Did you know that reading reduces stress?
Add this book to bookshelf
Grey
Write a new comment Default profile 50px
Grey
Subscribe to read the full book or read the first pages for free!
All characters reduced
Iemand Red My Lewe Vanaand - 'n Justice Sekuriteit Kortverhaal - cover

Iemand Red My Lewe Vanaand - 'n Justice Sekuriteit Kortverhaal

T. M. Bilderback

Publisher: Sardis County Sentinel Press

  • 0
  • 2
  • 0

Summary

 ‘n Dreigende brand noop ‘n sekuriteitswag om te kies om óf homself óf ‘n vyfjarige kind te red. 


Hulle staan bekend as die “troepe” – die beamptes in uniform van Justice Sekuriteit. Hulle het nie die gemaklike, hoogs gepubliseerde poste wat die ander personeellede, in gewone kleredrag het nie – hulle is die mense wat in die agtergrond daagliks gesien kan word by banke, kantoorgeboue, en kleinhandelbesighede, waar hulle ‘n veilige omgewing vir kliënte en werkers skep. 


Gus Brazzle is een van daardie troepe. Hy is aangestel by ‘n winkel wat handel in tweedehandse boeke, musiek en flieks. Gus is omtrent aangeheg aan die personeel van die winkel, en dink aan hulle as sy familie. Hy het selfs die bynaam “Teddiebeer” gekry, van die vyfjarige dogter van een van die winkel se personeel. 


Maar, wanneer ‘n ontevrede kliënt, wat voel hy is te na gekom, besluit om wraak te neem, word dinge dodelik. Gus het ‘n keuse om te maak … maar sal hy dit betyds kan maak?

Other books that might interest you

  • Wie met vuur speel - cover

    Wie met vuur speel

    Deon Meyer

    • 0
    • 4
    • 0
    Weens populere aanvraag, die heruitgawe van Deon Meyer se heel eerste spanningsroman! By ’n boekeveiling sien Ragel Bergh vir Dirk Buchner raak. Oornag verander haar bestaan, en ná ’n naweek op Houwhoek weet sy sy is nog nooit so volledig bemin nie. Dan gebeur daar iets so ingrypend dat haar en Dirk se pad móét kruis met dié van Ivan Malan, die man met die sagte stem en emosielose oë, opgelei deur die agente van die semi-militêre Firma om mense te manipuleer of te elimineer. Sy opleiding as misdadiger kom handig te pas – hy het geslaag in vakke soos toneelspel, vermomming, vervalsing, seksuele uitbuiting, omkopery, afpersing, inbraak en swendelary. As dié kennis nie help nie, bly die wapens onder sy huis langs die Weskus nog oor. Daar sal hy die “liasseerkabinet van die dood” ooptrek.
    Show book
  • Terwyl die krokodil sing - cover

    Terwyl die krokodil sing

    Hugo Le Roux

    • 0
    • 1
    • 0
    ‘n Reeksmoordenaar sonder vroue uit wat skoonheidsmiddels bemark. 
    Maar later word nog mense vermoor en kaptein Collette Cilliers en haar span speurders soek naarstiglik na leidrade om die sake op te los. Is dit dieselfde moordenaar of het hulle hier met twee afsonderlike moordenaars te doen? Tussendeur is daar die persoonlike verhouding tussen Collette en die aantreklike luitenant Dirk Lindeque. Sy weet dat hý eintlik tot kaptein bevorder en offisier in beheer van die ondersoek moes gewees het. 
    Kan daar hoegenaamd sprake van ‘n verhouding tussen hulle wees? 
    In The Singing Crocodile kies die moordenaar sy volgende slagoffer.
    Show book
  • Web - cover

    Web

    Naomi Meyer

    • 0
    • 1
    • 0
    Sophia se kind is weg. Dalk is sy self óók weg. Haar man is by haar in hul huisie langs Cloetesville, maar sy wonder nietemin soms waar hy is. Sophia droom van Pompeii en van wegloop – weg van elke dag se sleur by die sukkelende webwerf, die baie werkspolitiek en haar man se speurderwerk wat hom aan soveel gesinstragedies blootstel. ’n Jeugliefde staan boonop een dag voor haar in die supermark en krap alles verder deurmekaar. En heeltyd ruik ’n mens die rook: Stellenbosch-kampus is aan die brand. Dan word Sophia ontvoer. Het die man wat haar wegraap – weg, soos sy heeltyd gedink het sy wíl wees – iets met Magriet se verdwyning te doen? Wáár is haar kind? In Naomi Meyer se debuutroman word die Boland en Suid-Afrika se brandpunte helder verlig deur die storie van ’n wit gesin met een bruin kind, hul huiswerker en die vangweb van die geskiedenis.
    Show book
  • Labirint - cover

