Unisciti a noi in un viaggio nel mondo dei libri!
Aggiungi questo libro allo scaffale
Grey
Scrivi un nuovo commento Default profile 50px
Grey
Iscriviti per leggere l'intero libro o leggi le prime pagine gratuitamente!
All characters reduced
Maan Dans - Verbind Deur Bloed Reeks – Boek Een - cover

Maan Dans - Verbind Deur Bloed Reeks – Boek Een

Amy Blankenship

Traduttore Marlette Taljaard

Casa editrice: Tektime

  • 0
  • 0
  • 0

Sinossi

Envy se lewe is goed. Goeie broer, goeie kêrel en die beste werk wat ‘n meisie voor kan vra … kroegmeisie by een van die beste klubs in die stad. Ten minste was dit goed totdat sy ‘n oproep gekry het van een van haar beste vriende dat haar kêrel die vertikale limbo op die dansvloer doen by Maan Dans. Haar besluit om hom te konfronteer begin ‘n ketting van gebeure wat haar sal voorstel aan ‘n gevaarlike paranormale wêreld weggesteek onder die daaglikse sleur. ‘n Wêreld waar mense kan transformeer na swart luiperds, lewende vampiere wat in die strate wandel en gevalde engele wat saam met ons rondloop. Devon is ‘n weerswart luiperd, ‘n bietjie rof om die kiewe en een van die mede-eienaars van Maan Dans. Sy wêreld word op sy as gedraai wanneer hy ‘n aanloklike jakkelsvrou met rooi hare in sy klub sien dans, gewapen met ‘n siniese hart en ‘n skokstok. Met ‘n vampier oorlog in volle gang rondom hulle, sweer Devon om hierdie vrou sy eie te maak ... en sal veg soos die hel self om haar te kry.
Disponibile da: 30/05/2022.
Lunghezza di stampa: 402 pagine.

Altri libri che potrebbero interessarti

  • Maan Dans - Verbind Deur Bloed Reeks – Boek Een - cover

    Maan Dans - Verbind Deur Bloed...

    Amy Blankenship

    • 1
    • 2
    • 0
    Envy se lewe is goed. Goeie broer, goeie kêrel en die beste werk wat ‘n meisie voor kan vra … kroegmeisie by een van die beste klubs in die stad. Ten minste was dit goed totdat sy ‘n oproep gekry het van een van haar beste vriende dat haar kêrel die vertikale limbo op die dansvloer doen by Maan Dans. Haar besluit om hom te konfronteer begin ‘n ketting van gebeure wat haar sal voorstel aan ‘n gevaarlike paranormale wêreld weggesteek onder die daaglikse sleur. ‘n Wêreld waar mense kan transformeer na swart luiperds, lewende vampiere wat in die strate wandel en gevalde engele wat saam met ons rondloop. Devon is ‘n weerswart luiperd, ‘n bietjie rof om die kiewe en een van die mede-eienaars van Maan Dans. Sy wêreld word op sy as gedraai wanneer hy ‘n aanloklike jakkelsvrou met rooi hare in sy klub sien dans, gewapen met ‘n siniese hart en ‘n skokstok. Met ‘n vampier oorlog in volle gang rondom hulle, sweer Devon om hierdie vrou sy eie te maak ... en sal veg soos die hel self om haar te kry.
    Mostra libro
  • Skerwe Van Haar Siel - cover

    Skerwe Van Haar Siel

    KarnaS

    • 0
    • 0
    • 0
    Sy fris bruingebrande bolyf, gespierde arms... sy lang swart hare wat laag teen sy rug afhang!!! Hoe baie keer het sy nie gewens hy kan haar teen hom vasdruk en se hy is lief vir haar nie. Maar nog elke keer as Kabous van Niekerk na Canaro kyk, was daar vlinders in haar maag. n Paar maande voor haar 19de verjaardag, het iets gebeur, wat al lankal moes gebeur het!. Kabous het geweet een of ander tyd sou dit moes gebeur...
    Mostra libro
  • 'n Teken in die Nag - 'n Suid-Afrikaanse Held se Stryd in die Franse Vreemdelegioen Boek 36 - cover

    'n Teken in die Nag - 'n...

    Meiring Fouche

    • 0
    • 0
    • 0
    ’n Eensame ruiter kom uit die woestyn nag te voorskyn.
     
    ’n Enkele ontploffing verbreek die stilte van die afgeleë Franse Vreemdelegioen se buitepos.
     
    En binne in die fort lê daar ’n hele garnisoen dood… sonder ’n enkele wond.
     
    Sahara woestyn, 1940-1960. Wanneer die legendariese Kaptein D’Arlan met versterkings opdaag, verwag hy ’n bloedige beleg. In plaas daarvan vind hy ’n stil graf, ’n afgryslike raaisel en ’n verraaier in sy geledere. Voordat hy die sameswering kan ontmasker, word sy vliegtuig gekaap, wat sy manne direk in die hande van ’n massiewe, wagtende leër lewer.
     
    Vasgekeer in die vliegtuig se wrak en omring, moet D’Arlan en sy handjievol veteraan legioensoldate vir hul lewens veg. Maar terwyl hulle vlaag na vlaag van aanvalle afweer, ontbloot hulle ’n sinistere komplot van gif, waansin en ’n verraaier wat dreig om die Legioen op sy knieë te dwing. Mislukking is nie net die dood nie, dit is die aanbreek van ’n nuwe oorlog.
     
