, 1940-1960. Sersant Teuns Stegmann is ’n gesoute veteraan wat groen rekrute deur die onvergewensgesinde Sahara lei. Maar hul eenvoudige patrollie word gou ’n nagmerrie wanneer hulle ’n eensame graf met ’n kriptiese boodskap van wraak ontdek, gevolg deur ’n nabygeleë oase wat tot die laaste siel uitgemoor is.
     
    Teuns en sy handjievol rekrute word onregmatig geblameer vir die slagting en word toe gejaag deur duisende woedende krygers wat dors na bloed. Hul ware vyand is egter ’n onbekende. ’n Moderne “duiwel van die lug” wat vuur reën uit ’n onmoontlike oorlogsmasjien en ’n spoor van verskroeide aarde en raaisels in sy pad agterlaat.
     
    Vasgevang tussen ’n woedende horde en ’n waansinnige in die lug, is elke sonsopkoms ’n stryd om oorlewing. Stegmann moet ’n donker sameswering ontrafel voordat sy manne uitgewis word en die hele woestyn ontplof in ’n oorlog wat die Legioen nie kan hoop om te wen nie.
     
    Hierdie onverbiddelike militêre aksie-avontuur word sterk aanbeveel vir enigiemand wat lief is vir raaisels met onophoudelike aksie en opwinding. Perfek vir aanhangers van Alistair MacLean en Wilbur Smith.
     
    Begin vandag nog lees aan hierdie onvergeetlike een-en-dertigste Sahara-avontuur!
    Mostra libro