    Labirint

    Chanette Paul

    • 1
    • 5
    • 0
    Sy gaan ophou vlug van haar eksman en haar verlede en sy gaan dit doen op Leeuwendrift waar sy as verworpeling grootgeword het. Dít besluit Vasti de Leeuw toe haar meenthuis gevandaliseer en ’n besending van haar skilderye vernietig word.Om die verlede te trotseer, is egter nie so maklik nie. Daar is die onlangse verlede waarin sy haar vermoë om ernstige kuns voort te bring, verloor het. Haar nagmerrie-huwelik en die verwoestende gevolge daarvan. Daar is haar kinderdae toe sy in die skaduwee van sowel ryk, dominerende Leon de Leeuw as haar Hollander-oupa gestaan het. Ook die verre verlede waaruit die legende van die leeuman gespruit het; die begin van die twis tussen die Bredells en die De Leeuws. In die hede vaar sy nie veel beter nie. Sommer die eerste dag al begin haar eksman haar weer treiter. Sy is ook skaars ’n week in haar oewerhuis op Leeuwendrift toe een van die inwoners van De Koppe, ’n rykmansbuurt waar die uitruil van seksmaats die reël eerder as die uitsondering is, in verdagte omstandighede sterf. Vasti besef gou sy is baie meer betrokke as wat sy kon vermoed. Veral toe die ontbinde lyk van ’n man naby haar huis ontdek word. Dan sterf nog ’n vrou op agterdogwekkende wyse. En dié is nie die laaste slagoffer nie.Die net begin ál nouer om Vasti trek, want elkeen van die sterftes hou op die een of ander manier verband met haar, haar kuns en die mans in haar lewe.Vasti besef die sleutel om die geheimenisse van die hede te ontsluit, lê in die verlede. Ook dat sy die een is wat die minotaurus in die doolhof sal moet aandurf, met of sonder ’n tolletjie gare. Dat sy die doolhof sal moet vereenvoudig tot ’n labirint.Dit is natuurlik die laaste ding wat die moordenaar kan toelaat. Vasti se vlammetjie sal om meer as een rede gesnuit moet word. Labirint is ’n spanningsroman wat die donker kant van die psige ondersoek, boosheid blootlê waar dit nie vermoed is nie en goedheid waar dit diep verborge is.
    Show book
  • Die Owerspel van Riaan Rabe - cover

    Die Owerspel van Riaan Rabe

    Dirk Lotriet

    • 0
    • 1
    • 0
    “Niemand gaan seerkry nie,” sê Nita Versteeg voordat sy Riaan Rabe op ‘n wilde wipwaentjierit van owerspel en selfontdelling neem. Dis die resep vir selfvernietiging, weet Riaan, maar niemand hunker so veel na selfverwoesting soos hy self nie.
    
     
     
    
     
    WAARSKUWING: Die Owerspel van Riaan Rabe bevat seksueel eksplisiete tonele. Ofskoon dit smaakvol aangebied word, is dit nie geskik vir minderjarige lesers nie.
    
     
     
    
     
    Riaan Rabe is ‘n suksesvolle versekeringsdeskundige, lojale egenoot en uitstekende vader. Maar dan word hy voor die grootste versoeking van sy lewe geplaas. Sy uitdaging kom in die vorm van ‘n paar pragtige boudjies aan ‘n pragtige 27-jarige verleidster. Aanvanklik verset Riaan hom teen die paradys-appel wat in sy skoot val, maar gaandeweg begin sy weerstand verkrummel…
    
     
     
    
     
    Die Owerspel van Riaan Rabe is ‘n diep menslike verhaal van ‘n man wat besef dat sy eie sukses net te danke is aan die genade dat hy nog nooit voorheen deur sy eie swakheid gekonfronteer is nie.
    
     
     
    
     
     
    Show book
  • Ann Se Oorlog - Verraad - cover

    Ann Se Oorlog - Verraad

    Hannah Howe

    • 0
    • 0
    • 0
    Met haar man weg op ‘n geheime sending, maak Ann Morgan gereed vir nog ‘n dag as sekretaresse by Trevor Bowman se privaat-speurder agentskap.  Maar hierdie dag sal nie soos enige ander dae wees nie.  In vier-en-twintig uur, sal Ann se lewe handomkeer verander wanneer sy ‘n moord ontdek, ‘n aanteklike wewenaar ontmoet, Speurder Inspekteur Max Deveraux, en hy konfronteer die moordenaar in ‘n web van versoeking en misleading.
    Show book