    Hierdie aangrypende militêre riller kombineer die hoë spanning van ’n misterie met die onverbiddelike pas van ’n klassieke aksie-avontuur. Dis ’n verhaal van ongelooflike moed, skokkende verraad en oorlewing teen onmoontlike kanse. Perfek vir aanhangers van Alistair MacLean, Wilbur Smith en epiese woestyn oorlogvoering.
     
    Begin vandag nog lees aan hierdie onvergeetlike ses-en-dertigste Sahara-avontuur!
    Mostra libro
  • Gevaarlike Dinge - Bloedgebonde Boek 3 - cover

    Gevaarlike Dinge - Bloedgebonde...

    Amy Blankenship, RK Melton

    • 0
    • 0
    • 0
    Steven Wilder het op meer maniere as een vir die kolf-swaaiende verleidster geval as om net die vloer te tref ... hy wou haar behou. Om uit te vind dat sy aan die mafia belowe is, het hom die rede gegee dat hy haar moes ontvoer en haar sy maat maak ... vir haar eie beskerming, natuurlik.Almal sê daar is twee paaie in die lewe, maar vir Jewel Scott het dit gelyk of albei baie gevaarlik was. Een het gelei na Anthony, 'n moordende psigopatiese Weerwolf wat ook die hoof van die mafia was en haar verloofde ... teen haar wil. Die ander pad het na Steven gelei, 'n Weerkat wat sy tydens hul eerste ontmoeting met 'n bofbalkolf uitgeslaan het. Hy het wraak geneem deur haar te ontvoer en sy maat te maak. Steven Wilder het op meer as een manier vir die kolf-swaaiende verleidster geval as om net die vloer te tref ... hy wou haar behou. Om uit te vind dat sy aan die mafia belowe is, het hom die rede gegee dat hy haar moes ontvoer en haar sy maat maak ... vir haar eie beskerming, natuurlik. Anthony Valachi het 'n obsessie met Jewel gehad toe sy nog 'n kind was, en onder mafia-heerskappy het hy beheer oor sy toekomstige bruid verkry. As iemand gedink het hulle kan haar van hom af wegsteel, was hulle verkeerd... dodelik verkeerd.PUBLISHER: TEKTIME
    Mostra libro
  • Storm oor Dini Salam - 'n Suid-Afrikaanse Held se Stryd in die Franse Vreemdelegioen Boek 26 - cover

    Storm oor Dini Salam - 'n...

    Meiring Fouche

    • 0
    • 0
    • 0
    Dertigduisend krygers skree vir bloed.
     
    Een vesting staan teen die storm.
     
    Vir die Franse Vreemdelegioen word oorlewing in sekondes gemeet.
     
    Sahara woestyn, 1940-1960. In die versengende hitte van die Sahara staan legioensoldaat Teuns Stegmann op die borswering van Dini Salam, ’n eensame bastion teen ’n woedende gety van woestyn stamme. Wanneer ’n dwase bevel die teregstelling van ’n gevange heilige man gelas, word dit ’n doodsvonnis vir die hele garnisoen. Slegs die slinkse Kaptein D’Arlan sien die lokval, maar om bevele te verontagsaam is hoogverraad.
     
    Maar wanneer die gevangene deur geheimsinnige skimme van die woestyn vermoor word, word die Legioen daarvoor geblameer. Aangekla vir ’n moord wat die Sahara in ’n storm van wraak laat ontvlam, word Teuns gevange geneem en staar ’n grusame lot in die gesig, aan die hand van ’n pragtige en genadelose woestyn koningin. Met die fort se hek verbrysel en sy wapenbroers wat uitwissing in die gesig staar, is oorlewing nie meer genoeg nie.
     
    Hierdie aangrypende, aksie belaaide en historiese avontuur is ’n onverbiddelike militêre riller, gevul met kinkels wat jy nie sal sien kom nie. As jy lief is vir stories van desperate laaste gevegte, intriges op die slagveld en helde wat weier om te sterf, sal jy hierdie verhaal nie kan neersit nie. Perfek vir aanhangers van Alistair MacLean en Wilbur Smith.
     
    Begin vandag nog lees aan hierdie onvergeetlike ses-en-twintigste Sahara-avontuur!
    Mostra libro
  • 'n Kristal Engel - cover

    'n Kristal Engel

    Dawn Brower

    • 0
    • 1
    • 0
    ’n Dronk belofte van verlowing het Thor se familie teen hom gedraai. Sal Thor Pia se vergifnis verdien en hulle weghardlopende kinders betyds vir Kersfees vind? 
    
    
    Na 'n nag van kaarte en drinkery, was Thor se skeurende hoofpyn die minste van sy bekommernisse. Wanneer 'n boodskapper opdaag met 'n kontrak vir hom om te teken, ontdek sy vrou Pia hy het ingestem om hulle seun aan die graaf van Devon se dogter te verloof. Pia is verby woedend en eis dat hy dit regmaak—of anders. Nadat hulle die argument tussen hulle ouers gehoor het, besluit die tweeling Liam en Lily om weg te hardloop uit protes teen die kontrak. Thor en Pia gaan op soek na hulle opstandige kinders voordat iets verskrikliks met hulle gebeur. Sal Thor Pia oortuig om hom te vergewe en die tweeling voor Kersfees te vind, of sal hulle gesin vir altyd uitmekaar val?
    Mostra libro